{"id":12135,"date":"2012-03-11T06:15:57","date_gmt":"2012-03-11T06:15:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12135"},"modified":"2012-03-11T06:15:57","modified_gmt":"2012-03-11T06:15:57","slug":"afrikaans-vir-godsdiens-en-onderwys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12135","title":{"rendered":"Afrikaans vir godsdiens en onderwys"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.996640475449814\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Sjeik Abu Bakr Effendi\" alt=\"Sjeik Abu Bakr Effendi\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/abu_bakr_effendi.jpg\" \/>Baie  van die mense wat tot in di\u00e9 tyd Afrikaans as skryftaal gebruik het,  was nie-Afrikaners, en sommige van hulle is buite Suid-Afrika gebore.  Ook sjeik Abu Bakr Effendi (1835-1880) was so iemand. Abu Bakr, &#8216;n Koerd  wat in Turkye gebore is, was &#8216;n Islamitiese godsdiens-onderwyser wat  Afrikaans as godsdienstige taal vir die Kaapse Moslems gebruik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Abu Bakr is in 1862 oor Engeland na Kaapstad gestuur nadat Moslems aan  die Kaap &#8216;n versoek via die Turkse ambassadeur in Londen aan die Turkse  owerheid gerig het. In 1869 het hy ten behoewe van die onderwys in die  Islam aan die Maleise gemeenskap die Bayan-udDin (verduideliking  van godsdiens) geskryf. Dit is &#8216;n tweetalige werk in Arabies en  Afrikaans, met voorredes in Turks, Arabies en Afrikaans. Die Afrikaanse  teks is &#8216;n wydlopige parafrase van &#8216;n handboek van Moslem-re\u00ebls, met  allerhande verduidelikings, en is deur Abu Bakr geskryf. Dit is so  gerangskik dat daar telkens op &#8216;n Arabiese sin die Afrikaanse vertaling  en verduideliking volg &#8212; geskrywe in Arabiese letters.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Waarom het hy Afrikaans gebruik? Abu Bakr skryf dis nodig dat hy die  taal wat meer verstaanbaar is, moet skryf sodat die mense die godsdiens  &#8220;met gemak op die regte manier kan leer ken&#8221;. &#8216;n Mens moet hieruit aflei  dat die Moslems gesukkel het om Arabies te verstaan omdat Afrikaans  hulle moedertaal was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">&#8216;n Hele reeks Arabies-Afrikaanse publikasies het op die Bayan-udDin gevolg,  wat almal op die een of ander manier met die Islam verband hou. Verder  is ook &#8216;n aantal Afrikaanse Islamtekste in Romeinse letters uitgegee. In  1985 het sjeg Abu Bakr Najaar van Kaapstad verklaar dat die eerste  Arabies-Afrikaanse boekie reeds in 1840 verskyn het. Die boekie, oor  godsdienstige gebruike van die Islam, is volgens die rekords van die  Suid-Afrikaanse Biblioteek in 1877 in Istanboel herdruk, met &#8216;n Turkse,  Arabiese en Afrikaanse inleiding (in Arabiese letters). In 1862 is &#8216;n  Moslem Theological School in Kaapstad gestig wat ondanks die Engelse  naam Afrikaans as voertaal gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Van 1859 af is die Morawiese Sendinggenootskap se drukpers op  Genadendal (wat in 1837 uit Nederland ontvang is maar weens gebrek aan  ruimte nie in bedryf was nie) gebruik vir publikasies soos die maandblad  De Bode  (sedert Desember 1859). Die aanvanklike oplaag was 300 kopie\u00eb per jaar.  In &#8216;n vorm van Afrikaans het Oom Louw Gezels in 1862 en 1873 land- en  w\u00eareld-nuusgebeurtenisse vertel. In September 1873 het hy geskryf:  &#8220;Baijan mensche, oom, werk moes nou aan de spoorweg, oom weet moes, die  wat van Wellington naar Woester loop, helle krij nou een goeije betaal  dat helle kan bestaan.&#8221; Die sendingstasie het druk van die Kaapse  regering weerstaan om die sendingskool te verengels sodat dit studente  van ander genootskappe kon inneem. Maar as aanduiding van algemene  verset teen die verengelsing kan mens dit nie beskou nie. Die besluit is  in Morawi\u00eb geneem en was in ooreenstemming met die Duitse sendingbeleid  om, waar moontlik, inheemse tale te behou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Onder sprekers van Kaapse en Oranjerivierafrikaans is kerkdienste van  die Anglikaase Kerk van Suider-Afrika soms in Afrikaans gehou. Sowel die  Hollands van die Bybel is teen die 1860\u2019s en 1870\u2019s as Afrikaans is in  Afrikaanse sendinggemeentes gebruik.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie van die mense wat tot in di\u00e9 tyd Afrikaans as skryftaal gebruik het, was nie-Afrikaners, en sommige van hulle is buite Suid-Afrika gebore. Ook sjeik Abu Bakr Effendi (1835-1880) was so iemand. Abu Bakr, &#8216;n Koerd wat in Turkye gebore is, was &#8216;n Islamitiese godsdiens-onderwyser wat Afrikaans as godsdienstige taal vir die Kaapse Moslems [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12134,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-12135","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12135","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12135"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12135\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12134"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12135"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12135"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12135"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}