{"id":12058,"date":"2012-03-04T05:50:43","date_gmt":"2012-03-04T05:50:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12058"},"modified":"2012-03-04T05:50:43","modified_gmt":"2012-03-04T05:50:43","slug":"kom-hier-se-ek-en-my-r4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12058","title":{"rendered":"&#8216;Kom hier!&#8217; s\u00ea ek en my R4"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/r4_aanvalsgeweer2.jpg\" width=\"251\" \/>Daar kan mos nie gestry word oor wat die beste algemene milit\u00eare roer is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Stilte! Ek het mos ges\u00ea die argument is verby. Dis die R4 en klaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  \u2019n &nbsp;geweer om in aanmerking te kom, moet dit semi-outomaties met \u2019n  &nbsp;voloutomatiese funksie h\u00ea, van \u2019n &nbsp;dodelike kaliber wees, met \u2019n  ho\u00ebkapasiteitsmagasyn. Met ander woorde, dit moet \u2019n &nbsp;stormgeweer wees.  Deur die eeue was daar gewere wat wonderlik in bepaalde omstandighede en  tydsgewrigte gefunksioneer het, maar di\u00e9 wat nie as stormgewere  geklassifiseer kan word nie, van die roemryke Amerikaanse M1 Garand  terug tot by die veertiende-eeuse lontgeweer, kom nie vir oorweging in  aanmerking nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Garand is ter sprake. Dit was betwisbaar die beste infanteriewapen van  die Tweede W\u00eareldoorlog, ten spyte van \u2019n klein magasyn \u2013 net agt  rondtes \u2013 en die irriterende gewoonte om die herlaaistrokie na die  laaste skoot uit te werp \u2013 met so \u2019n &nbsp;helder simbaalgeluidjie wat \u2019n  &nbsp;vyand in die nabye omgewing inlig dat jou wapen leeg is. Die M1 was die  enigste semi-outomatiese langroer van die Oorlog en met die  indrukwekkende .30-06-rondte waarmee dit gewerk het, het dit vir die  Amerikaanse GI besondere slaankrag gegee. Hy het nie nodig gehad om elke  keer die grendel terug te slinger en vorentoe te stop nie; hy kon maar  net die sneller trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  wapensmede van daardie tyd was reeds baie bedrewe met die werking van  die voloutomatiese wapen. Die eerste pistole en masjiengewere wat s\u00f3  geopereer het, het reeds in die vorige eeu verskyn. En in die Eerste  W\u00eareld-oorlog is die geweer se lompheid in intieme gevegsituasies, soos  in loopgrawe, uiteindelik aangespreek met die ontwerp en vervaardiging  van die eerste submasjiengewere: Klein, snelvuurwapens wat  pistoolammunisie gebruik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geweer en sy spraaksame kleinboet, die SMG, het twee verskillende  situasies aangespreek. Die geweer het die infanteris se gebruiklike  operasionele gevegsafstand van honderd meter en verder gevul. Onder \u2019n  &nbsp;honderd meter het die SMG oorgeneem. Dit het egter \u2019n &nbsp;grys gevegsruim,  so tussen honderd en driehonderd meter gelaat, waar snelvuur ideaal sou  wees, maar waar meer slaankrag en akkuraatheid as wat die SMG kon  verskaf, nodig was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  was die Duitsers, immer op soek na \u2019n &nbsp;Wunderwaffen, wat die deurbraak  ontwerp het. Dit was die Sturmgewehr 44, \u2018n outomatiese skouerwapen,  langer en meer akkuraat as \u2019n &nbsp;submasjiengeweer en korter, meer  draagbaar, makliker aanwendbaar en met groter magasynkapasiteit as \u2019n  geweer. Dit het ook vernuwend gewerk met samestelling deur geperste  staalonderdele te gebruik. Die ammunisie was korter en nie so kragtig  soos di\u00e9 van \u2019n &nbsp;tradisionele geweer nie, en is ontwerp op grond van  Wehrmacht-ondersoeke wat bevind het dat by verre die meeste kontak op  minder as 300 meter plaasvind en dat \u2019n kragtige rondte soos die  Duitsers se eie 7,9 x 59 mm onnodig baie energie daarvoor ontwikkel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Sturmgewehr het alles verander. (Dis ook hoekom ek van \u2019n \u201cStormgeweer\u201d  eerder as \u201cAanvalsgeweer\u201d praat. Die Duitsers het die konsep ontwerp en  hulle kom die voorreg toe om dit \u2019n &nbsp;naam te gee. Die Engelse het dit  as \u201cAssault Rifle\u201d vertaal en dis waar ons die idee van \u201cAanvalsgeweer\u201d  gekry het.) &nbsp;Maar dit was net die begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  &nbsp;Russiese tenksoldaat, Mikail Timofeiewitsj Kalashnikof, het sy eie  interpretasie van die stormgeweer gebou: Die afstootlike meganiese  wonderwerk, die AK47. 65 jaar later is daar nog nie \u2019n &nbsp;betroubaarder  stormgeweer gelewer nie, en dit sou die beste gewees het as dit nie vir  die relatiewe pap kaliber was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Amerikaners het hulle eie roete gevolg deur eers die M1 Garand as \u2019n  &nbsp;aanvalsgeweer te verwerk. Hulle het die geweer effe ligter gemaak en \u2019n  &nbsp;groter, en verwyderbare, &nbsp;magasyn gegee. Hulle het dit die M14 genoem,  maar dit was in wese net \u2019n &nbsp;meer bruikbare langroer. Die 7,62 NATO  patroon was te kragtig om met gemak op kort afstande in die gesig van  die vyand te gebruik. \u2019n &nbsp;Kleiner rondte en \u2019n nuutontwerpte  aanvalsgeweer was nodig. Eugene Stoner het namens die  Armalite-maatskappy een, wat onder lisensie deur Colt gebou is, ontwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  legendariese lugmaggeneraal, Curtis LeMay (wat die aflewering van die  atoombomme op Japan in 1945 toegesien het), het sy hande op een by \u2019n  &nbsp;demonstrasie gel\u00ea, \u2019n &nbsp;paar waatlemoene daarmee geskiet, in die liefde  daarmee geval en sy status gebruik om aanvaarding deur die verskillende  komitees te stormram. Die Amerikaanse weermag het dit net betyds as die  M16 vir hulle onsmaaklikheid in Vietnam in gebruik geneem. Inderwaarheid  was dit \u2019n &nbsp;geweer met ernstige ontwerpsgebreke wat dit liederlik  onbetroubaar gemaak het. Dit is onbekend hoeveel Amerikaanse GI\u2019s die  lewe gelaat het omdat hulle M16\u2019s in die rysakkers van Vietnam op \u2019n  &nbsp;kritieke oomblik vasgeslaan het. Die Yanks, eerder as om die mislukking  te erken, het miljoene dollars gespandeer om oplossings daarvoor te  vind. Maar nou nog beskou ek die M16 as \u2019n &nbsp;puntenerige, brose wapen. En  tog het dit een onskatbare bydrae tot die Westerse arsenale gemaak: Die  liggewig, ho\u00ebtrompsnelheidrondte, die 5,56 mm, NATO wat daarvoor  ontwerp is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  koe\u00ebl, in omvang en werkverrigting nie baie anders as die .222 wat  Boerseuns goed geken het nie, het ontsaglike  weefselvernietingspotensiaal, soos wat selfvoldane maar dro\u00eb  krygstuiganaliste daarvan praat. Onder 300 meter mors dit baie meer met  die mens se lyf as selfs die Amerikaners se geliefde .30-06.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Europe\u00ebrs het \u2019n &nbsp;ander NATO-rondte, die 7,62 x 51 mm rondte vir hulle  stormgewere gebruik. Die beroemdste van hierdie wapens was die FN FAL.  Omdat die SAW in hierdie milit\u00eare dampkring was, het hulle die FN in die  vroe\u00eb sestigs as hulle eerste stormgeweer opgeneem en dit later in  metrieke dimensies self vervaardig. Dit was die ikoniese R1 waarmee die  troepe volk en vaderland verdedig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  R1 is \u2019n geweerman se geweer. Dit is \u2019n &nbsp;elegante wapen wat maklik in  die skouer l\u00ea en fynskiet bewerkstellig. En tog bevat dit presies die  gebreke van die M14 \u2013 die kaliber, veral vir dienspligtige dorpsjapies,  was net te kragtig. Die magasyn het \u2019n &nbsp;relatiewe karige 20 patrone  gehuisves. Boonop is dit geensins \u2019n robuuste geweer nie. Dit verg  deurlopende sorg om \u2019n &nbsp;R1 in gevegstand te hou en in die deurnat, stof  en modder van die Operasionele Gebied was dit \u2019n &nbsp;komplikasie. Die  troepe het eers die omvang daarvan ingesien toe hulle begin het om  AK47\u2019s van slagvelde te herwin en gesien het hoe hierdie Rus net aanhou  skiet, of dit nou vol stof, spinnerakke of modder is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  &nbsp;Loopgraafdenker wat hierdie dinge ontleed het, moes tot een  gevolgtrekking gekom het: As daar maar net \u2019n stormgeweer soos die AK  met \u2019n &nbsp;goeie kaliber was. Al die tyd was daar toe net so \u2019n  &nbsp;krygswonderwerk, die Israelse Galil, en in 1982 toe kry ons hom ook,  begin homself maak, effe meer robuust met \u2019n saamgesteldeplastiekkolf,  -hand- en voorste greep, en die opvoukolf is merkbaar langer want die  SAW-troep is groter as sy Israelse eweknie. Gewere in die ou SAW het nie  naastenby sulke kleurvolle name as hulle voertuie gekry nie. Di\u00e9 roer  word toe nie die Spoegslang of die Bysteek of die Bobbejaanspinnekop  nie. Dit is bloot die R4.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  ons by die Israeli\u2019s gekry het, was in wese \u2019n &nbsp;AK47 ingeruim vir die  dodelike 5,56 NATO-rondte. Die werkende dele is identies aan Kalasjnikof  se ontwerp. Uiterlik is dit heel anders en die enigste ooreenkoms met  die AK is die piesangvormmagasyn en, vir die fynkykers, die rompdeksel.  Maar in sy siel is die R4 \u2019n &nbsp;AK en dit is so betroubaar as wat van  enige stormgeweer verwag kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  R4 is vir die eerste keer aan troepe uitgedeel die jaar voor ek weermag  toe is. Die eerstes was so soort van \u2019n &nbsp;oorbruggingswapen met meer  tradisionele kenmerke soos \u2019n &nbsp;voorste handgreep van hout. Dit het ook  \u2019n &nbsp;koddige drahandvatsel gehad, so \u2019n &nbsp;uitswaaibare plastiek- en  staalarmpie. Di\u00e9 geweer is gou vervang met \u2019n &nbsp;wapen wat die SAW sou  help om legendes regoor die Operasionele Gebied en in Angola te skryf.  So \u2019n &nbsp;wapen was die R4 genaamd Br\u00fcnnhilde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  inwerkingstelling van die R4 as die standaardstormgeweer van die SAW  het my met afgryse vervul. Ek was \u2019n &nbsp;R1-man vandat ek die eerste keer  as penkop een gesien het. Daar was iets so dodelik en slank aan die R1.  Maar ai, die R4 was \u2019n &nbsp;lelike klein bliksem veral met die dik, kantige  voorste greep. Estetiese oorwegings ter syde gelaat, was ek in die keuse  van kaliber geskok. Ek sou goed kon glo dat daar \u2019n &nbsp;kommunistiese  komplot was om die Suid-Afrikaanse soldaat hopeloos kwesbaar voor sy  vyande te laat. (Ek sou later van beter leer.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  het teen alle hoop in gehoop dat ons tog R1\u2019s sou kry. Maar nee. My R4  is in Januarie aan my, \u2019n &nbsp;rou rower, in 1SAI oorhandig. Ek en die res  van my peloton het langs \u2019n &nbsp;ho\u00eb toonbank in die magasyn afgeskuif tot  by \u2019n &nbsp;korporaal wat met groot konsentrasie my rang, magsnommer en naam  in &nbsp;\u2019n &nbsp;register aangeteken het. \u2019n &nbsp;Oumanklerk agter hom het sy hand in  \u2019n groot oliedrom gesteek. Daar was \u2019n &nbsp;bondel gewere in die oliedrom.  En olie. Hy het \u2019n &nbsp;druipnat, olieglibberige wapen uit die drom getrek,  dit pens-na-bo gedraai, die olie met &nbsp;\u2019n &nbsp;lap van die nommer weggevee en  dit vir die korporaal gelees, en toe die glinsterende, oliedeurweekte  roer aan my oorhandig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om  van daardie olie ontslae te raak, was \u2019n &nbsp;onbegonne taak, een van  daardie onmoontlike dinge wat die weermag van die troepe verwag het, en  wat hulle tog reggekry het met kookwater, seep, lappies van elke  grootte, naelborsels, deurtrekkabels, kwassies, tandestokkies en ander  amptelike en minder-amptelike implemente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder  olie was die wapen aan my toevertrou om die goddelose mee te verdryf \u2019n  &nbsp;kort (net oor \u2019n &nbsp;meter) kantige, gesette wapen, dofswart van die  riffels agter die skouerkolf tot die ring voor aan die blitsbreker. Die  romp is van uitgeperste metaal, die agterste handgreep \u2019n &nbsp;nou, hol balk  van polimer. Die voorste handgreep was dik, onhandig en het die R4 se  ware koddigheid verberg \u2013 dubbeluitslaanpootjies met \u2019n &nbsp;draadtang aan  die voorkant.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie  pootjie-en-draadtangkonstruksie was altyd my grootste beswaar teen die  R4. Die geweer het net nie soos \u2019n &nbsp;R1 of \u2019n Lee Enfield of K98 Mauser  in die palm gel\u00ea nie. Boonop was dit ten strengste verbied om die geweer  af te vuur terwyl dit op die pootjies is. Ek weet van geen draad wat in  aggressie met die tang geknip is nie, en dit het buitendien net gehou  totdat jy probeer het om \u2019n &nbsp;&nbsp;slot daarmee af te byt (in die dae voor jy  geweet het wat die regte manier is om \u2019n &nbsp;slot van \u2019n &nbsp;trommel af te  breek.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  was net twee bykomstighede vir die R4 gelys: Magasyne en \u2019n &nbsp;draband.  Die draband was \u2019n &nbsp;bre\u00eb gordel van dik seil gemaak. Elke troep is deur  opdrag van ho\u00ebr gesag verplig om sy magsnommer met \u2019n &nbsp;merkpen daarop te  skryf en elke troep is deur groepsdruk genoop om sy meisie se naam by  te voeg. Teen hierdie tyd was dit al vir my duidelik dat geen opgevoede  man met die naam van sy meisie in &nbsp;hierdie betrokke openbare forum te  koop loop nie en ek het \u2019n &nbsp;fiktiewe een neergeskryf. Ek was in \u2019n  Wagner-fase en die Walkuur, Br\u00fcnnhilde, was \u2019n &nbsp;gepaste virago om \u2019n  &nbsp;implement van oorlog na te vernoem. So, in gotiese skrif, het die naam  Br\u00fcnnhilde, op my geweerband verskyn. Natuurlik is dit daar opgemerk en  natuurlik het ek nie my bedrog erken nie. Maar ai, die gloeiende stories  wat ek van dierb\u2019re, gewillige Hilde vertel het!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik,  soos in enige goeie verhouding, was die R4 net daar om vir ons ergenis  te veroorsaak. Dit is as oefenimplement gebruik \u2013 hou dit horisontaal  voor jou tot jou elmbo\u00eb verkrummel. Dit &nbsp;het ook in baie kompakte vorm  \u2019n &nbsp;legio moontlikhede om diep in die moeilikheid tydens \u2019n &nbsp;inspeksie  te kom, gebied. Offisiere het die misterieuse vermo\u00eb gehad om \u2019n  &nbsp;stoffie, \u2019n &nbsp;oliespikkel, \u2019n &nbsp;donsie in die fynste, diepste gleuf op te  spoor en oorvloedige offisi\u00eble wraak was onvermydelik die gevolg. Ek is  net eenkeer gestraf tot kasernebeperking (CB!) en dit was vir \u2019n vuil  geweer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons &nbsp;het ook met die goed gehardloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor  \u2019n &nbsp;2,4 weeg \u2019n &nbsp;R4 4,5 kilogram is daar ges\u00ea, en aan die einde daarvan  45 kilogram. Geen geweerband is toegelaat &nbsp;nie en met die aftik van tyd  en die afl\u00ea van tre\u00eb word die geweer al hoe moeiliker om te dra. Jy  probeer dit soos \u2019n juk oor jou skouers, of soos \u2019n &nbsp;boomstomp oor die  een skouer, soos \u2019n &nbsp;baba in die arms of \u2019n &nbsp;skooltas in die een hand  dra, maak nie saak nie, die ding word net swaarder, bonkiger en lomper.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  was voornemende skutters en die weermag het baie &nbsp;klem op  geweeropleiding \u2013 skietkuns soos hulle dit genoem het \u2013 gel\u00ea. Daar was  \u2019n &nbsp;uitgebreide teoretiese komponent wat met baie praktiese oefening  afgewissel is, weke voordat ons die wapens vir die eerste keer op De  &nbsp;Brug kon afvuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  iewers in die proses het ek en Br\u00fcnnhilde mekaar tog gevind. Dit was so  \u2019n &nbsp;beskeie, praktiese, doeltreffende wapen sonder fieterjasies. Dit  het nooit voorgegee om iets anders te wees nie en soos ons later sou  leer, wanneer jy iets van jou R4 verwag het, het dit gepresteer \u2013 so  anders as die R1 wat erg wispelturig kon wees. Iemand in die weermag het  die onderdelebenaming van die wapen in die lekkerste Afrikaans  weergegee, en daarin kon ek my ook verlustig: Blitsbreker, spangreep,  romp, rompdeksel, rollende sluitstuk, gassuier, gassilinder&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  het elke onderdeel so goed leer ken en kon die geweer in sekondes  aftakel en weer aanmekaar sit. (My buurman se seun het die anderdag sy  pa se LM5, \u2019n &nbsp;siwwieweergawe van die roer wat ek geken het, beetgekry.  Neels s\u00ea toe vir hom dat as hy die voukolf kan opvou, kan hy dit kry.  MWee het sy elfjarige gewig en krag met alle mening aangewend, maar kon  nie in die operasie slaag nie. Toe ek weer daar uitslaan, daag hy my uit  om dit te doen en oorhandig die geweer. Ek het nie daaroor gedink of  die roer besigtig nie. My hande het eenvoudig oorgeneem, algeheel in  outomaties, die linkerhand het die handgreep gevat, die rompdeksel na  regs gedraai, die regterhand het die kolf gevat, die twee hande het kolf  en romp teen die veer na mekaar gestoot en die kolf is opgevou. Ek was  net so verbaas soos MWee.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  het my eerste skoot met Br\u00fcnnhilde geskiet op die klipharde, stowwerige  skietbaan van Generaal De Wet Opleidingsterrein te De Brug. Die skoot  het so \u2019n &nbsp;plat knal, soos \u2019n &nbsp;sweepklap, anders as die R1 se meer  robuuste blaf of die AK 47 se \u201cp\u00f4p!\u201d-geluid wat mens aan ploffende  springmielies laat dink. L\u00eahouding, voorste visier in die kring gevorm  deur die agterste visier, rus die teiken op die balkie&#8230; trek die  vinger. En daar is hierdie gevoel van die geweer werklik as \u2019n &nbsp;masjien,  van vere en slagpenne wat slaan, van afgetapte gas en suiers en  silinders en stawe en hake en terugslagvere, alles in presiese, afgemete  volgorde in werking gestel deur \u2019n &nbsp;millimeterlange beweging van die  voorvinger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ware vreugde van die R4 is om daarmee te skiet. Dit byt nie, skop nie  noemenswaardig terug nie, ruk nie die loop op nie; net \u2019n &nbsp;stampie teen  die skouer en \u2019n dun, langwerpige missiel skroei deur die atmosfeer teen  meer as \u2019n &nbsp;1,000 meter per sekonde. Bliksem! Ons het baie geskiet in  Basies, maar nooit genoeg vir my nie. Ek het uitgevind dat die R4  heerlik akkuraat is, \u2019n &nbsp;regte duimspykerdrukker tot op 300 meter. Ons  was nie toegelaat om op voloutomaties te skiet nie, maar selfs in  semi-outo kon \u2019n &nbsp;mens van \u2019n &nbsp;indrukwekkende hoop ammunisie in \u2019n &nbsp;baie  kort tydjie ontslae raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  Tweede Fase \u2013 \u2019n &nbsp;konvensionele-oorlogvoeringopleidingsfase \u2013 was die  klem wel en deeglik op die verhouding tussen skutter en sy geweer. Ons  het kilometer na uitmergelende kilometer geoefen aan vuur-en-beweging.  Dit is die klassieke infanteriemetode om na \u2019n &nbsp;doelwit op te ruk. Die  idee is om oor \u2019n &nbsp;kort afstand te storm, neer te slaan, \u2019n &nbsp;paar  ontwykende bewegings uit te voer, \u2019n &nbsp;paar skote op die front te vuur en  om dit alles weer te herhaal. Wat \u2019n &nbsp;meedo\u00ebnlose oefening in  o\u00ebnskynlike futiliteit is, word opwindend wanneer die aksie met  skerppuntammunisie herhaal word. Om in kompanieverband op \u2019n  &nbsp;vasgestelde doelwit af te storm, so adrenaliendeurtrek dat die harde De  Brug-grond so onintimiderend as \u2019n &nbsp;verebed word, met die geraas van  stewels, krete, bevele en&#8230; beste van alles, die plat knalle van R4\u2019s  en die hees gestotter van LMG\u2019s op die flanke, is infanterieparadys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  een so \u2019n &nbsp;aanval het ek en Br\u00fcnnhilde vir die eerste keer bloed  getrek: My eie. Ek het die grond hard getref, gerol, gekruip, die  omgewing bespied, \u2019n &nbsp;teiken gekies, gemik en die sneller getrek \u2013  onbewus dat in al die bedrywigheid my voorste elmboog terug geskuif het  en my pinkie in die werkende dele van die geweer geskuif het. Die  terugslagveer het die sluitstuk soos \u2019n slagyster toegeslaan en die  voorkant van my pinkie het soos \u2019n &nbsp;druiwekorrel onder \u2019n &nbsp;hamer  oopgebars. Daar was bloeddruppels teen die voorste visier, al langs die  geweer af, in my gesig en tot op my staaldak. En dit was heerlik,  heerlik, heerlik&#8230; daardie skerp pyn, ingemeng met die liggaam se  krisissappe. Ek was op my voete, skielik reg voor die doelwit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBullets!\u201d  gil Korporaal Digue agter my. Br\u00fcnnhilde kom teen my skouer, die ring  van die agterste visier tussen die twee pilaartjies kom voor my op en ek  sien die balk van die voorste visier. Wlak!Wlak! En ek en Br\u00fcnnhilde  storm nog nader aan die uitwissing van die vyand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  die tweede helfte van Basies, deur die grootste gedeeltes van Tweede  Fase-opleiding, tot aan die einde van jou operasionele aanwending, was  jou geweer voortdurend \u00f3f byderhand, \u00f3f aan jou lyf, die R4 tipies met  kolf opgevou, loop ondertoe, aan die band oor jou regterskouer teenaan  jou rug. Jou geweer het saamgegaan kantien toe, as jy gaan stort, terwyl  jy \u2019n &nbsp;loopgraaf grawe, by jou in jou kajuit terwyl jy Buffel of Ratel  bestuur. Dit was by jou in die vrieskoue van De Brug, die smeltende  hitte van Ovamboland, die modder van Angola. Dit was by jou terwyl jy  huis toe verlang het, saam met jou pelle te veel gedrink het, die dood  van makkers betreur &nbsp;het en die lewe gevier het. Jou natuurlike stand  was met jou R4 teen jou. Daar sou tye kom wat jy skielik in kouesweet  besef jy is onvolledig, op \u2019n &nbsp;manier gebreklik en in die moeilikheid  want: Jou R4 is nie by jou nie! En dan besef jy jy is by die huis op  verlof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie  stomp, swart geweer was saam met my deur opleiding en twee  gemeganiseerde operasies in Angola. Dis eensaam in \u2019n &nbsp;loopgraaf in die  donker, onseker wat daar is en nader beweeg. Maar dan vryf jy oor die  rompdeksel van Br\u00fcnnhilde en jy weet dat as daar \u2019n &nbsp;slaagsraking sou  wees, jy en jou R4 iets te s\u00ea sal h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  \u2019n &nbsp;rustiger tydjie het die rang besluit om die troepe se dreigende  verveeldheid met \u2019n magsvertoon aan te spreek. \u2019n &nbsp;\u201cMagsvertoon\u201d in di\u00e9  konteks was om al wat \u2019n &nbsp;wapen en \u2019n voertuig is in \u2019n &nbsp;uitgestrekte  linie uit te span en dan, op \u2019n &nbsp;bevel, vir almal om al die ammunisie in  hulle besit min of meer rigting vorentoe leeg te skiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  my vriende was nie opgekekkel oor die dag se vermaak nie en ek het  hulle magasyne versamel. Op die vuurfront het ek hulle kruis en dwars  tot so middellyfhoogte opgestapel. Met die vuur! het ek die R4 gespan,  die kieser op \u201cA\u201d vir \u201cAfrikaans\u201d (outomaties) gestoot, Br\u00fcnnhilde tot  teen skouer gebring en die geweer het gehakkel teen my skouer en vonke  by die blitsbreker gestrooi. Magasyn leeg! Haak uit en laat val!  Volgende in&#8230; Teen die skouer! Knal!knal!knal! Leeg. Minute later kon  niemand verder as twee meter deur die dik bank rook en stof sien nie. En  al my magasyne was leeg. Ek het digby \u2019n &nbsp;duisend rondtes afgevuur en  die loop het behoorlik gegloei; het so warm geword dat die voorste  handgreep so breibaar soos klei geword en losgekom het. Maar Br\u00fcnnhilde  kon dit vat en daar was nie \u2019n &nbsp;enkele storing nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  Februarie 1984 is ons sonder waarskuwing aanges\u00ea om aan te tree en ons  gewere na die wapenstoor te neem. Daar het ek vir Br\u00fcnnhilde oorhandig.  Dit was die laaste keer wat ek die kort, bonkige geweertjie gesien het.  In plek daarvan het ek \u2019n &nbsp;splinternuwe R4, di\u00e9 keer in \u2019n &nbsp;donker,  egalige bruin, ontvang. Dit is die geweer wat ek tot aan die einde van  my loopbaan gehad het. Ek het nooit dieselfde verhouding daarmee as met  my eerste weermagroer opgebou nie, maar nou ja, ons is nie saam deur  naastenby dieselfde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  en my ou weermagvriende droom van \u2019n onafhanklike staat waar die  Afrikaner deur homself geregeer sal word en net vir homself  verantwoordelik sal wees. Ek glo \u2013 ek w\u00e9\u00e9t \u2013 dat hierdie wonderlike land  op \u2019n &nbsp;vreedsame manier bekom kan word. Maar ek is nie na\u00efef nie. Ek  weet dit sal beveilig moet word, indien nodig met die roer teen \u2019n  &nbsp;oormag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  di\u00e9 dag sou kom, en ek en my pelotonmakkers is te oud vir  vuur-en-beweging, plaas ons in die voorste verdedigingslinie, verwyder  ons rolstoele. En as ons elkeen \u2019n &nbsp;R4 het, wie die goddelose teen ons  ook al is&#8230; laat hulle kom!<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar kan mos nie gestry word oor wat die beste algemene milit\u00eare roer is nie. Stilte! Ek het mos ges\u00ea die argument is verby. Dis die R4 en klaar. Vir \u2019n &nbsp;geweer om in aanmerking te kom, moet dit semi-outomaties met \u2019n &nbsp;voloutomatiese funksie h\u00ea, van \u2019n &nbsp;dodelike kaliber wees, met \u2019n ho\u00ebkapasiteitsmagasyn. Met ander [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12057,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12058","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12058","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12058"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12058\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12057"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12058"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12058"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12058"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}