{"id":12226,"date":"2012-03-19T18:21:08","date_gmt":"2012-03-19T18:21:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12226"},"modified":"2012-03-19T18:21:08","modified_gmt":"2012-03-19T18:21:08","slug":"ope-brief-aan-fw-de-klerk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12226","title":{"rendered":"Ope brief aan FW de Klerk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Philip van Staden\" alt=\"Philip van Staden\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/vanstaden_philip2.jpg\" width=\"251\" \/>Die oudstaatspresident, FW de Klerk, het die afgelope week &#8216;n <a target=\"_blank\" href=\"nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/11264-twintig-jaar-na-die-1992-referendum.html\">skrywe<\/a> van  stapel gestuur waarin hy gepraat het oor die 1992-referendum van 20 jaar  gelede en die tydperk daarna.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Graag wil ek namens jong Afrikaners op mnr.de Klerk se skrywe kommentaar lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geagte meneer de Klerk<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is vir my en mede-Afrikaners van my ouderdomsgroep, en selfs agtien  jaar jonger, duidelik dat u dink dat ons nie weet van u dade wat u  twintig jaar terug teenoor die Afrikaner gepleeg het nie. Ek wil u graag  inlig dat, tydens die 1992-referendum, ons ouderdomsgroep wat nou  tussen 35 en 40 is die groep was wat op daardie stadium tieners en  jeugdigdes was wat teen u dade in opstand gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het gesien en beleef waarop u hierdie land afstuur en in u skrywe  die afgelope week is dit duidelik soos daglig dat u nie weet wat tans in  Suid-Afrika op grondvlak aan die gang is nie. Uit u skrywe kan ek en  ander Afrikaners net vermoed dat u sekerlik op u eiland sit, in uiterse  veiligheid, en probeer kommentaar lewer op gebeure wat tans in Suid-Afrika aan die gang is. Gebeure waarvan u in die media lees en deur u  stigting onder u aandag gebring word. Eerstehandse ervaring van vandag  se politieke gebeure? Ek betwyfel dit sterk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U moet verstaan dat ek myself nie die afgelope 18 jaar, sedert 1994, uit  die politieke bestel onttrek het nie maar deel daarvan gebly het om my  mense, die Afrikaner, te beskerm teen die daaglikse aanslae van die ANC  wat u ontketen het. U verbrousel probeer ons daagliks met baie bloed  en sweet regstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom meneer de Klerk, gun my nou asseblief die geleentheid, op hierdie  openbare forum, om u skrywe van die afgelope week uitmekaar te trek en om  die waarheid aan ons jeug te ontbloot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die algemene verkiesing van 6 September 1989 het die Nasionale  Party, waarvan u die leier was nadat u vir wyle PW Botha as staatspresident vervang het, aan die blanke kiesers &#8216;n valse boodskap uitgestuur wat  geheet het: &#8220;NP vir eie skole en eie woonbuurtes&#8221;, &#8220;Magsdeling Ja &#8211;  Totale oorgawe Nooit!&#8221;. Reeds met hierdie verkiesing het u politieke  leuens kop uitgesteek. Daarom dat die Konserwatiewe party beduidende en  groeiende steun getoon het en op die punt gestaan het om by &#8216;n volgende  algemene verkiesing u regering by die stembus te verslaan. Daarom dat u  by die tussenverkiesings van Virginia en Potchefstroom besef het dat u  die volgende algemene verkiesing definitief sou verloor. Die Afrikaner  het u verraad finaal agtergekom en u is ontmasker. U het dus nie  meer &#8216;n mandaat van die blanke kiesers gehad om voort te gaan met die  grondwetlike onderhandelings nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inteendeel het u regering glad nie meer enige mandaat hoegenaamd  oorgehad nie en is u verplig om as staatspresident te bedank. Dus was  die Konserwatiewe Party se aansprake uit en uit geregverdig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan ek net u aandag daarop vestig dat die land toe reeds op daardie  stadium deurgeloop het onder erge geweld nadat u minder as &#8216;n jaar  gelede vir Nelson Mandela vrygelaat het en die ANC, SAKP en ander verbode  organisasies ontban het. Die slag van Boipatong was een van hierdie voorvalle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met u besef dat u &#8216;n volgende blanke verkiesing sou verloor met die  sterk steun wat die Konserwatiewe Party getrek het en dat die Afrikaner  vir die tweede keer in die geskiedenis sedert 1948 begin saamstaan het,  het u besluit om eerder &#8216;n referendum uit te roep wat u in staat sou  stel, om met die kook van uitslae, die land finaal tot oorgawe te dwing.<\/p>\n<p> Meneer De Klerk, u het erge verset onder Afrikaners met uiterste geweld  onderdruk. Een goeie voorbeeld hiervan was die slag van Ventersdorp waar  u die lewens van verskeie protesgangers daardie aand geneem het. Ek was  daardie aand een van die protesgangers en maar net sestien jaar  oud. Ek het daardie aand amper my lewe danksy u verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U het met &#8216;n uitslag van &#8216;n referendum wat gekook is met &#8216;n C-span  onderhandelinge aangeknoop teen &#8216;n uiterse opgewasse A-span van die ANC.  Kodesa was &#8216;n plek waar u van alle politieke mag ontslae geraak  het en terselfdertyd geonderhandel het om daardie selfde mag weer terug  te kry. Hoe onnosel het u nie net te werk gegaan nie? U het om daardie  tafel &#8216;n groot onreg teenoor alle Suid-Afrikaners gepleeg deur elke volk  in Suid Afrika van sy magte te stroop en om almal in een nasie in te  dwing. Dit alleen was &#8216;n gruwelike skending van mense regte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met u valse verkondiging tydens die 1992-referendum het u inderdaad &#8216;n  blanko tjek ontvang maar die handtekening op daardie tjek het u laat  vervals. U het gedink dat die Nasionale party die ANC by die stembus in  1994 kon verslaan maar die ontnugtering het u duidelik oorval. U het op  daardie tyd aangekondig dat u binne vyf jaar weer president van die land  sou wees. Dit het egter ook nooit gerealiseer nie. U en u span het  weer &#8216;n verdere flater begaan deur in 1996 van die regering  van nasionale eenheid te ontrek. Dit was die laaste spyker in die NP se kis. Daarom dat Marthinus van Schalkwyk en Pik Botha hul by die ANC  gaan aansluit het. Geld en persoonlike belange was hier ter sprake en nie die toekoms en belang van die Afrikaner of enige ander volk in  Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. De Klerk, ek is egter vandag oor een ding baie bly en dit is dat u daagliks u flaters en verraad teenoor die Afrikaner kan ervaar en  beleef. Die bloed van onskuldige mense wat daagliks vermoor word is aan u  hande. Die ineenstorting van infrastrukture, swak  dienslewering, korrupsie, misdaad, verkragtings, geweld en die bestaan van &#8216;n onchristelike land is aan u te danke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Met u skrywe die afgelope week het u uself probeer verontskuldig aan  misdade wat deur u ontketen is. Maar as u gedink het dat die jong  Afrikaners, wat vandag moet swaar kry as gevolg van hul velkleur, u as &#8216;n  held gaan beskou maak u &#8216;n baie baie groot fout. Dit is deur u toedoen  dat ons moet deurloop onder regstellende aksie en dat ons nie onderrig  in ons moedertaal kan ontvang nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen poging wat u gaan aanwend om die ANC aan te val of om uself te  probeer veronskuldig gaan slaag nie. Geen Afrikaner,veral jong  Afrikaners, sal u ooit vertrou nie en daarvoor kan u net uself bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nobelprys vir vrede wat u destyds saam met mnr. Mandela ontvang het  moet egter teruggeneem word want dit is met die bloed van miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse bevlek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U is die oorsaak daarvan dat hierdie land vandag in &#8216;n totale volksmoord  gedompel is en u is die oorsaak dat hierdie land afstuur op &#8216;n  kommunistiese regering. Indien u destyds geluister het, en nie agter  geld aangehardloop het nie, en elke volk sy selfbeskikkingsreg laat  uitleef het, sou Suid-Afrika vandag nog &#8216;n eerstew\u00eareldland gewees  het met &#8216;n sterk ekonomie, werksgeleenthede en geen armoede en misdaad  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke volk &#8211; Afrikaners, Zoeloes, Sotho&#8217;s, Xhosas,<wbr><\/wbr> Engelse, Tswanas, Vendas, Ndebele  ens &#8211; sou vandag vrye volke in Suid-Afrika gewees het met volle  politieke magte, elkeen met sy eie regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sluit af met die volgende.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. De Klerk, indien u gaan reageer en dit gaan afmaak dat ek ou koeie  uit die verlede opper wil ek u graag daarop wys dat u nie daagliks by  gevegte op voetsoolvlak betrokke is en u wandade eerstehands ervaar en  beleef soos wat ons doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien ons dit gaan regkry om weer om &#8216;n onderhandelingstafel te gaan  sit, sal u defnitief nie weer namens die Afrikaner kan kom onderhandel  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons jonger geslag sal u nooit kan vertrou of kan vergewe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie dankie vir &#8216;n baie blink toekoms wat u vir Suid-Afrika geskep en tot stand gebring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groete<\/p>\n<p> Philip van Staden<br \/> Aktivis en politikus<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die skrywer is ook &#8216;n Pretoriase raadslid en leier van die VF Plus in die party se Pretoriastreek<\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oudstaatspresident, FW de Klerk, het die afgelope week &#8216;n skrywe van stapel gestuur waarin hy gepraat het oor die 1992-referendum van 20 jaar gelede en die tydperk daarna. Graag wil ek namens jong Afrikaners op mnr.de Klerk se skrywe kommentaar lewer. Geagte meneer de Klerk Dit is vir my en mede-Afrikaners van my ouderdomsgroep, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12226\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ope brief aan FW de Klerk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12225,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-12226","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12226"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12226\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12225"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}