{"id":12098,"date":"2012-03-07T14:53:28","date_gmt":"2012-03-07T14:53:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12098"},"modified":"2012-03-07T14:53:28","modified_gmt":"2012-03-07T14:53:28","slug":"cosatu-opmars-goed-ondersteun","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12098","title":{"rendered":"Cosatu-opmars goed ondersteun"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Cosatu se Kaapstadprotes was so suksesvol, want e-tol en arbeidsmakelaars het gespreek tot nasionale kommer oor armoede, het die vakbond-federasie Woensdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was nie net Cosatu nie &#8230; Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,&#8221; het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich aan Sapa ges\u00ea nadat optoggangers verdaag het.<\/p>\n<p>&#8220;Die 20 000 mense wat gekom het, was een van die grootste bywonings in &#8216;n lang tyd,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Stad Kaapstad het ges\u00ea betogers was nie ontwrigtend nie en het hulself goed gedra.<\/p>\n<p>Die Kaapse Kamer van Koophandel het ook kennis geneem van die ordelike en vreedsame protes.<\/p>\n<p>Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers in Johannesburg aangesluit.<\/p>\n<p>Sapa berig dat Malema se aankoms die groep, wat ses blokke ver gestaan het, meer energiek gemaak het.<\/p>\n<p>Die betogers was op pad na die Gautengse premier se Johannesburgse kantoor.<\/p>\n<p>Beamptes kon nie die betogers onder beheer hou toe Malema opgedaag het nie. Die betogers het na Malema gestorm en sy troetelnaam, &#8220;Juju, Juju&#8221;, gegil.<\/p>\n<div>\n<p>Malema het die toneel kort daarna in sy swart Mercedes verlaat.<\/p>\n<\/div>\n<p>Cosatu se landwye protes het skole in Polokwane Woensdag nadelig geraak, het die Limpopo onderwysdepartement ges\u00ea.<\/p>\n<p>Swak bywoning van beide onderwysers en leerlinge is aangeteken in die meeste landelike gebiede en lokasieskole in die Polokwane-en Burgersfortgebied, het woordvoerder Pat Kgomo ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink die onderwysers se vakbonde weet baie goed dat die beleid van geen werk en geen betaling van toepassing sal wees.&#8221;<\/p>\n<p>Maar, die provinsiale regeringswoordvoerder Tebatso Mabetselo het ges\u00ea geen regeringdiens is ontwrig deur die Cosatu-opmars nie.<\/p>\n<p>&#8220;Die lewering van dienste gaan soos normaal voort sedert vanoggend, en diegene wat weggebly het, moet verwag dat die prosedures ten opsigte van geen werk, geen betaling van toepassing sal wees.&#8221;<\/p>\n<div>Provinsiale polisie woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi het ges\u00ea dat geen geweld gerapporteer is nie.<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Onluspolisie is by die Natalspruit-hospitaal, oos van Johannesburg, ontplooi nadat &#8216;n groep optoggangers probeer het om skoolkinders te keer om in taxi&#8217;s te klim om skool toe te gaan.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 voorval het Woensdagoggend kort voor die landwye protesoptog wat deur Cosatu gelei word, gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was mense wat probeer het om vervoer na skole te keer,&#8221; het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kgasago s\u00ea die groep het verdaag toe die polisie opgedaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kinders is skool toe en niemand is in die voorval beseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Metrorail het in &#8216;n verklaring ges\u00ea die land se treindienste het normaal verloop, behalwe vir sommige ontwrigtings in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het kommerwekkende verslae van intimidasie en aanranding van pendelaars deur betogers&#8230; ontvang. Voorvalle is by Elandsfontein, Kemptonpark, Leralla en Kaalfontein aangemeld,&#8221; lui die verklaring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sapa het berig dat die optog teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel om 10:00 vanaf die Beyers Naud\u00e9-plein in die Johannesburgse middestad begin het.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cosatu se Kaapstadprotes was so suksesvol, want e-tol en arbeidsmakelaars het gespreek tot nasionale kommer oor armoede, het die vakbond-federasie Woensdag ges\u00ea. &#8220;Dit was nie net Cosatu nie &#8230; Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,&#8221; het provinsiale sekretaris &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12098\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cosatu-opmars goed ondersteun&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12098","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12098"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12098\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}