{"id":1216,"date":"2007-12-28T07:53:36","date_gmt":"2007-12-28T07:53:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1216"},"modified":"2007-12-28T07:53:36","modified_gmt":"2007-12-28T07:53:36","slug":"vsa-gekritiseer-oor-bhutto-sluipmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1216","title":{"rendered":"VSA gekritiseer oor Bhutto-sluipmoord"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens &#329; voormalige segsman vir Bhutto en tans professor aan die Bostonse universiteit, Hussein Hakkani, kan Washington indirek geblameer word vir Bhutto se gebrek aan veligheid. Hy s&ecirc;: &ldquo;Mense soos ek het al spesifieke versoeke aan Amerikaanse amptenare gerig om in te gryp en het gevra vir duidelike veiligheidsmaatre&euml;ls om vir haar getref te word, maar hulle het verkies om op die Musharraf-regering te vertrou.&rdquo; VS-ampternare het ges&ecirc; hulle was onwillig om in &#329; ander land se huishoudelike sake in te meng en wou ook nie Washington se stempel van goedkeuring aan Bhutto gee nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hakkani meen egter dat Musharraf, bowenal, vir Bhutto se dood geblameer kan word. &ldquo;Dis heel duidelik dat Musharraf geen verkiesing wil h&ecirc; nie &ndash; u kan my hieroor aanhaal &ndash; dit was hy wat enigeen wat hom of sy mag bedreig het uit die weg geruim wou h&ecirc;.&rdquo; In Oktober het Hakkani aan die Amerikaanse kongres ges&ecirc; dat VS-hulp aan Pakistan vir te lank aan dei Pakistanse milit&ecirc;re regering verskaf is. &ldquo;Sedert 1954 is byna $21 miljard aan hulp aan Pakistan gegee,&rdquo; het hy aan die parlement&ecirc;re komitee vir gewapende dienste ges&ecirc;. &ldquo;Hiervan is $17.7 miljard tydens milit&ecirc;re regering verskaf en slegs $3,4 miljard is aan Pakistan en die burgerlike regering oorhandig.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Benazir Bhutto se terugkeer vanuit Doebai na Pakistan is gesien as &#329; regstreekse Amerikaanse ingryping in Pakistan. Maar terwyl Washington in die openbaar die deugde van demokrasie besing het en gehoop het dat Bhutto se terugkeer kon lei na magsdeling met Musharraf, was die VSA ook duidelik senuweeagtig oor die gedagte dat Musharraf geheel en al van die politieke toneel moet verdwyn. So iets sou tot presies die soort onstabiliteit in die land lei wat nou na Bhutto se sluipmoord gevrees word. Nie net is Pakistan die w&ecirc;reld se grootste Moslemland nie, met elemente van Al Kaida en die Taliban wat wettelose bergagtige dele in die noordweste beheer, maar dit is ook die enigste Islamitiese staat met kernwapens. En hoewel Washington in die openbaar volhou dat Pakistan se kernwapens veilig is, is daar privaat kommer oor di&eacute; wapens, kommer wat n&aacute; Bhutto se sluipmoord gaan toeneem.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sommige mense meen ook dat Bhutto &#329; doodswens gehad, aangesien sy bewus was van al die radikale Islamitiese elmente in die land wat teen haar terugkeer gekant was. Op 18 Oktober, die dag waarop sy na haar geboorteland teruggekeer het, het &#329; selfmoordbom in Karachi ontplof en meer as 140 mense gedood. Volgens Arsalan Iftikhar, &#329; bydraende redakteur van die tydskrif Islamica: &ldquo;As jy die misdadige en korrupte in dieselfde kamp het, skep dit vreemde bedmaats. Op &#329; manier was Benazir op &#329; martelaarsending. Sy was gewillig om haar lewe vir die demokrasie op te offer.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#329; Voormalige vierstergeneraal in die Amerikaanse weermag, Anthony Zinni, het die gedagte dat Amerika vir Bhutto se veiligheid verantwoordelik was en haar sluipmoord kon verhoed het, verwerp. &ldquo;Wil ons h&ecirc; dat Blackwater (die Amerikaanse veiligheidsfirma in Irak) haar moet beskerm?&rdquo; het hy gevra. &ldquo;Ons het Pakistan verloor &ndash; in die mate waartoe ons dit verloor het en ek sou die land nog nie heeltemal afskryf nie &ndash; tydens die eerste Afghaanse oorlog, toe Washington nie die Afghan-Pakistangrens beskerm het nie. Ons het hulle daar in die steek gelaat. Hoewel ek geen ondersteuner van die Bush-regering is nie, kan mens nie di&eacute; regering blameer vir &#329; situasie wat hulle van die voriges ge&euml;rf het nie.&rdquo;<\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/uborochnaya_tekhnika_inventar\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u0443\u0431\u043e\u0440\u043e\u0447\u043d\u0430\u044f \u0442\u0435\u0445\u043d\u0438\u043a\u0430, \u0438\u043d\u0432\u0435\u043d\u0442\u0430\u0440\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/chp.com.ua\/stati-partnerov\/biznes-i-uslugi\/item\/51465-poisk-postavshchika-v-kitae-realnyy-opyt-postroeniya-uspeshnogo-biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Bhutto.jpg\" width=\"179\" height=\"252\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Benazir Bhutto<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die sluipmoord op Benazir Bhutto het reeds w&ecirc;reldwye reaksie ontlok en die staatshoofde van verskeie lande het hul afkeer daarvan uitgespreek. Maar toenemend word die VSA gekritiseer vir die gebeurtenis.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die terugkeer van me. Bhutto na &#329; omgekrapte Pakistan is gesien as Washington se manier om druk op die Pakistanse president, Pervez Musharraf, uit te oefen. Binne die globale politieke spel was hy besig om na China se kant oor te hel met die bou van &#329; nuwe hawe in Gwadar waardeur di&eacute; land toegang tot die Arabiese see en die strategiese Golf van Oman waardeur die w&ecirc;reld se olie vloei, sou verkry. China is ook besig om &#329; snelweg deur Pakistan na die hawe te bou.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,1150],"class_list":["post-1216","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-vsa-gekritiseer-oor-bhutto-sluipmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1216"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1216\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}