{"id":12206,"date":"2012-03-17T10:06:54","date_gmt":"2012-03-17T10:06:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12206"},"modified":"2012-03-17T10:06:54","modified_gmt":"2012-03-17T10:06:54","slug":"die-nee-stem-red-suid-afrika-n-sprokie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12206","title":{"rendered":"Die &#8216;nee&#8217;-stem red Suid-Afrika, &#8216;n sprokie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/praag.co.uk\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Vandag,  twintig jaar n\u00e1 die lotsbepalende referendum van 17 Maart 1992, kan \u2018n  mens net spekuleer oor hoe dit sou gewees het indien mnr. FW de Klerk sy  sin sou gekry het en die \u201cja\u201d-stem sou gese\u00ebvier het. Soos ons in die  maande n\u00e1 die referendum gesien het, het FW reggestaan om sy land en sy  mense te verraai. Hy het selfs saamgewerk met die Britte om so byna-byna  \u2018n staatsgreep met die hulp van umKhonto we Sizwe te veroorsaak, maar  gelukkig is hy gestuit. Hy is in Pretoria-sentraal vir hoogverraad  gehang en vandag word hy as die mees berugte verraaier in die  Afrikanergeskiedenis gereken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  ysingwekkend om daaraan te dink dat die ANC wel die land in die vroe\u00eb  negentigerjare kon oorgeneem het. Waarskynlik sou hulle rassewette  ingestel het om blankes op alle gebiede te benadeel. Hulle sou ook  beheer oor ons skole en universiteite geneem het. Omdat die ANC, wat  eintlik maar \u2018n skepping van die Anglikaanse Kerk en die linkervleuel in  Groot Brittanje was, nog altyd teen Afrikaans gekant was, sou hulle  teen ons taal gediskrimineer het. Ons kinders sou, soos in voormalige  kommunistiese lande, op skool deur middel van vakke soos geskiedenis en  sosiologie gebreinspoel gewees het om hul eie geskiedenis te haat en  skuldig te voel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ANC sou die SAUK-TV en -radio oorgeneem het en met ideolo\u00eb van hul  keuse gevul het. Afrikaans sou grotendeels van die televisie verwyder  gewees het. Uitsendings oor die klassetryd en die hero\u00efese Kubaanse  revolusion\u00eare met wapperende hamers-en-sekels sou gereeld op die  televisieskerms te siene gewees het. Alle plaasgrond, myne en banke sou  genasionaliseer gewees het. Indien die \u201cja-stem\u201d gese\u00ebvier het, sou die  land vir alle praktiese doeleindes \u2018n Afro-sosialistiese of  -kommunistiese staat geword het. Daar sou geweld, moord en doodslag  gewees het soos wat die lede van Umkhonto we Sizwe, bewapen met wapens  van ons eie weermag en betaal met ons eie belastings, toenemend  plaasboere en ander burgerlikes op die platteland goedsmoeds aangeval  het. En natuurlik, soos in alle kommunistiese lande, sou \u2018n korrupte  nomenklatoera bestaande uit ho\u00eblui van \u201cdie Party\u201d die land se bates  geplunder het, en hulself en hul families op allerlei onderduimse  maniere verryk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  oorblywende dele van die privaat sektor sou insgelyks afgepers gewees  het om aandele in genoteerde maatskappye aan die apparatsjieks te  oorhandig. Swart kitsmiljard\u00ears sou in Duitse limousines of Italiaanse  sportmotors in die strate van Johannesburg en Pretoria rondgery het. Op  die snelwe\u00eb, soos in menige Afrikaland, sou gewone motoriste moes padgee  as lede van die politiburo, of die nasionale uitvoerende komitee, soos  dit genoem word, in hul swart Mercedesse en BMW\u2019s met loeiende sirenes  en flitsende blou ligte hulself meester van die paaie gemaak het. Te  oordeel aan toestande in ander Afrikalande, sou daar ook heelwat  slaggate in die paaie gewees het&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer  as \u2018n miljoen Afrikanervlugtelinge sou deur die lughawens landuit  gestroom het, na Australi\u00eb, Nieu-Seeland, die VSA, Kanada, Europa. \u2018n Al  kleiner en ouer wordende blanke bevolking sou in toenemende armoede en  werkloosheid hul lot in \u2018n mislukkende Afrikastaat afgewag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  gelukkig het dit nooit gebeur nie! Danksy die dapper \u201cnee\u201d-stemmers wat  tot aan die einde geveg het om di\u00e9 nagmerrie-scenario te stuit, het  Suid-Afrika ternouernood aan \u2018n gewisse ondergang ontkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  gisteraand sit ek en vroulief lekker snoesig voor die televisie en kyk  na \u2018n oorgeklankte Duitse speurverhaal wat in heerlike Afrikaans deur  die luidsprekers van ons tuisteaterstelsel weerklink. Al wat ons effens  steur, is die advertensies waarmee die program elke nou en dan  onderbreek word. Luuksemotors en kosmetiekware word in Afrikaans  gereklameer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Flussies  het Riaan Cruywagen, nadat hy die nuus klaar gelees het, gekwinkslag  dat hy darem bly is dat die \u201cja\u201d-stem nie twintig jaar gelede gewen het  nie, anders het hy dalk teen die agtergrond van die ANC-vlag of die  hamer en sekel die nuus moes lees. Of dalk sou hy nie eens die nuus kon  lees nie en het \u2018n ideologies suiwere persoon, maar met \u2018n swak  uitspraak, di\u00e9 taak waargeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  \u2018n koel, Afrikaanse vrouestem die lof van Franse gesigroom op die TV  besing, kom my agtjarige dogter by die vertrek ingedrentel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cPappa, wat is die ANC?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kon nie anders as om te lag nie. \u201cMy kind, waar kom jy daaraan?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNetnou toe Oom Riaan die nuus gelees het, het hy ges\u00ea die ANC kon dalk twintig jaar gelede ons land regeer het. Wie was hulle?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMy  kind, die ANC was \u2018n terroriste-organisasie wat deur die destydse  Sowjetunie, wat \u2018n kommunistiese land was, opgelei is om mense in ons  land te kom doodmaak. Ander lande wat hulle gehelp het, was Brittanje en  Swede, wat vir hulle baie geld gegee het. Toe het daardie verraaier, FW  de Klerk, saam met hulle gekonkel om die land oor te neem en \u2018n  referendum gehou, maar gelukkig stem die mense toe daarteen.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My dogtertjie in haar pajamarokkie met haar sagte bruin hare frons terwyl sy d\u00edt alles inneem. \u201cWat is \u2018n referendum, Pappa?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2018n  Referendum word ook \u2018n volkstemming genoem. Dit is wanneer al die mense  in \u2018n land oor \u2018n belangrike ding stem, \u2018ja\u2019 of \u2018nee\u2019. Op 17 Maart 1992  het al die wit kiesers in die land daaroor gestem of FW de Klerk namens  hulle moes voortgaan om met die ANC te onderhandel of nie. Maar hy was  \u2018n skelm en gelukkig het ons hom nie vertrou nie, toe stem die meeste  mense \u2018nee\u2019.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar frons verdiep. \u201cEn wat sou gebeur het as die mense \u2018ja\u2019 gestem het? Sou hulle weermag ons land oorgevat het soos in <em>Call of Duty<\/em>?\u201d <em>Call of Duty<\/em> is die naam van haar ouer boetie se oorlogspeletjie op sy rekenaar. Dis  \u2018n eerstepersoonskieterspeletjie waarvan verskeie weergawes  onderskeidelik in die tweede w\u00eareldoorlog, koue oorlog en eietydse  oorlo\u00eb afspeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,  my kind, baie slegte goed sou gebeur het. Hulle weermag sou ons land  ingeneem het en ek huiwer om te dink wat hulle alles aan ons sou gedoen  het. Dinge wat \u2018n mens nie aan klein dogtertjies kan vertel nie. Hulle  sou die meeste van ons goed ook gevat het. Maar gelukkig het ons daai  skelm ou De Klerk laat ophang en het ons ons man gestaan teen die Britte  en die Kubane. En vandag is alles veilig. En ons is almal ryk,  Afrikaans en gelukkig, net soos in jou sprokies.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSal Pappa weer vir my kom lees totdat ek aan die slaap raak?\u201d kom dit met \u2018n pruilmondjie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar  alte seker, my kind, ek en Mammie kyk net gou ons gunstelingspeurreeks  klaar. Dan sal ek kom lees. Gaan klim solank in die bed en lees jy so \u2018n  bietjie. Dan kom lees ek sommer nou-nou vir jou.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed, Pappa. En&#8230; en ek is bly die ANC het nooit ons land oorgevat soos in <em>Call of Duty<\/em> nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk ook, my kind. Ons kan almal baie bly daaroor wees.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  maklik om haar nou te antwoord, met die voordeel van terugskouing. Maar  ek en haar ma het destyds \u201cja\u201d gestem&#8230; Hoe verkeerd was ons nie! Min  het ons geweet wat FW de Klerk se ware bedoelinge was met sy onskuldige  vragie: &#8220;Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die  Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op &#8216;n nuwe  grondwet deur onderhandeling gemik is?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  die media en veral die Nasperskoerante die \u201cja\u201d-stem fanaties  ondersteun het, het iemand by Nasionale Inligting op die vooraand van  die referendum die nuus laat uitlek dat De Klerk eintlik beplan het om  Nelson Mandela president te maak en al die staatsbates, waaronder die  weermag, lugmag, vloot en alle milit\u00eare wapentuig, aan die ANC oor te  dra. Nie almal het die gerug geglo nie, maar uiteindelik was dit genoeg  om die referendum in die guns van die \u201cnee\u201d te laat kantel. Terwyl die  mense nog by die stembusse in toue gestaan het, het hulle van gedagte  verander en op \u2018n groot skaal \u201cnee\u201d begin stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ekself,  wat in \u2018n liberale huis in Johannesburg grootgeword het, was  teleurgesteld met die uitslag. Die Volksfront het egter van  genoegdoening gekraai en die druk het onmiddellik begin ooplaai vir De  Klerk om \u2018n verkiesing uit te roep met \u2018n potensi\u00eble neerlaag wat vir  hom voorl\u00ea. Die Britse pers het amper histeries geraak en voorspooksels  van \u2018n \u201cburgeroorlog wat kom\u201d begin maak, as die Afrikanerleiers nie  onmiddellik met die onderhandelinge voortgaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  toe dat De Klerk sy fatale fout gemaak het. Terwyl die Konserwatiewe  Party, die HNP en AWB hul tande slyp vir die komende algemene verkiesing  en die ANC dreig met verdere \u201cmassa-aksie\u201d, ontvang FW de Klerk \u2018n  oproep van Downingstraat 10. John Major is aan die woord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMnr.  De Klerk, ons kan nie toelaat dat die onderhandelingsproses n\u00f3\u00fa  skipbreuk lei nie. Ek glo u sal weet wat om te doen. Daar is altyd plan  B.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De  Klerk kug effens, want hy verkeer in \u2018n vyfsterhotelkamer in Kaapstad  met sy Grieks-Britse minnares wat al daarvan verdink is dat sy \u2018n  MI6-agent is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,  mnr. Major, ek weet wat om te doen. Die ANC m\u00f3\u00e9t ons land regeer en ons  wil baie graag weer lid van die Statebond word sodat ons voor u  koningin mag kniel,\u201d antwoord De Klerk gedienstig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Uur of wat later lui die telefoon uit die VSA. George H.W. Bush is aan die ander kant van die lyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cFW,  ou vriend, ek sien julle Afrikaners was toe nie sulke kalkoene wat vir  Kersfees gestem het nie! Geluk, man. Ek het onder Ronald gedien en hy  het altyd ges\u00ea ons moenie die Suid-Afrikaners wat in die tweede  w\u00eareldoorlog aan ons kant geveg het, uitverkoop nie. Gee die ANC hel!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  dis juis n\u00ed\u00e9 wat FW beplan nie. Hy stel plan B in werking. In die  geheim kom hy en Mandela in die Britse ambassadeurswoning in Kaapstad  bymekaar, tesame met \u2018n paar vertrouelinge uit die SAW, Umkhonto we  Sizwe, die Britse geheime diens en \u2018n gesant vanuit Kuba. Van die  Kubaanse troepe wat steeds in Angola gestasioneer is, sal oor die  Namibiese grens beweeg en by die Oranje aansluit by \u2018n weermagbrigade  onder \u2018n generaal wat aan De Klerk en Brittanje getrou is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De  Klerk plaas die weermag op \u2018n gereedheidsgrondslag om die \u201cregse  gevaar\u201d af te weer. Beeld en Die Burger basuin die propaganda uit: \u201cDie  rassiste, wat so kordaat was om \u2018nee\u2019 te stem, gaan die loesing van hul  lewens kry. Elke regdenkende Afrikaner moet bereid wees om op sy broer  te skiet, indien nodig.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Generaal  Constand Viljoen wik en weeg aan watter kant hy gaan wees, maar toe  milit\u00eare inligting hom meedeel dat die Kubane op pad is om die  Umkhonto-kaders te kom ondersteun, neem hy \u2018n finale besluit: \u201cEk staan  by my mense. Hierdie oorlog gaan ons nie verloor nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer  tien dae n\u00e1 die referendum breek gevegte in Johannesburg en Pretoria  uit. Die ANC gebruik van die aanvalsgewere wat Britte in safari-voertuie  oor die grense aangery het, met die Sunday Times-joernalis Muff  Anderson wat die verspreiding in Kaapstad en Johannesburg behartig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje  stuur \u2018n fregat wat in die geheim Simonstad aandoen. Aan boord is  verkennersoldate van die Britse S.A.S. wat die amateuragtige Umkhonto we  Sizwe moet kom ondersteun. De Klerk en die verraaiergeneraals in die  S.A.W. re\u00ebl dat hulle in \u2018n lugmaghelikopter na die Rand gebring word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev.  Marike de Klerk bel egter vir genl. Constand Viljoen by  Voortrekkerhoogte en s\u00ea: \u201cGeneraal, dis vir my baie moeilik&#8230;  Waarskynlik is u nie daarvan bewus nie, maar my man het reeds geruime  tyd \u2018n verhouding met \u2018n Grieks-Britse vrou. Ek vermoed ook dat hy besig  is om \u2018n komplot met Groot Brittanje en Kuba te smee om die land met  wapengeweld aan die ANC en SAKP te oorhandig. My plig is teenoor my  volk, daarom vertel ek dit vir u in vertroue.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMevrou  De Klerk, hiermee het u ons moontlik van gewisse ondergang gered. U man  mag geen held in ons volksgeskiedenis wees nie, maar u naam sal vir  altyd onthou en hoog geag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen  daardie aand neem \u2018n milit\u00eare junta van die SAW beheer oor die land  oor. \u2018n Kabinet word saamgestel met lede van die regse partye, asook  enkeles in die NP wat nie met De Klerk se verraad gediend is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">FW  self word op \u2018n klag van hoogverraad in hegtenis geneem en op \u2018n  onbekende plek aangehou. Intussen is die Britse vliegdekskip, HMS Ark  Royal na Durban op pad, van waar lugsteun vir die oprukkende Kubaanse  troepe gebied gaan word. Maar \u2018n eskader Mirage-vliegtuie van die  Suid-Afrikaanse Lugmag met hul oranje-blanje-blou Prinsevlae op die  sterte geverf, styg van Hoedspruit af op, bewapen met Franse  Exocet-missiele. Ongeveer 80 seemyl van die kus af in die Indiese Oseaan  word daar korte mette met HMS Ark Royal gemaak. Daardie aand lees Riaan  Cruywagen die nuus met tonele van \u2018n sinkende HMS Ark Royal wat vertoon  word. Die nuus dat Brittanje \u2018n milit\u00eare alliansie met Kuba en die ANC  gesmee het, eggo tot in Brussel by die NAVO-hoofkantoor en tot in die  Withuis, waar president George H.W. Bush dit as \u201congelukkig\u201d betreur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ANC-bosterroriste, oftewel warlords soos  dit in Engels heet, voer intussen \u2018n skrikbewind in Soweto, dele van  Natal en Bophutatswana. Hulle word ondersteun deur die Britse S.A.S.  Gegewe die Kubaanse bedreiging, roep genl. Constand Viljoen alle blanke  mans tussen sestien en vyf-en-vyftig vir milit\u00eare diens op, tesame met  die Kaapse Korps, 32-bataljon en ander nie-blanke eenhede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  pantser, Ratels en Olifanttenks, vertrek van Tempe in Bloemfontein af  om 50 000 Kubaanse troepe in die Noord-Kaap te gaan onmoet. By  Waterklooflugmagbasis sit 300 Mirage-loodse gereed en ontvang finale  bevele van hul bevelvoerders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  n\u00e1 twee-uur die middag onmoet die grootste gevegsmag in die  Suid-Afrikaanse geskiedenis die Kubane naby Pofadder, suid van die  Namibiese grens. \u2018n Paar Angolese Migs met gehuurde Oos-Duitse  vlie\u00ebniers het nog in die lug gehuiwer, maar toe die nuus hulle bereik  van 300 Mirages wat van Pretoria, Hoedspruit en Louis Trichardt af op  pad is, draai hulle summier om en vlieg terug Luanda toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die eerste Golfoorlog in Koewait het die Amerikaners gepraat van \u2018n turkey shoot  toe hulle met meerderwaardige optiese tegnologie die Irakese tenks een  na die ander uitgewis het. Die Irakese is deur teentenkmissiele getref  sonder dat hulle eens geweet het waar hulle vandaan kom. Op die haai  vlakte van die Noord-Kaap, sonder lugsteun en ver van Angola, kom die  trots van Kuba hul spreekwoordelike Moses te\u00eb. Dit begin met \u2018n  kalkoenjag vanuit die lug. Eers sak een eskader Mirages na die ander op  hulle toe en laat bomme en missiele los. Hierna daal valkskermsoldate  uit die lug neer om die eerste linies te vorm, alvorens die pantser en  Bedfords vol infanteriesoldate opdaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Visioene  van die sesdaagse oorlog tussen Israel en Egipte word nou verwesenlik  as hordes Kubane, met hier en daar Swapo\u2019s en Angolese Faplas, losbreek  en hulself uit hul skoene uit begin hardloop. Lugfoto\u2019s van duisende  skoene in die dro\u00eb landskap sou later in volkleur in Die Huisgenoot  teregkom. Nadat Naspers genasionaliseer is, byges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen  laatmiddag is die Slag van Pofadder verby. Ongeveer 30 000 Kubaanse,  Angolese en Swapo-lyke l\u00ea op die terrein besaai, terwyl 20 000 terug oor  die Namibiese grens gehardloop het. Die volgende dag word \u2018n  hakkejagoperasie van stapel gestuur, die oorblywende vyandelike soldate  almal gevange geneem en Suidwes sommer op die koop toe ontset, met Swapo  wat onderhandeling oor grondgebied sal aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terug  in Suid-Afrika, het \u2018n kombinasie van troepe en onluspolisie weer  beheer oor die lokasies verkry, met die ANC-leierskap wat gevange geneem  word en saam met De Klerk en sy trawante vir hoogverraad in die Paleis  van Justisie op Kerkplein, Pretoria, verhoor word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje  staan bont om haar rol te verduidelik en Frankryk besluit, nadat hul  Mirages in aksie gesien is, om wapensanksies teen Suid-Afrika op te hef  en die nuwer modelle Mirages aan die lugmag te kom smous in \u2018n  wapentransaksie sonder korrupsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mandela  word weer tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vanwe\u00eb sy tweede  hoogverraad saam met De Klerk. Hy gaan nie weer terug Pollsmoor toe nie,  maar Robbeneiland waar hy hoort. De Klerk ontvang egter die doodstraf  en word gehang, \u2018n voorbeeld vir alle toekomstige Afrikaner-verraaiers.  Omdat Naspers De Klerk se verraad gesteun het, word die mediagroep  genasionaliseer en lede van die bestuur insgelyks vir hoogverraad  verhoor. Die Huisgenoot word \u2018n ordentlike tydskrif en Rapport se  sirkulasie styg weer tot 500 000 met heelwat blaaie wat aan al die  voortreflike produksies in teaters van die streekskunsterade gewy word,  asook resensies oor Afrikaanse boeke en films wat by die duisende begin  verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Groot vredeskonferensie word bel\u00ea, met Suidwes, Lesotho, Swaziland en  Botswana wat as\u2019t ware by Suid-Afrika ingelyf word in \u2018n Gemenebes van  Suider-Afrikaanse State (GSAS). Ook die tuislande word volwaardig erken,  met die driekamerparlement wat \u2018n vierde kamer vir stedelike, ontheemde  swartes ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1  die Brits-Kubaanse debakel, word sanksies teen Suid-Afrika sommer  gou-gou opgehef. Beleggingskapitaal vloei die land binne en met al die  inheemse tegnologie wat tydens die sanksiejare ontwikkel is, die goeie  skole en universiteite, asook die internet en globalisering, begin die  land groeikoerse tussen agt en tien persent per jaar behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die eerste algemene verkiesing n\u00e1 die oorlog, word genl. Constand  Viljoen van die Vryheidsfront tot president verkies. Maar in die tweede  verkiesing word hy verslaan deur \u2018n jong vroueleier met \u2018n nuwe party,  wat tydens haar studentedae in linkse kerklike kringe beweeg het, maar  intussen gesien het hoe die res van Afrika weens sosialisme krepeer. Sy  staan op as die Ron Paul van Suid-Afrika, net baie jonger en van die  teenoorgestelde geslag. Kiesers wat moeg raak vir die bombasme van ouer  Afrikanermans stem haar in en sy begin dadelik privatiseer en die  staatsmasjien kleiner en doeltreffender maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enkele  ANC-lede wat aan die groot arrestasie ontkom het, begin weer \u2018n kantoor  in Londen wat soos gewoonlik deur die Britte finansieel gesteun word.  Swede is egter nie bereid om \u2018n tweede keer te help nie, want die land  is minder links as voorheen en vrees \u2018n regse opstand vanwe\u00eb sy  toenemende immigranteprobleem. Ook het Suid-Afrika intussen \u2018n nuwe  generasie interkontinentale ballistiese missiele ontwikkel en die Swede  word vriendelik gewaarsku om nie weer \u2018n keer in ons huishoudelike sake  in te meng nie, tensy hulle wil sien hoe lyk Stockholm as \u2018n paar  Boerekernkoppe die plek getref het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanwe\u00eb  die konstante gevaar van Britse inmenging, besluit die nuwe regering  onder sy dinamiese jong libertaries-konserwatiewe vrouepresident om  Engels sover moontlik uit te faseer. Geen staatsfondse sal meer vir  Engelse onderwys beskikbaar wees nie. Wits, Kaapstad, Natal en Rhodes  word voor die keuse gestel om voortaan na Afrikaans oor te skakel of  alle staatsubsidies te verloor. Enkele onluste breek weereens in Soweto  uit, maar die polisie is gou om dit te hanteer en daar word van die  geleentheid gebruik gemaak om \u2018n paar belhamels na Zimbabwe toe te  deporteer. In elk geval is Soweto so besig om TV-stelle te koop waarmee  die inwoners na opbouende programme in die Bantoetale kan kyk, dat daar  geen werklike teenstand is nie. Slegs enkele tienduisende  Engelssprekende Suid-Afrikaners, voormalige ondersteuners van die ANC en  die Progressiewe Party, emigreer na Groot Brittanje. Daar vorm hulle \u2018n  luiddrugtige dog skadelose groep ballinge wat vir \u2018n tydverdryf in  kroe\u00eb saam met die handjie vol oorblywende ANC-skurke komplotte smee om  hul verbeurde nasionale demokratiese revolusie in die land toe te pas.  N\u00e1 die verlies van HMS Ark Royal is die Britse regering egter lugtig vir  verdere koloniale avonture en verdra die groep alkoholiese ballinge uit  Soweto, Houghton en Constantia met toenemende minagting. MI6 begin  selfs met die SA spioenasiediens saamwerk om hulle goed dop te hou en  enige sprake van terreurplanne in die kiem te smoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens  meer as \u2018n dekade van ho\u00eb ekonomiese groei, byna soos in Verwoerd se  tyd, het die Suid-Afrikaanse ekonomie in grootte verdubbel. Ons l\u00ea nou  iewers tussen Kanada en Spanje op die w\u00eareldranglys, dit wil s\u00ea die  dertiende of veertiende grootste ter w\u00eareld. Groter as Turkye,  Australi\u00eb, Pole of Nederland. En \u2018n kortkop agter Suid-Korea, Itali\u00eb en  selfs Frankryk of Groot Brittanje. Trouens, ekonome voorspel dat ons  binne die volgende tien tot vyftien jaar Frankryk en Brittanje verby  gaan steek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om  soveel rykdom teen die gierige o\u00eb van ons vyande te beskerm, het die  Volksweermag, soos die SAW herdoop is, \u2018n Suider-Afrikaanse Gebiedsmag,  oftewel SAAG, op die been gebring. Dit bestaan uit die Volksweermag  waartoe, soos in Switserland, elke weerbare man behoort, met \u2018n R4 in  elke huis. Die Volksweermag tel 500 000 Afrikanermans, terwyl nog 500  000 soldate van die TBVCK-state (Kwazulu is ook \u2018n deelstaat van die  gemenebes), asook Suidwes, Botswana, Swaziland en Lesotho insgelyks  onder Afrikanerbevel en -beheer staan. Volgens Jane\u2019s Defence Weekly  het die land Brittanje as die vyfde sterkste milit\u00eare moondheid ter  w\u00eareld verbygesteek en verkeer ons nou net agter Indi\u00eb en China, met  slegs Rusland en die VSA wat ons werklik kan bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verwoerdburg  huisves een van die w\u00eareld se belangrikste milit\u00eare en  ho\u00ebtegnologienywerhede. As die poort na Afrika en \u2018n opkomende  supermoondheid, vry Amerika, Rusland, China en die Europese Unie  aanmekaar na ons. Maar ons uitgeslape vrouepresident met \u2018n span  topdiplomate &#8211; geen Broederbonders nie! &#8211; wat die ambassades beman,  speel hulle netjies teen mekaar af en handhaaf \u2018n onversetlike  onafhanklikheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  voor die Sokkerw\u00eareldbeker in 2010, is die bejaarde Nelson Mandela  finaal om humanit\u00eare redes vrygelaat, dog sonder fanfare. Hy het in Qunu  gaan aftree, \u2018n verbitterde ou Xhosa, wat net soos sy voorgangers van  \u2018n dag gedroom het wat die son rooi gaan opkom en sy krygers die  Afrikaners in die see gaan dryf, maar di\u00e9 visioen is nooit bewaarheid  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  referendum van 17 Maart 1992 kon dalk lelik skeef geloop het. Gelukkig  het die \u201cnee\u201d-stem oorwin en is FW de Klerk betyds in sy spore gestuit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke  jaar op 31 Mei word daar klokslag Republiekdag gevier. Dis nou reeds 41  jaar dat ons volkome onafhanklik van Brittanje en die Statebond is. Op  sulke dae is elke stadsaal, die Ou Raadsaal op Kerkplein en die  Uniegebou in oranje, wit en blou getooi. As die milit\u00eare optogte verby  die Uniegebou marsjeer en ons aanvallige jong vrouepresident een van  haar uithalertoesprake lewer waarin sy na N.P. van Wyk Louw, C.M. van  den Heever, Paul Kruger en ander groot Afrikanergeeste verwys, voel \u2018n  mens jy kon nie in \u2018n beter, mooier en meer gese\u00ebnde land gebore gewees  het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons toekoms is so wolkloos soos die Ho\u00ebveldhemel gewoonlik op 31 Mei daar uitsien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou moet ek eers die beloofde sprokie met \u2018n gelukkige einde aan my dogter gaan voorlees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkige referendumdag.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag, twintig jaar n\u00e1 die lotsbepalende referendum van 17 Maart 1992, kan \u2018n mens net spekuleer oor hoe dit sou gewees het indien mnr. FW de Klerk sy sin sou gekry het en die \u201cja\u201d-stem sou gese\u00ebvier het. Soos ons in die maande n\u00e1 die referendum gesien het, het FW reggestaan om sy land en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12206\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die &#8216;nee&#8217;-stem red Suid-Afrika, &#8216;n sprokie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12206","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12206","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12206"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12206\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12206"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12206"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12206"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}