{"id":12083,"date":"2012-03-06T06:26:44","date_gmt":"2012-03-06T06:26:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12083"},"modified":"2012-03-06T06:26:44","modified_gmt":"2012-03-06T06:26:44","slug":"wat-gemaak-met-die-wit-engelse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12083","title":{"rendered":"Wat gemaak met die wit Engelse?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit  wil lyk of die invloed van die WESSA, die Wit Engelssprekende  Suid-Afrikaner, besig is om te kwyn. Saterdag se eendagkriekettoets  tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, het dit onderstreep. Vir die eerste  keer, altans wat ek kan onthou, was daar nie een enkele speler van  hoofsaaklik Britse afkoms in die span nie. Nie een nie. Daar was \u2019n Indi\u00ebr (Amla,) drie Kleurlinge (Parnell, Duminy en Petersen,) een ware,  ware Bantoe (Tsotsobe) en ses Afrikaners (Morkel, Du Plessis, De  Villiers, Botha, Steyn en De Lange.) Ek weet daar sal oor Dale Steyn  geredekawel word, maar hei!, Dale WILLEM Steyn van Phalaborwa, ek dink  ons hou hom maar vir ons.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  twee eeue het die WESSA heeltemal ver bo sy gewigsklas in  Suid-Afrikaanse politiek geboks. Hulle het finaal hier opgedaag en  hulleself tuisgemaak in 1806, in \u2019n &nbsp;uitvloeisel van die oorlog tussen  Napoleon se Frankryk en Brittanje. Nederland, al vir eeue in \u2019n  &nbsp;armdrukkery met Engeland, was onder Franse beheer en Brittanje, wie se  vloot die stryd ter oseane gewen het, het die geleentheid en  regverdiging gebruik om die sleutelgebied van die Kaap de Goede Hoop oor  te neem. Hulle het, met kenmerkende jingo\u00efsme en hubris, die status quo  in die Kaap omvergewerp en die burgers van die land vervreem.  Sedertdien het die Boere nog altyd \u2019n &nbsp;versugting gehad om onder die  klam skaduwee van die neerhalende Britte weg te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle  het dit met \u2019n &nbsp;dramatiese, heldhaftige uittog gedoen en na die Groot  Trek vir hulleself twee verafgele\u00eb republieke losgeswoeg. Maar die  storie van Suid-Afrika was dat die Britte dit net nooit kon verdra dat  die Boere die juk kon afgooi nie en hulle het die Volk telkens agterna  gesit. Hierdie agtervolging het \u2019n &nbsp;bloedige vervolging geword toe die  fabelagtige rykdom van minerale onder die oppervlakte van die Oranje  Vrystaat en die Transvaal ontdek is. Die Britte het met hulle  gebruiklike arrogansie opgeruk om ook d\u00edt van die Boere te vervreem,  maar liederlik vasgeval in die stryd wat gevolg het, veral tussen 1899  en 1902.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  die vredesverdrag vir \u2019n &nbsp;kort seisoen op \u2019n &nbsp;o\u00ebnskynlike Engelse  oorwinning uitgeloop het, was hulle na die oorlog so vuisvoos en as  gevolg daarvan kwesbaar in die Europese sfeer, dat hulle knersend moes  toegee dat \u2019n &nbsp;algemene verkiesing \u2013 sonder swart stemmers \u2013 gehou sou  word. Die Afrikaner was talryk genoeg en het goed genoeg onderling  georganiseer om die de facto heersers van die land met Uniewording in  1910 te word. Hierdie mag is oor die dekades gekonsolideer en dit het  tot Afrikaneroorheersing in 1948 gelei met die Nasionaliste van Dr.  Malan wat die Britte se gunstelingmedewerker, Jan Smuts, in die algemene  verkiesing geklop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  WESSA\u2019s se uitdruklike politieke invloed is finaal die nek ingeslaan  toe die Afrikanerregering \u2019n &nbsp;fris jong Republiek, saliglik vry van die  Britse juk, in 1961 gestig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  die WESSA toe sonder ooglopende politieke mag gelaat was, het hulle  invloed ondergronds verskuif waar dit die Afrikanermag en die Volk se  toekoms allerdodelik kon ondergrawe. Hoewel die ANC nie hulle  regstreekse maaksel was nie, was dit die WESSA se invloed ter plaatse en  veral in die buiteland wat die terroristeorganisasie in enigsins \u2019n  &nbsp;samehangende gedaante laat oorleef het. Die WESSA het daarin geslaag om  die buiteland rondom die drogbeeld van die edele vryheidsvegter te  verlei en om hulle temperatuur teen Apartheid te stook, eerder as om dit  as \u2019n &nbsp;opregte, indien gebrekkige, poging tot \u2019n &nbsp;oplossing vir die  rassekrisis te sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  die hewige buitelandse druk wat deur hulle gefokus is en die  instandhouding van \u2019n &nbsp;politieke liggaam om aan oor te gee, moes hulle  nou net die Afrikaner tot oorgawe lei. Dit het hulle gedoen met  volgehoue intellektuele afpersing van die leierskorps van die Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  die liberale hond se dag het onverwags te midde van sy grootste sukses  gekom. Ja, die Afrikaner se mag is weggestroop, maar omdat hy die muil  was wat die WESSA vir twee eeue gery het, is hulle eie invloed daarmee  saam in die wind gestrooi. Selfs die DA, wat ironies genoeg met  Afrikanerstemme drywend gehou is, is \u2019n &nbsp;skippie wat gedoem is om op die  ruwe kus van swart nasionalisme te strand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geskiedenis is \u2019n rivier. Wanneer dit onbelemmerd is, sal dit \u2019n  &nbsp;natuurlike vloeirigting vind. Hierdie koers kan weggekeer word of selfs  opgedam word, maar dit vat baie geld, baie werk en baie bloed om dit te  doen, en hierdie ingryping is altyd net tydelik totdat die rivier die  versperrings, die walle, die uitgrawings oorspoel om weer sy gang te  gaan. Meet weer die vloei van die rivier van Suid-Afrikaanse geskiedenis  uit en jy sal sien dat dit noodwendig en onstuitbaar stroom na \u2019n  Afrikanervolkstaat. Dit is \u2019n &nbsp;onafwendbare en kan net tydelik vertraag  word deur radikale maatre\u00ebls. Dit help nie om te stry of besware op te  werp nie: Daar s\u00e1l \u2019n &nbsp;Volkstaat wees. Sonder dit sal daar onafgebroke  wrywing tussen twee dominante kulture in die land wees. Hierdie  Volkstaat sal in die lewe opspring vanwe\u00eb die volgehoue demografiese  verdrukking van die Afrikaner deur die Bantoevolke. Dis Volkstaat of  ondergang, en die Afrikaner is te taai om enigsins geesgawe te oorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Afrikaner \u2013 ten minste di\u00e9 wat kleef aan sy taal, kultuur en volk \u2013 se  toekoms is duidelik. \u2019n &nbsp;Volkstaat wag vir hom. Maar wat van die WESSA?  Daar sal nooit vir hulle in hulle naam \u2019n &nbsp;volkstaat wees nie. Hy het  nog nooit \u2019n unieke volksidentiteit as grondslag vir \u2019n volkstaat  ontwikkel nie. As etniese groep is hulle lot ingeweef met die Nuwe  Suid-Afrika. Daarom, wanneer die dreigende ekstreme Afro-nasionalisme  volle wasdom bereik en die oorheersers geen plek of geduld vir die WESSA  het nie, sal hy verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  bly die vraag: Is daar vir \u2019n &nbsp;WESSA \u2019n &nbsp;plek, enige plek, in \u2019n  &nbsp;Afrikanervolkstaat? Vir my persoonlik is dit maklik om te antwoord:  Natuurlik is daar vir hulle ruimte. As ek tien manne moet kies om my rug  in \u2019n &nbsp;stryd te beskerm, sal vyf van hulle Wit Engelssprekende  Suid-Afrikaners wees. Hierdie is my ou krygsmakkers, lede van die  Peloton, onmisbare onderdele van my eie Bende van Broers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laat  ek julle voorstel aan Paul Stone: Hy is die 46-jarige aankoper van \u2019n  &nbsp;sportgoederemaatskappy in Durban. Hy ry \u2019n &nbsp;Land Rover (kom ons vergewe  hom maar daarvoor.) Die musiekversameling daarin is oorwegend  Afrikaans, met \u2019n &nbsp;klem op Bok van Blerk. Hy is \u2019n &nbsp;maniese ondersteuner  van die Blou Bulle. Sy voetbalhelde is nie Kankowski, Ross Skeate of  Patrick Lambie nie, maar Pierre Spies, Bakkies Botha en Morn\u00e9 Steyn. Hy  sal, sonder om te huiwer, sy Land Rover, sy huis en sy jongste seun se  branderplank verkwansel om enige van sy Afrikanerpelotonmakkers te help.  Hy ry gemiddeld eenkeer per maand van Durban na die plaas waar ek bly  en spandeer meeste van sy tyd in die boer se geselsskap. Om presies te  wees, hy beskou homself meer Afrikaner-Boer as Engelsman. Hierdie is  geen Soutdiengelieng nie, want hy het geen, maar geen, lojaliteitsgevoel  teenoor die Verenigde Koninkryk nie. Hy staan met albei voete ferm in  Afrika. Hy het \u2019n &nbsp;onwrikbare, vurige afkeur in die swart kultuur wat  ons land vernietig het. Hy begeer \u2019n &nbsp;Volkstaat met soveel durf en drif  as ek. As Paul Stone nie toegang tot die Volkstaat verdien nie, is ek  dit ook nie waardig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is uitsonderlik maar nie uniek nie. Ek ken heelwat sulke WESSA\u2019s.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  ken, byvoorbeeld, vir Phyllis Kruger van Newcastle, met \u2019n &nbsp;herkoms wat  so Engels as Nelson se oogklap is, en wat haar sonder verposing beywer  vir \u2019n &nbsp;Volkstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  mees gevierde Afrikaner politieke gevangene is nie \u2019n &nbsp;Afrikaner nie.  Clive Derby-Lewis het \u2019n &nbsp;slag gelewer teen wat hy as die prim\u00eare  bedreiging vir die Afrikaner gesien het \u2013 en hy is uit Engelse hout  gesny.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  sal dwaas wees om hierdie mense as ongewenste vreemdelinge uit te merk.  Die Afrikaner het ander Westerse blanke bevolkings vooruitgegaan. Ons  is die eerste blanke volk wat aan die genade van die genadelose  oorhandig is. En ons sal die eerste wees om die nuwe juk te breek en  daarvan weg te stap. Ons posisie sal uitermate versterk word deur die  toevoeging van goeie, stoere Westerse bloed. &nbsp;Dit sal egter nooit weer  gebeur dat ons ondergeploeg sal word deur onge\u00ebrgde buitelanders nie.  Enige persoon wat begeer om opgeneem te word in die Volkstaat sal aan  die vereistes daarvan voldoen. Vir hulle sal die Westerse kultuur en  Afrikaans as enigste ampstaal outomatiese vereistes vir burgerskap wees.  Hulle sal algeheel bereid wees tot totale opname in die  Afrikanerkultuur en entoesiasties wees oor die gedagte dat hulle  kleinkinders Afrikaners en niks anders as Afrikaners sal wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaanse  liberalisme is deur die WESSA ontwerp en in stand gehou. Maar net soos  wat daar \u2019n &nbsp;Max du Preez onder die Afrikaner is, is nie alle WESSA\u2019s  liberaliste nie. Van hulle \u2013 nie almal of meeste of selfs \u2019n &nbsp;groot  persentasie nie \u2013 sal hulle knie buig voor Afrikanernasionalisme en die  hoof oplig om in die Volk ingesalf te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  WESSA is in die skemer van sy verblyf in Suid-Afrika. Hy het geen  etniese tuiste hier nie en sy invloed taan in alle sfere in die Nuwe  Suid-Afrika. Hy het twee eeue gelede verskyn en nou gaan hy verdwyn. Hy  gaan \u00f3f emigreer, \u00f3f hy gaan fyngestamp word in die vysel van die Nuwe  Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is \u2019n &nbsp;derde weg: Van hulle sal Afrikaners word. En ek dink ons moet niks doen om hulle te verhinder nie.&nbsp;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit wil lyk of die invloed van die WESSA, die Wit Engelssprekende Suid-Afrikaner, besig is om te kwyn. Saterdag se eendagkriekettoets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, het dit onderstreep. Vir die eerste keer, altans wat ek kan onthou, was daar nie een enkele speler van hoofsaaklik Britse afkoms in die span nie. Nie een nie. Daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12083","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12083","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12083"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12083\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12083"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12083"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12083"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}