{"id":12199,"date":"2012-03-16T12:35:39","date_gmt":"2012-03-16T12:35:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12199"},"modified":"2012-03-16T12:35:39","modified_gmt":"2012-03-16T12:35:39","slug":"twintig-jaar-na-die-1992-referendum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12199","title":{"rendered":"Twintig jaar na die 1992-Referendum"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van 1991 het die Nasionale Party (NP) &#8216;n sleutel tussenverkiesing in Virginia aan die Konserwatiewe Party (KP) afgestaan. Die KP het gekraai dat ons die mandaat  om voort te gaan met die grondwetlike onderhandelinge verloor het en het aangedring op &#8216;n alleenlik blanke verkiesing. Hulle eise was tot &#8216;n groot mate aangevul op 19 Februarie toe die NP nog &#8216;n sleutel tussenverkiesing in Potchefstroom verloor het. Die meerderheid van 2 000 stemme wat in die 1989-verkiesing behaal is, is uitgewis en vervang met &#8216;n KP meerderheid van 2 140. Dit het geblyk dat die KP se aanspraak dat ons die mandaat om te onderhandel verloor het, moontlik geregverdig was.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het vir geruime tyd belowe dat ons &#8216;n referendum op een of ander tydstip sou hou om blankes die geleentheid te gee om hul menings oor die onderhandelingsproses uit te spreek. Ons neerlaag in Potchefstroom het my oortuig om dit so gou moontlik te doen. Ek het derhalwe my besluit om &#8216;n referendum te hou die volgende oggend aan die NP leierskap en koukus meegedeel. Ek het nie die besluit tot stemming gebring nie, wat ek heel moontlik sou verloor het, maar het besluit om my magte as partyleier te gebruik om self oor die vraagstuk te besluit. Ek was vasbeslote om te bedank as ons die referendum sou verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag wat ons aan die kiesers op 17 Maart 1992 gestel het was &#8220;Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op &#8216;n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die aanloop tot die referendum het ek gehore meegedeel dat ek nie vir &#8216;n blanko tjek vra nie. Ek het ges\u00ea dat ons reeds in die onderhandelinge bre\u00eb konsensus oor &#8216;n aantal <em>sleutel beginsels<\/em> [oorspronklike spelfout] vir die toekomstige grondwet bereik het. Dit het ingesluit &#8216;n <em>veelparty demokratiese stelsel<\/em> [oorspronklike spelfout]; &#8216;n parlement bestaande uit &#8216;n <em>ho\u00ebr en laer huis<\/em> [oorspronklike spelfout]; die noodsaaklikheid van &#8216;n Handves van Regte; die skeiding van magte; die onafhanklikheid van die regbank; proporsionele verteenwoordiging; &#8216;n sterk regionale grondslag vir die toekomstige bedeling; die handhawing van <em>taal<\/em> [oorspronklike spelfout] en kultuurregte; en gemeenskapsgebaseerde onderwys vir diegene wat dit verlang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het ges\u00ea dat daar steeds &#8216;n aantal vraagstukke is waarop ons konsensus moes bereik. Hulle het ingesluit die voorkoming van oorheersing en die misbruik van mag; effektiewe beskerming van minderhede; die beskerming van eiendomsreg; loopbaansekuriteit vir staatsamptenare; &#8216;n <em>vrye mark ekonomie<\/em> [oorspronklike spelfout]; maksimum grondwetlike beskerming vir regionale en munisipale regering; en die verspreiding van die magte wat toe in die hande van die Staatspresident was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek glo werklik dat die grootste meerderheid  Suid-Afrikaners op 17 Maart 1992 met beslistheid hul rug op 350 jaar van blanke oorheersing gedraai het. In my oorwinningstoespraak op 18 Maart 1992 het ek ges\u00ea dat hulle finaal die boek oor apartheid toegemaak het. &#8220;Die blanke kiesers het, deur hierdie oorweldigende oorwinning vir die Ja-stem, uitgereik na al ons medeburgers, na alle ander Suid-Afrikaners, en die boodskap van hierdie referendum is: Vandag, in &#8216;n sekere sin, is die werklike geboortedag van die nuwe Suid-Afrikaanse nasie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mandaat wat ons ontvang het, het ons in staat gestel om voort te gaan met die onderhandelinge en om bykans al die doelwitte wat ek in my toesprake voor die referendum uiteengesit het, te bereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ironies dat heelwat van die grondliggende voorwaardes wat ons destyds onderhandel en aanvaar het nou, 20 jaar later, bedreig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 5 Maart het die ANC besprekingsdokumente vrygestel wat beweer dat die &#8220;eerste oorgang&#8221; sy doel gedien het en nou moet opsy staan vir die &#8220;tweede oorgang&#8221;. Die besprekingsdokumente stel voor dat die huidige provinsiale stelsel verander moet word en dat eiendomsregte hersien moet word om grondhervorming te bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit volg op die vorige week se aankondiging dat die regering beplan om &#8216;n &#8220;evaluasie&#8221; te doen van die uitsprake van die Grondwetlike Hof, wat gepaard gegaan het met donker verwysings deur die President na die behoefte om die howe se magte te hersien. Dit het ook saamgeval met die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale wat effektief Afrikaans en sewe <em>swart inheemse tale<\/em> [oorspronlike grammatikafout] hul amptelike status sal ontneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons Grondwet het ons goed gedien. Dit het &#8216;n stewige raamwerk verskaf vir die ontwikkeling van ons <em>&#8220;re\u00ebnboog&#8221; nasie<\/em> [oorspronklike spelfout]. Dit het die raamwerk voorsien vir volgehoue ekonomiese groei en indrukwekkende maatskaplike ontwikkeling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons onvermo\u00eb om betekenisvolle vordering teen armoede, ongelykheid en werkloosheid te maak [oorspronklike grammatikafout] kan nie toegeskryf word aan enige tekortkoming in die Grondwet nie, maar eerder aan ongepaste beleidsrigtings. Die Grondwet is onder druk nie omdat dit in die weg van transformasie staan nie, maar omdat dit die magte van die uitvoerende en  wetgewende gesag om te maak soos hulle wil, beperk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tyd het aangebreek dat al ons gemeenskappe, nie net blanke Suid-Afrikaners soos dit die geval 20 jaar gelede was nie, moet opstaan vir die waardes en regte waarop ons nuwe samelewing gegrond is. Hulle reaksie sal, in der waarheid, die volhoubaarheid bepaal van die nuwe Suid-Afrikaanse nasie, wat ek glo op 17 Maart 1992 gebore is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aan die einde van 1991 het die Nasionale Party (NP) &#8216;n sleutel tussenverkiesing in Virginia aan die Konserwatiewe Party (KP) afgestaan. Die KP het gekraai dat ons die mandaat om voort te gaan met die grondwetlike onderhandelinge verloor het en het aangedring op &#8216;n alleenlik blanke verkiesing. Hulle eise was tot &#8216;n groot mate aangevul &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12199\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twintig jaar na die 1992-Referendum&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12199","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12199","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12199"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12199\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12199"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12199"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12199"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}