{"id":12170,"date":"2012-03-14T17:56:30","date_gmt":"2012-03-14T17:56:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12170"},"modified":"2012-03-14T17:56:30","modified_gmt":"2012-03-14T17:56:30","slug":"godsdienstiges-sien-rooi-oor-bul","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12170","title":{"rendered":"Godsdienstiges sien rooi oor bul"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vervaardigers van die energiedrankie Red Bull het Woensdag ges\u00ea &#8216;n advertensie in Suid-Afrika is van die lug af gehaal nadat beide Christene en Moslems beswaar gemaak het oor die uitbeelding van Jesus Christus wat op water loop.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se Rooms-Katolieke biskoppe het &#8216;n beroep op Christene gedoen om nie Red Bull te drink tydens die tradisionele vas vir Paasvieringe voor volgende maand nie. Hulle het egter nie &#8216;n volle kommersi\u00eble boikot gevra nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die televisie-advertensie wys Jesus wat op water loop omdat hy verfris is deur &#8216;n wonderbaarlike energiedrankie en weet waar om te trap om op versteekte rotse te loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se Moslemraad het Woensdag gewaarsku oor die gevolge van &#8220;sekul\u00eare ekstremisme&#8221; teen enige godsdienstige geloof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word ges\u00ea dat &#8216;n &#8220;belediging en satire&#8221; van Jesus &#8220;die fondament van die Islamitiese teologie&#8221; aantas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christus is &#8216;n gerespekteerde profeet in Islam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n boodskap aan Kardinaal Wilfrid Napier, hoof van die Suider-Afrika Rooms-Katolieke Biskoppekonferensie, het die Moslemraad ges\u00ea die advertensie is &#8216;n aanval op die Christendom, Islam en godsdiens as &#8216;n geheel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil h\u00ea dat ons stemme verenig word om duidelik te maak aan enige sekul\u00eare ekstremistiese aanval of skending van godsdienstige simbole en heilige ruimtes nie aanvaarbaar is nie,&#8221; het die raad ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kardinaal Napier het vroe\u00ebr &#8216;n beroep op Rooms-Katolieke gedoen om enige geld wat hulle spaar aan Red Bull, te skenk aan liefdadigheid gedurende Lydenstyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n verklaring, het die vervaardiger ges\u00ea sy humoristiese advertensies kyk altyd na &#8220;bekende temas.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was nooit ons bedoeling om iemand se gevoelens seer te maak nie,&#8221; het hulle ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die advertensie is Dinsdag uitgesaai en Woensdag afgehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spotprenttekeninge van Islam se profeet Mohamed het gewelddadige betogings in Europa en oor die Moslemw\u00eareld tot gevolg gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is &#8216;n behoefte aan &#8216;n nuwe sensitiwiteit teenoor mense se oortuigings,&#8221; s\u00ea Chris Townsend, &#8216;n amptenaar van die Biskoppekonferensie in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Soos by hierdie geleentheid, het mense baie diep aanstoot geneem,&#8221; het Townsend ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pep.org.ua\/uk\/person\/23993\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vervaardigers van die energiedrankie Red Bull het Woensdag ges\u00ea &#8216;n advertensie in Suid-Afrika is van die lug af gehaal nadat beide Christene en Moslems beswaar gemaak het oor die uitbeelding van Jesus Christus wat op water loop. Suid-Afrika se Rooms-Katolieke biskoppe het &#8216;n beroep op Christene gedoen om nie Red Bull te drink tydens die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12170\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Godsdienstiges sien rooi oor bul&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12170","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12170","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12170"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12170\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12170"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12170"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12170"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}