{"id":12067,"date":"2012-03-05T02:50:14","date_gmt":"2012-03-05T02:50:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12067"},"modified":"2012-03-05T02:50:14","modified_gmt":"2012-03-05T02:50:14","slug":"meedoenlose-bulle-troef-cheetahs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12067","title":{"rendered":"Meedo\u00ebnlose Bulle troef Cheetahs"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" alt=\"251\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/bulle_embleem2.jpg\" \/>Elke  keer as die Cheetahs in \u2019n derby speel, is tagtig persent van die land  se ondersteuners ferm in hulle hoek: Hulle eie horde bewonderaars en al  di\u00e9 van die konsessies wat nie di\u00e9 dag teen hulle speel nie. Hulle is  al die ander provinsies se voetbalentoesiaste se naasgunstelingspan. O,  ons hou van hulle vurigheid, van die geesdrif waarmee hulle \u2019n &nbsp;wedstryd  afsit en die sorgeloosheid waarmee hulle aanval en die stoerheid  waarmee hulle verdedig. Maar die Vrystaat is soos \u2019n &nbsp;kind of \u2019n &nbsp;hond,  reken \u2019n &nbsp;boer van my omgewing, moet net niks van hulle verwag nie, want  dan sal hy jou teleurstel. &nbsp;Wees maar net lief vir hulle, en hulle sal  jou aangenaam verras.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saterdag  &nbsp;op Loftus is baie van die Cheetahs verwag \u2013 veral na die verdriet van  \u2019n onverdiende nederlaag teen die Leeus \u2013 en hulle het nie teleurgestel  om teleur te stel nie. En tog moet die neerlaag nie aan die  lusteloosheid van die Jagluiperds toegeskryf word nie, maar eerder aan  \u2019n &nbsp;intimiderende blou masjien wat vroegseisoen verbaas met hulle  vermo\u00ebns in alle afdelings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heyneke  Meyer se nalatenskap in die Blou provinsie is \u2019n eenvorminge  voetbalkultuur wat van die eerste grade op skool deur ho\u00ebrskoolrugby,  klubs, universiteite, ouderdomsgroepe en elke Blou Bul-span deurgesuur  het. Elke voetbalknapie leer dit blykbaar op vadersknie. Daar is verwag  dat die Bulle eers \u2019n &nbsp;heropboufase sou beleef na die vertrek van \u2019n  &nbsp;handvol ware legendes. Maar hulle opvolgers is s\u00f3 gebrei vir die taak  dat hulle naatloos in die patroon ge\u00efntegreer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pierre  Spies jnr. se span het Saterdag Blou Bul-rugby gespeel. Meeste daarvan  kan as opleidingsvideo gebruik word. Die essensie van hierdie speelstyl  is om die stryd na die opponent se gebied te verskuif en om hulle dan  daar te bele\u00ebr. Niemand is beter om \u2019n &nbsp;tweefrontaanslag op \u2019n &nbsp;doellyn  te loods nie. Eers kom die tradisioneel magtige voorspelers in werking,  soos hartelose grondverskuiwers wat die front tree vir bloedige tree  verskuif. Die enigste manier om hulle te stuit, is vir die teenstaanders  om hulle lywe soos sandsakke voor die offensief te werp, om elke  sentimeter grondgebied te betwis. Maar as jy dit wil doen, weet net, jy  kan nie ophou nie, want die Bulle gaan nie ophou nie. Om \u2019n &nbsp;aanslag van  hulle af te weer, is \u2019n grootse prestasie wat jy nie mag geniet nie,  want nou-nou-nou is hulle terug en dit begin van voor af en dan weer en  weer en weer. Hierdie is \u2019n &nbsp;uitmergelstryd in \u2019n &nbsp;loopgraaf sonder  einde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  as hierdie frontale aanslag nie onmiddellik punte gaan uitmaal nie,  bring dit die tweede front in werking. Die Bulle se voorspeleraanvalle  is \u2019n draaikolk wat al hoe meer verdedigers insuig. Losvoorspelers word  ingesleep en dan moontlik die skrumskakel en \u2019n senter, en skielik is  die buitewyke van die verdedigingslinie baie karig beman en die Bulle  kan dan hulle agterlyn afvuur, dikwels met verwoestende gevolge. Om \u2019n  driekwart in \u2019n &nbsp;Bul-lyn te wees, moet baie bevredigend wees. Vra maar  vir ene mnr. B. Habana. Hy het \u2019n &nbsp;roemryke loopbaan in die sleurstroom  van di\u00e9 pak en as voorslag van die Bulle se agterlynsweep gebou. Vandat  hy verskuif het na sy hartland in die Kaap, het die Habana-aura verdof  en is tans amper heeltemal verdamp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Bulle se spelplan maak voorsiening vir alles behalwe die  onvoorspelbare. Dit bly die Cheetahs se beste benadering om met \u2019n  &nbsp;seldsame oorwinning by die Bulle weg te kom. Saterdag het die Cheetahs  alles volgens die handleiding gedoen en daarmee het hulle die wedstryd  die noodwendige uitwerking van getalle gemaak \u2013 en die statistieke sou  altyd teen hulle wees. As skrumwerk die basis vir jou oorwinning l\u00ea en  jy kan die Bulle nie kis skrum nie, as dryfwerk \u2019n &nbsp;onmisbare element in  jou aanslag is en jy kan die Bulle nie stuit of terugdryf nie, as  wedywering vir die losbal \u2019n &nbsp;plek in jou strategie het en die Bulle gun  jou niks daarvan nie, dan moet jy weet, jy gaan fyngekou en opgemaal  word. Jy gaan iets anders moet bedink, iets ongewoons. In \u2019n  &nbsp;konvensionele stryd gaan die meesters van konvensionele voetbal elke  keer wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat  losskakels Steyn \u2013 vir die Bulle \u2013 en Goosen \u2013 die eerste  skermutselings met die skopvoet uitgestry het, en die Vrystaat \u2019n  kortstondige en nou voorsprong bekom het, het die Blou voorhoede die  spel oorgeneem. Hulle is deur Steyn binne trefafstand gebring en het van  daar af die Cheetah se loopgraafverdediging vertrap. Een van die  gedugste kortafstandwapens wat die Bulle het, is die knoorse loskopstut  Dean Greyling en dit was hy wat die hele Cheetah-voorhoede versit het om  \u2019n &nbsp;drie te druk. Nie lank daarna nie het sy stutmaat, Werner Kruger,  dieselfde gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vrystaat se fokus het al hoe meer verskuif om die malende horde uit die  vesting te hou, en met die suigsandeffek van die voorhoedestryd is die  agterlyn hopeloos onbeman gelaat. \u2019n &nbsp;Eenvoudige proses van die  verskuiwing van die bal van speler tot speler het Bjorn Basson om die  laaste verdediger gestuur vir die Bulle se derde drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen  hierdie tyd was die Cheetahs klaar oorhoops. Hulle kon beswaarlik die  meedo\u00ebnlose aantog van die voorpak stuit en het geen maatre\u00ebls gehad om  teen die skeurlopies van Bul-skrumskakel, Francois Hougaard, in werking  te bring nie. Om hom beter op te pas, het sleutelpersoneel in die  agterlyn se aandag geverg en die Bulle, met \u2019n &nbsp;jong Francois Venter wat  op binnesenter tot vernietingswerk bereid is, het begin om gate deur  die Vrystaters se skanse te hardloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor  die einde van die eerste helfte het Zane Kirchner van heelagter af ten  volspoed in die agterlyn opgeduik en die bonusdrie gaan druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vrystaters kon net punte met die Goosen-voet behaal. Van hulle  gebruiklike plofkragtige aanvalle was daar net nie sprake nie. Hulle was  te besig om te verdedig. Hulle het nooit kans gehad om te slaan nie,  want hulle was te besig om wal te gooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  het wel \u2019n &nbsp;skrefie lig vir hulle deurgebreek in die tweede helfte, toe  die Bulle se skerpste angel getrek is. Francois &nbsp;Hougaard het \u2019n  &nbsp;rooikaart gekry vir die behandeling wat hy op Robert Ebersohn in \u2019n  vasvatslag toegepas het. Die Vrystaat kon na \u2019n &nbsp;lang, uitgebreide en  weefseltappende kampanje veldop uiteindelik \u2019n &nbsp;speler \u2013 hulle kaptein,  die bittereinder Adriaan Strauss \u2013 oor die kalk kry vir \u2019n &nbsp;drie. Dit is  hartverskeurend sekondes later geneutraliseer toe hulle met die afskop  in hulle tuisgebied vasgekeer is en die Bulle se JJ Engelbrecht beslag  gel\u00ea het op \u2019n aangee van die Cheetahs en die gras daarmee agter die  pale gaan streel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Bulle is deur nog \u2019n &nbsp;geelkaart tot 13 spelers beperk, maar selfs dit  het nie gekeer dat Zane Kirchner nog \u2019n &nbsp;drie gaan druk het nie, di\u00e9  keer die soort puntebehaling waarvoor die Bulle hom aanvanklik ingevoer  het. Dit het \u2019n &nbsp;netjiese boepensskop, flink opvolging en \u2019n  &nbsp;doelgerigte inhaal van die bal bevat en hy het die Bulle se sesde  vyfpunter gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is niks misleidend in die eindtelling van 51-19 nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vrystaat het \u2013 weereens \u2013 \u2019n &nbsp;triestige seisoensaanvang gehad, maar dit  beteken nie dat hulle nie \u2019n &nbsp;grote uit die res kan maak nie. Hulle  spelpatroon en vaardighede gaan vele ander spanne troef. Maar as hulle  teen die Bulle wil speel, sal hulle \u2019n &nbsp;ander plan moet maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">**<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die laaste van die Super Rugby-wedstryde het die Stormers die Haaie op  Nuweland geklop. Wat is dit met hierdie twee opwindende spanne dat hulle  so gereeld sulke saai vertonings teen mekaar lewer? Dit was \u2019n &nbsp;woeste  aanganery vir bitter min, met dertig spelers wat elkeen skynbaar op sy  eie sending halsoorkop in die ruimte tussen kwartlyn en kwartlyn  rondgefladder het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Stormers het met 15-12 gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie wedstryd verdien geen verdere kommentaar nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke keer as die Cheetahs in \u2019n derby speel, is tagtig persent van die land se ondersteuners ferm in hulle hoek: Hulle eie horde bewonderaars en al di\u00e9 van die konsessies wat nie di\u00e9 dag teen hulle speel nie. Hulle is al die ander provinsies se voetbalentoesiaste se naasgunstelingspan. O, ons hou van hulle vurigheid, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12066,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12067","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12067","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12067"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12067\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12066"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12067"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12067"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12067"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}