{"id":12063,"date":"2012-03-04T08:54:02","date_gmt":"2012-03-04T08:54:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12063"},"modified":"2012-03-04T08:54:02","modified_gmt":"2012-03-04T08:54:02","slug":"wat-doen-ons-terwyl-rome-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12063","title":{"rendered":"Wat doen ons terwyl Rome brand?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>So  pas het \u2019n berig op die Praagwebblad verskyn: <a href=\"nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/11144-staatsamptenare-steel-meer-as-r300-miljoen.html\">Staatsamptenare steel  meer as R300-miljoen<\/a>. Enkele dae gelede is daar op ons Engelse blad  berig dat <a href=\"http:\/\/praag.org\/vorentoe-high-school-in-johannesburg-erupts-into-riots\/\">Vorentoe-h\u00f6erskool in Johannesburg deur onlusmakers aan die  brand gesteek<\/a> is n\u00e1 \u2018n leerling wat \u2018n ander met \u2018n mes doodgesteek het,  op borgtog uitgelaat is. Sulke berigte demonstreer die verval wat daar in ons land plaasvind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs  in die Nasperskoerante, wat gewoonlik die Nuwe Suid-Afrika en sy  Afro-demokrasie tot aan die wolke ophemel, heers daar tans kommer dat  die ANC die grondwet gaan verander soos dit hom pas. Die huidige  grondwet verteenwoordig \u2018n \u201c\u201craamwerk gegrond op die  sonsondergang-klousules tydens die onderhandelings\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  sien dus dat FW de Klerk se versameling \u201cwigte en teenwigte\u201d al die tyd  \u2018n groot illusie was waarmee die blanke kiesers destyds bego\u00ebl is om  hul toekoms vir \u2018n pot lensiesop te verkwansel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  ek reeds in \u2018n Rapport-rubriek tien jaar gelede voorspel het, stuur ons  op \u2018n Zimbabwe af. Die ANC gaan deur toenemende rassewette en  -onteienings van bates sorg dat die meeste blankes die land verlaat. Dit is wat die &#8220;nasionale demokratiese revolusie&#8221; beteken.  Streng sosialisme of \u2018n vorm van Afro-kommunisme soos in Zimbabwe binne  \u2018n eenpartystaat is die \u201ceindstasie\u201d wat vir ons wag. FW de Klerk en die  NP het ons op hierdie trein gesit en die remme is deur die  getransformeerde Transnet versien, want ons snel in dolle vaart na die  utopie waarvan al die Suid-Afrikaanse kommuniste al dekades lank droom.  Iets in die trant van die frase uit Marx en Engels se Manifes: \u201cVan  alkeen na sy vermo\u00eb na elkeen volgens sy behoefte.\u201d Met dien verstande  dat die behoeftes van die bewindhebbers soveel groter as die res van die  bevolking s\u2019n is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tien  jaar gelede was die skrif reeds aan die muur. Maar daar was nog rugby  op die kassie en Max du Preez en kie. wat die Nasperskoerante vol skryf,  dus is almal gesus en het maar planloos voortgeploeter tot waar ons nou  moet erken dat die kalf in die put is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nou: Wat doen ons terwyl Rome brand?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  het al mode geword vir die Afrikaner om hulself te kritiseer en te  blameer. Die Afrikaner was goedgelowig om op iemand soos De Klerk te  vertrou (hoewel, die helfte van Afrikaners het darem \u201cnee\u201d gestem in  1994), \u201ckan nie saamstaan nie\u201d en ly aan Calvinistiese skuldgevoelens  waarmee Biskop Tutu en Naspers hom verlam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin  weet ons almal dat die Afrikaner die mees vindingryke volk op aarde is.  Sonder ons vindingrykheid sou Suid-Afrika nooit die rykste land in  Afrika en ryker as sommige Europese lande geword het nie! Dwarsdeur ons  geskiedenis, of dit nou by Vegkop, Bloedrivier of Majuba was, het ons  vindingrykheid &#8211; gewoonlik ter elfder ure soos nou &#8211; gesorg dat ons  wonderbaarlik aan \u2018n tragiese einde ontkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  somtotaal van planne en oplossings waaroor daar tans onder Afrikaners  oral in die land gepraat word, is genoeg om nie net Suid-Afrika se  probleme nie, maar sommer die hele w\u00eareld s\u2019n op te los. Ons  legendariese vindingrykheid &#8211; die fameuse \u201cBoer maak \u2018n plan\u201d &#8211; is  steeds formidabel deel van ons nasionale mondering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  voel \u2018n mens aan dat die probleem op die oomblik nie die omvang van die  krisis en die uitdaging is nie, maar eerder \u2018n sielkundige probleem,  soos n goeie rugbyspan wat soveel kere na mekaar verloor het dat die  spelers voel hulle k\u00e1n nie meer wen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  die Praagwebwerf, Facebook en ander sosiale media, het ons ons dilemma  al voos ontleed, maar ons gaan nie daadwerklik tot aksie oor om dit aan  te spreek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitweg vir ons is egter helder. Soos ek vanm\u00f4re ook op Rapport se kommentaarafdeling geskryf het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAlmal  het tog geweet dit gaan een of ander tyd gebeur. Die dag toe FW die  weermag met al die pantser en outomatiese wapens aan Umkhonto we Sizwe  oorhandig het, het die ANC reeds die mag gehad om te maak wat hy wil.  Hoeveel pragtige grondwette in die w\u00eareld het nie al gesneuwel nie? En  ons s&#8217;n is vir seker nie so mooi soos wat Rapport en ander  Nasperskoerante beweer nie &#8211; gaan kyk maar na artikel 25 wat voorsiening  maak vir die onteiening van ons grond, en \u2018enige ander eiendom\u2019. Al wat  ons gaan red, is &#8216;n konfederasie en &#8216;n stuk(ke) grondgebied wat nie aan  ANC-mag onderworpe is. Dis heeltemal moontlik, maar dan sal ons moet  begin saamstaan, iets wat natuurlik deur die hoofstroommedia ondermyn  sal word, want die mulitikulturele samelewing is vir hulle soos &#8216;n  godsdiens wat geen mens durf bevraagteken nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danksy  die soort Piet Retief-agtige na\u00efwiteit van die destydse NP-leiers, het  ons ons spreekwoordelike wapens \u201cbuite die kraal gelaat\u201d. Maar daar is  steeds vele ander wapens tot ons beskikking benewens R4\u2019s (waaroor  Gustav Venter vandag \u2018n rubriek geskryf het) en Ratels. Een daarvan is  die arsenaal van internasionale menseregtekonvensies waartoe die  ANC-bewind homself verbind het in die waan dat hy dit nodig gaan kry om  die Afrikaner te ondergrawe en uit sy land te skop. Vele van die ANC se  huidige optrede, oor taal, ras en etnisiteit, druis egter t\u00e9\u00e9n daardie  konvensies in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  beskik ook oor simpatie in Nederland, die Suide van Amerika en ander  w\u00earelddele waar buitelandse steun vir die saak van  Afrikanerselfbeskikking gemonster kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  moet eenvoudig die huidige veldtog t\u00e9\u00e9n Afrikaner- of Boerevolksmoord  verder verskerp. Soos wat die ANC sy internasionale propaganda rondom  die gewraakte woord \u201capartheid\u201d gebou het, moet ons die reeks onregte en  geweld wat daar tans teen ons gepleeg word onder die vaandel van  volksmoord bekendstel. Daar is al soveel goeie werk in di\u00e9 verband  gedoen, maar dis nog nie genoeg nie. Eers wanneer elke Europe\u00ebr en  Noord-Amerikaner w\u00e9\u00e9t dat ons soos diere uitgemoor, asook dat ons taal  en kultuur verwoes word, sal dit genoeg wees. Die hardvogtige, Idi  Amin-agtige ANC-bewind moet in al sy aakligheid in die internasionale  kalklig kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is die sogenaamde \u201cideologiese stryd\u201d waarvan die ANC en sy kommunistiese bondgenote praat.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Sluit aan by PRAAG<\/a>. Of stuur &#8216;n R10-donasie: sms die woord &#8220;taal&#8221; (sonder aanhalingstekens) na nommer 38585.<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee  saam, en gelyklopend, moet ons in ons skole, kerke en woonbuurte begin  saamspan om grense te trek. Ons sal op allerlei maniere beheer oor  gebiede waar ons in die meerderheid verkeer, moet neem. Sover doenlik,  moet ons ons eie mense in diens neem soos die op Orania en Kleinfontein  gedoen word. Indien dit nie anders kan nie, moet ons van buitelandse  arbeid &#8211; Zimbabwi\u00ebrs, Malawi\u00ebrs, Kongolese en dergelike &#8211; gebruik maak  en nie meer die ANC se kiesers en ondersteuners werk gee nie. Anders  ondergrawe ons net onsself.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Les  bes, moet ons georganiseerd raak en by \u2018n organisasie soos Praag of \u2018n  Afrikanerparty soos die Vryheidsfront betrokke raak. Wat organisasie  betref, is daar baie wat ons kan doen om onsself meer paraat en  doeltreffend te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is tans \u2018n verskeidenheid inisiatiewe aan die gang om al die Afrikaanse  organisasies bymekaar te kry, om oor wesentlike kwessies uit een mond  te begin praat. Maar daarvoor het ons ook steun vir individuele  organisasies dringend nodig. Om \u2018n klomp weerbarstige Afrikaners in een  vertrek saam te kry en tot rasionele, doelgerigte optrede saam te snoer,  verg eindelose geduld en takt, asook een vergadering op die ander. Dis  nou maar eenmaal soos ons mense is. Hulle moet eers oort\u00fa\u00edg word,  alvorens hulle tot daadwerklike optrede sal oorgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons nou laat slapl\u00ea, gaan die geskiedenis s\u00ea ons het ons laaste kans verspeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binnekort,  op 6 April, gaan ons 360 jaar in die land wees, 355 jaar sedert die  eerste Vryburgers hul grond van die Kompanjie ontvang en langs die  Liesbeek begin boer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is nie somaar setlaars wat deur \u2018n vyandige klomp Afrososialiste uit ons eie land geboender kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  oorlewingstryd is reeds aan die gang. Sommige het dit net vroe\u00ebr as  ander besef. Mag die klein groepies wat reeds oral in die land en in die  buiteland onder die diaspora-Afrikaners aan die gang is tot \u2018n magtige  beweging aangroei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Jan Brand ges\u00ea het: \u201cAlles sal regkom, mits elkeen sy plig doen.\u201d<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Sluit aan by PRAAG<\/a>. Of stuur &#8216;n R10-donasie: sms die woord &#8220;taal&#8221; (sonder aanhalingstekens) na nommer 38585.<\/h4>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kp.ua\/incidents\/587793-v-kharkove-ot-holoda-y-poboev-umer-trekhletnyi-malchyk\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So pas het \u2019n berig op die Praagwebblad verskyn: Staatsamptenare steel meer as R300-miljoen. Enkele dae gelede is daar op ons Engelse blad berig dat Vorentoe-h\u00f6erskool in Johannesburg deur onlusmakers aan die brand gesteek is n\u00e1 \u2018n leerling wat \u2018n ander met \u2018n mes doodgesteek het, op borgtog uitgelaat is. Sulke berigte demonstreer die verval [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-12063","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12063","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12063"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12063\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12063"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12063"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12063"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}