{"id":12039,"date":"2012-03-01T04:21:43","date_gmt":"2012-03-01T04:21:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12039"},"modified":"2012-03-01T04:21:43","modified_gmt":"2012-03-01T04:21:43","slug":"da-wil-franz-jooste-se-haatkamp-gesluit-he","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12039","title":{"rendered":"DA wil Franz Jooste se \u2018haatkamp\u2019 gesluit h\u00ea"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.24270357343128757\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Franz Jooste\" alt=\"Franz Jooste\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/03\/franz_jooste.jpg\" width=\"251\" \/>\u2018n  Mosie om die Afrikaneroorlewingsgroep, die Kommandokorps, se \u201chaatkamp\u201d  gesluit te kry, is Dinsdag deur die provinsiale wetgewer van Mpumalanga  aangeneem, het die provinsie gister laat weet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Demokratiese Alliansie se mosie is Dinsdag aangeneem, het die provinsiale woordvoerder Lebona Mosia ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cOns ondersteun dit (die mosie) en stem saam dat di\u00e9 ding gesluit moet word,\u201d het hy verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die DA se provinsiale leier, Anthony Benadie, het ges\u00ea die mosie was \u201c\u2018n beslissende oorwinning in die stryd teen rassisme\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cDie  provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, luit.genl. Thulani  Ntombela, is gevra om elke moontlike regsmiddele tot sy beskikking te ondersoek om die kamp se werksaamhede te be\u00ebindig, tesame met \u2018n volle  ondersoek oor wat daar gebeur,\u201d het Benadie in \u2018n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cDie  vergadering verwerp rassisme van elke moontlike aard, sowel in di\u00e9  vergadering as elders in ons provinsie. Die voortbestaan van hierdie  kamp moet as \u2018n belediging vir ons demokratiese orde beskou word, en  moet dadelik gestuit word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die  Mail &amp; Guardian het Vrydag berig dat die Kommandokorps se  instrukteurs seuns so jonk soos 13 geleer het dat daar \u2018n rasseoorlog in  die land woed en dat Suid-Afrika se swart bevolking hul vyand is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Met  \u2018n opleidingsprogram van die infanterietipe, is aan die jeugdiges deur  die kampleier Franz Jooste, 57, \u2018n lesing oor rasseverskille aangebied,  wat die bewering ingesluit het dat swartmense oor \u2018n kleiner serebrale  korteks as blankes beskik en nie inisiatief kon neem of doeltreffend kon  regeer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Hy  is aangehaal as sou hy ges\u00ea het dat, benewens die inboorlinge in  Australi\u00eb, die Afrika-swartmens die \u201cmees onderontwikkelde, barbaarse  lid van die mensdom is\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Jooste het Maandag di\u00e9 berigte ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cDaar  was geen uitings van haatspraak nie. Die kadette word geleer om hul eie  taal, kultuur, tradisies, godsdienste en ras lief te h\u00ea. Dit staan in  die grondwet,\u201d het hy in \u2018n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Volgens Benadie het die opleiding op \u2018n plaas buite Carolina in Mpumalanga plaasgevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">\u201cDis  geen permanente kamp of militante basis nie, en die eienaars van die  plaas het geen verbintenis met die Kommandokorps nie,\u201d het hy ges\u00ea.  \u201cTerwyl die DA-mosie nou \u2018n besluit van die provinsiale wetgewer  verteenwoordig en toegepas moet word, het die DA reeds die eienaars van  die plaas opgespoor en indirek met hulle kontak opgeneem, en \u2018n beroep  op hulle genoem om geen verdere Kommandokorpsopleiding of -aktiwiteite  by hul fasiliteite toe te laat nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Mosie om die Afrikaneroorlewingsgroep, die Kommandokorps, se \u201chaatkamp\u201d gesluit te kry, is Dinsdag deur die provinsiale wetgewer van Mpumalanga aangeneem, het die provinsie gister laat weet. Die Demokratiese Alliansie se mosie is Dinsdag aangeneem, het die provinsiale woordvoerder Lebona Mosia ges\u00ea. \u201cOns ondersteun dit (die mosie) en stem saam dat di\u00e9 ding gesluit moet &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12039\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA wil Franz Jooste se \u2018haatkamp\u2019 gesluit h\u00ea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12038,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12039","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12039"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12039\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12038"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}