{"id":12137,"date":"2012-03-11T09:50:45","date_gmt":"2012-03-11T09:50:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12137"},"modified":"2012-03-11T09:50:45","modified_gmt":"2012-03-11T09:50:45","slug":"ons-lewens-wat-so-min-werd-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12137","title":{"rendered":"Ons lewens wat so min werd is"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/afrikanerblom.jpg\" width=\"251\" \/>Gisteraand praat ek met &#8216;n vrou wat &#8216;n kunsgalery in Pretoria besit. Sy  is deur drie swartes in haar huis oorval, &#8216;n uur lank geslaan, gedreig  dat sy verkrag sou word en die sneller van die pistool teen haar kop getrek sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy was egter so gelate daaroor dat &#8216;n mens tegelyk met humor,  verwondering en afgryse vervul is. Toe hulle dreig om haar slaapkamer  toe te neem om daar te verkrag, dink sy daaraan dat die bed nog nie  opgemaak is nie en sy skaam haar daaroor. Op &#8216;n stadium het sy hulle ook  uitgenooi om nou klaar te kry en haar te skiet, nie net aanmekaar  daarmee te dreig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke keer as hulle haar wil skiet, vra sy  hulle ook of sy eers die uie op die stoof wat sy besig was om te maak,  kan afsit want sy is bang dit brand aan. Uiteindelik is sy wel toegelaat  om die stoofplaat af te sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die ou end is hulle daar weg  sonder dat sy geskiet of verkrag is, net erg aangerand. Toe sy by die  polisie aankom, tref sy, in haar woorde, &#8220;&#8216;n analfabeet daar aan wat nie  kan skryf of my verklaring kan afneem nie&#8221;. Sy skryf egter self haar  verklaring en vertel presies wat gebeur het. Telkens het die drie rowers  vir haar ges\u00ea: &#8220;You white bitch, we are going to rape you.&#8221; Of: &#8220;You  white bitch, we are going to shoot you.&#8221; Sy skryf dit toe presies so in  haar verklaring neer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar met die deurlees van haar verklaring  deur die swart, analfabetiese polisieman, maak hy beswaar daarteen dat  sy die woorde &#8220;white bitch&#8221; daarin gebruik het. Volgens hom kan hy dit  nie so aanvaar nie en moet sy dit verander. &#8216;n Redekaweling volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy hou voet by stuk dat sy dit presies s\u00f3 moet vertel soos dit gebeur  het, want dit was &#8216;n rasse-insident en die polisieman verseg insgelyks  om die verklaring met die woord &#8220;white&#8221; daarin te aanvaar. &#8220;Bitch&#8221; is  wel aanvaarbaar, maar nie &#8220;white bitch&#8221; nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik moes  sy maar die aftog blaas en tot vandag toe is geen saak nog oor die  aanranding, huisroof met verswarende omstandighede, poging tot  verkragting, poging tot moord, ens., geopen nie. Ek het my videokamera  daar gehad en wou h\u00ea sy moes die hele relaas herhaal sodat ons dit op  YouTube kan sit, want die swart humor en traak-my-nieagtigheid waarmee  sy dit vertel het, sou dalk die hele w\u00eareld in beroering kon bring. Sy  was egter nie lus nie en daarmee is &#8216;n unieke vertelling waaroor &#8216;n mens  boekdele sou kon skryf, vir die w\u00eareld verlore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat tans in  Suid-Afrika gebeur, is eintlik nog glad nie onder woorde &#8211; of beelde &#8211;  gebring nie. Dis so vreemd, fantasmagories en bisar dat buitestaanders  of buitelanders g\u00e9\u00e9n, maar g\u00e9en, begrip daarvan het nie. Hierdie  verfynde, gekultiveerde en welsprekende vrou het die gegewe aanvaar dat  &#8216;n lewe &#8211; ook haar lewe &#8211; in Suid-Afrika niks werd is nie. Sy beskik  egter oor &#8216;n geloof in haar eie intelligensie en dat sy slimmer as haar  aanvallers is. &#8220;Hulle verwag dat jy op &#8216;n sekere manier moet reageer en  as jy anders reageer, verwar dit hulle. Dan weet hulle nie wat om te  doen nie. Ons gaan hulle altyd uitoorl\u00ea,&#8221; s\u00ea sy. Sekerlik, volgens die  gangbare definisies, is dit &#8216;n &#8220;rassistiese&#8221; geloof, want in &#8216;n w\u00eareld  van onverbiddellike gelykheid, is die swart rower, moordenaar of  verkragter ewe intelligent as die blanke kunshandelaar. Dis net twee  verskillende loopbaankeuses.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander interessante aspek van  haar vertelling was dat sy n\u00earens na die ras van haar aanvallers verwys  het nie. Totdat my vrou naderhand wou weet: &#8220;Ek neem aan hulle was  swart?&#8221; Hierop het die kunshandelares met die uiterste verbasing gevra:  &#8220;Hartjie, maar watse vraag is dit? Nat\u00fa\u00farlik was hulle swart. Ek weet  nie hoe jy nog hoegenaamd so &#8216;n vraag kan vra nie.&#8221; Dit was asof sy  hiermee die aandag op &#8216;n ongeskrewe natuurwet gevestig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  indruk wat ek gekry het, is dat sy werklik nie omgee oor wat met haar  gebeur het nie. Tot vandag toe het sy geen veiligheidsmaatre\u00ebls getref  nie en aanvaar sy dat sulke dinge maar net gebeur. Dis asof ons op &#8216;n  ander planeet verkeer en hier geld nuwe re\u00ebls of oerwoudre\u00ebls, waaraan  &#8216;n mens niks kan verander nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar fatalisme was vir my tegelykertyd skokkend en fassinerend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter &#8216;n klein groepie Afrikaners wat reeds die groteske  andersheid van die Nuwe Suid-Afrika besef en gaandeweg leer om dit te  beskryf. Mettertyd sal ons selfs daarin slaag om dit aan mense in die  buitew\u00eareld, op die res van die aarde, verstaanbaar te maak. Dis &#8216;n baie  delikate proses, want die gewone woorde en begrippe, veral die stel  bekende clich\u00e9s oor Suid-Afrika, skiet ver te kort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat tans  met ons gebeur, is veel erger as &#8216;n oorlog, want dit dwing ons &#8211; soos  vir hierdie vrou &#8211; om te aanvaar dat ons lewens en by uitbreiding, ons  taal, kultuur, geskiedenis, tradisie, erfenis en alles wat daarmee  saamhang, letterlik niks werd is nie. Dis miskien die nuwe  Afrikanerdefinisie: &#8216;n mens sonder waarde. &#8216;n Weggooimens, &#8216;n mens wat  maar net dankbaar kan wees dat hy nog leef want bokant ons almal se  koppe hang die swaard van Damokles, die pistool teen jou kop, die mes  wat voor jou borskas huiwer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By al die verhale van  menseslagting waarvan &#8216;n mens lees en hoor, is daar ook soveel ander  stories van mense wat ternouernood aan die dood ontkom het. &#8216;n Vriend se  hart het letterlik vier keer gaan staan in die ambulans nadat swartes  hom in die Pretoriase middestad met messe toegetakel het. Vier keer het  die noodpersoneel sy hart weer aan die gang geskok en vandag is hy  springlewendig en blakend gesond. Die feit dat ons leef en nog gewone  dinge ook elke dag kan doen, is &#8216;n groot wonderwerk, &#8216;n bestiering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis daarom kwalik vreemd dat daar &#8216;n blom bestaan wat &#8220;Afrikaner&#8221; heet,  want ons is so verganklik soos blomme: een oomblik hier en die volgende  oomblik weg. Afgesny. Van kant gemaak.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gisteraand praat ek met &#8216;n vrou wat &#8216;n kunsgalery in Pretoria besit. Sy is deur drie swartes in haar huis oorval, &#8216;n uur lank geslaan, gedreig dat sy verkrag sou word en die sneller van die pistool teen haar kop getrek sou word. Sy was egter so gelate daaroor dat &#8216;n mens tegelyk met humor, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12136,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12137","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12137","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12137"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12137\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12136"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12137"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12137"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12137"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}