{"id":12133,"date":"2012-03-11T06:02:14","date_gmt":"2012-03-11T06:02:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12133"},"modified":"2012-03-11T06:02:14","modified_gmt":"2012-03-11T06:02:14","slug":"afrikaner-redding-kom-dalk-van-buite","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12133","title":{"rendered":"Afrikaner-redding kom dalk van buite"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>In \u2019n beduidende mosie wat die afgelope week by die Europese parlement  in Straatsburg ingedien is, spreek 48 Europese parlementslede hulle uit  teen die \u201csistematiese aard\u201d van die aanvalle op wit boere in  Suid-Afrika en vra die Suid-Afrikaanse regering om dringend maatre\u00ebls in  te stel om hul veiligheid te verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mosie is ingedien  deur mnr. Louis Michel, \u2019n lid van die liberale Belgiese party die  Mouvement R\u00e9formateur. Die 48 ondertekenaars (uit \u2019n totaal van 754  parlementslede) verteenwoordig sewe politieke faksies wat van links na  regs strek: sosialiste, liberale, christendemokrate, nie-ingeskrewes,  eurokritici en selfs \u2019n lid van die kommunistiese groepering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  Facebook is \u2019n globale versetgroep, wat hom die \u201cSouth Africa Project\u201d  noem, ook besig om betogings ter ondersteuning van Afrikaners voor  Suid-Afrikaanse ambassades en in hoofstede van Amerikaanse deelstate te  organiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, ondersteuners van die Suid-Afrika-projek het  reeds in Sacramento, Kaliforni\u00eb, met lede van die versetbeweging Occupy  gebots sodat die polisie moes ingryp om orde te handhaaf. Agterna het  die voorval nasionale koerante en TV-nuusbulletins in die VSA gehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  is hier aan die gebeur? Kan ons praat van \u2019n omgekeerde  anti-apartheidsbeweging, wat skielik die wittes en Afrikaner-minderheid  in ons land ondersteun en skerp kritiek teen die ANC uitspreek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  hierdie kringe word terme soos \u201cAfrikaner-volksmoord\u201d of \u201cBoer  Genocide\u201d met dieselfde soort onverbiddelikheid gebruik as wat die  gewraakte woord \u201capartheid\u201d tydens die 80\u2019s in die w\u00eareldmedia uitbasuin  is. Indien daar \u2019n episentrum of episentra vir di\u00e9 nuwe globale  simpatie met Afrikaners bestaan, is dit in die VSA en in die Lae Lande  gele\u00eb. Vlaamse en Nederlandse parlementslede neem dikwels die voortou in  die Europese parlement te Straatsburg, Frankryk, of in hul eie  parlemente in Brussel of Den Haag om plaasmoorde en taaldiskriminasie  teen Afrikaans aan die groot klok te hang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse  staatsman en wysgeer Jan Smuts, eens \u2019n Boeregeneraal en toe \u2019n dienaar  van die Britse Ryk, het op \u2019n keer ges\u00ea \u201cdie toekoms van Suid-Afrika sal  altyd buite haar grense bepaal word\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee het hy op  siniese, dog realistiese wyse sowel ons koloniale status as ons  strategiese swakheid beklemtoon. Dit was die geval in 1902, maar ook in  1992 toe die Nasionale Party onder internasionale druk geswig en  holderstebolder alle mag aan die buitelandse gunsteling, die ANC,  oorhandig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die magsoorname van die ANC is nie soseer  binnelands nie, maar buitelands voorberei. S\u00f3 het die Sweedse  ambassadeur op 27 April 2004 in RSG se Monitor-program ges\u00ea: \u201cSonder  Sweedse steun sou die ANC nooit aan die bewind gekom het nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  merkwaardige erkenning deur \u2019n diplomaat uit Stockholm het die  Smuts-beginsel in die Suid-Afrikaanse politiek beklemtoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  sy eeufeestoespraak op 8 Januarie in Bloemfontein het pres. Jacob Zuma  die oorwinning van die ANC as \u2019n milit\u00eare triomf deur Umkhonto we Sizwe  voorgehou. Net so het die PW Botha-regering miljarde rande in die  ontwikkeling van die Ratel-pantservoertuig, asook die  Rooivalk-aanvalshelikopter, gestort, maar nooit werklik die potensiaal  van sy milit\u00eare slaankrag teen die ANC benut nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konflik was  uiteindelik \u2019n woordeoorlog wat in die internasionale media besleg is.  Die woord \u201capartheid\u201d was die wapen vir massavernietiging wat die ou  orde gekelder het; nie die Kerkstraat-bom van 20 Mei 1983 nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ANC en sy bondgenote, daarenteen, gloei nog van voldoening oor sy  propaganda-oorwinning in die vroe\u00eb-90\u2019s en gaan binnekort dalk die  Grondwet herskryf dat dit hom n\u00f3g beter pas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 stadium  steur hy hom nie aan die internasionale protes teen plaasmoorde en  taaldiskriminasie nie. Dit word as die werk van regse randeiergroepe  afgelag. Soos die onthutste, linkse Occupy-betogers egter in Sacramento  geskreeu het: \u201cDie f***** varke (polisie) beskerm die Nazi\u2019s!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt verwysende na die pro-Afrikaanse beswaarmakers wat heel ordelik die linkse hoon getrotseer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  die opkoms van linksgesindes in die 1960\u2019s en die Amerikaanse  burgerregtebeweging van Martin Luther King kon die ANC op internasionale  steun reken. Kan Afrikaners dalk die begunstigdes van \u2019n opkomende,  konserwatiewe beweging in die Weste, asook van Oos-Europese  nasionaliste, word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos mnr. Martin Bosma, die besoekende  Nederlandse parlementslid en lid van die regse Partij voor de Vrijheid,  \u2019n week of twee gelede in Pretoria opgemerk het: \u201cJulle Afrikaners is  die eerste Westerse volk wat weens demografiese oorheersing besig is om  uit te sterf. Julle is die kanarie in die steenkoolmyn wat die hele  Weste behoort te waarsku.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos in die dae van Paul Kruger is die lot van Afrika se \u201cwit stam\u201d weer besig om die w\u00eareld se verbeelding aan te gryp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Boere as nuwe <em>underdog <\/em>teen die magtige Nguni-empaaier? Die volgende  hoofstuk in ons wye en droewe land se geskiedenis wag om geskryf te  word.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In \u2019n beduidende mosie wat die afgelope week by die Europese parlement in Straatsburg ingedien is, spreek 48 Europese parlementslede hulle uit teen die \u201csistematiese aard\u201d van die aanvalle op wit boere in Suid-Afrika en vra die Suid-Afrikaanse regering om dringend maatre\u00ebls in te stel om hul veiligheid te verhoog. Die mosie is ingedien deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12133","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12133"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12133\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}