{"id":12213,"date":"2012-03-19T06:00:30","date_gmt":"2012-03-19T06:00:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12213"},"modified":"2012-03-19T06:00:30","modified_gmt":"2012-03-19T06:00:30","slug":"malema-kap-magsdronk-anc","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12213","title":{"rendered":"Malema kap &#8216;magsdronk&#8217; ANC"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het Sondag &#8220;magsdronk&#8221; ANC-leiers wat hul kiesers minag, gekritiseer.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea sommige leiers het arrogant geraak weens die mag wat die massas aan hulle gee. Hy het gewaarsku teen nog &#8216;n Polokwane-verkiesingskonferensie, wat gelei het daartoe dar Thabo Mbeki moes uittree as president.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Moet nooit die massas een voor wees nie,&#8221; het Malema aan &#8216;n jubelende skare jeugdiges in Kimberley ges\u00ea. Baie van hulle was uitgedos in die nuwe drag vir ekonomiese vryheidsvegters, naamlik &#8216;n swart beret.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voordat Malema die skare toegespreek het, het Shadrack Tlhaole, voorsitter van die ANCYL in die Noord-Kaap, Kgalema Motlanthe as leier en Fikile Mbalula as sekretaris-generaal van die ANC gesalueer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlhaole het Jacob Zuma, ANC-president, gevra om nie in die openbaar kommentaar te lewer oor die dissiplin\u00eare prosesse van Malema en ander Jeugliga-leiers nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die provinsiale voorsitter van die ANC, John Block, is ook by die &#8220;saamtrek vir ekonomiese vryheid&#8221; verwelkom. Block is, ten spyte van sy wit naam, &#8216;n swartman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Block het ges\u00ea die ANCYL is &#8216;n wettige organisasie van die ANC en is nie verban nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC moet nie weghardloop vir die ANC-Jeugliga nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het die ANC-strukture in die provinsie geprys vir hoe hulle die bele\u00ebrde Block ondersteun. Block word ondersoek vir bedrog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die dae is nou donker en die vriende is min,&#8221; het Malema ges\u00ea. &#8220;Julle stuur &#8216;n sterk boodskap van vertroue aan die res uit deur nie weg te hardloop van Block af nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het Block en die provinsiale ANC-leierskap ook geprys daarvoor dat hulle nie bang is vir &#8220;politieke melaatsheid&#8221; nie, deurdat hulle ondersteuning getoon het by Sondag se vergadering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het ges\u00ea die ANC is gevorm vir ekonomiese vryheid weens grondonteiening deur &#8220;setlaars&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die res [stemreg] het na die tyd gekom, maar fundamenteel het dit gegaan oor ekonomiese vryheid en die eenheid van swartes.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met verwysing na die ANC se dissiplin\u00eare optrede teen hom en ander Jeugliga-leiers het Malema ges\u00ea die ANC kan nie sy kinders straf omdat hulle aktief is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea wanneer &#8216;n kind &#8220;deurmekaar&#8221; is, moet die ouer hom of haar help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons kritiseer die ANC, ons kritiseer onsself en niemand moet dit persoonlik opneem nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor werkloosheid het Malema ges\u00ea die jeug het &#8216;n verantwoordelikheid om die ANC weer in lyn met die Vryheidsmanifes te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die jeug moet veg vir die nasionalisering van myne en die onteiening van grond sonder vergoeding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Alle revolusion\u00eare liedjies praat oor grond, nie oor blou ligte nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Shadrack Tlhaole, voorsitter van die ANC-jeugliga in die Noord-Kaap, het vroe\u00ebr met burgeroorlog en moord gedreig as iemand aan Malema raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlhaole is lid van die jeugliga se nasionale uitvoerende komitee en dien in die Noord-Kaapse uitvoerende komitee van die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlhaole het die umKhonto weSizwe-veteranevereniging (MKVA) in KwaZulu-Natal gekap omdat hulle Woensdag ges\u00ea het Malema sou voor &#8216;n vuurpeloton gesterf het in die <em>struggle<\/em>-dae.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlhaole het met burgeroorlog in antwoord daarop gedreig. &#8220;As d\u00edt gebeur, sal die hele Suid-Afrika daarvoor vergelding vra. Hulle soek &#8216;n burgeroorlog.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlhaole s\u00ea die jeugliga in die hele Suid-Afrika steun Malema. Hy het pres. Jacob Zuma se uitlatings verlede week dat die jeugliga &#8216;n nuwe leier moet kies wanneer Malema se app\u00e8lproses afgehandel is, verwerp.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het Sondag &#8220;magsdronk&#8221; ANC-leiers wat hul kiesers minag, gekritiseer. Malema het ges\u00ea sommige leiers het arrogant geraak weens die mag wat die massas aan hulle gee. Hy het gewaarsku teen nog &#8216;n Polokwane-verkiesingskonferensie, wat gelei het daartoe dar Thabo Mbeki moes uittree as president. &#8220;Moet nooit die massas een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12213\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema kap &#8216;magsdronk&#8217; ANC&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12213","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12213","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12213"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12213\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12213"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12213"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12213"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}