{"id":12056,"date":"2012-03-03T04:54:30","date_gmt":"2012-03-03T04:54:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12056"},"modified":"2012-03-03T04:54:30","modified_gmt":"2012-03-03T04:54:30","slug":"leeus-hap-mis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12056","title":{"rendered":"Leeus hap mis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Conrad Smith van die Hurricanes word deur die Leeus gestuit\" alt=\"Conrad Smith\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/conrad_hurricanes_leeus.jpg\" width=\"251\" \/>Die  braaivleisvraag waaroor die afgelope maande getwis is, is of die Leeus  se Curriebekersukses van verlede seisoen die werk van kampioene of \u2019n  lukrake gelukskoot was. Die skeptici het volgens gisteraand se telbord  genoeg ammunisie om oor te haal. Maar fyner ontleding van die wedstryd,  wat die Leeus teen die Hurricanes met 28-30 verloor het, wys dat die  dispuut nog lank nie opgeklaar is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gesoute  Leeu-ondersteuners moet in die versoeking wees om in die ou bekende  gelatenheid, beklemtoon met die ophaal van die argelose skouer vyftien  sentimeters bo die gekweste hart, te verval. Hierdie neerlaag is ou  bekende terrein. Dit is immers die vyfde keer in die laaste vyf  kragmetings teen die Hurricanes wat die Leeus afgestof is. En tog is  daar beduidende verskille met die verlede. Vroe\u00ebr jare wanneer die Leeus  verloor het, was dit omdat hulle eenvoudig nie goed genoeg was nie.  Wanneer hulle nader aan \u2019n oorwinning gekom het, was dit weens moed wat  groter as talent is en\/of \u2019n dubbelskeut geluk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Leeus van hierdie jaar \u00eds goed genoeg om te wen. Die beste span het  verloor, en ja, ons sal die \u201cscoreboard checks\u201d Oom Boy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  was geensins \u2019n span in volle vaart wat verloor het nie. Die  vroegseisoengriep is nog onder lede. Op die aanval is hulle nog nie so  deurdringend as wat \u2019n mens van hulle kan verwag nie en hulle het \u2019n  bepaalde swakheid ontwikkel om die bal in die botsing te verloor. Hulle  prim\u00eare eerstefasewapen \u2013 \u2019n bulskrum \u2013 is na die eerste kwart van die  wedstryd geneutraliseer toe plaasvervangerstut, CJ van der Linde  afgehinkepink het met \u2019n bobeenbesering. Wedyweringslose skrums het nou  gegeld en daarmee kon die Hurricanes se losvoorspelers vinniger onttrek  om die aanvallende Leeus se ruimte in te kort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  punteinsameling het met \u2019n Bowden Barret-strafskop begin. Minute later  het die Leeus die Hurricanes teen die doellyn vasgedruk en \u2019n  ondreigende laterale aanvalle geloods. Die bal is eenvoudig aangewip van  speler tot speler, met blykbaar elkeen van hulle wat geweier het om die  lyn reguit te trek. Die laaste aangee was na Jaco Taute en hy het geen  reg gehad om te dink hy gaan \u2019n drie uit di\u00e9 situasie druk nie. Maar hy  het. Hy het daardie twee-drie tre\u00eb met die mees ongesofistikeerde krag  gewen en toe gevind sy arm is lank genoeg om die doellyn te haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Leeus het die afskopbesit op die grond gemors en het onkant gedwaal.  Barrett het getref en die telling was 6-5. \u2019n Minuut later het Jaco  Taute, binne sy eie halfgebied, die drywer op die bal getrek vir \u2019n  strafskop, en die telling was 8-6.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie  lank daarna nie het die bal die Leeus weer ontglip, die Hurricanes kon  aanval en die heelagter, Andr\u00e9 Taylor het \u2019n gespierde lak van Michael  Killian vir \u2019n drie in die hoekie oorleef. Die Hurricanes, voor, 14-8  met halftyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na  die openingstrofe van die tweede helfte het albei spanne \u2019n strafskop  behaal, maar \u2019n teenaanval van die Leeus het die Hurricanes se  verdediging versplinter. In die gebruiklike harwar was dit Franco van  der Merwe wat s\u00fd arm die keer lank gerek het vir \u2019n drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  volg was twee minute waarin die Leeus swaar gekwes is. Met \u2019n aanval in  volle swang het Josh Strauss die bal in \u2019n lak verloor. Conrad Smith  het die bal vorentoe geskop en agterna gesit, net-net betyds weer daar  gekom en w\u00e9\u00e9r van die grond af geskop, di\u00e9 keer nie reguit nie, maar  dwarsvoet soos die spaantjie van \u2019n spykertafel kant toe waar die haker  Dane Coles dit met \u2019n oop doellyn bymekaar gemaak het. Pas na die  heraanvang het die Leeus w\u00e9\u00e9r die bal weggegee en Barret het oopveld toe  geskop waar die bal ongure manewales aangevang het om \u2019n  Hurricanes-speler eerder as \u2019n Leeu te vind. Corey Jane het ingestoom  vir \u2019n maklike drie. Nie een van di\u00e9 twee drie\u00eb is gekroon nie, maar  skielik was die Leeus 27-18 agter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  antwoord op die sommetjie was dat \u2019n strafskop en \u2019n verdoelde drie die  yster sou wees om die kastai\u00cfngs uit die kole te hark. Die strafskop  het geredelik gekom en nou het dit gelyk asof die Leeus se  drie-en-twintigste speler \u2013 Tannie Ellispark en haar ho\u00eb lugdruk \u2013  beslissend sou deelneem. Die Hurricanes was sat gehardloop en het  verniet diep gesuig vir suurstof. Weereens het \u2019n vlaag aanvalle die  Leeus tot teen die doellyn gebring en hierdie keer was dit Butch James,  van die bank af as plaasvervanger, wat die verdediging teruggeklop het  met sy eie lyf en toe die aarde getref het vir \u2019n drie. Met agt minute  oor was die Leeus een punt voor en dit het gelyk asof daar vir hulle nog  meer wag. Hulle was doelgerig, skerp, verbete&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  die Hurricanes het die bal gekry en behou en begin speel om \u2019n  strafskop uit die Leeus te wurg. Die een vlak aanval na die ander,  links-regs, links-regs, \u2019n tree, twee tree op \u2019n slag in die middel af,  die een fase uit die ander gemaak, en uiteindelik was dit Butch James  wat oor die onkantlyn gedryf het, vlak teen die pale. Die Hurricanes het  oorgeskop en die Leeus se desperate doodsaanvalle oorleef om met twee  punte te wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patric  Cilliers is as Man van die Wedstryd aangewys en daar is geen argumente  van my af nie. Hy het soos \u2019n bees geskrum toe hulle nog mag geskrum  het, was elke keer met die bal onder die arm \u2019n swaar slag om te  verwerk, en het soos \u2019n tjopkerwer gelak. Maar as dit my stem was wat  die M.v.d.W. aangewys het, was dit Alwyn Hollenbach. Hierdie binnesenter  begin al meer lyk asof groen en goud die regte kleure vir hom is. Hy is  groot, het massiewe teenwoordigheid in die middelveld, vind gapings of  hamer eenvoudig een deur die verdediging. Sy verspreiding is goed en hy  perk homself nie streng in sy kanaal in nie en is dikwels eerste by om  soos \u2019n goeie losvoorspeler skons te bak met die krummels besit wat op  die grond l\u00ea of om \u2019n gelakte makker te help om die bal te herwin. Daar  is een ander agterspeler met dieselfde aura, veggees en finesse as hy en  dit is Jaco Taute, ook in die Leeus se agterlinie, op heelagter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Leeus het soos die Leeus van ouds verloor. Maar die ander spanne sal  skrander wees om hulle nie met hulle voorgangers te vergelyk nie.  Wanneer alles reg gaan loop en hulle net die bal beter in die botsing  beskerm, gaan hierdie Leeus nog baie spanne seermaak voor die seisoen  verby is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die braaivleisvraag waaroor die afgelope maande getwis is, is of die Leeus se Curriebekersukses van verlede seisoen die werk van kampioene of \u2019n lukrake gelukskoot was. Die skeptici het volgens gisteraand se telbord genoeg ammunisie om oor te haal. Maar fyner ontleding van die wedstryd, wat die Leeus teen die Hurricanes met 28-30 verloor het, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12055,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-12056","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12056","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12056"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12056\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12055"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12056"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12056"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12056"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}