{"id":12187,"date":"2012-03-16T04:02:51","date_gmt":"2012-03-16T04:02:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12187"},"modified":"2012-03-16T04:02:51","modified_gmt":"2012-03-16T04:02:51","slug":"hyundai-elantra-verdien-motor-van-die-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12187","title":{"rendered":"Hyundai Elantra verdien Motor van die Jaar!"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Hyundai Elantra GLS 1.8 Outomaties\" alt=\"Hyundai Elantra\" src=\"http:\/\/praag.org\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Hyundai-Elantra-18-GLS-Outomaties.jpg\" width=\"500\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eergisteraand is die Hyundai Elantra hier bo as Motor van die Jaar deur die land se motorjoernaliste by &#8216;n spoggeleentheid in Johannesburg aangewys. Soos die leser van ons padtoets sal kan sien, was di\u00e9 toekenning welverdiend!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Produkte uit Suid-Korea was nog altyd \u2018n groot probleem vir Japannese vervaardigers. Die tradisionele groot vervaardigers van elektroniese goedere soos Sony en National het jare lank die oorhand gehad waar dit by televisiestelle en rekenaars kom. Die afgelope 10 jaar of so het reuse soos LG en Samsung die mark begin oorheers. In die motorvervaardigingsektor het spelers soos Hyundai en Kia sowel as Ssangyong baie goeie produkte begin lewer. As ek so 20 jaar terugdink. het mense van \u201cJap scrap\u201d gepraat as hulle van Japannese voertuie praat, maar vandag is Japannese produkte gesogte kwaliteitprodukte. Alhoewel dit die Koreane ongeveer tien jaar geneem het om die stigma van goedkoop swakgehaltevoertuie af te skud, word Hyundai en Kia vandag as van die grootste en beste vervaardigers in die w\u00eareld gereken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die geleentheid gekry om een van die Motor van die Jaar-finaliste uit die Hyundai-stal onder hande te neem. Ons toetsmotor was die Hyundai Elantra GLS 1.8 Outomaties. Die Elantra ding mee teen motors soos die Toyota Corolla, VW Jetta, Honda Civic en sy niggie, die Kia Cerato.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Voorkoms<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Almal sal seker saamstem dat die Elantra een van die mooiste motors op die pad is; sy vloeiende lyne met die ho\u00eb skouers en kort voor- en agter-oorhange laat die motor vars en sportief vertoon. Die nuwe Elantra is heelwat groter en bre\u00ebr as sy voorganger. Ons het tydens ons toetstydperk die Elantra reg langs \u2018n nuwe Sonata geparkeer en wat grootte aanbetref, is die Elantra slegs effe korter as die Sonata.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Ruimte<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die 420-literbagasieruim tot die 842mm-beenruimte vir die agterste passasiers, troef die&nbsp; Elantra die meeste van sy klasmaats. Daar is oorgenoeg sitplek vir vyf volwassenes in die motor en dan kan al vyf nog \u2018n groot reistas ook saamneem. Kop- en skouerruimte is verbasend vir \u2018n motor met so lae daklyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die binneruim van die Hyundai Elantra\" alt=\"Hyundai Elantra binne\" src=\"http:\/\/praag.org\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/Hyundaielantra_binn.jpg\" width=\"500\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Binneruim<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">&nbsp;<\/span><span style=\"text-decoration: underline;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Elantra is in sy geheel \u2018n nuwe ontwerp, dit geld vir die binneruim ook. Met vloeiende, swiepende lyne en gehalteplastiekinsetsels herinner die binneruim jou aan di\u00e9 van die Sonata, maar ons insiens is die stowwe in die Elantra nie heeltemal in dieselfde klas as di\u00e9 wat in die Sonata gebruik is nie. Ons toetsmotor was ook met materiaalsitplekke toegerus. Dus minder leer as in die Sonata, maar tog van \u2018n ho\u00eb gehalte. Daar is genoeg armleunings en b\u00eareplekkies vir al die los goedjies wat altyd in die motor kan rondl\u00ea. Die klankstelsel is ook puik en verder is die binneruim toegerus met alles wat \u2018n mens in die klas verwag. Elektriese kantruite, outomatiese klimaatbeheer met aparte kontroles vir die bestuurder en die voorste passasier, die hoofligte gons en gaan ook self af wanneer die motor afgeskakel word. Die Elantra se binneruim is \u2018n baie aangename plek, veral omdat die pad en windgeraas ook heel effektief gedemp word. Ons het \u2018n paar keer gewonder hoekom iemand \u2018n Sonata sou aanskaf as die Elantra werklik alles teen \u2018n veel beter prys bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"> <\/span><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Verrigting<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ons toetsmotor wat seepglad deur sy 6-spoedoutomatieseratkas gly, het ons die verrigtingsyfers wat Hyundai SA aangee gemaklik bereik. Die maksimumsnelheid van 202 km\/u is sommer baie vinnig bereik en ons het \u2018n versnellingstyd van 9,9 sekondes aangeteken wat vinniger is as die 10,2 sekondes wat Hyundai aangee. Brandstofverbruik het ons gemeet op \u2018n indrukwekkende 8,1 l\/100 km; dit het ekonomiese stadsverkeer sowel as togspoed op die ooppad ingesluit. Die uitlaatgassyfer word deur Hyundai as 169g\/km aangegee wat die Elantra nogal groen ook maak &#8211; glad nie sleg na ons mening vir \u2018n middelslaggesinsmotor nie. Die 1,8-literpetrolenjin lewer 110Kw en 178 Nm se wringkrag.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n prys van R239&nbsp;900 is die Elantra R43&nbsp;000 goedkoper as die Honda Civic 1,8 Outomaties, R44&nbsp;900 goedkoper as die Toyota Corolla 2,0 Outomaties en selfs R3600 goedkoper as die 1,6 Outomatiese Corolla. Ons het dit verwag, maar die Elantra het toe gisteraand die Motor van die Jaar-toekenning ontvang. Ons gee hom 5 uit 5.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.vlast.ua\/prokuratura-nachala-rassledovat-rekonstruktsiyu-pamyatnika-arhitektury-v-tsentre-harkova\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Eergisteraand is die Hyundai Elantra hier bo as Motor van die Jaar deur die land se motorjoernaliste by &#8216;n spoggeleentheid in Johannesburg aangewys. Soos die leser van ons padtoets sal kan sien, was di\u00e9 toekenning welverdiend! Produkte uit Suid-Korea was nog altyd \u2018n groot probleem vir Japannese vervaardigers. Die tradisionele groot vervaardigers van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12187\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hyundai Elantra verdien Motor van die Jaar!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-12187","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12187\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}