{"id":12059,"date":"2012-03-04T06:10:18","date_gmt":"2012-03-04T06:10:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12059"},"modified":"2012-03-04T06:10:18","modified_gmt":"2012-03-04T06:10:18","slug":"tim-vir-president","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12059","title":{"rendered":"Tim vir President!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit moet erg wees om Tim du Plessis te wees, amper  net so erg as om Max du Preez te wees! Die nuutste rubriek van ons heer  Tim (Volksblad 2\/3) het my laat wonder of ek moet lag of huil of my  broek bevuil!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  rubriek is rakende die hele debakel wat nog \u2018n verwarde omie gemaak het  in die parlement oor die &#8220;Bantoesprekendes&#8221;. (Snaaks hoeveel wit omies  verward begin raak&#8230;) Tim skryf:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet praat, met ander woorde. Grond is een van daardie kwessies wat die hele kaartehuis kan laat intuimel. Maar is praat nog moontlik?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan in die volgende paragraaf skryf hy:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie hoofstroom-reaksie op Mulder het ek gelees en gehoor. Die ekstreme standpunte op veral obskure digitale platforms het ek ge\u00efgnoreer. Jy verloor niks as jy jou doof en blind hou hiervoor nie. Die internet is \u2019n wonderlike ding. So ook geselsradio. Maar hulle het vir malletjies \u2019n stem gegee wat hulle nooit gehad het nie en allermins verdien.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie  is die malletjies? Is dit dalk die 80% van Beeld en Volksblad se lesers  wat kommentaar lewer op die internet? Is dit dalk die mense van Praag  of talle ander Afrikanerwebwerwe wat volgens Tim &#8220;obskure digitale  platforms&#8221; is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim sluit sy rubriek af met:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Soos ek dit verstaan: Die Grondwet en sy waardes moet die kanaal word waarlangs ons met mekaar sal moet praat en tot konsensus kom.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  dit nou dieselfde grondwet wat almal die reg tot vryheid van spraak,  opinie en assosiasie beloof? Volgens Tim, &#8220;soos ek dit verstaan&#8221; moet  ons die grondwet gebruik om met mekaar te praat, maar moet ons net die &#8220;malletjies&#8221; ignoreer wat die &#8220;obskure digitale platforms&#8221; gebruik.  Dit maak die gesprek bietjie langdradig want ons sal eers by onse heer  Tim moet uitvind wie nou almal malletjies is!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tim  het dus die hoofstroom-reaksie reaksie gehoor en gelees, wat dan seker  sal bestaan uit die SABC, Naspers en dalk \u2018n paar onafhanklike Engelse  koerante. (Natuurlik is al hierdie bronne totaal objektief en is daar  geen politieke agendas daar betrokke nie!)&nbsp; Na aanleiding van hierdie o,  so betroubare inligting het hy die opinies opgedeel in vier afdelings:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ol>\n<li>&#8220;Die liberale, hoofsaaklik wit en Engels, het op Mulder toegesak en  hom van \u2019n kant af slegges\u00ea. Dis hul ou laai: As jy wit en Afrikaans is,  is jy by voorbaat gediskwalifiseer vir deelname.&#8221;<\/li>\n<li>&#8220;Dan was daar die siedende reaksie uit swart geledere wat Mulder se  sienings verskreeu en verduiwels het. As jy African black is, was jy  eerste hier, maak nie saak w\u00e1t die historiese feite s\u00ea nie. Klaar  gepraat.&#8221;<\/li>\n<li>&#8220;Van wit kant het Mulder se siening van die historiese  vestigingspatrone heelwat steun gekry. Geen verrassing nie. Ook nie die  stertjie wat gewoonlik bykom van &#8216;maak in elk geval nie saak wie was  eerste hier nie, dis wittes wat swartes leer lees en skryf het nie&#8217;.  Asof dit enigiets bewys.&#8221;<\/li>\n<li>&#8220;Die malletjies.&#8221;<\/li>\n<\/ol>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou goed, as jy dit wiskundig uitwerk, kan die formule soos volg lyk:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Die hele bevolking) \u2013 (ENGELSE liberale) \u2013 (swart geledere) \u2013 (die wit kant) \u2013 (die malletjies) =&nbsp; X<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">X moet dan gelyk wees aan Tim en die wit liberales?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En:  Tim en die wit liberales wat blind en doof is vir die malletjies, (met  ander woorde skuldig daaraan om die menseregte soos daargestel deur die  Grondwet, te ignoreer) wil nou juis die grondwet gebruik om \u2018n gesprek  te begin met die (ENGELSE liberale) , (die swart geledere) en die  (rassistiese wittes).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  enigste sinvolle afleiding wat mens kan maak uit die formule is dat X  in die vorm van \u2018n kruisie demokrasie daarstel, met ander woorde X= reg  en Tim = X, daarom is Tim = reg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  kan dus wiskundig bewys word dat Tim du Plessis die enigste mens is wat  die land se sake objektief kan benader en oplos en daarom moet dit  vreeslik erg wees om so &#8216;n groot verantwoordelikheid op jou skouers te dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  goed, ek neem aan ek is net \u2018n &#8220;malletjie&#8221; op \u2018n &#8220;obskure digitale  platform&#8221;, maar hel(!) ten minste skuil ek nie agter \u2018n Engelsman nie!  Tim is besig om die &#8220;liberale&#8221; gedagtes oor te skuif na die arme &#8220;Engelse&#8221; toe. Nou goed, vir \u2018n &#8220;Engelsman&#8221; het die boer nie tyd van  1899 af nie, maar ek gun selfs nie my vyand d\u00edt wat Tim besig is om  te doen nie. Teen die tyd dat ons &#8220;malletjies&#8221; ons ogies uitvee, is Tim  en Max presidente van die nuwe behoudende Afrikanervolkstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  was miskien na\u00efef van ons om te verwag dat Afrikaanse liberales  verantwoordelikheid sal vat vir hulle optrede &#8211; Dit was toe al die tyd, n\u00e1  110 jaar, weer die ENGELSE liberales se skuld!!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan jy dit nou oorvertel?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">(As jy so maak, onthou net jy het dit by \u2018n malletjie op \u2018n obskure digitale platform gehoor!)<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit moet erg wees om Tim du Plessis te wees, amper net so erg as om Max du Preez te wees! Die nuutste rubriek van ons heer Tim (Volksblad 2\/3) het my laat wonder of ek moet lag of huil of my broek bevuil! Die rubriek is rakende die hele debakel wat nog \u2018n verwarde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-12059","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12059","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12059"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12059\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}