{"id":12201,"date":"2012-03-17T03:25:21","date_gmt":"2012-03-17T03:25:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12201"},"modified":"2012-03-17T03:25:21","modified_gmt":"2012-03-17T03:25:21","slug":"gustav-venter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12201","title":{"rendered":"Susan Boyle III: Gevaar van die Moderne Droom"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Mens kan verstaan hoekom Susan Boyle die lied vir haar deurbraakoudisie gekies het. Dit pas goed in haar stem, veral in haar sterk middelregister en gee ook vir haar die geleentheid om haar vokale vaardighede behoorlik ten toon te stel. Daar is egter ook \u2019n skerp ironie aan die keuse, want di\u00e9 lied gaan oor \u2019n droom ja, maar oor die verplettering eerder as die vervulling daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die woord is Fantine, \u2019n rimpelkarakter in Victor Hugo se melodramatiese Les Miserables. Hierdie lied, \u201cEk het \u2019n Droom Gedroom,\u201d is \u2019n rou kreet, in werklikheid Fantine se Weeklag, haar klagstaat teen die noodlot. Sy is \u2019n ongehude moeder, verlaat deur haar minnaar en in \u2019n desperate oorlewingstryd. Sy werk in \u2019n fabriek wat aan die voortvlugtende Jean Valjean \u2013 in die gedaante van sy alias, Monsieur Madeleine \u2013 behoort. Sy word onregverdiglik ontslaan en is nou hoopverlore, met geen manier om geld vir die onderhoud van haar dogtertjie te stuur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verbitterd mymer sy, in die aanloop tot haar groot musikale oomblik in die musiekdrama, oor vervlo\u00eb dae toe \u201cmense sorgsaam\u201d en \u201chulle stemme sag\u201d was, \u2019n tyd van opwinding en aanvaarding. Dan bars sy los:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u2019n droom gedroom in dae verby!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe hoop hoog geloop het,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En die lewe werd was om te leef.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het gedroom dat God genadig is en dat liefde nooit sal sterf nie. Sy was jonk en het behoorlik die murg uit die lewe gesuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar die tiere kom toe in die nag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hulle stemme sag soos donder<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer hulle jou hoop verskeur<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En jou hoop in skande verander.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie goeie digkuns nie, maar dit is hoogs dramaties.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fantine keer nou terug na \u2019n droom wat sy nie kan afskud nie; van haar minnaar wat na haar sal kom en die jare wat hulle saam sal bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar,\u201d herinner sy haarself, \u201cdaar is drome wat nie kan wees nie,\u201d en bars dan uit:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het gedroom my lewe sal so anders wees<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As hierdie hel waarin ek leef!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar rouklag is ten slotte:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNou het die lewe<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die droom wat ek gedroom het,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vermoor!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie lied, dan, is nie \u2019n rasiekreet vir die konsep van die Droom nie. Fantine sterf verwerp en verlore in \u2019n klam tronksel. En al pas die titel naatloos in die toekomstige reklameveldtog van die middeljarige Aspoestertjie wat in \u2019n prinses omtower is, is daar min in Susan Boyle se lewe in die klein regophuisie in die platteland wat die woorde \u201cdie hel waarin ek leef\u201d regverdig. Sy hoef nooit, soos Fantine, uit loutere wanhoop haar hangertjie, haar hare en uiteindelik haarself verkoop om haar dogtertjie in die lewe te hou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Susan Boyle se droom, soos Simon Cowell en sy reklamespan dit presenteer, is \u2019n glinsterende een, van rykdom en roem, \u2019n regte eelte-tot-weelde suksesverhaal. Fantine se droom was baie meer prosa\u00efes, maar ook nader aan \u2019n vroe\u00ebre inhoud van die algemene droom: \u2019n Versugting na \u2019n lewe sonder komplikasies. Indien sy deur die muur van tyd verplaas kon word, sou Susan se regophuisie en leefstyl Fantine se droom oormatig vervul het (net met haar dogtertjie in plek van Pebbles die kat om die huisie mee te deel.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In rustelose tye in donker lande, is drome eenvoudig en klein. Groot drome vol swier en glans is vir tye van te veel voorspoed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ons tyd het daar \u2019n verskuiwing in die inhoud, selfs die betekenis van drome gekom, (waar \u201cdroom\u201d nie verwys na die vloei van inligting deur die onderbewuste tydens \u2019n mens se slaap nie.) Die goedkoop, ongenuanseerde postromantiek van die Hollywood-era dring by elke mens aan om \u2019n droom te h\u00ea, nie maar net \u2019n verdienstelike ambisie nie, maar \u2019n drang om iets te bekom wat die mens nie self kan bereik nie. \u201cVolg jou droom,\u201d is die mantra. \u201cDroom groot.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderliggend aan dit is die oorskatte waardering van die individu se belangrikheid. In \u2019n tyd van ongebalanseerde humanisme, van beklemtoning van die enkeling se regte en waarde bo di\u00e9 van die gemeenskap, word nie net die reg om te droom nie, maar ook om die vervulling van die droom op te eis, vooropgestel. Die Verklarende Woordeboek definieer \u201clewensdroom\u201d as \u201cverbeelding omtrent dit wat die lewe kan, mag en sal bring.\u201d Moderne mens het \u201cmoet\u201d tussen die hulpwerkwoorde ingevoeg. Die droom m\u00f3\u00e9t vervul word.Wanneer die jeug aangespoor word om te droom, is die onuitgesproke instruksie dat hulle op vervulling daarvan deur die gemeenskap, die land, die w\u00eareld, God of die heelal sal aandring. \u2019n Droom wat onvervuld is, is \u2019n aanklag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is voorbeelde waar hierdie versugting en hierdie aandrang gewerk het. Dit het vir Susan Boyle gewerk, en dit net na \u2019n verstommende sameloop wat al die te\u00ebltjies reg geval het om haar prentjie te voltooi. Maar vir elke Susan Boyle is daar vyfduisend teleurgestelde dromers wat nie vervulling in Britain\u2019s Got Talent gesmaak het nie. Is dit omdat hulle drome minderwaardig was? Geensins. Hierdie mense volg die mitiese aanwysings om \u201cgroot\u201d te droom met dieselfde klipharde intensiteit. En hulle glo met dieselfde onwrikbare oortuiging dat die vervulling vir hulle op daardie selfde verhoog wag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een rede hoekom hierdie realiteits-TV-talentkompetisies so grillerig fassinerend is, is juis om hierdie arme siele in hulle misleiding te sien spartel. Hulle sal met die w\u00eareld se bombasme op die verhoog verskyn, en aankondig dat hulle ook die \u201cgehoor gaan skud,\u201d waarna hulle in die ylste stemme sing, die mees onbeholpe toertjies uitvoer, die mees ondeurdagte kunsies waag&#8230; En dan word hulle uitgelag en terug na die buitenste duisternis gejou. Hulle drome is nie net onvervul nie, dit het \u2019n las geword en het hulle selfvertroue gekwes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit keer nie elke drommel met \u2019n grinnik en \u2019n kitaar waarop hy vier basiese akkoorde kan speel om te droom van sterrelewe nie. Hy is maar net getrou aan die instruksie van vandag se gemeenskap; dieselfde gemeenskap wat hom gaan uitlag daarvoor. En as hy struikel, val sy naaste saam met hom. Met die oudisies vir \u2019n reeks van Suid-Afrika se \u201cIdols\u201d verklaar \u2019n tienerbruidegom wie se tienerbruid opgedaag het vir die oudisies dat hulle mooi daaroor besin het. Hulle weet dat haar sukses \u2019n aanpassing in hulle gesinslewe sal verg. Daar is toere, opnames, optredes, onderhoude en die bestuur van \u2019n gesonde klein fortuin om aan te dink. Maar, hou hy vol, hulle is reg daarvoor. Hulle hoef nie te gewees het nie, want vir haar oudisie sing sy Abba se \u201cThank you for the music\u201d in die krakerigste gekrys wat ooit die senuwees rougerasper het. Wat het verkeerd geloop? Hulle het gedroom en selfs gewaag om die droom te volg? En nou is hulle klein heelal heeltemal van sy as af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Peter Weir se rolprent, \u201cDead Poet\u2019s Society\u201d, redekawel die ontnugterde Latyn-onderwyser met die fliek se wysgeer oor drome. \u201cWys vir my \u2019n man wat onbelas is deur onsinnige drome, en ek wys jou \u2019n gelukkige man,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAh,\u201d s\u00ea die ghoeroe (Robin Williams,) \u201cmaar net in hulle drome is mense werklik vry, dis hoe dit altyd was en so sal dit altyd wees.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek was eers in sy kamp maar het gedros na die Latyn-onderwyser s\u2019n. Onsinnige en onnodige, uitspattige drome kan net die lewensgang belemmer. Hoekom is dit nie meer genoeg om voor die spie\u00ebl of vir jou gesin of vriende te sing nie? Is jou sang van gener waarde as dit nie in \u2019n ouditorium voor vyfduisend mense uitgevoer word nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar kom hierdie moderne aandrang op droomvervulling vandaan? Dit is hoofsaaklik \u2019n baksel van \u2019n bemarkingsbedryf wat onophoudelik agiteer teen \u2019n normale lewe en die mens wat nie uitsonderlike geluk en voorspoed behaal (deur die regte produkte aan te skaf) nie, verraai homself. Die moderne mens se begrip van die onderskeid tussen planne, ambisie en drome het vervaag. Hy het vergeet dat die vervulling van \u2019n droom \u2019n onverdiende geskenk is wat hy nie self kon bewerkstellig nie. Ambisie is \u2019n ideaal wat, met oorweging van vaardighede en geleenthede, deur harde werk, opoffering en toewyding behaal kan word. \u2019n Plan is die teoretiese ordening van middele en metodes om die ambisie te vervul. Die mens van die Weste het \u2019n beskawing gebou deur eers te droom, toe die nodige ambisie te ontwikkel en die regte planne te ontwikkel wat dan met geduld en sweet uitgevoer is. Maar moderne mens het nie meer geduld met ambisie, planne of harde werk nie. Hy dring aan op die vervulling van roekelose drome.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie onverantwoordelike dromery is nie net \u2019n krisis van individue nie; dit het die ellende van \u2019n land geword. Die ANC het die vakuum wat deur De Klerk se oorgawe gelaat is, vervul met die kordaat belofte dat hulle \u2019n hele nasie se drome sal vervul. As droomvervulling \u2013 die onverdiende bereiking van \u2019n ideaal \u2013 in aantog is, is geduld, harde werk en beplanning onnodig. Daar is \u2019n hele geslag swartmense wat Fantine kan parafraseer. Die ANC het hulle lewensdroom vernietig en die mense is verpletter, al was dit \u2019n le\u00ebdopdroom van motors, groot huise, onafgebroke vloei van kontant en duur klere. Die ANC het hulle droom vermoor, maar erger nog, dit het hulle van gesonde ambisie beroof. Die swart tiener wil nie op die plaas werk nie, al is dit \u2019n goeie lewe van geborgenheid, met sekuriteit, voordele en aanvaarding in \u2019n hegte gemeenskap. Harde, eerlike handewerk was goed genoeg vir hulle voorouers, maar nie vir hulle nie. Die droom is om \u2019n ingenieur, \u2019n ouditeur, \u2019n uitvoerende hoof van \u2019n multinasionale korporasie te wees. En as hy daarvoor moet werk, aandag op skool moet gee, moet leer, opgelei moet word, dan het h\u00fd dit maak gebeur, nie waar nie, en is dit geen vervulling van \u2019n droom nie. Hy wil sy droom h\u00ea! Nou!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fantine het sonder hoop in \u2019n hoekie van \u2019n tronksel gesterf. Die swart jeug, vervreem van hulle droom, gaan nie in \u2019n hoekie opkrul nie. Hulle gaan \u2013 is alreeds besig \u2013 om verwoed om hulle te slaan na die windverkopers wat hulle verraai het. Die trillings van hierdie argwaan word reeds gevoel. Dit dreig om \u2019n golf te word en wanneer dit omskakel na onstuitbare branders, moes ons witmense onsself reeds beveilig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is \u2019n droom dan altyd nutteloos? Geensins nie. \u2019n Droom roep mense, maar om daarheen te gaan verg ambisie, planne en harde werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek, en honderdeduisende soos ek, droom van \u2019n Volkstaat waar die Afrikaner na homself kan omsien en in vrede, veiligheid en voorspoed kan woon, goeie bure vir die state naas hom en \u2019n aanwins vir die hele streek. Hierdie is \u2019n edele droom. Daarom verdien dit al ons ambisie, beplanning en ywer. D\u00edt verduidelik die bestaan van Praag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom saam. Dit gaan \u2019n groot avontuur wees.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Mens kan verstaan hoekom Susan Boyle die lied vir haar deurbraakoudisie gekies het. Dit pas goed in haar stem, veral in haar sterk middelregister en gee ook vir haar die geleentheid om haar vokale vaardighede behoorlik ten toon te stel. Daar is egter ook \u2019n skerp ironie aan die keuse, want di\u00e9 lied gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12201","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12201"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12201\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}