{"id":12105,"date":"2012-03-08T06:30:25","date_gmt":"2012-03-08T06:30:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12105"},"modified":"2012-03-08T06:30:25","modified_gmt":"2012-03-08T06:30:25","slug":"krieket-dis-nag-en-dis-more-dag-twee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12105","title":{"rendered":"Krieket: Dis nag en dis m\u00f4re: Dag Twee"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/sa_nieuseeland.jpg\" width=\"251\" \/>Die  Nieu-Seelandse krieketspan het vandag van vooraf geleer hoekom dit  moeilik is om \u2019n span soos Suid-Afrika in \u2019n &nbsp;toetswedstryd te klop.  Geen span is onkwesbaar nie, maar wanneer jy \u2019n &nbsp;werklike goeie span  hard tref, is dit nie die einde van die wedstryd nie. Jy gaan weer moet  toeslaan, en weer en weer&#8230;Nieu-Seeland is \u2019n &nbsp;skaflike eendagspan,  maar in daardie formate kan hulle volgens \u2019n &nbsp;eenvoudige spelplan te  werk gaan en sou hulle \u2019n &nbsp;skielike voorsprong \u2013 \u2019n &nbsp;paar sesse of \u2019n  &nbsp;paaltjie of twee \u2013 bewerkstellig, hoef hulle nie baie lank in die saal  te bly om te wen nie. In \u2019n &nbsp;toetswedstryd is dit anders. As jou  teenstaanders die vaardighede en regte stoffasie het, gaan hulle  hulleself loswurm uit meeste situasies, die druk verplaas en hulle eie  slae uitdeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Nieu-Seelanders het \u2019n bevredigende eerste dag gehad. Nadat dit gelyk  het asof Suid-Afrika gerieflik op koers na \u2019n &nbsp;indrukwekkende  eerstebeurttelling was, het die Swart Pette skielik \u2019n &nbsp;paar  bonuspaaltjies ontvang. Hulle ou boulperd, Chris Martin, het drie  sleutelkolwers \u2013 Smith, Kallis en De Villiers \u2013 se paaltjies in vier  balle verwyder. Suid-Afrika het die dag afgesluit op 191 vir sewe  paaltjies \u2013 \u2019n &nbsp;droomuitslag vir die Kiwi\u2019s. &nbsp;Hulle het die Slag van Dag  Een gewen. Maar in toetskrieket word die oorlog bitter selde in een  beslissende slag gewen. Nietemin moes die Nieu-Seelanders vergesigte van  \u2019n &nbsp;aansienlike eerstebeurtvoorsprong gesien het. En hulle sal een  nodig h\u00ea, want Suid-Afrika h\u00e9t die kolfmasjien om \u2019n &nbsp;agterstand van \u2013  s\u00ea 150 \u2013 af te kolf, \u2019n &nbsp;kommerwekkende voorsprong op te stapel en dan  die wedstryd in die hande van die beste boulaanval ter w\u00eareld te los.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  se Jacques Rudolph en Vernon Philander het hulle beurte kom hervat en  met redelike gemak gekolf. Philander het almal wat hom nie ken nie,  verras met die onverstoorbaarheid waarmee hy gekolf en veral met die  manier waarop hy sy paaltjie beskerm het. Rudolph was solied genoeg en  het 52 lopies gekry. Philander is naderhand uit vir 22 wat vir Morn\u00e9  Morkel penne toe gebring het om \u2019n &nbsp;paar feestelike houe te slaan,  vernaamlik \u2019n &nbsp;bykantdryfhou vir vier. Selfs die ingevoerde Pakistani,  Imran Tahir, het stresloos gekolf voordat hy uitgehardloop is vir 10 en  Suid-Afrika se beurt finaal bymekaar getel is vir 238 lopies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vernon  Philander moet die irriterendste bouler wees om teen te kolf. Sy spoed \u2013  in die 130 km\/u koers \u2013 is niks besonder nie, en hy swaai nie die bal  soos \u2019n trekkersleepwa op ys nie, maar hy boul in daardie ongemaklike  vierdepenkanaal en op daardie frustrerende lengte tussen goed en vol. En  hy doen dit oor en oor en oor, bal na tergende bal, net daar waar die  kolwer mo\u00e9t speel daarna om nie met sy paaltjie te dobbel nie. Die  kolwer weet presies wat kom; hy is net nie seker dat hy sal kan aanhou  om nie die bal deur te speel na \u2019n &nbsp;veldwerker se honger hande nie. Een  wat ni\u00e9 daarin kon slaag nie, was Nicol wat op 6 die bal gedienstig na  Smith in die glippe geknikker het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Martin  Guptill, so effektief in eendagwedstryde omdat hy sy  verdedigingsgebreke agter sy aanvallende flair kan verdoesel, is  ongedaan gemaak deur \u2019n stygende bal van Morn\u00e9 Morkel wat hy in sy  paaltjies in gekerf het. Sy bydrae was 11.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brendon  McCullum en Ross Taylor het met groot verbetenheid deur \u2019n storm van  akkurate boulwerk gekolf. Vir lang tye was daar net nie swak balle om  met groot houe beet te kry nie. Dit het die ondeunde Tahir gevat om  McCullum los te wikkel. Die Nieu-Seelander, op 48, is verras deur \u2019n  &nbsp;go\u00eblbal en het dit skerp die lug in geslaan en Immie het die ander  veldwerkers met \u2019n &nbsp;gil verwilder en sy eie werk klaargemaak. En toe was  dit eers tyd vir hom om uit sy nate te bars. Di\u00e9 man geniet \u2019n  &nbsp;paaltjie so, ander spanne behoort dit te oorweeg om vir hom meer te  gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Taylor het, nadat hy vasgekeer is met goeie boulwerk deur Morkel, \u2019n wye bal na Boucher gekap. Hy het 44 gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarna  was nog een van daardie uitgerekte vennootskappe wat nie regtig ooit  moes wees nie. Daniel Vettori, met sy onooglike maar effektiewe tegniek,  en die verloopte Suid-Afrikaner, Kruger van Wyk, het waaghalsig aanhou  kolf, en het gelyk asof hulle lewenslange reg voor die penne toegeken  &nbsp;is. Graeme Smith het die sending om deur te breek aan Ou Goue Arm  oorhandig en Kallis het deurgekom met \u2019n &nbsp;bal wat vasgesteek het voor  Vettori wat dit toe net voor hom so oor \u2019n &nbsp;bobbejaanstert gedruk het en  die gewigtige Kallis het gespaander, hy het geduik, hy het gerol en hy  het gevang. Vettori uit vir 46.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bracewell  en Van Wyk het die irritasiewerk voortgesit tot en met die nuwe bal.  Philander het voortgegaan asof sy boulskof nooit onderbreek was nie. Op  \u2019n &nbsp;tiekie buite die wegpen. Binne drie balle het hy Van Wyk en Southee  se buiterande gevind en beide is deur Smith in die glippe gevang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bracewell  het aangeval en aangestoot tot 25. Sy laaste lopies was \u2019n &nbsp;vier na  bykant toe gedruk van Dale Steyn wat sy geduld verloor het en probeer  het om \u2019n &nbsp;wonderbal te boul. Die volgende bal w\u00e1s toe die wonderbal,  een wat grond gesoen het regoor die middelpen en toe weggezoem het om  middel en weg te versplinter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland  het uitgeskei met \u2019n &nbsp;voorsprong van vyf lopies en die laaste paaltjie  se kolwers nog lewendig. Kolwer nommer elf is Chris Martin met \u2019n  &nbsp;magtige toetskolfgemiddeld van 2,6. \u2019n &nbsp;Voorsprong vir Nieu-Seeland van  150 lyk nie waarskynlik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  dit is Nieu-Seeland se krisis in hierdie wedstryd. Dit help nie hulle  troef die Suid-Afrikaners oor \u2019n sessie of twee nie. Hulle boulers moet  die Protea-kolflys twee keer in \u2019n &nbsp;wedstryd verdruk en dit lyk  onwaarskynlik. Dis nie elke dag Krismis nie en dit sal &nbsp;nie dikwels  gebeur dat Petersen, Kallis \u00e9n De Villiers dro\u00eb skote skiet nie. Dan  moet die Kiwi-kolwers twee keer in \u2019n &nbsp;wedstryd die Suid-Afrikaanse  boulaanval afweer. En dit gaan wragtag nie gebeur nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nieu-Seelandse krieketspan het vandag van vooraf geleer hoekom dit moeilik is om \u2019n span soos Suid-Afrika in \u2019n &nbsp;toetswedstryd te klop. Geen span is onkwesbaar nie, maar wanneer jy \u2019n &nbsp;werklike goeie span hard tref, is dit nie die einde van die wedstryd nie. Jy gaan weer moet toeslaan, en weer en weer&#8230;Nieu-Seeland is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12105\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Krieket: Dis nag en dis m\u00f4re: Dag Twee&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12104,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12105","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12105","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12105"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12105\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12104"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12105"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12105"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12105"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}