{"id":12198,"date":"2012-03-16T09:35:31","date_gmt":"2012-03-16T09:35:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12198"},"modified":"2012-03-16T09:35:31","modified_gmt":"2012-03-16T09:35:31","slug":"washington-post-steek-die-rubicon-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12198","title":{"rendered":"Washington Post steek die Rubicon oor"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Advertensievennootskap tussen die Washington Post en een van die Chinese regering se propagandablaaie het vrae laat ontstaan oor die regsimplikasies van buitelandse propaganda onder &#8216;n Amerikaanse mashoof.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is die Post se China Watch-publikasie, &#8216;n druk- en aanlyn-reklame-bylaag wat voorgee om nuus oor China te lewer. Die webwerf huisves talle artikels en stukke wat die beeld die Chinese regering poets en veral sy menseregterekord in &#8216;n gloeiende lig stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige etiek- en joernalistiekkenners en China-waarnemers s\u00ea die vennootskap breek etiese grense en mislei lesers oor die Chinese regering se rekord oor &#8216;n hele aantal belangrike kwessies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die China Watch-webwerf, wat die Washington Post se amptelike mashoof gebruik, lyk soos baie ander aanlynnuuswerwe, met video&#8217;s, artikels en skyfievertonings. Net &#8216;n klein blokkie in die webwerf se regterkantste hoek verklaar: &#8220;&#8216;n Betaalde bylaag tot die Washington Post.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joernalistiekkenners glo dat die Post aan lesers moet verduidelik wat die presiese aard van sy verhouding met China nou eintlik behels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle moet die spreekwoordelike olifant aanspreek in die woonkamer: Waarom &#8216;n kommunistiese regering se geborgde publikasie?&#8221; vra Lois Boynton, &#8216;n joernalistiek-professor by die Universiteit van Noord-Carolina se Skool vir Joernalistiek en massakommunikasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit bring &#8216;n etiese kwessie na vore,&#8221; s\u00ea Boynton, wat China Watch al gekritiseer het vir sy doelbewuste verdoeseling van feite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is kwessies van deursigtigheid wat verband hou met China Watch,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Lesers kan reg deur hierdie afdeling gaan asof hulle beweeg deur die harde nuus na meer in-diepte verslaggewing, en nooit besef dat hulle oorval word met Chinese regeringspropaganda nie,&#8221; s\u00ea Stephen Yates, &#8216;n voormalige nasionale veiligheidsadviseur vir vise-president Dick Cheney.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China Watch se inhoud word hoofsaaklik deur China Daily vervaardig, &#8216;n Engelse koerant met &#8216;n onkritiese blik op die Volksrepubliek van China en die Kommunistiese Party oor &#8216;n verskeidenheid kwessies, insluitende die ekonomie en politiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die skakels op China Watch neem die leser direk na China Daily se webblad. Die webtuiste word bedryf onder &#8216;n China-domein naam, wat beteken dat die inhoud daarvan erg gereguleer word deur die Kommunistiese Party se sensors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens bronne het hulle onlangs &#8216;n swaar gedokterde transkripsie van &#8216;n onderhoud met die Chinese vise-president Xi Jinping geplaas, waar die Chinese regering &#8220;vrae en antwoorde van sy eie&#8221; verskaf het en die Amerikaanse publikasie se vrae ge\u00efgnoreer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ombudsman Patrick Pexton verwys na di\u00e9 artikel as &#8220;meer persverklaring of propaganda as nuus.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Post se kommunikasie-direkteur, Kris Coratti, verdedig die koerant se advertensie-beleid: &#8220;Die afdeling is duidelik gemerk as advertensie sodat ons lesers weet dit is nie die Washington Post se nuusinhoud nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China Watch se inhoud verhoog ook vrae oor wette wat die werkinge van buitelandse agente beheer ivm politieke propaganda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As &#8216;n regsaangeleentheid is &#8216;n mens redelik vinnig in troebel waters,&#8221; s\u00ea Bill Reinsch, &#8216;n lid van die VSA en China se Economic and Security Review Commission. Hy s\u00ea dit mag jare neem om die kwessie uit te pluis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China se kritici op Capitol Hill s\u00ea China Watch illustreer &#8216;n veel groter probleem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Chinese het ons eie vryemark en winsstelsel gebruik, en omgedraai, om die Kommunistiese Party in China te ondersteun,&#8221; s\u00ea &#8216;n navorser van Rep. Dana Rohrabacher (R., Kaliforni\u00eb), &#8216;n uitgesproke kritikus van China.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander vrae is geopper oor wat presies die Chinese regering vir sy geld ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat kry hulle? Verkeersinligting? Identiteitsinligting&#8221; wonder Yates. &#8220;Alle soorte dinge sal &#8216;n spoor laat as jy iets lees, &#8216;n deel van &#8216;n artikel, kommentaar. Wie gaan daardie inligting kry?&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Advertensievennootskap tussen die Washington Post en een van die Chinese regering se propagandablaaie het vrae laat ontstaan oor die regsimplikasies van buitelandse propaganda onder &#8216;n Amerikaanse mashoof. Die probleem is die Post se China Watch-publikasie, &#8216;n druk- en aanlyn-reklame-bylaag wat voorgee om nuus oor China te lewer. Die webwerf huisves talle artikels en stukke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12198\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Washington Post steek die Rubicon oor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12198","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12198","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12198"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12198\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}