{"id":12087,"date":"2012-03-07T04:38:37","date_gmt":"2012-03-07T04:38:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12087"},"modified":"2012-03-07T04:38:37","modified_gmt":"2012-03-07T04:38:37","slug":"sweedse-wapenskandaal-oopgevlek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12087","title":{"rendered":"Sweedse wapenskandaal oopgevlek"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Swede het in die geheim vir Saoedi-Arabi\u00eb gehelp met die beplanning van &#8216;n wapenfabriek wat teentenkmissiele sal vervaardig, het die openbare uitsaaier Sweedse Radio Dinsdag berig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sweedse weermag-navorsingsagentskap (FOI) het Saoedi-Arabi\u00eb sedert 2007 gehelp, alhoewel die bouwerk aan &#8220;Projek Simoom&#8221; nog moet begin, het die stasie ges\u00ea en honderde geklassifiseerde dokumente en onderhoude met rolspelers aangehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swede het in die verlede wapens aan Saoedi-Arabi\u00eb verkoop, maar geklassifiseerde regeringsdokumente s\u00ea Projek Simoom &#8220;breek deur die grense van wat moontlik is vir &#8216;n Sweedse instansie,&#8221; het die radiostasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat &#8216;n instansie soos die FOI betrokke is in die beplanning van &#8216;n wapenfabriek vir &#8216;n regering wat &#8216;n diktatorskap soos Saoedi-Arabi\u00eb is, is baie raar,&#8221; het die stasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die direkteur-generaal van FOI, Jan-Olof Lind, het die bestaan van die projek ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het nie &#8216;n projek-ooreenkoms met daardie land nie,&#8221; het hy aan die radiostasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n spesifieke vraag oor of daar &#8216;n Projek Simoom saam met Saoedi-Arabi\u00eb is, het Lind ges\u00ea: &#8220;Nee. En ek wil nie kommentaar lewer oor gesprekke wat moontlik tussen Swede en Saoedi-Arabi\u00eb plaasgevind het nie. Hierdie gesprekke is geheim.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin het verskeie voormalige werknemers van FOI bevestig dat die projek bestaan, insluitende Dick Straeng, wat die projek tot 2010 gelei het en een van Lind se naaste kollegas was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As ek julle bewerings moes weerl\u00ea sou ek moes s\u00ea dat die dokumente wat aan my getoon is, vals is, en hulle is nie,&#8221; het hy ges\u00ea toe die geklassifiseerde materiaal aan hom voorgel\u00ea is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bygevoeg dat die Sweedse regering ten volle bewus was van die planne.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hier is &#8216;n dokument wat die direkteur-generaal onderteken het en aan die ministerie gestuur het,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ministerie van verdediging het geweier om kommentaar te lewer op die radio se verslag as gevolg van die geklassifiseerde aard van die projek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek kan nie kommentaar lewer op die samewerking nie,&#8221; het die staatsekretaris Haakan Jevrell aan die radiostasie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die radio beweer dat enige direkte skakeling tussen die FOI en die regering weggesteek is, deur &#8216;n skadumaatskappy te skep wat kontak met Saoedi-Arabi\u00eb hanteer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;FOI het, so ver as wat die ministerie van verdediging weet, geen samewerking gehad met die maatskappy wat in die radio-verslag genoem word nie,&#8221; het die minister van verdediging Sten Tolgfors op sy blog geskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is geen regeringbesluite wat die FOI &#8216;n mandaat gee om &#8216;n fabriek vir wapenproduksie te bou nie,&#8221; het hy bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sweedse premier Fredrik Reinfeldt het slegs &#8216;n kort kommentaar Dinsdag gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die regering is verantwoordelik om te verseker dat wetgewing en regulasies in plek is en gevolg word, en ek vermoed dat die verantwoordelike owerhede die reg gerespekteer het,&#8221; het hy ges\u00ea aan die nuusagentskap TT.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swede se opposisiepartye het Dinsdag &#8216;n ondersoek gevra na die ministers se hantering van regeringsake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Ondersoek moet gelas word of die minister van verdediging se optrede in ooreenstemming met Swede se demokratiese ideale en internasionale verpligtinge was,&#8221; Gustav Fridolin in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea Sweedse samewerking met Saoedi-Arabi\u00eb is nie voordelig vir demokrasie in die w\u00eareld of Sweedse belange nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Swede moet sy goeie reputasie nie bederf deur die ondersteuning van die weermagte van diktature nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Saoedi-Arabi\u00eb, is verkragting, moord, geloofsversaking, gewapende roof en dwelmhandel strafbaar met die dood, omdat hulle streng die sjaria of Islamitiese wetstoepassing volg.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/chp.com.ua\/stati-partnerov\/biznes-i-uslugi\/item\/51465-poisk-postavshchika-v-kitae-realnyy-opyt-postroeniya-uspeshnogo-biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Swede het in die geheim vir Saoedi-Arabi\u00eb gehelp met die beplanning van &#8216;n wapenfabriek wat teentenkmissiele sal vervaardig, het die openbare uitsaaier Sweedse Radio Dinsdag berig. Die Sweedse weermag-navorsingsagentskap (FOI) het Saoedi-Arabi\u00eb sedert 2007 gehelp, alhoewel die bouwerk aan &#8220;Projek Simoom&#8221; nog moet begin, het die stasie ges\u00ea en honderde geklassifiseerde dokumente en onderhoude met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12087\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sweedse wapenskandaal oopgevlek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-12087","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12087","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12087"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12087\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12087"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12087"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12087"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}