{"id":12100,"date":"2012-03-08T04:03:22","date_gmt":"2012-03-08T04:03:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12100"},"modified":"2012-03-08T04:03:22","modified_gmt":"2012-03-08T04:03:22","slug":"dis-lekker-in-die-laer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12100","title":{"rendered":"Dis lekker in die  laer&#8230;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/laager.jpg\" width=\"251\" \/>Die  land se linkses het, na &nbsp;die \u201994 oorgawe, hulleself aangestel as  kenners van die laer. Die laer, soos hulle dit voorgestel het, is  daardie mitiese ruimte wat Afrikaners vir hulleself reserveer. Hierdie  plek, volgens linkse propaganda, is &#8216;n bedompige plek, vol  agter-die-klip, ingeteelde, stuurse witmense. Hier is spontaniteit  verbode, vindingrykheid ongewens, kleurvolheid onder verdenking en  vooruitgang verbode. Die linkse meesterplan was om die skugter Afrikaner  uit die laer te lok met beelde van &#8216;n opwindende nuwe lewe in die  polsende diversiteit van die ware Suid-Afrika. En so sal die Afrikaner  sy boersheid neerl\u00ea, die multi-kulturele Re\u00ebnboognasie-ideaal aangryp en  &nbsp;heupswaaiend en met nuwe lig in sy Azaniese o\u00eb&#8230; verdwyn&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou,  egter, sit die liberales met hulle benerige, bewerige vingers in hulle  grys, staalwoltekstuurhare. Nie net het die meeste Afrikaners die  sirenesang van die Nuwe Suid-Afrika verontagsaam en met uitgelatenheid  in die laer gebly nie, di\u00e9 wat hulle pad daaruit gevoel-voel het, het  nou teruggeskarrel en diep tevrede van verligting gesug. En nie net  hulle nie \u2013 ook di\u00e9 wat tradisioneel buite die laer was, skuifel nader  en smeek vir toegang. Dis veilig in die laer, sien, en sissend met die  opwinding van nuwe dinge. Boweal, dis lekker, so lekker in die laer.  Daarbuite is dit koud, gespanne, dreigend. Maar binne die laer brand die  vrolike lanterns, die polka speel en die koffie \u2013 daardie hartlike  boeretroos \u2013 &nbsp;is reg om geskink te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  liberales het misgetas toe hulle die sprekers van die Taal uit hulle  Afrikanerskap probeer praat het. Hulle het die menslike aard en die  belewenis deur millennia verontagsaam. Die mens het &#8216;n onuitpoleerbare  genetiese behoefte om te weet wie hy is en om homself dan te skaar by  ander mense met dieselfde groepsidentiteit. Hierdie drang word verhewig  wanneer daardie groep juis binne die omlyning van daardie identiteit  bedreig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  Afrikaner-liberaliste soos Christi van der Westhuyzen, Max du Preez en  die stomme Koos Kombuis nog nie die nuus gekry het nie, is ander se o\u00eb  oop vir die laer as die plek waar mense wil wees. &#8216;n Grieks-Engelse  meningskrywer, belas met die naam Styli Charalambous, het &#8216;n hele  rubriek geskryf met die titel en tema dat Afrikaans nou \u201ckoeler\u201d as  Engels is. Natuurlik is en bly hy &#8216;n oningelyfde en tas daarom mis oor  die redes vir hierdie heroplewing van Afrikaans, wat hy toeskryf aan die  politieke ambisieloosheid van Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  aantrekkingskrag, vir die van ons wat daarin tuis is, is &nbsp;baie meer  voor die hand liggend. Die uitmuntendste aantreklikheid van die laer is  in die eerste plek dat dit wel bestaan. Die Wessas (Wit Engelssprekende  Suid-Afrikaners) voel toenemend verlate, soos groepies verweerde  pelgrims in &#8216;n vyandige wildernis. Kultureel is hulle verdwaal iewers  tussen die klater van Amerika en die eksentriekheid van Brittanje. Hulle  het bitter, bitter min wat hulle hulle eie kan noem en hulle beny die  Afrikaner sy identiteitsekerheid. In hulle soeke het hulle die konsep  van Suid-Afrikanerskap aangegryp, net om uit te vind dat dit &#8216;n beeld  van as is, &#8216;n uitgebrande skim. Daar &nbsp;bestaan doodeenvoudig nie so iets  &nbsp;nie. Maar die laer is daar \u2013 teen alle linkse verwagtinge in \u2013  &nbsp;standvastig en selfversekerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laer bestaan nie net nie, dis vir die buitestaander duidelik dat dit helder en warm en vooruitstrewend is in die laer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voormalige  Anglo-American-hoof, Clem Sunter &nbsp;hef in &#8216;n artikel &#8216;n lofsang oor die  mense in die laer aan. Hy noem dit &#8216;n \u201cironiese kinkel\u201d dat \u201cdie ware  begunstigdes van die einde van Apartheid die mense is &nbsp;wat veronderstel  was om daaruit te gebaat het toe dit bestaan het \u2013 die Afrikaners.\u201d Ter  stawing noem hy dat die \u201csnelgroeiendste element op die Johannesburgse  Effektebeurs maatskappye is wat deur Afrikaners besit word,\u201d en verwys  ook na die Noordkus van Maputo waar \u201c&#8217;n rits losies en duikwinkels deur  entrepreneurs van Pretoria gevestig is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  geen ware insig in die lede van die laer nie, skryf hy hierdie sukses  toe aan die Afrikaner se \u201ckollektiewe bewussyn wat die geestelike  grondslag van &#8216;n effektiewe kommersi\u00eble netwerk is.\u201d Natuurlik bestaan  daar nie so &#8216;n netwerk nie. Die Afrikaner se kommersi\u00eble sukses is, soos  al sy ander welslae, toe te skryf aan sy vasberadenheid, werksywer en  die suiwer vreugde wat hy in wedywering vind. Maar nou dat hy &#8216;n nuwe  waardering vir lewe in die laer gevind het, is dit heeltemal denkbaar  dat die Afrikaner w\u00e9l daardie netwerk gaan stig. En hoe formidabel sal  dit nie die mense van die laer d\u00e1n maak nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is ook nie net kommersi\u00eble sukses wat opvallend van lewe in die laer is  nie. Die laer is deesdae as\u2019t ware &#8216;n byekorf van skeppende  bedrywigheid. Afrikaanse musiek oorheers die plaaslike bedryf en nuwe  skrywer- en digterstemme maak hulle keel skoon. Selfs die Afrikaanse  filmbedryf \u2013 so lank in hibernasie, begin ontwaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  die liberalis, vernaamlik die klein kadertjie linkse Afrikaners, is  herlewing in die laer hulle grootste nagmerrie, gemaak uit die stoffasie  van hulle saamgestelde vrese. Hulle enigste inenting daarteen is om  snedig en spottend oor die laer en die mense daarin te wees; d\u00edt in die  jammerlike geloof dat as jy vir iets kan lag, jy nie daarvoor hoef bang  te wees nie. Meestal fokus hulle pogings op die uiterlike van die mense  van die laer. D\u00e1\u00e1rdie boepense, d\u00e1\u00e1rdie wangbaarde, d\u00e1\u00e1rdie  tweekleurkakiehemde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe  vreemd is dit nie! Die liberales se wonderwerkende formule is juis dat  kennis van ander kulture die oplossing is vir lewe in die Nuwe  Suid-Afrika; ironies siende dat hulle algeheel onkundig is oor die ware  Afrikaner, die laergenoot, en voorts geen behoefte het om meer van hom  te leer nie. As die linkse die Afrikaner beter verstaan het, sou hy  geweet het dat die tweekleurkakiehemp nie blote modedisleksie is nie,  maar juis &#8216;n knipoog en &#8216;n grinnik jeens die liberalis. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kakie  \u2013 in een of twee of selfs meer kleure \u2013 is di\u00e9 uitmuntendste kleedstof  in die veld. Gemaklik en loshangend koel in die bosveldsomer en tog dik  en dig genoeg om bo &#8216;n onderhemp en onder &#8216;n trui warm te wees in &#8216;n  Karoowinter. Dis taai en bied genoeg weerstand teen haakdorings,  doringdraad, klip en harde grond. So, as &#8216;n man die kakie aantrek, s\u00ea hy  daarmee: Ek is een van hulle. Ek is &#8216;n Boer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is meer. Die kakiehemp, in ensemble met sy kortbroek, lang kouse en  stapskoene is &#8216;n verklaring van sy minagting vir die &nbsp;konsep dat &#8216;n man  se waarde volgens sy modebewustheid gemeet word. Dit is die verklaarde  liberale droom dat \u2019n mens volgens sy karakter en nie op die kleur van  sy vel beoordeel moet word nie. So is dit die Afrikaner se  grondopvatting dat &#8216;n man nie aan sy kleresmaak nie, maar volgens sy  optrede beoordeel sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  natuurlik oorvereenvoudig om te s\u00ea alle Afrikaners dra kakiehemde en  luister na Kurt Darren. Daar is lede in die laer wat so sjiek soos enige  kontinentale edelman aantrek en &#8216;n musikale tuiste in Beethoven se Laat  Strykkwartette vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  hou nie van boeremusiek nie, maar ek hou van mense wat van boeremusiek  hou. En ek vind hulle in die laer. Hulle is sterk, gemoedelik,  emosioneel, opreg en slim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  liberales vrees die laer, en met reg ook, want dit is teen die wawiel  daarvan wat hulle ideaal van &#8216;n Afrikaner wat in &#8216;n multi-kulturele  moeras verdwyn, te pletter geslaan gaan word. Die Afrikaner gaan nie  verdwyn nie want hy is veilig in die laer, en die laer word elke dag net  fermer en veiliger. Die linkses het lank genoeg hulle o\u00eb daarvoor  gesluit en hulle vingers in hulle ore gedruk en geneurie om die vrolike  gekwetter in die laer uit te doof. Daarom het hulle soveel verdraaide  opvattinge oor die laer versprei: Dis die desperate hoop dat hulle hulle  eie propaganda sal begin glo en darem tydelike gemoedsrus sal vind Tog  begin hulle besef dat die mense in die laer onkeerbaar weer &#8216;n bepalende  &nbsp;faktor in Suid-Afrika word. &#8216;n Mens hoor dit toenemend in liberale se  onwillige uitsprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die een ding wat hulle altyd nalaat om te s\u00ea, is: Dis Lekker in die Laer!<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die land se linkses het, na &nbsp;die \u201994 oorgawe, hulleself aangestel as kenners van die laer. Die laer, soos hulle dit voorgestel het, is daardie mitiese ruimte wat Afrikaners vir hulleself reserveer. Hierdie plek, volgens linkse propaganda, is &#8216;n bedompige plek, vol agter-die-klip, ingeteelde, stuurse witmense. Hier is spontaniteit verbode, vindingrykheid ongewens, kleurvolheid onder verdenking [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12099,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12100","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12100\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12099"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}