{"id":12220,"date":"2012-03-19T08:38:49","date_gmt":"2012-03-19T08:38:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12220"},"modified":"2012-03-19T08:38:49","modified_gmt":"2012-03-19T08:38:49","slug":"gustav-s-venter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12220","title":{"rendered":"Rolprente: Terugkeer van die Afrikaner &#8211; &#8216;n land wag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Ongelooflikes staan by om die w\u00eareld te red\" alt=\"Family Incredible\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/incredibles.jpg\" width=\"251\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2004, so half per ongeluk, praat Hollywood onverwags die waarheid, en dit, as\u2019t ware deur die mond van die suigeling. The Incredibles was \u2018n animasiefilm opgekook volgens die hiper-suksesvolle Pixar-resep van kleurvolheid, humor, spanning, hope aksie en boegwye draakstekery met een of ander Hollywood-lieflinggenr\u00e9. Dit kan toeval wees, of slegs in die oog van die resensent, maar as \u2018n mens die rolprent op armlengte hou en die deurlopende tema betrag, is dit \u2018n traktaat vir die herlewing van Westerse kultuur; selfs vir die terugkeer van die blanke tot sy tradisionele verhewe status.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die agtergrond van skrywer\/regisseur Brad Bird se fantasie, is die verhouding tussen \u201cSupers\u201d (superhelde) en gewone sterflinge. Aanvanklik is dit \u2018n wederkerig voordelige verstandhouding. Wanneer alledaagse mense in \u2018n penarie induiwel \u2013 wat realisties genoeg alte dikwels is \u2013 verskyn een of meer Super om hulle figuurlik, en soms heeltemal letterlik, voor die aanstomende sneltrein weg te pluk. Die Supers se loon is die pluimstrykery van die gewones en die vergenoegdheid dat hulle die planeet weereens gered het, al is dit ongetwyfeld net vir \u2018n kort tydjie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk voel soos die bediende,\u201d kla Mr. Incredible in die rolprent se openingstoneel, \u201c\u2019Ek het hierdie gemors nou net skoongemaak, kan ons dit asseblief net skoonhou vir tien minute?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 blonde kragreus \u2013 elke Super het \u2018n \u201csupervermo\u00eb\u201d en syne is goeie ou tarzaniese liggaamlike krag, maar baie daarvan \u2013 en sy nuwe bruid, Elastigirl, is in die middelpunt van \u2018n omwenteling wat lei tot die verdwyning van die Supers. Op pad na sy troue knyp die ongelooflike een \u2018n tydjie af om \u2018n busrower lam te l\u00ea, \u2018n ou dame se kat uit \u2018n boom te red voordat hy die boom gebruik om \u2018n tweetal voortvlugtende rowers in hulle motorwielspore te stuit, waarna hy laat spaander om \u2018n flambojante Franse bomplanter \u201cBomb Voyage\u201d te arresteer en om \u2018n selfmoordlustige in sy noodlottige sprong, tussen die bopunt van \u2018n gebou en die ongenaakbare sypaadjie, met \u2018n kragtige duikslag te onderskep. Dit is juis hierdie laaste weldaad wat die Supers ongedaan maak. In \u2018n optrede van verstommende ondankbaarheid kla die geredde man vir Mr. Incredible aan vir skadevergoeding wat spruit uit die fisiese beserings wat hy in die voorval opgedoen het. Die jurie besluit teen Mr. Incredible, wat die sluise open vir \u2018n swetterjoel soortgelyke sake teen al wat Super is. Die hofsake veroorsaak \u2018n wyer opwelling, en die gewones, in wat by ons as \u201crollende massa-aksies\u201d bekend staan, dring op die verdwyning van die Supers aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Helen Zille-model kongresvrou som die algemene aandrang by \u2018n perskonferensie op: \u201cDit is tyd vir hulle <em>geheime <\/em>identiteite om hulle <em>enigste <\/em>identiteite te word. Tyd vir hulle \u2013 sluit by ons aan of <em>gaan weg<\/em>.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie gesnater hoor ons die onheilspellende dreunsang van die liberalis: Alle mense, alle rasse is dieselfde. Aanvaar dit, sluit by ons aan of <em>gaan weg<\/em>. In die animasiefilm gaan die Supers as\u2019t ware weg, word in die massas verswelg deur die regering se Superheld Herlokasieprogram. In die televisieverteller se woorde \u201cleef hulle tussen ons, leef hulle soos ons leef, doodgewone burgers, doodgewone <em>helde<\/em>, wat saggies en anoniem aanhou werk om die w\u00eareld \u2018n beter plek te maak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veelseggend genoeg word di\u00e9 strofe in wit en swart verfilm om die grysheid van multi-kulturalisme te beklemtoon. En dit is die tematiese sleutel van Brad Bird se betoog: Die spanning tussen uitnemendheid en alledaagsheid; tussen kleurvolheid en grysheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bird was astrant genoeg om die rolprent met hermeneutiese sleutels uit die rolprentkuns te besaai. Die blote onderwerp van die film \u2013 Superhelde \u2013 is oorwegend \u2018n blanke kultuuritem, en dit is net die winsgewendheid van die genre wat dit van Hollywood se gedagtepolisie en hulle redigeersk\u00ear red. Amerikaanse Afrikane is dol oor blanke superhelde en van hulle is volslae Batman- en Superman-verslaafdes. Swart superhelde het egter, vir welke rede ook al, nooit daarin geslaag om Af-Am\u2019s se volle lojaliteit te werf nie. En dis nie dat daar nie pogings was om \u2018n swart kultussuperheld te skep nie. Maar selfs die suksesvolste van hulle, Blade, sing maar net in die koor op die verhoog waarin die blanke Spiderman en Kie die kollig absorbeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is w\u00e9l \u2018n swart superheld in The Incredibles, \u2018n koel, slentertaalspuwende stereotipiese karakter alternatief as Frozone en, in sy alledaagse alter ego, as Lucius bekend. Hy is vir Mr. Incredible wat Tonto vir die Lone Ranger was \u2013 \u2018n eksieperfeksie agterryer. Dit is \u2018n mediawonderwerk van geen geringe omvang dat Brad Bird nie in die hoofstroompers van die skandpaal gehang is nie. Agterryerskap, indien deur \u2019n&nbsp; swarte vertolk, is tog duidelik teen elke stelre\u00ebl van politieke korrektheid. Maar hoe kil Frozone ook al is, die film gaan oor blanke superhelde en hoe hulle deur die gemeenskap weggewens is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer Bird dan die superheld vertoon wat tam en iesegrimmig voortstrompel in \u2018n sypaadjiestroom onuitsonderlike mense, almal op pad na sy of haar weergawe van die soutmyn, word di\u00e9 paar filmraampies \u2018n protes teen een van Hollywood se heiligste voorskrifte: Dat alle mense \u2013 en alle rasse \u2013 dieselfde is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gesin Incredible het ook nie di\u00e9 lot ontkom nie. Voor die herlokasieprogram was Mr. Incredible se geheime identiteit di\u00e9 van Bob Golden. Maar die Goldens is hulle nie meer nie. Hulle is nou, die Parrs, \u2019n naam wat alles s\u00ea: Die Gelykes. In hierdie fase is hulle die volmaakte filmatiese vergestalting van die blanke ras in die hedendaagse Westerse w\u00eareld, wat deur politieke maneuvrering of eie keuse verplig word om hulle uitnemendheid ter wille van die ideaal van rassegelykheid te onderdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Bob Parr, nou \u2018n versekeringsklerk, skaaf en swoeg teen die halters wat hom alledaags hou, is dit sy seuntjie, Dash, wat openlik rebelleer. Hy kan nie verstaan hoekom hy verbied word om sy supermagte (die mannetjie is vinniger as blits) te gebruik nie. In die tweede toneel van die tweede bedryf, bespreek hy en sy ma (Elastigirl is nou doodgewone ou Helen Parr) sy verskyning voor die skoolhoof. Hy is in die sop omdat hy sy superspoed gebruik het om \u2018n duimspyker op \u2018n verknypte onderwyser se stoel te plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle s\u00ea altyd \u2018doen jou bes,\u2019 maar julle bedoel dit nie,\u201d mor die ongelukkige klein Dash. \u201cHoekom kan ek nie die beste doen wat ek kan nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOp hierdie oomblik, Liefie,\u201d s\u00ea sy ma onoortuigend, \u201cwil die w\u00eareld net h\u00ea ons moet inpas. En om in te pas, moet ons soos al die ander wees.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat sy hier beskryf is die w\u00eareldwye werksbeskrywing van die moderne blanke, ook in Suid-Afrika; ver\u00e1l in Suid-Afrika: Pas aan en pas in. Moenie anders wees nie. Moenie uitmunt nie, want nie almal kan dit doen nie. En as almal nie uitmuntend&nbsp; kan wees nie, nou ja, ons kan almal darem gemiddeld of nog swakker wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die onbelemmerde insig van die jeug, sien Dash die komplikasies van di\u00e9 ingesteldheid net te duidelik raak: \u201cMaar Pa s\u00ea altyd dat ons magte niks is om oor skaam te wees nie, ons magte maak ons spesiaal.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Helen, (uitgeput:) \u201cElkeen is spesiaal, Dash&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWat net \u2018n ander manier is om te s\u00ea niemand is nie,\u201d antwoord hy en daarmee kloof hy baie skerpsinnig deur die senings van di\u00e9 politiek-korrekte onsinnigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy mening word later, vanaf die teenoorgestelde morele pool, deur die skurk in die verhaal beaam. As jong seun het Buddy begeer om \u2018n superheld te wees, met die intensiteit waarmee baie swartmense begeer om wit te wees. Maar net soos die Ethiopi\u00ebr nie van velkleur kan verander nie, kan die gewones ook nie super word nie. Buddy is egter, in rasegte superheldverhaalformaat, \u2018n tegnologiese breinbuks, en om vir sy gebrek aan supermagte op te maak, steun hy op tegnologie. Om te vlieg, byvoorbeeld, ontwerp hy vuurpylstewels. Die aanwending van tegnologie maak hom egter nie super nie. Superheid is aangebore en kan nie vervals word nie. \u2019n Mens kan ook nie blank word as jy nie blank gebore is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat Mr. Incredible die seun verwerp, herontwerp die verbitterde Buddy homself as Syndrome, die toonbeeldige megalomaan wat niks anders as die onderwerping van die ganse mensdom begeer nie. Sy plan, verduidelik hy in nog \u2018n stapelelement van superheldverhale, die monoloog, is om sy tegnologie aan alle mense beskikbaar te stel, \u201csodat almal Superhelde kan wees, almal super kan wees. Want as almal super is \u2013 sal niemand wees nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Syndrome is die klassieke indringer van superheldverhale. Hy is nie regtig Super nie, maar met die intensiewe aanwending van tegnologie kan hy homself, en soms ander mense, oortuig dat hy wel is. Hierdie aandrang om iets anders, \u2018n ander ras, te wees, is blykbaar \u2018n w\u00eareldwye versugting van alle rasse wat nie blank is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cElkeen wil \u2018n kat wees!\u201d sing die straatjazzmusikante in \u2018n animasiefliek uit \u2018n ander era, The Aristocats. Die hartseerwaarheid is dat almal &#8212; o\u00ebnskynlik wit wil wees. (Behalwe Antjie Krog wat smeek om swart te wees.) Dis hoekom die Nuwe Swarte, ala Julius Malema, wanneer hy onverdiende rykdom bekom, homself met peperduur verglansings \u2013 daai Breitling-polshorlosie! \u2013 behang, nesskop in Sandton en homself verskuif met \u2018n Range Rover Sport. Maar al is hy hoe blink, hy is nie en k\u00e1n nooit blank wees nie. En net daarin l\u00ea die klaaglied van vandag se swart elite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bob \u201cMr. Incredible\u201d Parr som dit verbysterd op in antwoord op Syndrome se monoloog: \u201cJy bedoel jy het die regte helde uitgewis sodat jy kan <em>voorgee<\/em> jy is een???!!\u201d (Leestekens net so in die oorspronklike teks.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as die indringer begeer om self Super te wees, is dit die gewone mens se versugting dat die Supers sal terugkeer om \u2018n dobberende w\u00eareld te anker. Die Parrs se buurseuntjie praat vir die mensdom wanneer hy vir Bob vanaf sy driewielfiets sit en betrag. \u2018n Paar dae tevore was hy in dieselfde plek toe Bob sy humeur verloor het en sy motorkar in \u2018n demonstrasie van superkrag opgetel het, vas van plan om die skedonk straataf te gooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou vra hy vir die seuntjie: \u201cWat wag <em>jy<\/em> voor?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet\u2019ie,\u201d s\u00ea die kleuter. \u201cIets ongeloofliks, dink ek.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hele w\u00eareld wag met opgehoue asem dat die Westerling as\u2019t ware sy Superheldkostuum moet herontdek, dit moet aantrek en vir die w\u00eareld van vooraf iets ongeloofliks moet wys. Na die opkoms en oorheersing van sosiale liberalisme, het die Westerling homself oorreed om sy leiersposisie in die w\u00eareld te abdikeer. Ironies genoeg het die roete van verval deur selfverheffing geloop, toe hy homself van onder die Vaderhand van God verwyder het en homself as indringer in di\u00e9 posisie ingehefboom het. Die Westerling se oordrewe humanisme het hom gekelder. Hy sou sy eie god wees, en as h\u00fd god is, is elke mens god en as elke mens god is, en alle gode is gelyk, is alle mense gelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Bird se film kom die Incredibles se herstel eers as hulle as gesin afgesonder word. In die ontknoping van die rolprent jubel die ononderdrukbare Dash: \u201cEk\u2019s lief vir my familie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As in ag geneem word dat rasse in wese uitgebreide families is, is dit veelseggend dat die blanke ni\u00e9 toegelaat word om te s\u00ea hy \u201cis lief vir sy familie\u201d nie. Maar dit is presies wat herstel sal verg. In Suid-Afrika is dit die Afrikaner wat sy familie as\u2019t ware nou herontdek, en uitvind dat hy lief is vir dit wat hy opnuut gekry het. Die hele land hou asem op. Behalwe vir \u2018n paar selfverrykende indringers, is dit waarvoor die hele streek wag: Die herstel van die Afrikaner. Want sonder die Afrikaner hier, en die blanke w\u00eareldwyd, waggel die mensdom op \u2019n&nbsp; onvaste as wat sal aflei na \u2018n gewelddadige en primitiewe lewe soos die planeet vir \u2018n duisend jaar nie gesien het nie.&nbsp; Die mens se lewe sal inderdaad van vooraf uitmergelend, dierlik en kort wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die w\u00eareld in Brad Bird se animasierolprent asem opgehou het vir die herverskyning van die Supers, wag \u2018n land vir die terugkeer van die Afrikaners. Passasiers op \u2018n wegholtrein in die land van The Incredibles hoop gillend dat die Superheld betyds sal wees om die trein te stuit. Net so, in die skerperwordende vlammelig van anargie, die gedreun van \u2018n intuimelende land en die sluipende doodskaduwee van hongersnood, groei die smeking: Mag die Afrikaner terugkeer. Mag hy betyds wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In 2004, so half per ongeluk, praat Hollywood onverwags die waarheid, en dit, as\u2019t ware deur die mond van die suigeling. The Incredibles was \u2018n animasiefilm opgekook volgens die hiper-suksesvolle Pixar-resep van kleurvolheid, humor, spanning, hope aksie en boegwye draakstekery met een of ander Hollywood-lieflinggenr\u00e9. Dit kan toeval wees, of slegs in die oog van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12219,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12220","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12220","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12220"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12220\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12219"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12220"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12220"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12220"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}