{"id":12025,"date":"2012-02-29T05:56:09","date_gmt":"2012-02-29T05:56:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=12025"},"modified":"2012-02-29T05:56:09","modified_gmt":"2012-02-29T05:56:09","slug":"nog-n-aanval-op-die-grondwethof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=12025","title":{"rendered":"Nog &#8216;n aanval op die Grondwethof"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die regering wil die magte van die Grondwethof hersien, maar sy uiteindelike bedoelings daarmee is steeds duister, behalwe dat dit nog &#8216;n poging kan wees om die howe te ko\u00f6pteer in die naam van transformasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n <a href=\"http:\/\/www.justice.gov.za\/docs\/other%20docs\/20120228-transf-jud.pdf\">Besprekingsdokument<\/a> oor die transformasie van die regstelsel in Kaapstad is gister, deur minister van justisie, Jeff Radebe, vrygestel en hy het ges\u00ea &#8216;n 18-maande studie van die Grondwethof se besluite sal onderneem word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ANC-hoofsweep Mathole Motshekga het die vrystelling van die &#8220;besprekingsdokument oor transformasie van die regstelsel&#8221; verwelkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die studie sal bepaal hoe besluite van die Grondwethof spesifiek, en die regbank in die algemeen, bygedra het tot die &#8220;heropbou van Suid-Afrika&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma en ander senior ANC-leiers het die afgelope jaar verskeie kere na die Grondwethof se rol gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma, het so onlangs as 13 Februarie gevra dat die hof se magte hersien word, wat gelei het tot wydverspreide vrese dat die Grondwet self bedreig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil nie die Grondwethof hersien nie, ons wil sy magte hersien,&#8221; het Zuma ges\u00ea in &#8216;n onderhoud met Independent Newspapers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kenners het hul kommer uitgespreek oor die hersiening, uit vrees dat dit dalk &#8216;n poging deur die ANC-regering is om die regbank te muilband.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Radebe was egter vinnig om die vrese te besweer. &#8220;Die onafhanklikheid van die regbank is nie op die spel nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Radebe het ges\u00ea daar is genoeg getuienis om te bewys dat die verordeninge aan kritiek onderwerp behoort te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar bestaan literatuur wat s\u00ea in &#8216;n grondwetlike demokrasie soos ons s&#8217;n, is kritiek van die hof se besluite beide toelaatbaar en wenslik,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea dat regters gemeet moet word aan dieselfde standaarde as di\u00e9 wat van die uitvoerende gesag en die parlement verwag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Regters is nie minder immuun teen openbare ondersoek as lede van die uitvoerende gesag en wetgewer nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Radebe het ges\u00ea die ondersoek na die Grondwethof sal staatmaak op die navorsing wat reeds gedoen is deur regsakademici oor die onderwerp om die impak van die hof se beslissings op die transformasie van die samelewing as &#8216;n geheel te bepaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Senior ANC-leiers het &#8216;n verlede jaar reeds aanvalle teen die regbank geloods.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nasionale uitvoerende komitee-lid Ngoako Ramatlhodi het vir &#8216;n hersiening van die grondwet gevra, en ges\u00ea dit is &#8216;n &#8220;kompromie&#8221; wat die swart meerderheid ontmagtig, en diegene wat teen demokratiese verandering is, &#8220;&#8216;n houvas gee op die ekonomie, die regstelsel, die openbare mening en die burgerlike samelewing&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regerende party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die howe gekasty in &#8216;n onderhoud in die Sowetan, en ges\u00ea dat hulle vyandig teenoor die uitvoerende gesag staan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die regering wil die magte van die Grondwethof hersien, maar sy uiteindelike bedoelings daarmee is steeds duister, behalwe dat dit nog &#8216;n poging kan wees om die howe te ko\u00f6pteer in die naam van transformasie. &#8216;n Besprekingsdokument oor die transformasie van die regstelsel in Kaapstad is gister, deur minister van justisie, Jeff Radebe, vrygestel en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=12025\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nog &#8216;n aanval op die Grondwethof&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-12025","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12025","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=12025"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/12025\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=12025"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=12025"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=12025"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}