{"id":12126,"date":"2012-03-10T07:03:36","date_gmt":"2012-03-10T07:03:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12126"},"modified":"2012-03-10T07:03:36","modified_gmt":"2012-03-10T07:03:36","slug":"krieket-twee-strydrosse-kom-tuis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12126","title":{"rendered":"Krieket: Twee strydrosse kom tuis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Jacques Rudolph\" alt=\"Jacques Rudolph\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/rudolph_jacques.jpg\" width=\"251\" \/>Vanoggend,  Boeretyd, het twee half-ongewenstes in die Suid-Afrikaanse span  bymekaargekom vir \u2019n onoorwonne 47-lopievennootskap, \u2019n veelseggende  samewerking van die soort wat ware krieketkenners snoesig en tevrede  laat voel. Mark Boucher en Jacques Rudolph het albei as jong sterre  verskyn, maar wyduiteenlopende loopbane beleef, en tog is beide  onbetwisbaar toetsstoffasie. Nietemin is hulle posisies in die span al  hierdie hele seisoen in die gedrang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boucher  is reeds vir bykans vyftien jaar deel van die ruggraat van die  Suid-Afrikaanse span. Hierdie is sy 145ste toets en hy hou die  Suid-Afrikaanse rekord van 76 ononderbroke toetsverskynings. Hy is eers  as \u2019n kolwer gesien wat homself agter die penne kon handhaaf, maar met  sy gewone onwrikbare deursettingsvermo\u00eb het hy in bloedige harde werk  bel\u00ea om een van die w\u00eareld se beste handskoenmanne te word. Sy 546  slagoffers sluit 523 vangskote in \u2013 die meeste ooit ter w\u00eareld. Deur die  jare het hy ook \u2019n betroubare oog agter die paaltjies ontwikkel en hy  is gereeld betrek in die mini-konferensies tussen kaptein, bouler en  spanstrate\u00eb op die veld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  moderne paaltjiewagter kan egter nie net vanwe\u00eb sy handskoenwerk in \u2019n  span bly nie. Hy moet \u2019n bepaalde rol met die kolf speel. Boucher se  kolfkarakter was as die hardnekkige, omgesukkelde Nommer Sewe. Hy was  nog nooit flambojant nie, maar hy is dwarsdeur sy loopbaan as \u2019n  gedugte lopiemaker beskou. Geen span kon die Proteas as verslane beskou  terwyl Boucher nog daar was nie. Die gedagtebeeld wat meeste  kriekettoeskouers van hom het, is met die o\u00eb wat stip onder \u2019n frons  uitstaar, spiere wat onder stoppelbaardwangvelle maal en \u2019n  bittereinderhouding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy  kolfgemiddeld is net oor die 30, aanvaarbaar vir \u2019n  paaltjiewagterkolwer, maar statistieke dui nie aan hoeveel keer hy die  laaste hardnekkige wal was wat in die Suid-Afrikaanse saak gegooi is  nie. Male sonder tal het hy kosbare kastaiings uit die vuur gekrap, die  stertkant gemobiliseer vir \u2019n laaste, deurslaggewende versetaksie, en  het hy beslissende lopies uit die greep van die boulspan gewring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boucher  se loopbaankrisis is dat hy as \u2019n ou speler gesien word in \u2019n  Suid-Afrikaanse span wat besig is met \u2019n proses van vernuwing. Hy is \u2019n  oorblyfsel uit \u2019n era van Donald, Pollock, Adams, Kirsten, Cronj\u00e9 en  Cullinan. Hy is bykans 36; benewens Jacques Kallis, sy boesemvriend, die  oudste speler in die span. Tog is hy fiks en so beweeglik soos altyd, dus die fokus van kritiek is nou geruime tyd al op sy bydrae met die  kolf. In alle waarheid gaan hy deur \u2019n dor strook as kolwer, en dit het  hom reeds sy plek in die korter vari\u00ebteite van die spel gekos. Na amper  vyf-en-half-duisend lopies, veg \u2019n ware krieketheld, miskien nou nie vir  oorlewing nie, maar ten minste vir die bevrediging om die spel as  eerlike, waardevolle bydraer te verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ander speler ter sprake, Jacques Rudolph, is sedert kaalvoetdae as die  ware Jakob gesien, met sy elegante, vloeiende hotkloukolfstyl,  konsentrasie en temperament. Nadat sy promosie tot die toetsspan eers  onsmaaklik versper is deur arrogante administrateurs wat in \u2019n  misplaaste transformasieywer op die insluiting van die Kleurling Justin  Ontong in Rudolph se welverdiende plek aangedring het, het die jong  Jacques uiteindelik die toetsveld geneem teen Bangladesj waar hy  summier 222 lopies in sy debuut aangeteken het. Hy het homself gevestig  as \u2019n integrale lid van die span, maar weens swak toere Engeland, Indi\u00eb en  Wes-Indi\u00eb toe, waar hy teen minder as 20 lopies per beurt gekolf het, is  sy gemiddeld afgedruk na die middel-dertigs, wat nie die paal haal vir  \u2019n toetskolwer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog  het hy in daardie tyd gewys dat, sy onaanstootlike persoon ten spyt,  daar baie gruis in hom is. Sy rooiletterbeurt was in \u2019n wegtoets teen  die Australi\u00eb van Hayden, Langer, Gilchrist, Ponting en McGrath. En  Shane Warne. Nadat di\u00e9 blonde go\u00eblbouler die hart uit die  Suid-Afrikaanse kolflys geruk het, het Rudolph geduldig, verbete en vir  baie lank voortgekolf om die toets te red. Die eerste persoon wat hom  daarmee gelukgewens het, was Warne self.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1  sy ontslag uit die toetsspan, het Rudolph sy pak gevat en aan die werk  gespring om homself nie soseer te herontwerp nie, maar om net beter te  word. Hy het na die taaiste leerskool \u2013 Engelse graafskapkrieket \u2013  gegaan en geleer om lopies in alle omstandighede te maak. So baie het hy  daarvan gekry dat hy uiteindelik gevoel het hy kan n\u00e1 jare uit sy  selfgemaakte ballingskap terugkeer. Sy hertoetrede het by sy ou  tuisunie, die Titane van Pretoria, begin. Daar het hy sy nuwe vakmanskap  op die beste moontlike manier ge\u00efmplementeer: Tonne lopies op \u2019n baie  bestendige manier. Uiteindelik was die absolute oormaat van sy lopies  sodanig dat die keurders hom in die span m\u00f3\u00e9s betrek, en dit om die  turksvyposisie as aanvangsmaat vir Graeme Smith te vul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy  terugkeer was nie \u2019n ramp nie, maar ook nie heeltemal bevredigend nie.  Hy het in sy ballingskap albei aansigte van sy kolfwerk verbeter: Hy kan  aanvallend wees, maar kan ook soos \u2019n Suid-Afrikaanse Dravid \u2019n muur  naboots. Sy herontplooiing het meegeval met Gary Kirsten se eerste toets  in beheer van die span en dit was moeilik om Rudolph se rol te  definieer. Uiteindelik is daar besluit op Rudolph die Stempelafdrukker,  daar om die Proteas op die voorvoet te kry en te hou. Hy het gereeld  teen die Australi\u00ebrs vinnig lopies gekry, maar gou uitgegaan. (In die  bisarre toets in Kaapstad het hy die sonderlike onderskeiding behaal om  sy kolfbydrae en veldwerk in beide beurte in \u2019n enkele dag af te  handel.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  Durban, teen die Aussies, het hy sy ander mondering aangetrek en \u2019n  stoere, stadige aanvangsbeurt gespeel. Die rang was nie tevrede nie en  Alviro Petersen is betrek om te open. Rudolph se brood was die ontslag  van Ashwell Prince wat geruime tyd nie meer na toetsgehalte gelyk het  nie. Hy is afgeskuif na die deurslaggewende nommer-6 posisie waar van  die speler vereis word om \u00f3f steeks te kan verdedig, \u00f3f om weifelende  aanvalle kis te slaan. Die Pretorianer het \u2019n bevredigende reeks teen  die Sri Lankane gehad. Maar sy plek was geensins \u2019n gegewe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die huidige toets het die Proteas hulle beurt vanoggend hervat met die  Jacques\u2019e, Kallis en Rudolph, in die tuig. Die sending van die dag was  om gou \u2019n wye genoeg voorsprong op te bou om tyd te h\u00ea om die tien  Nieu-Seelandse paaltjies vir \u2019n oorwinning te neem. Kallis, reeds met \u2019n  honderdtal, het min bygedra voordat hy op middebaan deur Nicol van  Boult uitgevang is. AB de Villiers het kom kolf en gelyk asof hy al  lankal daar was. Hy het fluks gekolf maar uiteindelik sy paaltjie vir  die saak opgeoffer in \u2019n poging om te versnel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  volgende vennootskap was tussen Rudolph en Boucher, elkeen met sy eie  agenda, sy eie stryd binne \u2019n stryd. En beide het \u2019n duidelike  verklaring gemaak. Rudolph het ongehinder gekolf, meesterlik aan die  wegkant gedryf en venynig gehaak en getrek, te midde van \u2019n baie digte  verdediging. Voor etenstyd het hulle stadig gekolf \u2013 Rudolph om die  beurt te anker en Boucher om sy voete te vind. N\u00e1 ete het hulle  behoorlik aangeskakel. Rudolph het met oorleg en flair gespeel, goeie  balle gestuit en middelmatiges gestraf. Die oomblik wat die  Protea-telling 435 was \u2013 400 voor die Kiwi\u2019s \u2013 het Smith verklaar met  Boucher op \u2019n stewige 34 en Rudolph op 105. Wat meer bevredigend was,  was die manier waarop hulle die tellings gekry het: Rudolph met swier en  sekerheid en Boucher op sy ou bekende, omgesukkelde manier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was \u2019n triomf vir di\u00e9 twee en een kan nou sy loopbaan in vrede afsluit en die ander kan \u2019n tweede krieketlewe bou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland  is die taak gestel om 401 vir \u2019n oorwinning aan te teken. Dit lyk na \u2019n  onhaalbare telling, maar hierdie is \u2019n wedstryd wat uiteindelik in die  Proteas se greep kan ontplof. Guptill en Nicol is weliswaar goedkoop  uit, maar McCullum en Ross Taylor het moeiteloos gekolf vir \u2019n  indrukwekkende vennootskap van 82 teen bykans vier lopies per boulbeurt.  Hulle kort net 264 lopies en het agt paaltjies om dit mee te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  se aanval lyk skielik slagtandloos. Dale Steyn het \u2019n vergruisde  groottoon en is nie naastenby sy gebruiklike dodelike selwers nie.  Beslissende, skeppende en aggressiewe kapteinskap gaan m\u00f4re vir die  Proteas nodig wees, en Graeme Smith begin verstok lyk in di\u00e9 rol.  Miskien is dit tog tyd om na die energieke, strydlustige AB de Villiers  as opvolger te kyk.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/m.dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1153552.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanoggend, Boeretyd, het twee half-ongewenstes in die Suid-Afrikaanse span bymekaargekom vir \u2019n onoorwonne 47-lopievennootskap, \u2019n veelseggende samewerking van die soort wat ware krieketkenners snoesig en tevrede laat voel. Mark Boucher en Jacques Rudolph het albei as jong sterre verskyn, maar wyduiteenlopende loopbane beleef, en tog is beide onbetwisbaar toetsstoffasie. Nietemin is hulle posisies in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12126\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Krieket: Twee strydrosse kom tuis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12125,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12126","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12126","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12126"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12126\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12125"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12126"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12126"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12126"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}