{"id":12149,"date":"2012-03-13T03:58:31","date_gmt":"2012-03-13T03:58:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12149"},"modified":"2012-03-13T03:58:31","modified_gmt":"2012-03-13T03:58:31","slug":"proteas-op-die-nippertjie-van-grootsheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12149","title":{"rendered":"Proteas \u2013 op die nippertjie van grootsheid?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika nie die w\u00eareld in ten minste twee  sportsoorte \u2013 voetbal en krieket \u2013 oorheers nie. Die Springbokke het  darem twee w\u00eareldbekers gewen en die naasbelangrikste toernooi, die Drie  Nasies, drie keer. Die Proteas \u2013 ou nuus hierdie \u2013 het nog nooit \u2019n  &nbsp;uitklopwedstryd in hulle w\u00eareldbekertoernooie gewen nie. Tog, vir lang  tye tussenin, was hulle die toonaangewende span in die w\u00eareld. Nie dat  dit so ophemelwaardig is nie. Die werklike stand van \u2019n &nbsp;land se  krieketmag word in toetskrieket bepaal. Tans rus hierdie w\u00eareldkroon  ongemaklik, asof dit nie gemeet is vir die verskillende hoofde waarop  dit onlangs geplaas is nie. Maar een span lyk asof die kroon langer,  fermer en regmatig op hulle kan pas \u2013 die Proteas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  het in 2008\/9 verskyn as die gepaste troonopvolgers toe hulle die  verslete ou heersers uit die stoel gestoot het. Die Australiese span het  \u2019n ware dinastie van die dae van Allan Border tot met die herfstyd van  Ricky Ponting se bewind daargestel. \u2019n &nbsp;Goeie span het onder Border se  voogskap tot \u2019n &nbsp;gedugte uitdager gevorder. Onder Mark Taylor het hulle  hulle plek tot in die troonkamer oopgeveg. Die onbuigsame, verbete Steve  Waugh het van hulle \u2019n &nbsp;allesverpletterende masjien gemaak en hulle het  met Ponting in die voorste hoede \u2019n &nbsp;lang, rokende strook verwoesting  deur w\u00eareldkrieket agter hulle gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Proteas het in hierdie baie lang epog soms manhaftig teen die Ausies  gespeel, maar het telkens iewers in hulle mondering \u2019n &nbsp;fatale swakplek  gehad en is gereeld genadeloos afgeransel. Die beste wat legendes soos  Hansie Cronj\u00e9, Allan Donald, Darryl Cullinan en Gary Kirsten ooit teen  hulle sou vaar was om reekse te deel. Ander, soos Kallis, Shaun Pollock  en Mark Boucher moes oor en oor oorweldigende reeksnederlae sluk. Hulle  kon net nooit suksesvol teen hierdie vloede swem nie. Eers in 2008 het  die gety gedraai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Australi\u00ebrs het \u2019n &nbsp;skielike uittog van legendariese ringkoppe beleef.  Geen land het die reserwes om die leemtes gelaat deur Justin Langer,  Matthew Hayden, Adam Gilchrist, Glenn McGrath, Shane Warne en ander toe  te stop nie. In hierdie selfde tyd het Suid-Afrika se gekonsentreerde  talent versolied onder die tegniese oog van Mickey Arthur. Die kolwers  het geset in hulle posisies en die boulaanval het jong, nuwe en baie  skerp angels bekom. In \u2019n toetsreeks van die hewigste opwinding en  spanning, het Suid-Afrika vir die eerste keer \u2019n &nbsp;toetsreeks in  Australi\u00eb gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  koms van \u2019n &nbsp;nuwe jong w\u00eareldleier is besing, maar in een van daardie  onverklaarbare struikelinge het Suid-Afrika versuim om hulle posisie  teen Australi\u00eb te bevestig toe die Proteas in die omgekeerde toer met  2-1 in Suid-Afrika verloor het. Daarna het Suid-Afrika nog \u2019n &nbsp;paar  geleenthede gehad om hulle kleimpenne finaal in te kap met goeie  vertonings oorsee. En tog het die raaiselagtige vormverval tuis hulle  telkens gekniehalter. Hulle het Engeland, Indi\u00eb en Australi\u00eb goed onder  beheer gehad maar het elke keer die reeks onverklaarbaar gedeel. Hierdie  drie spanne het veral van Kingsmead op Durban \u2019n &nbsp;doodsakker van  Suid-Afrikaanse krieketambisies gemaak. Die onlangse reeks teen Sri  Lanka bygetel, het die Proteas nou hulle laaste vier wedstryde in Durban  verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  kroon waarmee die Proteas so gewiggel het, is uiteindelik deur Indi\u00eb  opgeraap, maar hulle moes dit aan Engeland oorgee omdat hulle blykbaar  geen ideale het om buite hulle geliefde sub-kontinent te wen nie.  Engeland, na \u2019n &nbsp;oortuigende Asse-veldtog in Australi\u00eb en \u2019n  &nbsp;verrinnewering van Indi\u00eb het kortstondiglik na die regmatige  kroondraers gelyk, en toe gaan val hulle 0-3 in \u2019n &nbsp;toetsreeks teen die  onbesonge Pakistan vas. Dit het die valhek oor die grag vir Suid-Afrika  geplaas om weer die kroon terug te neem, iets wat sou gebeur het as  hulle die huidige toetsreeks teen Nieu-Seeland 3-0 sou wen. Dis nou,  nadat die weer tot die Kiwi\u2019s se verligting die laaste dag se spel  verspoel het, nie meer moontlik nie. Die Proteas se volgende geleentheid  kom \u2019n &nbsp;bietjie later in die seisoen met \u2019n &nbsp;toer na Engeland. Daar is  baie redes vir die Proteas om optimisties te voel oor di\u00e9 toer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  span is man-vir-man beslis opgewasse teen die Engelse. Die Rooinekke  het \u2019n indrukwekkende top- en middelordekolflys, met Strauss, Cook,  Trott, Bell en Pietersen almal gevaarlike bydraers. Maar Suid-Afrika het  vir Graeme Smith, Alviro &nbsp;Petersen, Hashim Amla, Jacques Kallis en AB  de Villiers wat selfs dodeliker is. Die Engelse aanval is \u2019n &nbsp;venynige  een, maar meeste kolwers ter w\u00eareld sal hulle liewers as Dale Steyn,  Morn\u00e9 Morkel, Vernon Philander en die nuwe slinger, Marchant de Lange  sien instorm. Die \u00e9\u00e9n angel wat die Engelse het wat skerper is as enige  iets in die Suid-Afrikaanse arsenaal, is hulle draaibouler, Graham  Swann. Tog is hy nie \u2019n &nbsp;natuurmag soos wat Warne vir Australi\u00eb of  Muralitharan vir Sri Lanka was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  een speler wat meer as enige ander die sleutel is in hierdie geskil, is  waarskynlik Graeme Smith. Ek is seker die enigste persoon in  Suid-Afrika wat sy saak nog bepleit, maar hy is dit werd. Van sy  vroegste toetsdae af het hy \u2019n &nbsp;voorliefde vir Engelse omstandighede. Hy  reserveer sy vernietigendste vorm vir hulle. In sy eerste uithuisige  toer as kaptein, het hy in opeenvolgende wedstryde dubbelhonderttalle  teen hulle geslaan en sy persoon so aggressief op hulle afgedruk dat  hulle gespartel het vir oorlewing. In Suid-Afrika se laaste toer, het hy  die eerste postisolasie kaptein van \u2019n &nbsp;se\u00ebvierende span in Engeland  geword. En hy was g\u2019n &nbsp;passasier. In die beklinkende toets op Edgbaston  het hy korte mette van \u2019n &nbsp;aansienlike telling gemaak toe hy 154 lopies  nie uit nie geslaan het in Suid-Afrika se suksesvolle agtervolging van  \u2019n &nbsp;wentelling. Dit word as een van die allerbeste  vierdebeurtkolfvertonings gereken. Sy blote teenwoordigheid intimideer  die Engelse, en as sy kolf enigsins in volle swang gaan wees, sal dit  baie bydra tot \u2019n Suid-Afrikaanse reeksoorwinning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is wel \u2019n &nbsp;anderkant aan die Smith-faktor. Hy bly een van die mees  bruuske en oordonderende oopmaakkolwers in w\u00eareldkrieket, ja, maar dit  is my mening dat Suid-Afrika \u2019n vernuwing makeer in die kapteinstoel.  Smith was ten beste \u2019n kaptein wat vooruit gegaan het vir ander om te  volg. Daar was soms verblindende hoogtepunte van suiwer kreatiwiteit \u2013  soos toe hy vir Ricky Ponting om elke draai uitoorl\u00ea het in d\u00e1\u00e1rdie  reeks in Australi\u00eb in 2008. En tog was hy nog nooit \u2019n &nbsp;kaptein wat  deurgaans skeppend te werk gaan nie. Die gevoel is soms dat hy \u2019n  &nbsp;handleiding het wat hy volg, selfs as daar \u2019n &nbsp;oorverdowende geroep om  instinktiewe maneuvers op die veld is. Die enigste rede om hom as  uitvoerder van sy eie planne op die veld te hou, sou wees indien daar  nie \u2019n &nbsp;ware vervangingskandidaat in die geledere was nie. Nou is daar.  AB de Villiers het as eendagkaptein homself reeds as iemand met \u2019n  &nbsp;besondere aanvoeling vir die subtiele wendings, slaggate en geleenthede  op die veld onderskei. Hy het ook bewys dat hy een van daardie rare  krieketwesens is wie se spel in dieselfde juk as kapteinskap floreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9  Suid-Afrikaanse span is lankal nie meer die onbuigsame samestelling wat  die Proteas onder, s\u00ea, Hansie Cronj\u00e9 was nie. Dit is \u2019n &nbsp;span wat  gemaklik vorm kan smee na gelang van die ontvouing van \u2019n &nbsp;wedstryd. Die  kolwers, van 1-6, kan ewe gemaklik die beurt anker as lostrek om \u2019n  &nbsp;weifelende aanval te verrinnewoes. Die boulers is almal veelsydig  genoeg om lopievloei toe te draai of om bresse te slaan in \u2019n &nbsp;kolflys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  s\u00e1l een of ander tyd weer Nommer Een in die krieketheelal wees. Dit kom  \u2019n &nbsp;goeie span toe. Maar as ons regtig groot wil droom, dan is dit van  \u2019n &nbsp;span wat, soos die Australiese bende van weleer, teenstanders nie  net verslaan nie, maar vernietig, wat vir lang tydperke aaneen eenvoudig  sal verleer om te verloor. Kan dit wees? Ja, met al die spelers in ons  kraal, ja, dit kan gedoen word. Dit alles begin teen Engeland in  Engeland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net solank hulle nie vergeet om eers die Nieu-Seelanders in Nieu-Seeland in die stof te loop nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika nie die w\u00eareld in ten minste twee sportsoorte \u2013 voetbal en krieket \u2013 oorheers nie. Die Springbokke het darem twee w\u00eareldbekers gewen en die naasbelangrikste toernooi, die Drie Nasies, drie keer. Die Proteas \u2013 ou nuus hierdie \u2013 het nog nooit \u2019n &nbsp;uitklopwedstryd in hulle w\u00eareldbekertoernooie gewen nie. Tog, vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12149","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12149","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12149"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12149\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12149"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12149"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12149"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}