{"id":12184,"date":"2012-03-15T12:49:01","date_gmt":"2012-03-15T12:49:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12184"},"modified":"2012-03-15T12:49:01","modified_gmt":"2012-03-15T12:49:01","slug":"amanda-gouws-se-cliches-oor-witwees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12184","title":{"rendered":"Amanda Gouws se clich\u00e9s oor &#8216;witwees&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>&#8216;n Week gelede het Amanda Gouws, Christi van der Westhuizen en Jan-Jan Joubert aan &#8216;n bespreking oor ras en &#8220;witwees&#8221; op RSG se Praat Saam-program deelgeneem. Die program het in &#8216;n eensydige aanklag teen blankes en hul &#8220;rassisme&#8221; ontaard, asof swartes en bruines in Suid-Afrika nie oor &#8216;n veel sterker rassebewussyn beskik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterna het ek twee e-posse aan Gouws van die Universiteit van Stellenbosch geskryf waarin ek namens die res van die luisteraars ons frustrasie met die onnosele politieke korrektheid van die drie gesprekvoerders betuig het. Vroe\u00ebr vandeesweek het sy &#8216;n rubriek in Die Burger <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Rubrieke\/AmandaGouws\/Besin-oor-hoe-ons-na-ras-kyk-20120311\">Besin oor hoe ons na ras kyk<\/a> geskryf waarin sy weereens teen rassistiese blankes uitvaar wat glo nie verstaan wat sy met &#8220;witwees&#8221; bedoel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy skryf: &#8220;Hulle praat uit \u2019n posisie van wit meerderwaardigheid en praat met \u2019n groot gebrek aan erns oor iets soos volksmoord.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand  kan ontken dat ras in Suid-Afrika tans \u2018n veel groter dilemma  verteenwoordig as ooit onder apartheid nie. Pleks dat die rassebewussyn  van swartmense afgeneem het, het dit dramaties verhoog. So pas het Irvin Jim, die algemene sekretaris van Numsa in &#8216;n betaalde advertensie in Business Day FW de Klerk se verdediging van die grondwet verwerp. Irvin praat openlik van die &#8220;blanke samestelling&#8221; (&#8220;white complex&#8221;) en van &#8216;n &#8220;wit kapitalistiese oorheersingsdrang&#8221;. Duidelik beskik Jim oor &#8216;n ontwikkelde rassebewussyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amanda  Gouws se angsvallige verontskuldiging vir haar Amerikaanse clich\u00e9s oor  \u201cwitwees\u201d blameer soos gewoonlik die  blanke minderheid vir rassepolarisering waaroor hulle min, indien enige,  beheer het. Die alewige gesanik oor die \u201csosiale konstruk\u201d klink al  soos \u2018n lekeprediker wat net een teksvers ken, behalwe dat dit swak  Afrikaans is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Amerikaner wat homself as \u2018n \u201crasrealis\u201d beskryf, Jared Taylor,  verduidelik in sy boek \u201cWhite Identity\u201d dat Amerikaanse blankes vir  dekades probeer het om \u201ckleurblind\u201d te wees en \u2018n w\u00eareld \u201canderkant ras\u201d  te skep. Maar soos hy dit stel: \u201cSwartes onderhou en voel trots op \u2018n  intense, strydvaardige rassebewussyn. Dis net \u2018n kwessie van tyd voor  dit aanleiding gee tot \u2018n ewe openlike blanke rassebewussyn.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is insgelyks waarop ons in Suid-Afrika afstuur, want as \u201cmagtelose  minderheid\u201d (NP van Wyk Louw) moet blankes vir lief neem met sportkwotas, wanvoorstellings  van ons geskiedenis, naamsveranderings en \u2018n graad van swart-op-wit  geweld wat aan volksmoord grens. Terloops, Gouws haal in di\u00e9 verband uit  my e-pos aan haar aan, dog sonder om my by die naam te noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  is boonop die enigste land ter w\u00eareld waar \u2018n meerderheid met  politieke, milit\u00eare en institusionele mag hulself teen mededinging moet  beskerm van \u2018n magtelose minderheid wat nie eens tien persent van die  bevolking uitmaak nie. Dit heet \u201cregstellende aksie\u201d, maar is veel nader  aan die \u201cstrukturele rassisme\u201d waarna Gouws verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ras  is \u2018n werklikheid wat kwalik verander kan word deur \u201canders daarna te  kyk\u201d. Vir swartmense verteenwoordig dit \u2018n politieke wapen en vir  blankes \u2018n bron van groot ongemak, skuld en verwarring waartoe eensydige  propaganda soos di\u00e9 op \u201cPraat saam\u201d bydra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vermeende rassemeerderwaardigheid waarna Gouws verwys, kom deesdae baie  min voor. Dis seker nie etiket nie, maar is betreklik skadeloos.  Hierteenoor werk regstellende aksie en meerderheidsoorheersing  verwoestend op blankes se selfbeeld en lewenskanse in. Die nuwe  armblankes en hul ellende getuig daarvan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Week gelede het Amanda Gouws, Christi van der Westhuizen en Jan-Jan Joubert aan &#8216;n bespreking oor ras en &#8220;witwees&#8221; op RSG se Praat Saam-program deelgeneem. Die program het in &#8216;n eensydige aanklag teen blankes en hul &#8220;rassisme&#8221; ontaard, asof swartes en bruines in Suid-Afrika nie oor &#8216;n veel sterker rassebewussyn beskik nie. Agterna het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12184\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amanda Gouws se clich\u00e9s oor &#8216;witwees&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12184","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12184\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}