{"id":12065,"date":"2012-03-04T17:17:15","date_gmt":"2012-03-04T17:17:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12065"},"modified":"2012-03-04T17:17:15","modified_gmt":"2012-03-04T17:17:15","slug":"kiwis-sneuwel-voor-de-lange","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12065","title":{"rendered":"Kiwi\u2019s sneuwel voor De Lange"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/ns_sa_krieket.jpg\" width=\"251\" \/>Wel,  hulle s\u00ea die duiwel wat jy ken is beter as die een onbekend aan jou.  Die Nieu-Seelandse krieketspan weet darem nou watter monster die Proteas  kan wees. Of weet hulle regtig? Deur die loop van die pasafgehandelde  drie eendagwedstryde het hulle uitmuntende veldwerk, grasieuse kolfwerk  en bitsige boulwerk van die Suid-Afrikaners beleef \u2013 net nie in  dieselfde wedstryd nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saterdag,  op Eden Park in Auckland is die seile uiteindelik weggetrek van  Suid-Afrika se wonderwapen: Hulle boulaanval. Voorheen in die reeks het  die Swart Kepse voortdurend vasgeval teen \u2019n &nbsp;kolflinie wat die  Kiwi-bouloffensief moeiteloos uitgedoof het. AB de Villiers se  moeitelose honderdtal en bykomende bydraes, Amla se vernuftige beurte,  Duminy se tandeknersweerstand en Faf du Plessis se hoofpynwekkende  frontale aanslae het die beste van die Nieu-Seelandse boulers mak,  tandeloos en ontman gelaat. Maar voor Saterdag het hulle nog nie regtig  beleef hoe dit voel om \u2019n &nbsp;Suid-Afrikaanse boulaanval op volle vaart in  die tande te kyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De  Villiers het die loot gewen en die bal aangevra om die twis op \u2019n  &nbsp;kolwersvriendelike blad voort te sit. Daar is verskillende maniere hoe  \u2019n &nbsp;goeie aanval die verbrokkeling van \u2019n &nbsp;teenstander kan  bewerkstellig. Soms is dit om deurdringend te werk te gaan, om die  defensiewe maatre\u00ebls van die kolwers te neutraliseer en om penne te laat  spat. Ander kere is dit deur die o\u00eb te verblind, takties fyn te  ontplooi, die kolwer voortdurend te flous&#8230; Of, soos in hierdie  aanslag, kan die boulers hulle offensief ontwerp om die kolwers  eenvoudig tot oorgawe te wurg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  \u2019n &nbsp;blad met \u2018n bietjie wipvaart, het Dale Steyn en Marchant de Lange  gou uitgewerk dat die Kiwi\u2019s geheel en al allergies is vir missiele wat  van die blad af op grom na borshoogte, om nie eens te praat van die ware  skokbal wat koers kry vir die kennebak, neus of voorkop nie. Die  meestereksponent van die bal wat kort van \u2019n &nbsp;lengte af die kolwer  intimideer, is die Phalaborwa Patroon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steyn  is \u2019n &nbsp;skrikwekkende implement. Hy is veel meer as die teoretiese  produk van sy onderdele. Hy is klein vir \u2019n bouler en tog is daar nie  nog \u2019n &nbsp;tamatiewerper wat so \u2019n &nbsp;ho\u00eb gemiddelde snelheid kan handhaaf  nie. Meestal moet \u2019n &nbsp;medium-tot-snelbouler kies tussen spoed en beheer,  maar nie Steyn nie. Sy eerste bal vat-vat aan die 140 km\/u en dit land  op die kolletjie wat hy blykbaar in sy gedagte met \u2019n merkpen ingekleur  het, net buite die wegpen, en kom sissend van die blad af na die  paaltjiewagter se handskoene. Hy is \u2019n &nbsp;suinige ou vrek, wanneer dit by  lopies kom: Elke een moet eenvoudig van hom afgekoevoet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan  die oorkantste aanvalshoek is \u2019n &nbsp;raaisel wat die Kiwi\u2019s nou nog nie  kan ontrafel nie: Lonwabo Tsotsobe. Hy boul teen \u2019n &nbsp;bedeesde sub-130  km\/u en tog kry hulle met hom niks uitgerig nie. Hy \u00eds akkuraat, soos  van \u2019n bouler van medium snelheid verwag sou word, en hy beweeg die bal  asof met radiobeheer van weg na by. Die Nieu-Seelanders het te veel  goeie paaltjies aan hom afgestaan en hulle kolf teen hom asof hy  handgranate boul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die middelwedstryd van die reeks het die ellelange Morn\u00e9 Morkel die  hoek wat van sy boulhand na die blad geskep is, tot dodelike effek  gebruik en vyf paaltjies saam met die Man-van-die-Wedstryd-toekenning  ingepalm. Hy is vir goeie diens met \u2019n &nbsp;afdag beloon vir die laaste  wedstryd. In sy plek, skuif \u2019n bre\u00eb jong vlamwerper van \u2019n &nbsp;bouler in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marchant  de Lange is nie veel korter as Morkel nie, baie bre\u00ebr deur die skouer  en heelwat meer iesegrimmig in houding en benadering. In hierdie, nog  jong, seisoen, is die krieketpubliek al so verstom deur boulvondse,  vernaamlik Vernon Philander, dat De Lange amper geluidloos, soos \u2019n  &nbsp;olifant op doekvoete, op die toneel verskyn het. In enige ander seisoen  sou sy aanvangsprestasies met trompetgeskal verkondig gewees het. In sy  eerste toets het hy reeds \u2019n &nbsp;vywer behaal en al wat kolwer is laat  koes en retireer. In sy eerste T-20 reeks het hy gewys dat spoed,  akkuraatheid en verrassingstaktieke baie doeltreffend is om tellings  laag te hou. In die &nbsp;laaste T-20 het hy die wedstryd uit die  Nieu-Seelandse kake losgewikkel toe hy 7 lopies in die laaste boulbeurt  suksesvol verdedig het, nie net met blote, rou spoed nie, maar met  finesse en waagmoed. In die ooreenkomende fase van sy loopbaan was Dale  Steyn in vergelyking met De Lange haastig maar onbeheersd en takties  verslons.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Kiwi\u2019s het nou vir De Lange in sy eerste Eendag Internasionale Wedstryd  in die gesig gestaar, en nie gehou van wat hulle sien nie. Hy het begin  deur dieselfde kortlengte net buite die wegpen te boul as Steyn en  Tsotsobe, maar het nie gehuiwer om \u2019n &nbsp;paar toonkrakers diep te stoot  nie. &nbsp;Hy het die momentum van \u2019n &nbsp;wegholkoekepan opgebou en die  Nieu-Seelanders moes diep grawe en dik skanse opwerp net om te oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Kiwi-kolwer, Martin Guptil, was vroe\u00ebr die seisoen, na Nieu-Seeland se  verplettering van daardie krieketmag, Zimbabwe, deur sy vaderlandpers  voorgehou as \u2019n &nbsp;speler wat \u2019n &nbsp;telefoonhokkie vir \u2019n &nbsp;kleedkamer het.  Maar hierdie Superman het uitgevind dat om \u2019n &nbsp;breker onder kinders te  wees, nie noodwendig beteken jy gaan &nbsp;nie \u2019n &nbsp;kind onder brekers wees  nie. Na \u2019n &nbsp;skaflike vertrek teen die Proteas in die T-20\u2019s het hy nou  uitgerafel teen \u2019n &nbsp;dodelike aanval. Saterdag het hy sy paaltjie  goedkoop aan Tsotsobe verkwansel, hoewel die kwitansie uitgereik is deur  \u2019n &nbsp;vlie\u00ebnde Faf du Plessis wat \u2019n &nbsp;Guptil-kaphou middevlug onderskep  het. Du Plessis is besig om die hedendaagse Jonty Rhodes effe tru van  punt te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Johan  Botha, die oog van die storm nadat hy tot die aanval gevoeg is, het vir  Nicol met \u2019n &nbsp;bal buite die wegpen gepaai om dit tot in AB de Villiers  se hande te vryf. Williamson het gekom, wal gegooi en gebid vir die  beste totdat hy hom ook met Faf misgis het en uitgehardloop is na \u2019n  &nbsp;flambojante opskep-en-duik ingooi van die ratse Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brendon  McCullum, wat ten bloede toe vir oorlewing gestry het, het uiteindelik  gewitvlag met \u2019n &nbsp;stoothoutjie na \u2019n &nbsp;vol aflewering van De Lange om op  punt uitgevang te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Nieu-Seelanders het moedig geveg, en dit moet die alarms die luidste by  hulle laat skel. Hulle het nie hulle penne gering geskat en gelate  weggegee nie; hulle het aan elke paaltjie vasgeklou asof aan die lewe  self, maar was onmagtig om dit te behou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De  Lange het die middelorde eers gekasty en toe aan flarde geruk met die  bykomende paaltjies van Franklin, Nathan McCullum en Ellis. De  Grandhomme is uitgehardloop met \u2019n &nbsp;voltreffer van Albie Morkel en Robin  Peterson het twee stertkantkolwers been voor betrap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dale  Steyn het weereens paaltjieloos ge\u00ebindig, maar sy medeboulers skuld hom  \u2019n &nbsp;aandeel in elke pen wat hulle gevat het. Sy presiesheid, venyn en  volgehou druk, het meermale veroorsaak dat kolwers oorspoel is van  verligting om teen \u2019n &nbsp;ander bouler te kolf, dat hulle konsentrasie  summier gedaal het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  het die telling maklik in minder as 44 beurte afgekolf. Amla, wat  soveel doeltreffender is wanneer hy teen sy eie ordentlike koers kolf,  het die telling se rug met 76 lopies gebreek. In iets soos \u2019n  &nbsp;vakansiestemming vandat die reeksoorwinning verseker is, het die  Proteas \u2019n &nbsp;eksperimentele kolflys gebruik met die Moslem, Wayne  Parnell, wat saam met sy godsdiensgenoot geopen het. Hy het \u2019n  &nbsp;moeitelose 27 gekry voor hy plek gemaak het vir Albie Morkel wat  weereens gewys het daar is meer hoofstukke in sy kolfhandleiding as om  net die bal se een kant te probeer platslaan. Hy het verantwoordelik en  presies gekolf vir 41 voordat hy op die grens uitgevang is. (En dit s\u00ea  iets goed van sy kolfvermo\u00eb dat hy omtrent net uitgaan as hy in die  buiteveld gevang word.) Duminy het 25 lopies uit 37 balle gemaal voordat  De Villiers en Johan Botha die laaste veglus van die Kiwi\u2019s gesnuit  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Proteas is in &nbsp;opmars na die voorste posisie op die eendagranglys.  Hulle het mooi dinge in hierdie kort reeks gewys. Wat mens wel nog van  hulle wil sien, is die soort ongenaakbaarheid wat die Steve Waugh\/Ricky  Ponting- Ausiespanne van weleer gekenmerk het. Wanneer hulle \u2019n  &nbsp;teenstaander tot \u2019n &nbsp;karige telling beperk het, het hulle die veld  geneem en hom teen tempo hewig vergruis. Maar nou ja, dit was krieket op  \u2019n &nbsp;ander vlak en tog is dit een waarna die Proteas kan aspireer. Dit  is nie buite hulle bereik nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wel, hulle s\u00ea die duiwel wat jy ken is beter as die een onbekend aan jou. Die Nieu-Seelandse krieketspan weet darem nou watter monster die Proteas kan wees. Of weet hulle regtig? Deur die loop van die pasafgehandelde drie eendagwedstryde het hulle uitmuntende veldwerk, grasieuse kolfwerk en bitsige boulwerk van die Suid-Afrikaners beleef \u2013 net &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12065\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kiwi\u2019s sneuwel voor De Lange&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12064,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12065","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12065","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12065"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12065\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12064"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12065"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12065"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12065"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}