{"id":12114,"date":"2012-03-09T05:16:57","date_gmt":"2012-03-09T05:16:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12114"},"modified":"2012-03-09T05:16:57","modified_gmt":"2012-03-09T05:16:57","slug":"sa-vra-verskoning-oor-nigeriese-deportasies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12114","title":{"rendered":"SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het Donderdag om verskoning gevra vir &#8216;n massa-deportasie van Nigeri\u00ebrs, in &#8216;n poging om &#8216;n diplomatieke onderonsie by te l\u00ea. Di\u00e9 kwessie het weer die aandag gevestig op die soms gespanne betrekkinge met die res van die vasteland.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil nederig om verskoning vra vir hulle, en ons het,&#8221; het Suid-Afrika se adjunk-minister van buitelandse sake, Ibrahim Ibrahim, aan verslaggewers ges\u00ea. &#8220;Ons sal om verskoning vra omdat ons &#8216;n aantal mense wat nie gedeporteer moes word nie, gedeporteer het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Nigeri\u00eb Donderdag, het die minister van buitelandse sake Olugbenga Ashiru ges\u00ea &#8216;n spesiale Suid-Afrikaanse gesant word binnekort verwag om die verskoning oor te dra in persoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Namens die Voorsitter en die federale regering van Nigeri\u00eb, sal ek as minister van buitelandse sake die verskoning aanvaar en ek sal &#8216;n brief terug na my eweknie in Suid-Afrika stuur ter aanvaarding van die verskoning van die Suid-Afrikaanse regering,&#8221; s\u00ea Ashiru, nadat sy regering sterk gereageer het op die &#8220;onmenslike behandeling aan ons eie burgers uitgemeet.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 2 Maart, het Suid-Afrika 125 Nigeri\u00ebrs gedeporteer wat, volgens die lughawegesondheidsowerhede, vervalsde geelkoorskaarte gehad het. Sedertdien het die owerhede in Lagos Suid-Afrikaners gedeporteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nigeriese regeringsamptenare het ges\u00ea hulle het 42 Suid-Afrikaners op &#8216;n vlug Woensdag in Lagos gedeporteer. Die amptenare het ges\u00ea dat Suid-Afrika vyf Nigeri\u00ebrs dieselfde dag gedeporteer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ibrahim het ges\u00ea Suid-Afrikaanse lughaweowerhede het nie behoorlik gekyk om te bepaal of die kaarte outentiek was nie. Hy het ges\u00ea Suid-Afrika oorweeg die heropening van &#8216;n kliniek by die lughawe om te verseker dat sulke deportasies nie herhaal word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika en Nigeri\u00eb is bondgenote, maar ook soms mededingers vir invloed in Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nigeri\u00eb minister van buitelandse sake, Olugbenga Ashiru, het Dinsdag in die Nasionale Vergadering die deportasies as &#8220;xenofobie&#8221; beskryf omdat Nigeriese immigrante in Suid-Afrika vrees dat hulle deur die polisie in hegtenis geneem sal word sonder rede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ibrahim verwerp Ashiru se aantyging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is nie &#8216;n xenofobiese land nie,&#8221; het Ibrahim gister ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2008, het Suid-Afrika egter &#8216;n golf van geweld teen vreemdelinge van elders in Afrika beleef, wat tot die dood van honderde gelei het. Die meeste van die aanvalle het in plakkerskampe plaasgevind, waar Suid-Afrikaners en buitelanders woon in armoede en moet meeding vir behuising en werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is die vasteland se mees suksesvolle ekonomie, wat immigrante van verder noord trek. Maar die rykdom is nie gelykop verdeel nie, en skep spanning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Afrikakonteks bly Suid-Afrika se ekonomiese mag onbetwis en die vreedsame afskaffing van apartheid het aan die land internasionale diplomatieke statuur verleen, s\u00ea baie buitelandse swartes. Suid-Afrikaners word egter beskou as arrogant teenoor ander Afrikane. Buitelanders kla ook dat die lang jare van isolasie onder apartheid die onkunde glo aan albei kante verhoog het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sodanige selfondersoek was duidelik vroe\u00ebr vanjaar, toe die Suid-Afrikaanse politikus, Nkosazana Dlamini Zuma nie genoeg stemme kon wen in die Afrika-Unie om Gaboen se Jean Ping te ontsetel as voorsitter nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het Donderdag om verskoning gevra vir &#8216;n massa-deportasie van Nigeri\u00ebrs, in &#8216;n poging om &#8216;n diplomatieke onderonsie by te l\u00ea. Di\u00e9 kwessie het weer die aandag gevestig op die soms gespanne betrekkinge met die res van die vasteland. &#8220;Ons wil nederig om verskoning vra vir hulle, en ons het,&#8221; het Suid-Afrika se adjunk-minister van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12114\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA vra verskoning oor Nigeriese deportasies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12114","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12114\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}