{"id":12061,"date":"2012-03-04T06:28:39","date_gmt":"2012-03-04T06:28:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12061"},"modified":"2012-03-04T06:28:39","modified_gmt":"2012-03-04T06:28:39","slug":"n-baanbreker-van-die-paarl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12061","title":{"rendered":"\u2019n Baanbreker van die Paarl"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.9869961907125978\"><img decoding=\"async\" style=\"float: left;\" class=\"caption\" title=\"Ds. G.W.A. van der Lingen\" alt=\"GWA van der Lingen\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/gwa_van_der_lingen.jpg\" width=\"251\" \/>Die  eerste inrigting waar jong mense onbedoeld vir &#8216;n taalbeweging gereed  gemaak is, was die Paarlse Gimnasium. Die oprigter in 1858 van di\u00e9  suiwer Hollandse skool was ds. G.W.A. van der Lingen (1804-1869). Hy was  die predikant wat &#8216;n voorspraak was vir die Voortrekkers en deur  Andries Pretorius &#8216;n &#8220;waare Afrekaan&#8221; genoem is. Van der Lingen was die  mees belese Afrikaner van sy tyd en het &#8216;n boekery van meer as 4000  boekdele oor uiteenlopende onderwerpe nagelaat. Sy pastorie was die  sentrum van die Hollands-Afrikaanse kultuur van sy omgewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Gimnasium het hy opgerig in &#8216;n tyd toe Engels al hoe meer die  onderwysmedium vir Afrikaanse kinders geword het. Met di\u00e9 skool het hy  groot invloed op die jong geslag uitgeoefen. Sy sterk Afrikaanse  gesindheid het hy op baie Afrikaanse leerlinge oorgedra. Hy was baie  teen &#8216;n nuwe skool vir die Paarl wat Engels as voertaal sou h\u00ea en het  van die kansel af ges\u00ea dat, as sy lidmate help om dit op te rig, daar  &#8220;dan &#8216;n skeiding kom tussen herder en gemeente, vir &#8216;n tyd, vir sommige  wellig vir die ewigheid&#8221;. Toe party Paarliete wou h\u00ea dat Latyn aan die  Gimnasium deur medium van Engels en met Engelse uitspraak gedoseer word,  het hy so siek en sat vir die hele kampanje geraak dat hy laat weet  het: &#8220;Laat ons hulle antwoord nee, en nogmaals nee. Gee mens vir hulle daaroor toe, sal hulle weer iets nuuts vind.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Twee van die bekendste leerlinge aan die skool was twee latere  dominees, S.J. du Toit en W.P. de Villiers. Laasgenoemde was die stigter  van &#8216;n Hollandse meisjesschool  op Beaufort-Wes. Ter wille van die opheffing van minderbevoorregte  Afrikaners het ds. De Villiers die welvarende Beaufort-Wes verlaat en na  Carnarvon gegaan waar hy dertig jaar lank &#8216;n ou winkel as woning moes  gebruik. Hy was die eerste NG predikant wat parlementslid geword het, en  het op 7 Junie 1881 gepleit dat Hollands in albei huise van die Kaapse  Parlement erkenning kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">By die jong S.J. du Toit het &#8216;n liefde vir Afrikaans ontstaan deur die  toedoen van Van der Lingen en &#8216;n Nederlandse onderwyser aan die  Gimnasium, Arnoldus Pannevis. Du Toit is op 9 Oktober 1847 op die plaas  Kleinbosch in die Drakenstein-vallei gebore. Pannevis was onderwyser aan  die Gimnasium en het in private gesprekke en in die pers mense probeer  oortuig dat Afrikaans &#8216;n volwaardige taal is. Du Toit het vroeg al in De Zuid-Afrikaan gedigte  en ander stukke geskryf wat deur die anti-Engelse gees van die twee  ge\u00efnspireer is. Du Toit was in naam by die Gimnasium ingeskryf, maar het  volgens sy biograaf, V.E. d&#8217;Assonville, sy studie privaat gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Van der Lingen het ges\u00ea hy verwag dat &#8216;n Afrikaanse letterkunde tot  stand gaan kom. In &#8216;n admissie-eksamen van die NG kerk het hy die jong  Du Toit gevra om &#8216;n Griekse herdersang van Theokritus in Afrikaans te  vertaal &#8220;om ons te toon hoeveul beter dit sig in Afrikaans as Hollans  laat vertaal&#8221; \u2013 dit het Du Toit later vertel. Deur die Afrikaanse  tradisie aan die Paarl kon &#8216;n volwaardige taalbeweging daar begin toe  die tyd ryp was. Reeds voor dit het ander mense Afrikaans vir ernstige  sake gebruik. Hulle was lede van \u2018n godsdienstige gemeenskap in  Kaapstad.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Die eerste inrigting waar jong mense onbedoeld vir &#8216;n taalbeweging gereed gemaak is, was die Paarlse Gimnasium. Die oprigter in 1858 van di\u00e9 suiwer Hollandse skool was ds. G.W.A. van der Lingen (1804-1869). Hy was die predikant wat &#8216;n voorspraak was vir die Voortrekkers en deur Andries Pretorius &#8216;n &#8220;waare Afrekaan&#8221; genoem is. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12060,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-12061","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12061","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12061"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12061\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12060"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12061"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12061"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12061"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}