{"id":12029,"date":"2012-02-29T10:20:24","date_gmt":"2012-02-29T10:20:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12029"},"modified":"2012-02-29T10:20:24","modified_gmt":"2012-02-29T10:20:24","slug":"proteas-maak-nie-mooi-met-swart-pette","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12029","title":{"rendered":"Proteas maak nie mooi met Swart Pette"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika  se krieketspan het vanoggend (Boeretyd) hulle Nieu-Seelandse  teenstanders in Napier, NS, gruwelik verniel en gaap-gaap met 6  paaltjies gewen. Wat die Swart Kepse veral intimiderend moet vind, is  dat die volle geweld van Suid-Afrikaanse krieket hulle nog nie getref  het nie. Die Proteas het baie silinders en het op almal geloop \u2013 net nie  gelyktydig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AB  de Villiers het in die nadoodse onderhoud ges\u00ea die \u201couens het bestendig  goed gespeel.\u201d Ons sal hom vergewe, want hy is dwarsdeur \u2019n &nbsp;goeie  makker en \u2019n &nbsp;lojale kaptein wat in aanmoediging eerder as kritiek glo.  Die ding is net, die ouens het goed gespeel, met rukke, maar geensins  bestendig nie. Di\u00e9 keer het die boulaanval slegs sporadies gevlot, maar  die paar boulbeurte wat dinge mooi geloop het, was dit vreesaanjaend en  baie indrukwekkend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De  Villiers het die loot gewen en tot die effense verbasing van vele ewe  hoflik besluit Nieu-Seeland kan eerste kolf. Die koddige Tsotsobe het sy  roetine om skadeloos te lyk en dan \u2019n &nbsp;paaltjie te neem voortgesit. Hy  het Nicol geskok met \u2019n bal op die beenskutte vir \u2019n &nbsp;onbetwisbare BVP.  Daarna het Guptill en McCullum tekere gegaan en die soms ergelose  boulery van die Proteas allerverwoestend van bakboord na stuurboord  geslaan. De Villiers het vanuit sy kantoor agter die penne freneties  gesoek vir \u2019n &nbsp;antwoord. Dale Steyn was so dodelik en doelgerig soos  altyd maar was d\u00e1n net nie goed genoeg om \u2019n &nbsp;paaltjie te kry nie, en  d\u00e1n te goed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  De Villiers nodig gehad het was \u2019n &nbsp;goue arm, presies soos die een wat  aan Jacques Kallis se regterskouer geheg is. Die groot en grootse  Kapenaar het sy kant gebring. Hy het Guptill in \u2019n &nbsp;akkurate boulbeurt  aangekeer, eers wyd buite die wegpen met \u2019n &nbsp;paar balle en toe een  stywer teen die wegpen wat opgebars het van \u2019n &nbsp;goeie lengte om \u2019n  &nbsp;buiterand te vind op pad na De Villiers se mowwe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Williamson  het ingekom en rondgehang voordat hy homself ook met Tsotsobe misgis  het. \u2019n &nbsp;Vlie\u00ebnde booghou het rigting Kallis op diepby gevlieg en di\u00e9  het elke sentimeter uit sy lyf geryg, agteroorgeval en die bal  onderskep. McCullum het sy vrolike weg gegaan terwyl Steyn vir Jesse  Ryder ontwortel het. Tsotsobe het sy kwartdosyn gekry toe McCullum hom  met groot presiesheid na Ontong op middebaan gehaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarna  was dit die Morn\u00e9 Morkel-vertoning. Die kameelperd het die blad gesien  en die blad goedgekeur. Dit het sy natuurlike wip verhewig en die res  van die kolwers het suutjies oorgegee. Op \u2019n gaan-maar-mal blad het  hulle die Morkel-missiele te warm gevind. Hulle is almal uit vir 230 op  \u2019n &nbsp;blad wat laas in 2004 \u2019n &nbsp;eerstebeurttelling van minder as 250  lopies opgelewer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amla  en Kallis \u2013 in die plek van \u2019n &nbsp;afgeboekte Graeme Smith \u2013 het die  kolfwerk vir die Proteas oopgemaak. Kallis het een dryfhou regstreeks  uit die handleiding geslaan en toe na vlie\u00eb gewaai om onmiddellik daarna  agter die penne uitgevang te word. Amla het sy onverstoorbare,  vloeiende gang gegaan. Faf du Plessis het die nommer-4 gleuf gevul en  slae uitgedeel voordat hy uitgevang is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">JP  Duminy, in baie gladder werking as tydens die eerste wedstryd, het saam  met Amla warm yster gesmee en het 43 netjiese lopies in 39 balle  aangeteken. De Villiers het ingekom en \u2019n &nbsp;kalm hand op die boot se roer  geplaas. Amla is uiteindelik, na \u2019n &nbsp;paar avonture, uit vir 92. Die  einde was egter reeds in sig en De Villiers, so onaantasbaar as ooit, en  Justin Ontong, het die span huis toe geneem in die 39ste boulbeurt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nieu-Seelandse gees is duidelik gekneus en dit lyk asof net tien fratsballe hulle in die laaste wedstryd sal red.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het die driewedstrydreeks nou reeds geb\u00eare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland  kan maar net probeer positief bly terwyl hulle stres oor wanneer  Suid-Afrika se krieketmasjien uiteindelik alles reg doen.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.criminal.org.ua\/2017\/02\/blog-post_65.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se krieketspan het vanoggend (Boeretyd) hulle Nieu-Seelandse teenstanders in Napier, NS, gruwelik verniel en gaap-gaap met 6 paaltjies gewen. Wat die Swart Kepse veral intimiderend moet vind, is dat die volle geweld van Suid-Afrikaanse krieket hulle nog nie getref het nie. Die Proteas het baie silinders en het op almal geloop \u2013 net nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12029\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Proteas maak nie mooi met Swart Pette&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-12029","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12029","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12029"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12029\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12029"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12029"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12029"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}