{"id":1222,"date":"2007-12-30T14:02:46","date_gmt":"2007-12-30T14:02:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1222"},"modified":"2007-12-30T14:02:46","modified_gmt":"2007-12-30T14:02:46","slug":"geweld-in-kenia-weens-stadige-stemtellery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1222","title":{"rendered":"Geweld in Kenia weens stadige stemtellery"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kibaki se Party van Nasionale Eenheid het &#329; beroep op geduld gedoen totdat Keniaanse Verkiesingskommissie die amptelike uitslag aankondig.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Geen ander liggaam het regsbevoegdheid om die uitslag aan te kondig nie,&rdquo; het die PNE in &#329; verklaring ges&ecirc;. &ldquo;Ons moet almal geduldig vir die Keniaanse Verkiesingskommissie se verklaring wag.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Intussen het duisende mense vir die tweede dag die strate van die Keniaanse hoofstad ingevaar om uiting aan hul woede te gee oor die oponthoud in die aankondiging van die land se volgende president. Ten minste drie mense is Saterdag gedood, het die polisie ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Dis ons gewere,&rdquo; het die 24-jarige Cliff Owina ges&ecirc; terwyl hy &#329; hand vol klippe omhoog hou in die Mathareslum waar jong mans besig was om padblokkades op te stel en vure aan die brand te steek. &ldquo;Maar die stembrief is ons atoombom.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ander weer het geskree: &ldquo;Kibaki moet weg!&rdquo; terwyl hulle pangas in die lug rondswaai en daar rondom busse en winkels afgebrand word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vanuit Washington het &#329; segsman van die Amerikaanse Buitelandsesakedepartement die geweld ten sterkste afgekeur.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ongeag die eventuele wenners in di&eacute; verkiesing, doen ons &#329; beroep op alle Keniane regoor die politieke spektrum om saam te werk ter bevordering van demokrasie en nasionale ontwikkeling,&rdquo; het hy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Saterdag het albei partye aangekondig dat hulle die verkiesing gewen het maar die verkiesingskommissie het ges&ecirc; dat die tellery nog nie voltooi was nie. Ten spyte van albei partye se pleidooie dat die uitslag spoedig bekendgemaak word, het die voorsitter, Samuel Kivuitu ges&ecirc; dat hy die aankondiging van die uitslag tot die volgende oggend gaan opskort om die bedrogbewerings te ondersoek.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alexander Graf Lambsdorff, die hoof-Europeseverkiesingsmonitor, het ook Sondag sy kommer uitgespreek oor die telproses en ges&ecirc; daar &ldquo;hang &#329; groot vraagteken oor die kontrole van die uitslae&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons waarnemers is by verskeie kontrolesentra weggewys sonder dat hulle die uitslae ontvang het,&rdquo; het hy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die polisiekommissaris, Hussein Ali, het vir kalmte gevra en beklemtoon: &ldquo;Daar kan geen demokrasie wees waar mense dink dat hulle hul tot openbare geweldpleging kan wend nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Om verkiesing te hou, beteken nie dat die wet opgeskort is nie,&rdquo; het hy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Honderde mense het gesterf in verkiesingsverwante konflik oor die maande in aanloop tot die stemmery en verskeie diplomate het hul kommer uitgespreek dat &#329; naelskraapse oorwinning aan enige kant tot onluste kan lei. Maar die meeste waarnemers&nbsp; het ges&ecirc; dat die stemmery self o&euml;nskynlik ordelik verloop het, met geen beduidende onderbrekings waaroor berig is nie, hoewel hulle onwillig was om enige finale verslae uit te reik totdat die kommissie &#329; wenner sou aanwys.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kiviutu, die voorsitter van die verkiesingskommissie, het erken dat daar probleme was, waaronder &#329; kiesafdeling waar die stempersentasie 115% was en &#329; ander waar &#329; kandidaat met die stembriewe weggehardloop het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Donderdag se stem het Kibaki teen Ondinga opgestel, &#329; flambojante miljoen&ecirc;r wat hom as segsman vir die armes voorhou. Dit was die land se mees mededingende verkiesing sedert onafhanklikheid van Brittanje.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kibaki is van Kenia se grootste etniese groep, die Kikoejoe, terwyl Odinga van die tweede grootste groep, die Luos, afkomstig is; hulle is armer en voel hulself polities uitgesluit.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Odinga, &#329; vurige 62-jarige en voormalige politieke gevangene, het belowe om verandering te bring en hulp aan die armes te verskaf. Sy belangrikste steunbasis&nbsp; is Kibera waar ten minste 700 000 mense in uiterste armoede leef en wat ook die toneel was van die meeste onluste Saterdag.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ondersteuners van die 76-jarige Kibaki meen dat hy Kenia se sukkelende ekonomie in &#329; Oos-Afrikaanse groeipunt omskep het, met &#329; gemiddelde groeikoers van 5 persent en &#329; florerende toerismebedryf. Hy het in 2002 &#329; wegholoorwinning oor die berug korrupte Daniel arap Moi behaal, wat grondwetlik verhoed daarvan verhoed is om sy termyn te verleng.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar Kibaki se teenkorrupsieveldtog word grotendeels as &#329; mislukking gesien en die land sukkel steeds met armoede en stamverdeeldheid. Nadat die opposisie die meeste parlement&ecirc;re setels ingepalm het, mag hy dit moeilik vind om te regeer indien hy sou wen.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir enige van die twee kandidate om te wen, moet hy die meeste stemme kry, asook 25 persent van die stemme in vyf uit agt Keniaanse provinsies, &#329; maatre&euml;l wat bedoel is om te verseker dat &#329; president &#329; mate van steun in die hele land en sy vele stamme geniet.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/invertory_svarochnye\/\">\u0441\u0432\u0430\u0440\u043e\u0447\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Opposisiepartyondersteuner_in_Kenia.jpg\" width=\"179\" height=\"129\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Keniaanse opposisieondersteuner<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Nairobi &ndash; Kenia se opposisiekandidaat het &#329; beroep op president Mwai Kibaki gedoen om te erken dat hy Sondag verloor het in die naaste presidentsverkiesing in die land se geskiedenis. Hy het hom ook van verkiesingsbedrog beskuldig nadat die chaotiese stemtellery wydverspreide geweld en bedrogvrese ontketen het.<\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\">&ldquo;Die regering het alle legitimiteit verloor en kan nie langer regeer nie,&rdquo; het Raila Odinga Sondag 30 Desember ges&ecirc;, drie dae na die verkiesing.<\/p>\n<p>  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ondinga beskik tans oor &#329; naelskraapmeerderheid van 38 000 stemme, maar die verkiesingskommissie het die verwagte aankondiging van die uitslag Saterdagaand opgeskort met die belofte dat dit bewerings van bedrog gaan ondersoek. Indien Kibaki verloor, sal hy die eerste dienende president wees om by die stembus uitgeknikker te word.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1157,162,21089],"class_list":["post-1222","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-geweld-in-kenia-wees-stadige-stemtellery","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1222","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1222"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1222\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1222"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1222"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1222"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}