{"id":12037,"date":"2012-03-01T03:20:49","date_gmt":"2012-03-01T03:20:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12037"},"modified":"2012-03-01T03:20:49","modified_gmt":"2012-03-01T03:20:49","slug":"gansveer-en-perkament-dis-max","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12037","title":{"rendered":"Gansveer en perkament \u2013 dis Max!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Max  du Preez is die VHS-kasset van Suid-Afrikaanse politiek: Uitgedien en  net vir gebruik in verouderde masjiene. Hy en die drie mense wat by  geleentheid nog sy luisterlose politieke menings lees, het nog nie die  nuus gekry nie: Die veldtog om die Afrikaner te kry om op te krul en die  gees te gee, het misluk. Hierdie volk het nie net \u2019n politieke  katastrofe en \u2019n &nbsp;kollektiewe krisis om hulle identiteit te herontdek,  oorleef nie, hulle gedy onstuitbaar en gesamentlik verrys hulle elke dag  om \u2019n gedaante te word wat die &nbsp;politieke trom elke dag net harder  slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  Max is dit \u2019n allesomvattende krisis. Hy het sy lewe en  immerstotterende loopbaan daaraan gewy dat die Afrikaner soos water in  die los, warm sand van \u2019n &nbsp;eenvormige Nuwe Suid-Afrikaanse kultuur sou  weg suig. Die uitsterwing van die Afrikaner, sy tradisies, sy taal en sy  geskiedenis was in die Max du Preez-w\u00eareldvisie nie net onontbeerlik  vir die Mandela\u00efaanse utopie om te set nie, dit was ook onvermydelik, en  hy sou die sterfbegeleier gewees het. So sou hy nie net homself met sy  persoonlike neuroses versoen het nie, maar hy sou uiteindelik \u2013  welgeluksalig! \u2013 opgeneem gewees het in die boesem van die mense van die  Afrikanerlose re\u00ebnboog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Miskien,  en nou word daar groot gedroom, miskien, uit erkenning, sou hulle \u2019n  dorp \u2013 selfs net \u2019n &nbsp;ou kleintjie, een soos Napier \u2013 na hom vernoem:  Maxdorp! Uiteindelik sou daar rus vir hom wees. En die standbeeld \u2013 sien  julle nou hoe vrekkens verleidelik is die droom \u2013 die standbeeld sal  van \u2019n &nbsp;vurige Max wees, nie een waar hy staties en statig staan &nbsp;nie,  maar waar hy met loshangende das en flappende baadjiepante en voorvinger  wat soos \u2019n &nbsp;sens swaai onder sy teenstaanders inklim; kortom, die Max  van die Vrye Weekblad-dae soos \u2019n &nbsp;Scorsese of \u2019n &nbsp;Spielberg hom kon  verbeel. Het ons al die fliek wat ongetwyfeld oor hom gemaak sou wees,  genoem? Crowe? Clooney? Pitt?)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige  iemand kon tog die edelheid van die ideale van Max du Preez insien, en  niemand kan tog weier om die nederige offer daarvoor te bring nie?  Behalwe die ellendige Afrikaner wat weier om in sy sterfbed te bly. Hoe  regverdig is d\u00edt?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  verduidelik hoekom enige fluistering van Afrikanernasionalisme vir Max  du Preez op skrif in harige vratte laat uitbreek. As daar een ding is  wat die hele nobele droom kan laat verdroog, verpoeier en verdwyn, dan  is dit enige viering van die Afrikaner, sy kultuur, sy taal, sy  prestasies of sy geskiedenis. Met die geringste aanduiding dat so iets  kan gebeur, gryp ou Max na sy pen; hy skryf koorsig, bewerig,  onsamehangend&#8230; enige iets, enige iets&#8230; moet net skryf, moet net  skryf, nie eers in \u2019n werklike hoop dat dit die Afrikaner van sy  onbesonnenheid sal laat afsien nie, maar dat hy, Max, net vir \u2019n  &nbsp;oomblik die vals vrede kan ervaar dat hy iets gedoen het, dat daar \u2019n  &nbsp;oomblik van rus vir sy siel sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max  du Preez is \u2019n &nbsp;ongelukkige siel. Mense keer hom voor, s\u00ea vir hom:  \u201cMax, ons het jou ges\u00ea!\u201d \u201cD\u00edt,\u201d natuurlik, is dat die Nuwe Suid-Afrika  \u2019n &nbsp;kolossale mislukking sou wees vanwe\u00eb die gierigheid, onbeholpenheid  en visieloosheid van die nuwe heersersklas. Max haat dit, hy h\u00e1\u00e1t dit,  as mense dit vir hom s\u00ea, want hy het presies die teenoorgestelde  verkondig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy  standaardantwoord is om te vra: Nou wat sou h\u00falle voorgestel het ons  moet doen? Wat hy hiermee bedoel, is dat dit sy begrip te bowe gaan dat  daar mense is wat reken die Afrikaner kon beter gevaar het as om alle  milit\u00eare mag, staatsgesag en ekonomiese beheer sonder slag of stoot aan  \u2019n nydige nasie te oorhandig. Al die gemor oor ekonomiese verval en  komende hongersnood en \u2019n &nbsp;volksmoord hier of \u2019n &nbsp;volksmoord daar. En  steeds s\u00ea die mense: Ons het jou ges\u00ea, Max, ons het jou ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  maak hom briesend, bri\u00e9send! Wanneer dit gebeur wil hy net&#8230; hy voel&#8230;  hy sal eenvoudig net om hom heen begin donder en bliksem. Of hy sal \u2019n  &nbsp;rubriek skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die naloop van sy teleurstelling dat die ANC hom nooit sy vyftien  minute vir sy meelopery gegun het nie \u2013 hulle h\u00e9t hom as \u2019n idioot  beskou maar nie as \u2019n besondere bruikbare een nie \u2013 het Naspers se  koerantredakteurs vir hom \u2019n been gegooi. Hulle was darem be\u00efndruk met  die beeld wat hy van homself geskep het. Hy is gesien as iemand wat roep  in die wildernis \u2013 Vrye Weekblad, o Vrye Weekblad! \u2013 en toe skielik as  \u2019n ghoeroe ontdek is. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Henry  Jeffreys, die raspaairedakteur van Die Burger, het veral vir Max  rubriekruimte gegee. Nou ja, Jeffreys kan self nie \u2019n samehangende sin  skryf nie en kan nie \u2019n goeie rubriek van \u2019n blerts op sy  motorvoorruit onderskei nie. Nou nog, as die vrees vir die Afrikaner  besonder akuut is, neem Max sy pen en papier \u2013 gansveer en perkament! \u2013  op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  week gaan dit oor die immerirriterende Afrikaners wat ontevrede is met  die manier hoe hulle geskiedenis aangebied word. Afriforum beplan \u2019n  optog na die Uniegebou. Daar gaan hulle iemand soek wat kan lees en  hulle gaan aan hom \u2019n eksemplaar van die boek wat oud-generaal Jannie  Geldenhuys saamgestel het, Ons was Daar,  oorhandig. Afriforum het voorts \u2019n video op sosiale media vrygestel  waarin hulle minagtend snork oor enige iemand wat so kliponnosel kan  wees om te glo dat die Suid-Afrikaanse Weermag nie die Slag van Cuito  Cuanavale gewen het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel,  Max en sy gansveer sal remedi\u00ebrende onderrig aanbied voor dit te laat  is. En, baie belangriker, hy sal histeries loei oor die roekeloosheid  van die Afrikaners wat nie die insig het om suutjies te trap en fyntjies  wind te breek nie. Hy begin deur donker te prewel dat Afriforum se  pogings nie net vrugteloos sal wees nie \u2013 die liegbekke lieg vermoedelik  met soveel volharding dat hulle hulle nie aan Afriforum se argumente of  die waarheid sal steur nie \u2013 maar dat dit die Afrikaner nog meer  ongewild onder die ander etnisiteite in die land sal maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy  begin sy poging om die geldigheid van Afriforum se beswaar af te takel  deur te erken dat Afriforum se beswaar geldig is. Maar Max, synde Max,  probeer om, indien nie alles vir almal nie, iets vir die meeste te wees,  so hy maak mense aan albei kante van die debat diep en deeglik die  daalder in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers  waggel hy sy gansveer in die rigting van die ANC se gewapende aksie.  \u201cEen so \u2019n verspotte mite wat nou verkondig word,\u201d skryf hy \u201cis dat die  ANC se milit\u00eare vleuel, Umkhonto we Sizwe, \u2019n &nbsp;groot bydrae gelewer het  om die apartheidsbase na die onderhandelingstafel te dwing.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  hy smaal meewarig oor Zuma wat gepraat het van die \u201coorwinning oor die  magte van apartheid by Cuito Cuanavale\u201d. Hy rapporteer dat hy sy kop  geskud het, en natuurlik het hy alle rede tot di\u00e9 hoofgebaar gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So! Hy moes nou wragtagwaar die Afrikanerlesers oorgewen het met di\u00e9 insig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou klap hy met die kwas wat nog met di\u00e9 meewarigheid drup deur die gesig van die Afrikaner en sy opvatting van sy geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit  het my laat terugdink,\u201d ritsel die gansveer, \u201caan P.W. Botha en Magnus  Malan wat so graag gespog het oor hoe die SA Weermag Swapo in Namibi\u00eb  \u2018die rug gebreek het\u2019 of die Kubane \u2018bloedneus gegee het\u2019; aan die baie  ministers en adjunkministers en funksionarisse en ooms wat in die  dekades voor 1990 op veral Geloftedae uitasem geraak het oor die  Afrikaner se milit\u00eare viriliteit oor die eeue.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n &nbsp;Bietjie verder af in sy relaas, kategoriseer hy di\u00e9 opvattings as \u201cdie wolhaarstories van willewragtags&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">P.W. Botha en Magnus Malan \u201cwillewragtags?\u201d Ach soooo&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWolhaarstories\u201d?  Wel, het die SAW Swapo se rug in Namibi\u00eb gebreek? Nie net gebreek nie,  hulle het die stuiptrekkende liggaam gevat en oor die grens gesmyt. Van  die vroe\u00eb tagtigs af was die Operasionele Gebied \u2019n &nbsp;vakansieplaas. Ons  het geweerloos en sorgeloos aan diens daar rondgery. Die weermag se  uitmuntende komopsprogram het die harte van die plaaslike bevolking  gewen. Met hulle heelhartige samewerking en die weermag se weergalose  hakkejagvermo\u00eb is Swapo tot diep in Angola teruggedruk en daar is hulle  voorradebergplekke en -linies genadeloos deur gemeganiseerde operasies  vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En,  ja, die SAW h\u00e9t die Kubane \u201cbloedneus gegee\u201d volgens \u2019n bron waarmee  selfs Max nie sal stry nie \u2013 Max du Preez self. Die SAW, skryf hy op \u2019n  plek wat hy later van vergeet, \u201chet baie beter gevaar as wat die Kubane  verwag het of later bereid was om te erken.\u201d &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  SAW het nie net Castro se mannetjies nie, maar per uitbreiding ook  hulle Russiese meesters genadeloos gekasty. Elke milit\u00eare doelwit van  die Kubane is deur die SAW verydel. Die rimpeleffek, volgens Jannie  Geldenhuys, het gehelp om die waan van Russiese onstuitbaarheid te prik  en bygedra tot die uitrafeling van die ystergordyn. &nbsp;PW en Magnus mag  maar gespog het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Du  Preez kan ook maar sy minagting oor \u201cdie Afrikaner se milit\u00eare  viriliteit oor die eeue\u201d in sy sak plaas en daarop sit. Die Afrikaner se  bloed is gemeng uit gedugte strome, uit die Nederlanders wat die  oormag van Spanje vir dekades weerstaan en uitgemergel het, uit die  Franse wat later onder Napoleon \u2019n magtige Europese ryk gevestig het,  en uit Duitsers wat nog later onder Bismarck die vasteland milit\u00ear  oorheers het. Elke volk wat gewapen teen die Afrikaner gekom het, is  verslaan, en toe daar nie nog gekom het nie, het die Afrikaner aksie  gaan soek. \u201cThose magnificent fighting Boers,\u201d het veldmaarskalk Bernard  Montgomery hulle genoem, en hy sou weet, want dit was hierdie Boere wat  die aambeeld was waarop Rommel se Afrika Korps uiteindelik by El  Alamein flenters geslaan is. Nee wat, as daardie \u201cooms\u201d by die  Geloftedae uitasem geraak het, was dit met goeie rede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot  hier was Max seker van sy saak; verkeerd, maar selfversekerd. Nou begin  die o\u00ebverblindery, maar dit is so \u2019n onbehendige woordgo\u00eblery dat die  gehoor moet wonder of hierdie \u2019n opregte politieke mening of blote lomp  satire is. Wat ons gansveermusketier nou gaan doen, dames en here, is om  vir ons \u2019n les oor geskiedenis aan te bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige  iemand wat oor die jare heen homself gekasty het om deur Max se  rubrieke te ploeter, sal een ding van die Spier van Napier weet: Hy  smaak homself as ietwat van \u2019n historikus en, benewens, as \u2019n deskundige  oor die teorie van geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter  inleiding voer hy aan dat Zuma, aan die een kant, en PW Botha, Magnus  Malan en ook Eugene Terre\u2019Blanche se beskouing van gebeurtenisse in die  verlede nie \u201cgeskiedenis\u201d is nie, maar populisme en wolhaarstories. Nee,  hulle is nie geskiedkundiges nie. Nou begin die naamsaaiery. O, Max is  versot daarop om die name van skrywers en kenners af te rammel en om  homself dan deur implikasie by hulle geledere te voeg. Hermann Giliomee,  Christopher Saunders, Bernard Mbenga, David Welsh en Rodney Davenport,  nou kyk, d\u00e1\u00e1r is nou vir jou historici. Net sodra ons dink dat ons nou  uiteindelik die gesag uit hierdie oorde kan vertrou, s\u00ea Max,  nee-nee-nee-nee, di\u00e9 uitgelese groepie, hierdie \u201cgerekende historici\u201d se  boeke is ook nie \u201cdie geskiedenis nie\u201d. Errmm. O. Hoekom nie? Want daar  is ander boeke en artikels met ander perspektiewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  rammel hy name af dat dit klink soos hael op \u2019n sinkdak: Charles van  Onselen, R.W. Johnson en Martin Meredith, die skrywers. Maar ook d\u00e1\u00e1r is  \u201cdie geskiedenis\u201d nie te vinde nie. Max se koker name van  geskiedskrywers is nou leeg, so hy reik maar vir die name van mense oor  wi\u00e9 daar geskryf is, van Paul Kruger deur Koos de la Rey, Cecil John  Rhodes langs, verby Jan Smuts en Robert Sobukwe anderkant Anton Rupert  en Jannie Geldenhuys uit. Hoekom, sal die gemiddelde leser wil weet,  word hierdie name genoem? Die biografie\u00eb is dan tog deur geskiedskrywers  geskryf en ons weet dat boeke deur hulle ook nie \u201cdie geskiedenis\u201d is  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  net voordat daar moedeloos aanvaar kan word dat \u201cdie geskiedenis\u201d nie  geken kan word nie, paradeer Max nou \u2019n &nbsp;paar groot geskiedeniskanonne:  Facebook, Twitter, Google, History Channel, BBC Knowledge en, les bes,  Wikipedia. Hoera&#8230; maar ook nog nie heeltemal nie. Want nou blyk dit  dat hierdie waardige bronne net daartoe sal lei dat daar meer as \u00e9\u00e9n  weergawe van \u201cdie geskiedenis\u201d sal wees. Vergeet van reg of verkeerd, as  daar meer as een weergawe is, bestaan \u201cdie geskiedenis\u201d nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  grond van hierdie vernuftige uitleg, besluit Max toe dat Afriforum nie  opreg was met hulle optog nie. Nadat hy herhaaldelik na Afriforum se  promosievideo gekyk het, \u201cwas dit\u201d vir hom \u201cklokhelder duidelik: Dit  gaan nie hier oor die geskiedenis van Suid-Afrika of die Afrikaner nie,  dit gaan oor die oorlo\u00eb wat die ou SA Weermag in Angola, Namibi\u00eb en  elders geveg het&#8230;\u201d Sulke insig!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt, bevind Max, verduidelik die \u201cZuma\/Cuito-kapstok\u201d van Afriforum. Die adders!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat  Max eers vir twee paragrawe snedig was oor \u201c\u2019n jong knaap en drie  oompies\u201d wat \u201cin die \u2018browns\u2019 van die ou SAW\u201d geklee was, sak hy op die  onderwerp van die Slag van Cuito Cuanavale toe. Die gemiddelde leser sal  teen hierdie tyd weet dat die waarheid oor die slag nooit geken kan  word nie, want daar is \u2019n &nbsp;meningsverskil daaroor en Max het mos nou al  so mooi verduidelik dat waar verskillende sieninge oor \u2019n &nbsp;onderwerp is,  \u201cdie geskiedenis\u201d nie geken kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  wag!, gemiddelde leser, die waarheid oor die slag k\u00e1n geken word. Ons  kan \u201cdie geskiedenis\u201d te wete kom. Daar is, glo dit of nie, iemand wat  weet wat die volle waarheid is, wat uniek toegerus is om die finale  uitspraak te lewer. En daardie persoon is niemand anders as Max du Preez  self nie! Hoe wonderlik is dit?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  gemiddelde leser wil dadelik weet: Wie is reg? Die Suid-Afrikaners wat  daar was of die Kubane wat daar was? Nie een van die twee nie!, grom Max  triomfantlik. Hulle lieg almal, sommige erger as die ander. Die enigste  een wat weet wat daar gebeur het, is Max (wat nie daar was nie). N\u00e1 \u2019n  kort, baie konvensionele toer deur die feite, kom die draer van \u201cdie  geskiedenis\u201d tot \u2019n onverrassende gevolgtrekking; geen ander kon van  Max verwag word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie  SAW het waarskynlik die milit\u00eare oorhand gehad,\u201d skryf hy, \u201cmaar die  feit bly staan dat hy hom onttrek het sonder om sy milit\u00eare doel te  bereik.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy  brei uit deur te s\u00ea dat \u201cdie P.W. Botha-regering en die SAW-generaals  het die eerste keer regtig agtergekom dat hul milit\u00eare avonture in  buurstate tot \u2019n einde sou moes kom. Dit was \u2019n keerpunt en het  regstreeks gelei tot Namibi\u00eb se onafhanklikheid in 1990 en die Kubane se  onttrekking uit Angola.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy  gevolgtrekking is dat \u201cdit nie juis iets is waaroor oudsoldate en  Afrikaner-nasionaliste kan kraai nie. Hulle kan aandring op \u2019n korrekte  weergawe van gebeure, ja, maar dit was niks om oor windgat te wees nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">O  wel, duidelik verskil sieninge oor wat windgatheid regverdig. Daar is  ander dinge waaroor \u2019n &nbsp;mens regtig nie oor hoef windgat te wees nie,  soos byvoorbeeld om \u2019n gehawende koerantjie uit te gee wat dwarsklappe  uitdeel na \u2019n floumakouregering en om dan vir die res van jou lewe aan  daardie dro\u00eb speen te probeer suig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  om \u2019n oormag in \u2019n reeks veldslae nie net te stuit nie, maar teen  hulle elke voorneme in te laat terugkrabbel, hei, nou kyk, d\u00edt is \u2019n  uitmuntende rede om windgat te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max  se gevolgtrekkinge is bloot foutief. Suid-Afrika het sy milit\u00eare  doelwit by Cuito Cuanavale oortuigend behaal: Hulle het die Kubane en  Fapla verhoed om Unita in Jamba te vernietig. Dis die Kubane wie se  oogmerke verydel is. Dit is ook nie so dat die milit\u00eare werklikhede die  Suid-Afrikaanse regering gedwing het om na die onderhandelingstafel te  skarrel nie. Hulle was reeds daar, bereid tot \u2019n skikking. Om presies  te wees, dit was juis die politieke onderhandelinge wat die SAW verhoed  het om die Kubane te omflank, hulle voorradetoevoer af te sny en die  vasgekeerde mag te vermorsel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy noem sy verslonste rubriek <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/By\/Nuus\/Halwe-herinneringe-politieke-foefies-20120224\">Halwe herinneringe &amp; politieke foefies<\/a>.  Die halwe herinneringe is syne. Laat daar onthou word dat Kuba in  Angola teenwoordig was om Unita namens Fapla te verslaan en om dan vir  Swapo te help om Suidwes-Afrika met geweld oor te neem. Vir al hulle  moeite, al hulle verspilde bloed en miljarde rande se verlore wapentuig,  kry hulle \u2019n &nbsp;vet ronde nul op die telkaart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien  het daar tog iets van die waarheid en logika \u2019n wurmgat in die Du  Preez-bewussyn ingevreet, want hy probeer nogmaals \u2019n steelhoubelediging  inl\u00ea. Hy moes seker gedink het dat hy met \u2019n sekere vlugvoetige pypkan  die valsheid agter die skans van die waarheid kon insmokkel, maar sy  tegniek is lomp en gehawend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy  slaan eers \u2019n &nbsp;half paaiende en o, so neerbuigende rigting in. \u201cIn die  ou SAW,\u201d skryf hy, \u201cwas baie ordentlike, professionele soldate. \u201c Wel,  dankie vir die erkenning Max, maar&#8230; &nbsp;\u201cDaar was baie soldate, met  inbegrip van dienspligtiges,\u201d vervolg hy, \u201cwat vas geglo het hulle veg  teen die opmars van die kommunisme.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Errr&#8230;  ja, daar was diegene wat dit geglo het hulle veg teen die opmars van  die kommunisme, en die hoofrede was d\u00e1t hulle geveg het teen die opmars  van die kommunisme. Of het Max nog nie die nuus gekry dat die MPLA,  Swapo, die Kubane, Oos-Duitsers en Russe almal kommuniste was nie? En  nie net het die SAW teen hierdie kommuniste geveg nie, hulle het die  hamer-en-sekelbarbare gestuit en verdryf, soos wat Kommunisme harpuis  laat ruik is in die twee ander warm streke van die Koue Oorlog \u2013 die  Midde-Ooste en Afghanistan. Hierdie mislukkings het die Marxistiese  koffers so gestroop dat die Sowjet-Unie as gevolg daarvan verbrokkel  het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  nou ja, Max h\u00e9t \u2019n toegewing gemaak, en nes hy dink die gemiddelde  leser kyk weg, probeer hy di\u00e9 algehele vals aantyging tussen hakies  vermom en insmokkel. Skryf hy: \u201c(Daar is ook aaklige menseslagtings en  onuitspreekbare wreedhede gepleeg \u2013 ek was daar, in Angola en Namibi\u00eb in  daardie jare, ek w\u00e9\u00e9t.)\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">A,  nou kyk die verraderlikheid. Natuurlik was daar sulke barbaarse  vergrype. Baie van ons was daar \u2013 en nie net om kiekies te neem en dan  te onttrek na die kroeg nie \u2013 en ons w\u00e9\u00e9t ook van hierdie wreedhede,  almal daarvan deur die Kommuniste gepleeg. Maar dis nie wat Max wil h\u00ea  ons moet glo nie. Sy hele aanbieding is ontwerp om die SAW-lojaliste tot  skaamte te dryf vir gruwels &nbsp;wat hulle nie gepleeg het nie. As hy weet  van \u201caaklige menseslagtings en onuitspreekbare wreedhede\u201d wat deur die  SAW uitgevoer is, laat hy voorval, plek en datum noem of vir ewig sy  mond hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  nog is hy nie gedaan nie, waarskynlik omdat hy weet dat hy in sy  aanklag misluk het. Ja, erken hy, daar is nog mense wat glo &nbsp;dit \u201cwas  werklik \u2019n &nbsp;legitieme oorlog wat hulle in Angola, Namibi\u00eb en elders  gevoer het\u201d. En wie is hierdie mense wat d\u00edt glo? \u201cNa\u00efewes en  ideologies-gedrewenes,\u201d noem hy hulle. As Max hulle so noem, dan weet  ons dat hulle inderwaarheid nugter, goed ingelig en reg is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  ja, ons weet dat wat Max se binneste uitkalwe nie die wenners of  verloorders van \u2019n veldslag is nie. Daar is een ding wat hy vrees bo  alles: Die herrysenis van Afrikanervolkstrots. Hy erken dit gedeeltelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAfriForum,\u201d  s\u00ea hy, \u201cmaak \u2019n &nbsp;gevaarlike fout as hy \u2019n &nbsp;nuwe nostalgie, \u2019n &nbsp;nuwe  trots op die milit\u00eare avonture van die laaste apartheidsregerings wil  aanwakker&#8230; Dit gaan ons nog almal duur te staan kom.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max  se idee van die bedinging van regte binne \u2019n multikulturele samelewing  is vir die blanke om soos \u2019n babahondjie op sy rug te gaan l\u00ea en sy  pensie nat te piepie. As ons in gedagte neem dat die regering  byvoorbeeld vandag \u2019n &nbsp;beslissende stap geneem het om Afrikaans uit die  staatsdiens te verban, hoe werk d\u00edt vir Max?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, ja, ja&#8230; maar mag die Afrikaner tog net nie ooit weer trots op enige van sy prestasies wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wees bang, Max, wees baie bang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is \u2019n &nbsp;geluid, as jy mooi luister kan jy dit hoor, en dit is van  voetstappe; die voetstappe van Afrikaners wat onkeerbaar op pad is na  selfbeskikking. Tot onlangs toe was dit nog \u2019n sagte voetval en min  mense het geloop. Maar een het by die ander aangesluit en die twee van  hulle by nog \u2019n paar. En oral, regoor die land hoor jy dit. Nog twee,  nog vyf, nog tien, twintig, honderd, duisend&#8230; Die voete maak saam \u2019n  gedruis; dit word \u2019n magtige dreuning, die donderende landskuddende  stormgedruis van \u2019n Volk op pad na vryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  my vriend, wanneer jy saam met my in daardie onstuitbare falanks  marsjeer, en voor jou sien jy \u2019n bewerige ouman wat sy ideologiese  skuifraam een kort stootjie op \u2019n &nbsp;slag versit, en sou jy in die mars na  Volksoorlewing hom omstamp, wees tog deernisvol, draai om en hurk by  hom, kyk hom in die o\u00eb en plaas \u2019n hand op sy skouer en laat jou woorde  aan hom wees:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMax, ons het jou ges\u00ea, Max&#8230;\u201d<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Max du Preez is die VHS-kasset van Suid-Afrikaanse politiek: Uitgedien en net vir gebruik in verouderde masjiene. Hy en die drie mense wat by geleentheid nog sy luisterlose politieke menings lees, het nog nie die nuus gekry nie: Die veldtog om die Afrikaner te kry om op te krul en die gees te gee, het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-12037","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12037","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12037"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12037\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12037"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12037"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12037"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}