{"id":1212,"date":"2007-12-23T08:16:29","date_gmt":"2007-12-23T08:16:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1212"},"modified":"2007-12-23T08:16:29","modified_gmt":"2007-12-23T08:16:29","slug":"vsa-se-kaspiese-strategie-misluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1212","title":{"rendered":"VSA se Kaspiese strategie misluk"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<div align=\"justify\"> &quot;Die totstandkoming van hierdie nuwe energie-aar sal langtermyn, grootskaalse gas aan ons vennote lewer en is &#8216;n ernstige bydrae van ons lande aan die energiesekuriteit van Europa,&quot; het Poetin ges&ecirc; nadat al drie lande wat voorheen deel van die ou Sowjet-unie gevorm het, die ooreenkoms onderteken het. Die voorlopige gesprekke oor die Kaspiese pyplyn wat gasvoorsiening met 40% sal verhoog was in Mei reeds afgehandel.<\/p>\n<p> Maar die finale ooreenkoms is toe uitgestel omdat Turkmenistan en Kazakhstan eers &#8216;n Amerikaanse plan om &#8216;n verbinding onder die Kaspiese See te bou, wou oorweeg. Die Amerikaanse roete sou Gazprom se monopolie van gasuitvoere na Europa be&euml;indig het. Hulle het egter daarteen besluit. Die nuwe pyplyn sal jaarliks 20 miljard kubieke meter gas voorsien en sal voor 2011 in werking gestel word het die Russiese minister van energiesake, Viktor Khristenko, ges&ecirc;.<\/p>\n<p> &quot;Dit is baie positief vir Rusland en Gazprom want in die afsienbare toekoms sal hulle gasuitvoere vanuit Senrtaal-Asi&euml; beheer,&quot; het Steven Dashevsky van UniCredit Aton in Moskou beaam. &quot;Dit is &#8216;n duidelike terugslag vir die Weste want daar is steeds geen alternatiewe roetes vir Sentraal-Asi&euml; se gas nie.&quot; &#8216;n Woordvoerder van die Amerikaanse <em>State Department<\/em> het ges&ecirc; dat die pyplyn Turkmenistan sal help om &#8216;n kontraktuele las te verlig en dat die VSA dit nie as &#8216;n terugslag beskou nie. Hy wou egter anoniem bly.<\/p>\n<p> Daar is altyd nog &#8216;n moontlikheid dat markkragte bykomende roetes kan vereis en &#8216;n trans-Kaspiese verbinding kan dan weer oorweeg word soos nuwe olievelde en nuwe markte die lig sien, het die anonieme woordvoerder voortgegaan. Gazprom voorsien Europa van 25% van sy gasbehoefte, maar wil dit opstoot deur twee nuwe gaspyplyne na die EU.<\/p>\n<p> Alhoewel Rusland oor die w&ecirc;reld se grootste gasreserwes beskik, maak di&eacute; land nietemin staat op invoere uit Sentraal-Asi&euml; om vir die dalende produksie van Siberi&euml; se gasvelde te vergoed. Die EU en die VSA het sedert Februarie talle afvaardigings na Turkmenistan gestuur n&aacute; die verkiesing van president Gurbanguly Berdymukhammedov wat sy land vir buitelandse beleggers oopgestel het. Turkmenistan was die afgelope 15 jaar, tot die afgelope stemmery, geslote vir buitelandse beleggings. Die land is die tweede grootste gasprodusent van die ou Sowjetblok en l&ecirc; tussen Iran en Kazakhstan.<\/p>\n<p> Die Weste wou met &#8216;n suidelike korridor &#8216;n ondersese pyplyn via Turkye na Europa aanl&ecirc; om Rusland uit te sny. &quot;Europa weet nou beslis hulle gaan die energie wat hulle nodig het van geen ander plek as Rusland kry nie&quot; het Chris Weafer, hoofstrateeg van UralSib Financial Corp. in Moskou, ges&ecirc;. &quot;Die nuwe Kaspiese pyplyn sal &#8216;n beter vlak van pragmatisme in verhoudinge tussen die EU en Rusland tot gevolg h&ecirc; as Poetin volgende jaar sy amp verlaat.&quot;<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino online no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die VSA se steun aan planne om &#8216;n natuurlike gaspyplyn te bou wat Rusland d.m.v. &#8216;n alternatiewe roete sal omseil, het die wind van voor gekry. Wladimir Poetin het Donderdag ooreengekom om &#8216;n nuwe pyplyn aan te l&ecirc; vanaf Turkmenistan en Kazakhstan in Sentraal-Asi&euml;. Die ondertekening van die ooreenkoms is op Russiese televisie uitgesaai.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-1212","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1212","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1212"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1212\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}