{"id":12118,"date":"2012-03-09T06:31:04","date_gmt":"2012-03-09T06:31:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12118"},"modified":"2012-03-09T06:31:04","modified_gmt":"2012-03-09T06:31:04","slug":"dis-n-benz-en-ja-dit-is-kuns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12118","title":{"rendered":"Dis \u2019n  Benz, en ja, dit is Kuns"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Benz Cabriolet\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/benz2.jpg\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vertoef  \u2018n oomblik om saam met my die hoed te lig vir een van die twintigste  eeu se uitstaande kunstenaars \u2013 Paul Bracq. Dis Bracq, nie Braque nie.  Ek het onlangs weereens die uitsonderlike vreugde gehad om een van sy  kunswerke vir \u2018n paar kosbare oomblikke te sien. Dit was in die  Noordelike pelse-en-pondevoorstede van Johannesburg, n\u00e1 \u2018n halfdag se  rondry, akuut verveeld om net n\u00f3g \u2018n Lamborghini, net n\u00f3g \u2018n 911 Porsche,  net n\u00f3g \u2018n Audi R8 te sien, om van BMW M5\u2019e, Range Rover Malemas en  allerlei rooi Ferrari&#8217;s nie te praat nie. En daar was dit, statig swewend  uit \u2018n systraat: \u2018n Mercedes Benz W112-koepee, ivoorkleurig. So  grasieus en solied soos Roger Federer se agterbaanspel en so elegant  soos&#8230; \u00fbh soos Roger Federer. Of soos Hugh Grant.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9,  as stylbewuste pierewaaier, het een gery in <em>The Diary of Bridget Jones<\/em>.  Dit was nie die W112 se enigste filmerkenning nie. Justin Bartha se  karakter het een geleen by sy aanstaande skoonpa in die onlangse  ribkrakerkomedie, <em>The Hangover<\/em>. Die motor was die onbetwiste ster van  die rolprent.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBenze  word gery deur dokters en slagters,\u201d word daar in Beiere gespot. (Hou  net in gedagte dat die \u201cB\u201d in BMW vir \u201cBeierse\u201d staan.) Mercedes-Benz  het ongetwyfeld, en het vir talle dekades nou al, die reputasie dat dit  goedontwerpte en wonderlik vervaardigde motors is \u2013 maar dat dit bietjie  tekort skiet in die panache-afdeling. Wat \u2018n gruwelike wanvoorstelling  van die feite! Mercedes-Benz het nog altyd die vermo\u00eb gehad om die  w\u00eareld se asem weg te slaan met flambojante nuwe aanbiedinge, soos die  legendariese meeuvlerkkoepee van die 50s of enige van die SL-modelle.  Dis net Benz wat \u2018n SLK-karretjie se enjin ruim sal volstop met \u2018n  knoorse V8 soos hulle befaamde 6,3-liter. En s\u00ea wat jy wil van 2005 se  CLS \u201cvierdeurkoepee\u201d \u2013 dis baanbrekend en sal oor vyftien jaar nog net  so vars en uitspattig as tans vertoon. Panache! Ga! Ja! En debonair en  suave en elke ander Franse uitdrukkings vir hierjy! waaraan jy kan  dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/benz%20cabriolet%203.jpg\" width=\"500\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Daimler-Benz-manne het boonop die vermo\u00eb gehad om nie net iets vars uit  niks te maak nie, maar om \u2018n bestaande motor met \u2018n paar vlugtige hale  van potlood en gradeboog in iets nuuts en besonders te verander. Die  tweedeur-W111\/2 het geensins nuwe tegnologie na die vertoonkamer gebring  nie. In 1959 het die Stuttgarters \u2018n groot outomotiewe sprong met die  W111- en W112-sedanmotors gegee. Hierdie motors was wonderlik geskape, in  die beste Benz-tradisie, maar hulle was ook heel vernuwend, met \u2018n  eenheidsbakontwerp met frommelstroke en versterkte passasiersruimtes vir  onge\u00ebwenaarde veiligheid, en die laespilpuntswaai-as vir die agterste  suspensie wat hulle by die legendariese SL300 geleen het. Die  uitstaande uiterlike ontwerpselement was die twee kattebakvinne wat die  vlerkies was in die sogenaamde vlerkies-Benz.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  gewigtige denkers in Daimler-Benz se agterkamers het teen hierdie tyd  die agterkant van hulle potlode gekou oor \u2018n vroe\u00ebre verskynsel. Hulle  het opgemerk dat een manier om \u0149 Mercedes-Benz meer begeerlik te maak,  is om twee van die deure weg te vat. Di\u00e9 taak is oorgedra aan \u0149 jong nuwe  ontwerper wat Citroen in 1957 vir Benz verlaat het: Dieselfde Paul  Bracq waarvoor ek so flussies my hoofdeksel verwyder het. Hy was vir die  vlerkies-Benz wat Edward Scissorhands vir \u2018n struik was en het begin  deur die vlerkies van die Benz te verwyder. Wat oorgebly het, is \u2018n lang,  slanke horisontale staaf, \u2018n motor van sulke onderbeklemtoonde  swierigheid, sulke eenvoudige sierstyl, jy moet kyk, en weer kyk, om die  suiwer elegansie daarvan in te neem. In koepeegestalte is die motor  sjarmant; as cabriolet is dit verruklik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spoed  was nooit \u2018n oorweging nie en hierdie tweedeurkoetse is aanvanklik  rustig aanbeweeg deur \u2018n onderpresterende 2,2-liter wat 100 kilowatt vir  die 220SE W111 ontwikkel het, en \u2018n drieliter-, 134-kilowatt- reguitses  vir die 300SE W112 (wat ook met lugsuspensie gepronk het). Die 220SE het  later die 250SE geword en toe die 280SE wat een van die beroemdste  enjins van alle tye, Mercedes-Benz se klassieke 2,8-liter, enkelbonokas,  bevat het. \u2018n 3,5-liter-V8 is later bygevoeg en di\u00e9 variante is  raaiselagtig genoeg die 280SE 3.5 genoem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs  met die tweederdedosyn onder die vel, was die W111\/2\u2019s nooit  blitsmotors nie. Maar die rygenot, en meer nog, die ferm knusheid  waarmee jy daarin ontvang is, was prima gehalte. Dit het die diep duursame genot van \u2018n hereklub verskaf, die skimp van duur whiskey en  duurder sigare, van gedempte klassieke musiek en onverganklike  letterkunde. Dit bring \u2018n vertroue in die soliditeit daarvan, \u2018n  verwondering oor die duursaamheid en \u2018n onaantasbare gevoel dat jy  betyds sal wees vir al die belangrike afsprake van jou lewe, al haas jy  jou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is \u2018n presiesheid aan die groot motors, en \u2018n verbasende gewillige  ratsheid. Wys hom waar om te gaan, en hy gaan. Ek het die buitengewone vreugde gehad om een \u2018n bietjie swaarvoet te gee oor Ou Kaapse Weg met  die M3 langs in De Waal-weg in tot in die middedorp van Kaapstad. Dis \u2018n  swaar voertuig maar het baie asem en as hy eers op spoed is, verslind sy die pad in \u2018n moeitelose vaart. Daar is geen sug en sak deur die  draaie nie; die kinkels word eerder met \u2018n soort minagting uitgestryk.  Die vierspoed- outomatiese ratkas kliek nie geruisloos soos Chrysler se  Torqueflite van dieselfde jare oor nie, maar met \u2018n netjiese, presiese  knik. En wanneer jy die hokaai inskop, gryp die uitstekende remme vas en  die groot motor stop met \u2018n verstommende gedienstigheid op die daad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  \u2018n mens mag droom, laat ons hieroor droom: In die tydvak van die W112  was die klein V8 wat hulle gebruik het nie die enigste een in Benz se  pakstoor nie. Hulle het \u2018n monsterenjin, die 6,3-liter wat in hulle 600-limousine gebruik is, tot hulle beskikking gehad. \u2018n Betreklik  kranksinnige eksperimenterende ingenieur, Erich Waxenburger van D-B, het  een daarvan in \u2018n W109, wat nie veel van die W112 verskil het &nbsp;nie,  ingeknars. Di\u00e9 motor was bekend as die 300 SEL 6,3 en was die vinnigste  sedan van sy tyd wat die 100 km\/u-kerfie in net oor die sewe sekondes  kon afransel. Daar is natuurlik kenne gevryf en gepeins of hulle  dieselfde guns vir die W112-koepee sou doen. Maar daar is daarteen  besluit. Netnou vang \u2018n Benz-eienaar iets so onbesonne aan as om \u2018n  Jaguar E-type daarmee op \u2018n knop te jaag en dit sou net te vulg\u00ear gewees  het. Maar ai&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niks  se ge-ai nie. Die &nbsp;motor het dit nie nodig nie. Met \u2018n groter enjin sal  jy jou bestemming gouer bereik. En gegewe die rygenot van die W112-tweedeur, wat is die sin d\u00e1\u00e1rvan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prost, Herr Bracq! En dankie vir die vreugde!<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Vertoef \u2018n oomblik om saam met my die hoed te lig vir een van die twintigste eeu se uitstaande kunstenaars \u2013 Paul Bracq. Dis Bracq, nie Braque nie. Ek het onlangs weereens die uitsonderlike vreugde gehad om een van sy kunswerke vir \u2018n paar kosbare oomblikke te sien. Dit was in die Noordelike [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12116,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-12118","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12118","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12118"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12118\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12118"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12118"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12118"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}