{"id":12186,"date":"2012-03-15T13:26:32","date_gmt":"2012-03-15T13:26:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12186"},"modified":"2012-03-15T13:26:32","modified_gmt":"2012-03-15T13:26:32","slug":"twee-briewe-aan-amanda-gouws","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12186","title":{"rendered":"Twee briewe aan Amanda Gouws"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Na aanleiding van die gesprek oor &#8220;witwees&#8221; op RSG se Praat Saam-program, het ek onderstaande twee briewe aan Amanda Gouws gerig. Albei het onbeantwoord gebly.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Eerste brief: 7 Maart 2012<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geagte prof. Gouws,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die menings wat u, die heer Jan-Jan Joubert  en me. Christi van der Westhuizen vanoggend op RSG se &#8220;Praat saam&#8221;  uitgespreek het, stem my erg pessimisties oor die toekoms van  Suid-Afrika. Op die keper beskou, lewer u &#8216;n pleidooi vir Mugabe\u00efsme,  want die identiteitlose &#8220;wit ras&#8221; moet homself aan die swart ras  ondergeskik stel en aanvaar dat daar &#8216;n groot regstelling om die draai  l\u00ea. Die regstelling is nodig omdat alle verskille in prestasie en rykdom  in die land suiwer aan apartheid en kolonialisme toe te skryf is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen woed daar &#8216;n swart-op-wit volksmoord in die land, of ten  minste &#8216;n volksmoord in die aanvangsfase waartydens onskuldige, weerlose  blankes en selfs kleuters soos Willemientjie Potgieter deur swart  bendes aangeval, gemartel en op gruwelike wyses vermoor word. Is dit die  &#8220;witheid&#8221; wat ons moet aanvaar, &#8216;n masochistiese slagofferskap, om soos  diere na die slagpale gelei te word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sal nie ingaan op die intellektuele of feitelike inhoud van u en  me. Van der Westhuizen se argumente nie, want dit is naby aan nul.  Trouens, ek verbeel my dat u iewers al die begrip &#8220;fundamentalisme&#8221;  gebruik het en daarom sal u verstaan as ek s\u00ea dat u opvatting van ras &#8216;n  vorm van fundamentalisme verteenwoordig en op nie-rasionele geloof  berus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat u eintlik wil voorhou, is dat blankes in di\u00e9 land &#8211; terwyl daar  deur wetgewing teen hulle gediskrimineer en hulle &#8216;n vorm van etniese  uitwissing verduur &#8211; aan &#8216;n negatiewe selfbewussyn van hul &#8220;witheid&#8221;  moet ly sodat hulle selfs die reaksie om te wil vlug of te emigreer kan  oorkom en hulself net aan &#8216;n sadistiese bestel (of regime) moet  onderwerp waardeur hulle daagliks verneder of gepynig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien hulle Jode in Nazi-Duitsland was, sou u aan hulle ges\u00ea het:  &#8220;Julle is ryk en bevoorreg en vedien daarom om na die gaskamers gestuur  te word. Verduur dit met blymoedigheid en aanvaar die oordeel van die  etniese meerderheid wat julle as ras en as groep skuldig bevind het,  sonder verhoor.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U sukkel by tye om Afrikaans te praat en gebruik erge anglisismes  soos &#8220;reflekteer&#8221; wanneer u iets eenvoudigs soos &#8220;besin&#8221; of &#8220;nadink&#8221;  bedoel. Ek weet nie of dit &#8216;n gevolg is van u aanvaarding en inlywing by  nie-Westerse norme nie. Sedert die dae van Sokrates of selfs Thales heg  Westerlinge waarde aan helder en skerp omskrywings sonder pretensieuse  vreemde woorde &#8211; Latinismes en anglisismes in di\u00e9 geval &#8211; en word daar  ook van die deelnemer aan &#8216;n gesprek verwag om ten minste met logika en  nie slegs met emosie te probeer oortuig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink nie ek sal enige van my kinders Stellenbosch toe stuur om  staatsleer te studeer nie. Ek kan hulle net sowel na &#8216;n opleidingskamp  van die Taliban toe stuur, want u denke is ewe ver van enige iets  verwyder wat &#8216;n mens met filosofie of politieke wetenskap sou assosieer.  U het die Verligting met &#8216;n hele paar eeue misgeloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weet egter dat nie almal in die land reeds tot op die vlak van  kretinisme gebreinspoel is nie. Ek verwoord bloot die frustrasie wat &#8216;n  aansienlike persentasie van die luisteraars vanoggend moes gevoel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met vriendelike groete,<\/p>\n<p>Dan Roodt<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Tweede brief: 8 Maart 2012<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geagte prof. Gouws,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Reflekteer&#8221; u nog oor die &#8220;transisie&#8221;?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans  luister ek nou weer na die program wat ek van RSG se webwerf afgelaai  het, aangesien ek in my motor was en hier en daar iets misgeloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek moet u bedank vir hierdie gesprek en al u menings, want u is &#8216;n  rubriekskrywer vir Die Burger en daarom verteenwoordig u menings vir my  ook iets van daardie koerant se ideologie. Dis nie dikwels dat die  onderliggende veronderstellings van Die Burger (en die Universiteit van  Stellenbosch) so ontbloot word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dreig al lankal om &#8216;n boek oor Naspers te skryf en soek nog na &#8216;n  goeie titel. Ek het al gedink aan &#8220;Voyeurs by ons volksmoord&#8221;, maar dit  sal dalk eerder &#8216;n goeie hoofstuktitel wees. Want terwyl u en Die  Burger en die res van die ideologiese staatsapparaat (dis nou &#8216;n toets  vir die suiwerheid van u neomarxisme, as u daardie term herken) u  Amerikaanse clich\u00e9s &#8211; u McDonalds-kitskos waarvoor die universit\u00eare  kripvreters toustaan en dan so ietwat onbeholpe op die lug  retroperistalties resiteer &#8211; ons probeer bedwelm met rasseskuld, vind  daar natuurlik die uiterste vorme van etniese geweld plaas, heeltemal  vergelykbaar met &#8216;n Liberi\u00eb, &#8216;n Sierra Leone, &#8216;n Ithuri-provinsie in die  Kongo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My tese is nou juis die volgende: dat mense soos u juis aandadig is  aan die gruweldade wat in Suid-Afrika plaasvind, en om die swart-op-wit  rassisme &#8211; ek het al daaraan gedink om dit &#8220;Superapartheid&#8221; te noem,  maar dit bly steeds onbevredigend &#8211; te bestendig en te regverdig.  Trouens, deur hierdie soort anti-wit diskoers word die geweldenaars  eintlik aangemoedig om nog &#8216;n paar moorde en verkragtings te gaan pleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Einde verlede jaar het die organisasie UNPO, waar die Vryheidsfront  Afrikaners verteenwoordig, &#8216;n dokument vrygestel waarin &#8220;die  verkragtings van minderheidsvroue as &#8216;n aantasting van die hele groep se  eer&#8221; beskryf word. Terwyl u en u geesgenote &#8216;n inkwisisie oor mense se  taalgebruik en ideologiese suiwerheid voer, is daar jaarliks eintlik  besig om &#8216;n massaverkragting van Afrikanervroue plaas te vind. Waarvoor u  uiteraard, as sikofant en aandadige aan hierdie bestel, spreekwoordelik  &#8220;vere voel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat het Hanna Arendt oor &#8220;die banaliteit van boosheid&#8221;, met  verwysing na die Nazisme, ges\u00ea? Dat Stellenbosch banaal is, is seker,  maar dit is ook boos, want deelagtig aan &#8216;n soort &#8220;psigologiese  operasie&#8221;. U rol is om die slagoffers van groteske menseregteskendings  dit te laat aanvaar en selfs te laat voel dat hulle dit &#8220;verdien&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Banaal en boos en&#8230; dom. Oor die &#8220;konstruksie van witheid&#8221; is daar  seker nie veel te s\u00ea nie, maar die konstruksie van domheid is dalk &#8216;n  boek of &#8216;n verhandeling werd. Net gister hoor ek van Nigeriese  dwelmhandelaars wat in die armer blanke buurte van Johannesburg die  kinders ontvoer sodat die moeders dan deur afpersing as prostitute en  dwelmhandelaars gewerf kan word. Dis die soort sadistiese werklikheid  van Mandelatopie, wat u natuurlik liefs sal verswyg en ignoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis egter geen morele punt nie. Al waaroor ek wonder, is of die  Nigeri\u00ebrs al op Stellenbosch ook aktief is, want waarom klink dit vir my  asof die hele plek op dwelms is? Dit sou die graad van domheid en  verdomming, die soort drastiese IK-verlies van sommige akademici  verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>The Nigger of the Narcissus<\/em> is mos die titel van &#8216;n  Conrad-roman. Interessante tema, narcisme. En as u nou so &#8220;reflekteer&#8221;  en &#8220;in die spie\u00ebl staar&#8221;, &#8220;refleksie&#8221; synde taamlik hoog aan die lys in u  karige woordeskat, wat sien u? Iemand wat gereedstaan om die  Venda-slangdans uit te voer, waarvoor Sangiro nie kans gesien het nie en  sy lesers eerder na Guy de Maupassant se meer erotiese beskrywings  verwys het? Noudat u van &#8220;witheid&#8221; bevry is en &#8220;swartheid&#8221; volkome  verinnerlik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie aan die wand&#8230; Ekskuus, Sneeuwitjie is seker ook &#8216;n rassistiese begrip.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groete,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan Roodt<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van die gesprek oor &#8220;witwees&#8221; op RSG se Praat Saam-program, het ek onderstaande twee briewe aan Amanda Gouws gerig. Albei het onbeantwoord gebly. Eerste brief: 7 Maart 2012 Geagte prof. Gouws, Die menings wat u, die heer Jan-Jan Joubert en me. Christi van der Westhuizen vanoggend op RSG se &#8220;Praat saam&#8221; uitgespreek het, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12186\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee briewe aan Amanda Gouws&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12186","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12186\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}