{"id":1205,"date":"2007-12-21T06:08:19","date_gmt":"2007-12-21T06:08:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1205"},"modified":"2007-12-21T06:08:19","modified_gmt":"2007-12-21T06:08:19","slug":"die-mite-van-marinus-wiechers-se-groot-intellek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1205","title":{"rendered":"Die mite van Marinus Wiechers se groot intellek"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die hele konsep van apartheid is nie absoluut tot Verwoerd terug te herlei nie. Apartheid is &rsquo;n ingewikkelde beleid wat uit baie interpretasies en komponente bestaan, en is al eerder deur die Hollanders en later die Engelse toegepas. Daar was diskriminerende wette teen swartes in sport en die onderwys in die Kaap en Natal (Britse kolonies) gewees toe hierdie wette nog nie in die Boererepublieke van Steyn en Kruger bestaan het nie. Verwoerd se belangrikste bydrae tot apartheid was die sisteem van tuislande gewees. <\/p>\n<p> Die rede waarom Verwoerd die noodsaak van tuislande ingesien het was juis omdat die stede geen oplossing gebied het vir etniese konflikte nie. Toe Europa sy donkerste uur beleef het in die veertiger jare het afgele&euml; lande, waaronder Suid-Afrika, ekonomies juis vooruitgegaan om die oorlogsmasjien aan die gang te hou. Daar was genoeg werk in die stede vir almal en mense van alle rigtings het op die groter stede in Suid-Afrika toegesak vir werk. Die oorlog het grotendeels &rsquo;n einde gemaak aan die armblankevraagstuk van daardie tydperk, maar sou nie vir ewig voortduur nie. <\/p>\n<p> Toe die vrede in Europa gesluit was, het die stedelinge in Suid-Afrika juis bedreig gevoel deur die gebrek aan werksgeleentheid aldaar en dit het tot sporadiese geweldsinsidente gelei. In 1947 het in Natal &rsquo;n groep Indi&euml;rs en swartes slaags geraak waarby &rsquo;n aansienlike aantal omgekom het, en dit het die regerende partye genoop om &rsquo;n sisteem van tuislande te implementeer as &rsquo;n oplossing vir etniese konflikte. In Indi&euml; in dieselfde periode het &rsquo;n soortgelyke proses plaasgevind na onafhanklikheidswording. Die Moslems in Indi&euml; het noordwaarts gemigreer en die staat Pakistan gestig terwyl die Hindoes in die noorde suidwaarts gegaan het na groter Indi&euml;. Verwoerd se beleid was hoofsaaklik bepaal deur sy wete dat etnisiteit &rsquo;n belangrike rede is waarom daar konflikte in die w&ecirc;reld is&#8230;iets wat nog nooit verander het in die geskiedenis nie. <\/p>\n<p> Die stede het egter te veel aantrekkingskrag gehad en na sowat ses jaar in die stede was daar min mense wat bereid was om in enige ander plek as om in die stede te woon. Die tuislande het ook vir die nodige agterdog gesorg by swartes, wat die sisteem nie vertrou het nie. Verwoerd was in sommige gevalle te ambisieus gewees deur te dink dat &rsquo;n mens &rsquo;n afgele&euml; slaapdorp kon omtower in &rsquo;n w&ecirc;reldstad, hoewel in die woorde van sy seun Wilhelm Verwoerd was die mislukking van tuisland-apartheid hoofsaaklik deur die swartes self veroorsaak, daar hulle nie die doelstelling van daardie sisteem begryp het nie en swart leiers ook nie met die nodige integriteit gehandel het om daardie plan te verwesenlik nie. As die swart bevolking werklik goed geweet het wat Verwoerd se planne was en hul energie daarop gerig het, sou hulle die tuislandsisteem vreugdevol verwelkom het. <\/p>\n<p> Dis nogal ironies dat Wiechers Verwoerd verwyt dat hy nie veel kennis van die Nederlandse sisteem van konsosiasie gehad het nie, wat &rsquo;n protestantse tradisie blyk te wees. &rsquo;n Mens wonder of Wiechers besef dat Verwoerd se vader &rsquo;n Nederlandse predikant was, en bowendien was die tuislande by uitstek &rsquo;n sisteem van konsosiasie gewees &ndash; in soverre dit haalbaar is in &rsquo;n Afrikaland met &rsquo;n koloniale verlede. Die tuislande was juis ingevoer om soveel moontlik gelykheid te skep in een land, maar dan wel met die verskil dat swart nie oor blank sou kon heers nie, juis om die ellende te voorkom wat Suid-Afrika se bevolking tans ondergaan.<\/p>\n<p> Generaal Hertzog het destyds gestel het dat sodra &rsquo;n mens &rsquo;n sisteem van integrasie in Suid-Afrika sou toepas, sou dit lei tot hiperkapitalisme, met &rsquo;n steenryke koterie aan die een kant (ongeag huidskleur) en &rsquo;n golf van armoede aan die ander. Deur gelyksoortiges onder ander gelyksoortiges te plaas, skep &rsquo;n mens juis ruimte vir &rsquo;n meer gelykwaardige opkoms van al Suid-Afrika se volke. Segregasie is juis &rsquo;n soort homogenisering gewees van die verskillende groepe in Suid-Afrika. Wiechers versuim om te noem dat as die verskillende swart stamme nie voortdurend teen mekaar baklei het nie, sou so &rsquo;n klein groepie blankes nooit aan die mag gekom het nie, en soos prof. Hermann Giliomee gestel het, was dit indertyd byna onmoontlik gewees om nie apartheid in te voer nie. Vandag bestaan apartheid nie meer nie en die hele bevolking is aansienlik armer as tydens die jare van blanke bewind, net soos Hertzog voorspel het. <\/p>\n<p> Die vernederende wetgewings waar apartheid ook bekend om was, was juis ingevoer om te voorkom dat daar geen verdere afbraak kon plaasvind wat die homogenisering van die verskillende gemeenskappe nie. Hierdie wette was egter nie uit die staanspoor bedoel om vernederend&nbsp; te wees nie, maar met &rsquo;n bevolking van &rsquo;n tiental miljoene mense kan &rsquo;n mens net in terme van meerderheidsbelange werk. Die manier waarop hierdie wette toegepas was, soos die ontugwet, was hoegenaamd nie bewonderingswaardig nie. &rsquo;n Mens moet egter rekening hou dat die ontugwet aanvanklik &rsquo;n sagte maatre&euml;l was met die doel om huwelike oor die kleurslagboom te ontmoedig, maar het die weg gebaan vir agressiewe optredes deur die hoeders van die wet. <\/p>\n<p> Tog moet &rsquo;n mens rekening hou met die feit dat na meer as 30 jaar se terreur, intimidasie en propaganda vanuit linkse geledere, nog steeds 40% van die totale bevolking meen dat apartheid ten spyte van sommige vergrype, wel &rsquo;n goeie idee was. Ook het geblyk dat politieke verteenwoordigers van verskeie munisipaliteite tydens apartheid deur hul inwoners beskou was as die beste leiers wat hulle gehad het. Dalk was die driekamerparlement tog nie so dom soos wat Wiechers ons probeer voorhou nie. <\/p>\n<p> &rsquo;n Mens wonder of prof. Wiechers weet van die apartheid-agtige benaderinge wat elders ter w&ecirc;reld toegepas word. In Nederland is ook al gespekuleer of skole nie meer homogeen gemaak moet word nie sodat buitelanders nie verneder voel as hul prestasies benede blanke leerlinge val nie. In die Verenigde State is Spaanstalige Amerikaners gelukkiger, gesonder en minder seksueel aktief (selfs minder as blanke Amerikaners) as hulle in skole met Spaans as eerste taal les ontvang as die Hispanics in Engelstalige skole. <\/p>\n<p> In Australi&euml; is die regering ook besig om in die Northern Territory &rsquo;n Verwoerdiaanse soort opheffingstelsel toe te pas deur inboorlinge te moderniseer sonder om hulle van hul kultuur te vervreem. Daarbenewens maak baie lande hulself skuldig aan aspekte wat onder apartheid gekritiseer was. Ek wag nog byvoorbeeld vir iemand om Amerika van nazisme te beskuldig vanwe&euml; die Jim Crow &#8211; wette wat teen swartes gediskrimineer het. In Saoedie-Arabi&euml; word blankes ook nie toegelaat om tussen gewone Arabiere te woon nie, laat staan nog trou, en hierdie land gebruik ook Moslems uit arm lande om as goedkoop arbeid op die oliepompe te werk. Om maar te swyg oor die kastesisteem in Indi&euml;, wat tientalle miljoene mense verhoed om hulself op te hef. Blykbaar is hierdie ondeugde slegs misdade teen die mensdom as Jode of Afrikaners hulself hieraan skuldig maak.<\/p>\n<p> Verwoerd en sy volgelinge mag miskien dom wees in Wiechers se o&euml;, maar hopelik is die res van die westerse w&ecirc;reld slimmer as gevolg hiervan. Om &rsquo;n bepaalde poltieke stelsel te kritiseer is goed en wel, en vorm juis deel van die mens se vooruitgang. Egter, tot dusver het die ANC se integrasiebeleid &rsquo;n sisteem wat alreeds gewankel het, net verder van die wal in die sloot gehelp. Watter strategie pas die huidige leiers toe om die ho&euml; misdaadsyfer hok te slaan? Wat doen hulle aan die ho&euml; werkloosheidsyfer? Hoekom doen hulle niks om die volksmoord op die landbousektor te keer nie? Sodra hierdie aspekte van &rsquo;n samelewing aangetas word, die landbou, werksgeleentheid en ordelike voortbestaan, is die hele samelewing van &rsquo;n gewisse dood verseker. Apartheid was &rsquo;n primitiewe poging gewees om te sorg dat hierdie aspekte behoue kon bly. Aan verfyning mag dit miskien erg tekortgeskiet het, maar dit het ten minste die verskillende bevolkingsgroepe gevoed en probeer om hulle aan die werk te hou.<\/p>\n<p> &rsquo;n Onafhanklike volkstaat lyk my is die enigste oplossing teen hierdie terreur wat die land vernietig. Dit is nie die eerste keer in die geskiedenis dat sulke vorme van barbarisme die blankes teiken nie. Dit sal inderdaad &rsquo;n wonderwerk wees as die komende nuwe leiers die blankes sal help op die pad na onafhanklikheid. <\/p>\n<p> Dit sal net so &rsquo;n wonderwerk wees om van Marinus Wiechers, Christi van der Westhuizen, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Amanda Gouws, Johan Pienaar en ander se pro-ANC intellektuele armoede verlos te wees. &nbsp;<\/div>\n<p>&nbsp; <br \/> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">pool online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">  <em>Die lewe kan net agteraf begryp word, maar moet na vore geleef word.<\/em><br \/>  &nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&#8211; S&oslash;ren Kierkegaard.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Secreveklsw.JPG\" width=\"89\" height=\"109\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>  In Beeld se <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/In-Diepte\/0,,3-67_2238901,00.html\">By-rubriek<\/a> van 14 Desember trek professor Marinus Wiechers Verwoerd se groot intellek in twyfel deur na sy beleid te verwys as &rsquo;n uitwas van Britse imperialisme en kolonialisme in &rsquo;n nuwe vorm weergegee. Wiechers pleeg &rsquo;n soort historiese karaktermoord teen Verwoerd deur te stel dat sy hele beleid puur die resultaat was van sy halsstarrigheid en dat hy nie voldoende rekbaarheid aan die politieke realiteite gehad het nie. Alhoewel daar &rsquo;n mate van waarheid skuil in hierdie opvatting, maak dit grotendeels afbreuk aan die politieke kragte waaraan Verwoerd blootgestel was, wat belangriker medebepalers vir sy beleid was.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[],"class_list":["post-1205","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1205","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1205"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1205\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1205"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1205"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1205"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}