{"id":12132,"date":"2012-03-11T05:51:24","date_gmt":"2012-03-11T05:51:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12132"},"modified":"2012-03-11T05:51:24","modified_gmt":"2012-03-11T05:51:24","slug":"die-naweek-se-superrugby-wie-die-bal-nie-bemin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12132","title":{"rendered":"Die naweek se Superrugby: wie die bal nie bemin"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die  Cheetahs, die Leeus en die Bulle het die naweek verloor waar hulle net  sowel kon gewen het, en daar is \u2019n sorgwekkende tema in die manier waarop  al drie spanne hulle rug op oorwinnings gedraai het. Hierdie spanne het  nagelaat om die kosbaarste voorwerp op die veld \u2013 die bal \u2013 op te pas.  Balbesit kan nie gekoop word nie, en as jy dit nie koester nie, sal jy  verneder word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die eerste wedstryd het die Cheetahs in Canberra aangetree vir \u2019n  wedstryd teen die ontluikende Brumbies onder Jake White. As daar een  span is wat al daarvan \u2019n kuns gemaak het om \u2019n nederlaag uit \u2019n  waarskynlike oorwinning te munt, is dit die Bloemfonteinse spul. Sedert  hulle egskeiding uit die ongure Cats-verbintenis met die Leeus, het  hulle nog nie noemenswaardige sukses op oorsese uitstappies gehad nie.  Hierdie week het hulle na \u2019n vertrapping deur die Bulle en \u2019n lang vlug  van die Groot Silwer Vo\u00ebl afgestap in \u2019n Australi\u00eb wat gebaai is in  vloede so groot soos Frankryk. Dit het enige ordentlike oefening  verydel. Dus het niemand op \u2019n Cheetah-oorwinning gereken nie. Maar,  soos ons al ges\u00ea het, as jy hulle net liefhet en niks van hulle verwag  nie, sal die Kolletjieskatte jou verras. As \u2019n wedstryd stiptelik na 80  minute se spel ge\u00ebindig het, sou hulle hierdie een gewen het. Maar \u2019n  wedstryd is 80 minute plus die tydjie wat dit vir die spel vat om dood  te loop. En dit was die verskil&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Cheetahs het verfrissend van afskopfluitjie af Cheetahs-rugby gespeel:  Met die bal in gapings. Die vaste vyf het hulle man gestaan en Coenie  Oosthuyzen, uiteindelik weer terug, het nog \u2019n paar versies in die  eerste bedryf van \u2019n groot rugbyloopbaan geskryf. Hierdie is \u2019n man wat  sy 125 kilogram binne 12 sekondes oor honderd meter kan skuif. Hy kom  soos \u2019n kanonskoot van die merk af en tref die vlees-en-bloed voor hom  met \u2019n magtige knal. Daar kan nie van hom verwag word om verfynde  balbeheertegniek te h\u00ea nie \u2013 maar dit h\u00e9t hy nietemin. Dit was sy  delikate, goedbeplande aangee van \u2019n lynstaan af wat Willie le Roux,  Cheetah linkervleuel, volspoed in \u2019n gaping gevind het. En hier is  opwinding, die manier waarop Le Roux hardloop, swenk, die ruimte vind.  Hy het die hele Brumbie-agterlyn verfonkfaai vir \u2019n drie onder die pale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Brumbies se Henry Speight het self gapings gevind waar daar nie enige  moes gewees het nie en vir die Wildeponies gaan druk. Strafskoppe het  die res van die eerstehelftepunte opgemaak en die Cheetahs was onverwags  13-10 voor met halftyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  Groot rede vir hulle voorsprong was die herontwaking van Heinrich  Br\u00fcssow. In die Cheetahs se openingswedstryde was hy \u2019n grootliks \u2019n le\u00eb  nommer-6 trui, bereid om met die bal te storm en om sy deel op die  verdediging te doen, maar verbasend sku om die bal van die grond en in  losgemale weg te stroop \u2013 juis dit wat van hom een van die  skrikwekkendste oopkantflanke in die spel gemaak het. In hierdie  wedstryd het hy sy slag herontdek en \u2019n indrukwekkende aantal  Brumbie-aanvalle gesnuit met balle wat hy eenvoudig op beslag gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  gevolg was dat die Cheetahs lekker vinnige afrokkelbesit gekry het wat  hulle kon gebruik om uit verdediging oor te skakel na aanval voordat die  Brumbies hulle aanvalformasies as verdedigingslinies kon herontplooi.  In een so \u2019n teenaanval, vroeg in die tweede helfte, het Tewis de Bruyn  vernuftig deurgewals vir \u2019n drie. Met nog \u2019n Goosen-strafskop was die  Cheetahs onverwags 23-10 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  die oorblywende 38 minute sou hulle nie weer \u2019n punt aanteken nie. O,  hulle het soos die Voortrekkers van Vegkop verdedig, maar hulle het  gesondig en hulle sonde was dat hulle stief was met die bal. Telkens  wanneer hulle wel die bal in besit geneem het \u2013 meermale deur Br\u00fcssow se  rampokkery \u2013 het los aange\u00eb, paphandige grepe of onbesonne skoppe die  bal van hulle vervreem. Daarmee het Pat McCabe \u2019n drie gaan druk, wat  nie vervyf is nie, en losskakel Christiano Lealiifano het voor die  sirene n\u00f3g twee strafskoppe bygevoeg om die Brumbies met 21-23 binne  trefafstand te bring. In die bepalende laaste minute, in daardie ou  bekende tydperk waar een span met fase na fase aanval en die ander  verdedig, het die Cheetahs telkens die sakkie met die wedstryd in  toegerits, net om die bal onverklaarbaar weer af te staan. Wat nodig  was, was vir die voorspelers om die bal onder die arm te hou, \u2019n tree te  dryf, te gronde te gaan, die bal optel, weer dryf&#8230; Wat hulle gedoen  het, was om die afgerokkelde bal weg te slinger wat die aanvallende  Brumbies die kans gegee het om tussen die Cheetahs in te beweeg om die  besit te belemmer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  voor die sirene het die Cheetahs in die middel van die veld aangeslaan  en in die daaropvolgende skrum is hulle ietwat raaiselagtig gestraf.  Nadat die sirene reeds weemoedig geloei het, het Lealiifano die  noodlottige drie punte raakgeskiet om die Cheetahs net nog een van \u2019n  lang reeks naelskraapse nederlae toe te dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nederlaag  nieteenstaande, as die Cheetahs kan opmaak met die bal en dit die sorg  en beskerming gee wat dit verdien, gaan hulle nog \u2019n groot Super  Rugby-reeks h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  volgende episode in die dag se Suid-Afrikaanse Super Rugby-sage was die  interprovinsiale wedywering tussen die Leeus en die Haaie in Durban.  Die Leeus het nie gewen nie want hulle was nooit veronderstel om te wen  nie \u2013 maar hulle kon,,, as hulle net meer geheg was aan die bal. Hierdie  was \u2019n woes uitgedunde Johannesburgse span. Hulle het drie stutte, \u2019n  slot, en redelik noodlottig, hulle losskakel Elton Jantjes voor die  wedstryd op die beseringslys ingeskryf. Nie lank in die wedstryd in nie,  moes die gedugte Alwyn Hollenbach ook bes gee met \u2019n dyspierknyp. Die  onbekroonde jong Andries Coetzee was nou op die nommer-10 spilposisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Haaie daarenteen het \u2019n speler-en-\u2019n \u2013half herwin met Willem Alberts  wat gerehabiliteer is. Hierdie is \u2019n turbo-aangedrewe herinterpretasie  van \u2019n ander verloopte Transvaler, Wahl Bartmann. Sy verwoestende  dryfwerk, brutale lopies en genadelose lakwerk verdoesel baie gebreke in  die Haaie-voorpak. Boonop het \u2019n ander grysbeer, Bismarck du Plessis,  uit sy winterslaap ontwaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit  hierdie bestanddele is \u2019n voortreflike, aksievolle wedstryd opgekook.  Beide spanne het met venyn aangeval, veral die Haaie en beide spanne het  hardnekkig verdedig, veral die Leeus. Die Goudstedelinge het \u2019n oeroue  nuwe benadering as prim\u00eare verdedigingswapen gebruik: Hulle het die bene  van die Haaie aangeval. Telkens het groot voorspelers soos ho\u00eb bome  geval, hulle bene eenvoudig onder hulle uitgesekel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen  die 29ste minuut was die telling \u2019n swaarverdiende drie punte elk,  voordat die Leeus se slordigheid hulle gepootjie het. Dit was reeds  duidelik dat die Haaie nie die tande gehad het om uit eerste fases se  besit drie\u00eb aan te teken nie. Al was Bismarck du Plessis titanies in die  stryd om die losbal, het die Leeus soveel geroof as wat hulle afgestaan  het. Maar die een afdeling waarin hulle onwaardig was, was met taktiese  skopwerk. Dit was \u2019n terugskop van Jaco Taute uit die kwartgebied wat  omgespring het om die Leeus in die wind te skop. Die skadelose skop het  Riaan Viljoen gevind en hy het dit langs \u2019n ho\u00eb parabool terug gestuur.  Die Leeus het die bal stief behandel, dit onge\u00ebrg teruggeklap net betyds  vir die aanstormende Viljoen se aankoms. Skielik was hy en die bal  alleen en die doellyn \u2019n paar tre\u00eb verder. Hy het bymekaar gemaak en  gedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Butch  James het die skade met \u2019n strafskop beperk maar toe, net voor die  halftydsein, het die Leeus se ingewikkelde verhouding met die bal n\u00f3g \u2019n  wending geneem. Reg op hulle doellyn het hulle die bal in hulle  lynstaan laat ronddobber, Bismarck het beslag gel\u00ea daarop en dit is deur  die hande langs die agterlyn aangewip vir Lwazi Mvovo om in die hoek te  druk. Patrick Lambie het die bal deur die pale geryg vir \u2019n 17-6  halftydtelling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  eerste deel van die tweede helfte het baie van die patrone voortgesit  met die Haaie wat voor- en agterlangs hard aangeval het en metodies by  die bene afgesny is deur iesegrimmige lakwerk. Lambie het uiteindelik  nog \u2019n strafskop behaal vir \u2019n 14-punte voorsprong, maar die Haaie kon  net nie die wedstryd b\u00eare nie. Dit was nou die Haaie se voorspelers se  beurt om die bal weg te wys. Die nuwe Leeus-skakel Andries Coetzee het  die lyn reguit getrek en die beweging het op \u2019n kortafstandaanval deur  die sterk Taute tot \u2019n drie gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na  al die Leeus se terugslae en dramas was hulle binne 7 punte van die  Haaie, en hulle sou werklike druk kon toepas as hulle nie weereens  iewers op die aanval kontak met die bal verloor het nie. Die Haaie se JP  Pietersen het in die geharwar homself in groot leegtes bevind en hoewel  hy ingejaag en neergevel is, het hy vir Meyer Bosman gevind vir die  Haaie se derde drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Leeus van vanmelewe sou net daar die onvermydelike aanvaar het, maar  nie hierdie weergawe nie. Hulle het dadelik \u2019n teenoffensief  georganiseer en Ruan Dreyer, die plaasvervangerstut, het gaan druk om  die Leeus weereens binne trefafstand te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  genadeskoot was \u2019n rolmaal deur die Haaie met die gesoute Jacques Botes  in sy gebruiklike skippersposisie aan die agterkant daarvan. \u2019n  Uitgeputte Leeu-voorpak kon oplaas nie meer genoeg kilogramme voorgegooi  kry nie en Botes het sy kenmerkende drie gedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eindtelling was 24-10.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide hierdie spanne het die materiaal, die spelplanne en die gees om tot diep in hierdie kompetisie te vorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit sal \u2019n mooi ding wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  laaste beweging van hierdie naweek se voetbalconcerto was die  skermutseling tussen die Bulle en die Blues op Loftus. Dit is \u2019n kenmerk  van \u2019n kampioenspan dat hulle steeds wen al speel hulle nie goed nie.  Die Bulle van Matfield in die pasafgelope era het dit gereeld gedoen.  Dit is ook tekenend van \u2019n kampioenspan dat as hulle vroeg agterloop in  \u2019n wedstryd, hulle \u2019n manier sal vind om deur te druk. Die Bulle is dus  nie die kampioenspan wat hulle eers was en in alle waarskynlikheid weer  sal word nie. \u2019n Blaps vroeg in die wedstryd het hulle ontsenu, hulle  wedstrydbestuur het hulle versaak en hulle het onnodig \u2019n wedstryd  verbeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  ooreenstemming met ons tema, was dit juis hulle onge\u00ebrgdheid met die  bal wat tot hulle val gelei het. Skaars \u2019n minuut in die wedstryd het  die Bulle, teen hulle beproefde krygsplan in, \u2019n vlak agterlynaanval  geloods. Die bal het van binnesenter Francois Venter se skouer weerkaats  in plaas van om sy hande te vind en die Blues se jong losskakel Gareth  Anscombe was skielik, bal en al, agter vyandelike linies met net \u2019n wye,  onbewaakte doellyn voor hom. Hy het sy eie drie verdoel. Dit was net  die begin van \u2019n droomdebuut vir hom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Bulle kon van daar af nie hulle wedstrydplan bestendig afdwing nie.  Bulle-voetbal is gebaseer op territoriale oorheersing. Die skoppers druk  die teenstander in sy eie gebied was en die Bulle se voorspelers wurg  hom daar tot flaters waaruit drie\u00eb of strafskoppe gemunt kan word.  Gisteraand het die Bulle se voormasjien net nooit op dreef gekom nie.  Hulle is gekonfronteer deur \u2019n hardebaard-Nieu-Seelandse agttal wat  hierdie aand nie maklik grondgebied afgestaan het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9  uitrafeling van die plan het deurgesyfer na Morn\u00e9 Steyn wat vier skoppe  fataal van koers af geloods het. Die Bulle was heeltemal uit  sinchronisasie en van die dodelik effektiewe wisselwerking tussen voor  en agter is min gesien. Tog het hulle met een aanval genoeg ruimte vir  Bjorn Basson op die vleuel oopgevlek vir \u2019n drie. Die Blues het \u2019n lang  teenoffensief van vlak buite hulle kwartgebied in reaksie van stapel  gestuur en uiteindelik was dit dieselfde jong Anscombe wat met die bal  oor die doellyn is. Met dit en die daaropvolgende verdoeling, het hy al  29 die Blues se punte aangeteken. Miskien is daar tog lig in die All  Blacks se na-Carter duisternis, hoewel dit heeltemal te vroeg is om  seker te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  Bulle-span uit fase is een wat baie oortree en die strafskoptelling het  hulle ritme net nog meer versteur. Hulle was meestal onmagtig om die  bal in besit te hou en het selde dreigend aangeval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  wedstryd se doodsroggels was reeds hoorbaar toe Basson weer in besit  gestel is vir sy tweede drie en \u2019n bonuspunt vir die Bulle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie is \u2019n lang kompetisie en alle spanne moet begroot vir swak wedstryde. Die Bulle moet hoop hierdie was hulle s\u2019n .<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/lajfhak_po_dostavke_iz_kitaya_top_5_rekomendacij_dlya_biznesa\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Cheetahs, die Leeus en die Bulle het die naweek verloor waar hulle net sowel kon gewen het, en daar is \u2019n sorgwekkende tema in die manier waarop al drie spanne hulle rug op oorwinnings gedraai het. Hierdie spanne het nagelaat om die kosbaarste voorwerp op die veld \u2013 die bal \u2013 op te pas. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12132","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12132","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12132"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12132\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12132"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12132"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12132"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}