{"id":12175,"date":"2012-03-15T06:06:51","date_gmt":"2012-03-15T06:06:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12175"},"modified":"2012-03-15T06:06:51","modified_gmt":"2012-03-15T06:06:51","slug":"slegs-een-medialiggaam-by-inligtingswetverhore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12175","title":{"rendered":"Slegs een medialiggaam by Inligtingswetverhore"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Agtien kritici sal genooi word om die verhore oor die Wet op die Beskerming van Staatsinligting later hierdie maand by te woon, maar slegs een medialiggaam sal genooi word, het ANC-LP&#8217;s Dinsdag besluit.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) is die enigste liggaam wat toegelaat sal word om te praat namens belangegroepe, het Raseriti Tau, die voorsitter van die ad hoc-komitee in die Nasionale Raad van Provinsies ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tau het ges\u00ea hy wil nie h\u00ea dat die proses deur die media oorheers word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek wil nie dat ons te besig met die media raak en uit die oog verloor wat hierdie wetsontwerp is nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hul voorlegging is territoriaal, sektoraal. Hulle het hul grondgebied om te beskerm.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was op hierdie basis dat Tau opposisievoorstelle om Jane Duncan van Rhodes Universiteit te nooi, wat een van die 259 geskrewe voorleggings aan die komitee oor die wetsontwerp gedoen het, verwerp het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan se voorlegging is gedoen namens Highway-Afrika, wat deel is van die Skool vir Joernalistiek en Mediastudies by Rhodes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In haar striemende kritiek, het sy 35 veranderinge aan die wetsontwerp voorgestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan het aangevoer dat Suid-Afrika aan &#8216;n kultuur van oormatige klassifikasie en geheimhouding rondom die intelligensiedienste ly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is &#8216;n grondwetlik onverdedigbare verduistering van die intelligensiedienste. Hierdie verduistering is gevaarlik, want dit skep ruimte vir misbruik van hierdie baie sensitiewe gebied van die regering.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir baie teenstanders van die wetsontwerp, is klousule 49 van die wetsontwerp problematies, omdat dit tronkstraf van tot 15 jaar vir mense wat inligting oor die werk van die intelligensiedienste openbaar, voorstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het aan Sapa ges\u00ea hy sal persoonlik argumenteer daarteen in die openbare verhore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die komitee het beplan om die verhore oor drie-en-&#8216;n-half dae, vanaf 27 Maart tot die 30ste te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tau het ges\u00ea voorleggings sal beperk word tot &#8216;n uur, waarvan die helfte deur vrae opgeneem sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat genooi sal word, sluit in menseregte-advokaat George Bizos, die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie, die Helen Suzman-stigting, die Nelson Mandela-stigting, die Openbare Beskermer, die Open Democracy Advice Centre, Right2Know-veldtog, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Talle eis dat die wet herskryf word, en baie argumenteer dat dit klaarblyklik ongrondwetlik is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Agtien kritici sal genooi word om die verhore oor die Wet op die Beskerming van Staatsinligting later hierdie maand by te woon, maar slegs een medialiggaam sal genooi word, het ANC-LP&#8217;s Dinsdag besluit. Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) is die enigste liggaam wat toegelaat sal word om te praat namens belangegroepe, het Raseriti Tau, die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12175\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Slegs een medialiggaam by Inligtingswetverhore&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12175","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12175","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12175"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12175\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12175"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12175"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12175"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}