{"id":12123,"date":"2012-03-09T15:38:25","date_gmt":"2012-03-09T15:38:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12123"},"modified":"2012-03-09T15:38:25","modified_gmt":"2012-03-09T15:38:25","slug":"krieket-graeme-smith-jy-hoef-nie-van-hom-te-hou-nie-maar-jy-moet-hom-respekteer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12123","title":{"rendered":"Jy hoef nie van Biff te hou nie, respekteer hom net"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Graeme Smith in aksie\" alt=\"Graeme Smith\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/smith_graeme.jpg\" width=\"251\" \/>Dit  was \u2019n dag van lesse ontvang en van lesse uitgedeel. Vernon Philander  het geleer dat krieket nie net \u2019n &nbsp;onafgebroke reeks pieke is nie en het  in ses aflewerings \u2019n diep, donker vallei van sy eie ontdek. Die  Nieu-Seelanders het van vooraf geleer wat dit van klein brakkies verg om  saam met die groot honde te hardloop. Jacques Kallis het \u2019n  meesterklas in die kuns en wetenskap gelewer. Maar die waardevolste  opvoedkundige bydrae moet di\u00e9 wees van Suid-Afrika se ongewilde en  ongewaardeerde kaptein, Graeme Smith.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland  se eerste beurt was nog onafgehandelde besigheid met die aanvang van  spel. Hulle was vyf lopies voor Suid-Afrika met nog net een paaltjie  oor. Dale Steyn, met \u2019n &nbsp;linkervoet wat na gister se aksie lyk of hy dit  onder \u2019n &nbsp;grassnyer gehou het, het eina-eina \u2019n eerste beurt geboul  waarna die bal na Vernon Philander aangegee is. Hy het reeds vier  kopvelle buite sy tentdeur opgehang en was op soek na die veelseggende  vyfde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  hele somer al het kolwers gesukkel om hom te ontlont. Maestro\u2019s soos  Ponting, Hussey, Clarke en Dilshan het eenvoudig probeer om sy  aflewerings sagkens en met die grootste konsentrasie te benader. Hulle  het eenvoudig hulle naels ingetrek en toegelaat dat hy knaend die een  bal na die ander net buite die wegpen boul. Sy geduld is sy beste  eienskap en tot nou toe het hy eenvoudig aangehou totdat hy die kolwer  tot onbesonnenheid dwing. Die vraag wat nog nie in sy loopbaan beantwoord is nie, omdat dit nog nie gevra is nie, is wat gaan hy doen  as iemand alle ordentlikheid neerl\u00ea en net woes en wild om hom begin  slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  kolwer wat nou miskien nie die volledige antwoord verskaf het nie, maar  wat ten minste die vraag in hoofletters met baie uitroeptekens gevra  het, was Trent Boult, \u2019n halm van \u2019n seun, iemand wat, as hy \u2019n gevangene was, die vroulike hoofrol in die tronk se verhoogproduksie  sou kry. Hy het drie sesse en \u2019n vier van Philander se enigste  boulbeurt van die oggend geslaan. \u2019n &nbsp;Mens kon sommer hoor hoe die  liggies in die Nieu-Seelandse \u2013 en ander spanne in die w\u00eareld \u2013 se  kleedkamers aangaan. Daar is geen geheim aan Philander nie. Elke kolwer  weet wat hy gaan doen, en as hulle dit weet, en hulle het bietjie  avontuursgees, kan hulle iets daaromtrent doen. Philander gaan baie gou  variasie moet ontdek, want dis om van te sidder om te dink wat \u2019n  Sehwag, Warner of Strauss aan hom sal doen as hulle hom aanval.  Philander is \u2019n &nbsp;talentvolle speler en is baie akkuraat, maar hy het nie  die spoed om homself uit die moeilikheid te hou nie. As hy nie \u2019n  &nbsp;splinternuwe plan gaan uitdink nie, kan hierdie die roemrykste  halfseisoenlange loopbaan ooit wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dale  Steyn, seer voet en al, het die Kiwi-beurt die genadeskoot gegee: \u2019n  &nbsp;Eenvoudige, vinnige bal op koers na Chris Martin se midderif en di\u00e9 het  dit uitgedruk na die bykant toe om uitgevang te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  het vir Alviro Petersen en Graeme Smith paaltjies toe gebring vir  Suid-Afrika se tweede beurt. Die Nieu-Seelanders, met hulle 35-lopie  voorsprong, was stert in die lug. Hulle het begin om wasemrige  berekeninge te maak: As Suid-Afrika 250 lopies in die tweede beurt kry,  beteken dit die Swart Kepse moet 216 kry vir \u2019n &nbsp;oorwinning. Nie maklik  nie, maar haalbaar. 250? Nou ja, d\u00edt kan taai wees. 300? Onmoontlik,  eintlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Petersen  en Smith het duidelik \u2019n &nbsp;kolfplan gehad. Die naam daarvan is: Ons Druk  Ons Stempel Af. Petersen het te veel entoesiasme daarvoor geopenbaar en  sy gebruiklike doeltreffende styl ingeboet deur te rukkerig en hard te  swaai of te dryf na meeste balle. Na 25 lopies het hy gesneuwel \u2013 uitgevang  op vlak halfweg met Suid-Afrika \u2019n skamele 12 lopies voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amla  het gekom en Amla het gegaan, ingedoen met \u2019n baie twyfelagtige  TV-beslissing wat moes bepaal of Martin Guptill hom op tweede glip  uitgevang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So  stryk Jacques Kallis toe die arena binne en op sy rekord is 12,000 plus  nog \u2019n &nbsp;paar lopies, op 600 na soveel as wat die hele Nieu-Seeland-span  saam in toetse behaal het. En die Swart Kepse lag in hulle mou want die  Swart Kepse dink die legende is oor die muur, of ten minste in \u2019n  vormdeining. Sy nulletjie in die eerste beurt het hulle daarvan  oortuig. En ja, sy tydsberekening was effe uit om mee te begin, en sy  korrel bietjie skeef en sy voete swaar. Maar hy het hier verstel, daar  gepeuter en uit die moeilikheid gebly. En toe, kliek!, toe werk alles  weer. Daar was een besondere hou van hom \u2013 \u2019n &nbsp;agtervoetdryfhou oor  diepweg vir \u2019n &nbsp;vier \u2013 en toe weet die Kallis-kenners, ja, hier kom \u2019n  &nbsp;lang dag vir die Kiwi\u2019s. Werklik begaafde spelers \u2013 \u2019n &nbsp;Kallis, Ponting  of Tendulkar \u2013 speel hulleself voor die paaltjies terug in vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan  die anderkant van die kolfblad was \u2019n ou drama opnuut besig om te  ontvou. Graeme Smith en sy gebreklike tegniek het vir die Kiwi-boulers  die hele toets al na maklike prooi gelyk. Hulle sou net effe wyer as  gewoonlik buite die wegpen boul en hy sou een of ander tyd hulle werk  vir hulle doen met \u2019n &nbsp;onweldeurdagte kap- of dryfhou. Maar Smith het  nou \u2019n nuwe, baie onverwagte element tot sy mondering gevoeg: Geduld.  Hy het op sy wegpen stelling ingeneem, alles gelos wat nie sy bene of  paaltjies sou tref nie, en net gewag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  spanning was telkens te veel vir die Nieu-Seelandse boulers en hulle  het die aanval na sy bene geskuif in \u2019n hoop om hom te BVP. En dan, met  sy oordrewe onderhandgreep, het hy die bal met die mees frustrerende  gemak weggewerk na die bypen. Gaandeweg het hy begin ontspan, sy spiere  het ontknoop, sy bewegings meer vloeiend geword en hy kon toeslaan.  Nadat die Kiwi\u2019s algar verseker is dat Smith se greep hom verhoed om die  bal hard aan die wegkant te slaan, het hy \u2019n &nbsp;paar goeie houe deur die  dekke gedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smith  probeer nie sy tegniese gebreke verdoesel nie. Hy vind net \u2019n manier om  met d\u00edt en al sukses te behaal. Dit is die kenmerk van \u2019n &nbsp;grootse  sportman. Dit is wat kampioene doen. Sergei Bubka het \u2019n krom  paalspringtegniek gehad, en die grootste paalspringer tot nou toe  geword. Carl Lewis se verspringtegniek was eintlik lagwekkend \u2013 maar hy  het Olimpiese goue medaljes daarmee gewen. Steffi Graf het nie \u2019n  &nbsp;rughand gehad nie en tog vier Grand Slam-toernooie in een jaar gewen&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Graeme  Smith se persoonlikheid stoot baie mense af, en ek sal nie s\u00ea hulle is  almal verkeerd nie. Maar hy verdien respek vir die krieket wat hy speel.  Hy is uiteindelik uit vir 115, met die bekende ou binnerandkap in die  paaltjies vas. Hy en Jacques Kallis het presies 200 lopies vir die derde  &nbsp;paaltjie aangeteken. Sy plek is ingeneem deur Jacques Rudolph eerder  as die verwagte AB de Villiers, op sigself \u2019n bemoedigende teken dat  die nuwe Protea-bestuur \u2019n prysenswaardige buigsaamheid het. Die nuwe  bal was pas in spel en Rudolph is in wese \u2019n openingskolwer. Boonop is  hy \u2019n linkerhander wat die hotklou- haarkloukombinasie in stand sou  hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen uitskeityd was die Proteas 233 lopies voor die Nieu-Seelanders met net drie paaltjies wat geval het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Kiwi\u2019s is soos klein hondjies wat saam met die grotes probeer hardloop.  Aan die begin nael hulle verbete en is verbaas om te sien hulle bly by  die groot honde. Maar dan kom hulle agter die grotes het nog net gedraf  en as di\u00e9 nou regtig begin hardloop, vind die kleintjies dit onmoontlik  om by te bly. Die Nieu-Seelanders het seggenskap in hierdie toets behou  net omdat die Suid-Afrikaners nog nie werklik met mening gespeel het  nie, en omdat die Kiwi\u2019s elke plan in die boek en daarbuite probeer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word  hulle afgeransel in hierdie toets, iets wat toenemend waarskynlik lyk,  hoe op aarde gaan die Nieu-Seelanders hulleself vir die volgende twee  toetse bymekaarmaak?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My  raaiskoot is dat hulle hulleself aan die waarheid, dat hulle teen \u2019n  baie beter span speel, sal oorgee, en dan hulle pak soos \u2019n man vat.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was \u2019n dag van lesse ontvang en van lesse uitgedeel. Vernon Philander het geleer dat krieket nie net \u2019n &nbsp;onafgebroke reeks pieke is nie en het in ses aflewerings \u2019n diep, donker vallei van sy eie ontdek. Die Nieu-Seelanders het van vooraf geleer wat dit van klein brakkies verg om saam met die groot &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12123\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jy hoef nie van Biff te hou nie, respekteer hom net&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12122,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12123","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12123","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12123"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12123\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12122"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12123"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12123"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12123"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}