{"id":11999,"date":"2012-02-26T09:11:03","date_gmt":"2012-02-26T09:11:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11999"},"modified":"2012-02-26T09:11:03","modified_gmt":"2012-02-26T09:11:03","slug":"afrikaners-nederlanders-en-vlaminge-na-martin-bosma-se-besoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11999","title":{"rendered":"Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge &#8211; n\u00e1 Martin Bosma se besoek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Een van die merkwaardige dinge wat die afgelope jaar of twee gebeur  het, is die wyse waarop die Afrikanerproblematiek, selfs die  Afrikanersaak, in die Nederlandse media as &#8216;n belangrike kwessie  gevestig is. Dit het gebeur, grootliks danksy die Partij voor de  Vrijheid van mnr. Geert Wilders en veral die party se skrywer en  skakelman, mnr. Martin Bosma.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die besoek van Martin Bosma  vandeesweek aan Suid-Afrika het hier \u00e9n in Nederland opslae gemaak.  O\u00ebnskynlik is dit kwalik omstrede vir &#8216;n Nederlandse parlementslid om in  ons land &#8220;vakansie te hou&#8221; en met &#8216;n paar Afrikaners te gesels, soos hy  gedoen het. Die Naspersdagblaaie &#8211; sowel Die Burger as Beeld &#8211; het hul  egter in &#8216;n hoofartikel skerp negatief oor Bosma se besoek uitgelaat.  Heel waarskynlik is die gewraakte Naspershoofartikel deur dr. Leopold  Scholtz, daardie fanatiese voorstander van neomarxistiese  multikulturalisme, geskryf want hy is bekend om sy afkeer van die PVV en  Bosma. Scholtz is so &#8216;n politieke boelie en gomtor dat hy hom al selfs  in die openbaar onbeskof teenoor Bosma, &#8216;n galante en goedgemanierde  Nederlander, gedra het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld en Die Burger gooi woorde soos  respek en haat rond as daar ges\u00ea word: &#8220;Afrikaans kan kwalik respek van  die meerderheid vra as sy vennote (die PVV) die minderheid in hul eie  land haat. &#8221; Maar &#8220;haat&#8221; die PVV die Moslem-minderheid in Nederland? Of  is dit eerder radikale Moslems wat die Westerse kultuur haat? Immers het  ek nog nooit verneem van Nederlandse Moslems wat teen PVV-kiesers  beskerm moet word nie, maar Geert Wilders kan nie eens toilet toe gaan  sonder vier gewapende wagte nie omdat daar &#8216;n Islamitiese vloek oor hom  uitgespreek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat seker is, is dat Leopold Scholtz en Naspers  die Afrikaner &#8220;haat&#8221;. Mnr. Ton Vosloo, die voorsitter van Naspers, het  al ges\u00ea dat &#8220;die begrip Afrikaner aanstoot gee&#8221; en ons weet dat Max du  Preez, Christie van der Westhuizen, Jakes Gerwel en ander meningsprekers  van die mediagroep meen dat Afrikaners in Suid-Afrika moet verdwyn.  Hetsy deur assimilasie, hetsy deur geweld&#8230; Daar is &#8216;n onderliggende  strukturele geweld aan Naspers se standpunte wat vir my amper meer  kommerwekkend as Julius Malema s&#8217;n is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld en Die Burger is  eintlik handelaars in &#8220;stigma&#8221;. Om jou opponent te stigmatiseer,  verteenwoodig heel dikwels die inhoud van hul denke oor politiek, taal  en kultuur. Die &#8220;smet van rassisme&#8221; het aan Afrikaans gekleef en om een  of ander onverklaarbare rede is daardie smerigheid nou &#8220;afgewas&#8221;. Hoe?  Deur oorgawe en De Klerk se verraad? Of moontlik deur Afrikaans se nuwe,  gewaande verbintenis met Islam? Want ons het vandeesweek gehoor dat  &#8220;vele Afrikaanssprekendes ook Moslems&#8221; is. Al wat &#8216;n mens kan s\u00ea, is:  Allah akbar! Noudat die NG Kerk die Belhar-belydenis aanvaar het, is &#8216;n  buiging in die rigting van Mekka seker volgende op die lys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners  is die afgelope dekades taamlik doelbewus verdeel om hulle gemaklik te  kan verower. So pas het die ANC in Pretoria ook aangekondig dat die  strate in die middestad vernoem gaan word omdat hulle &#8220;nie meer die  demografie van die stad weerspie\u00ebl nie&#8221;. Met ander woorde, Pretoria is  verower en sal hernoem word om by die kultuur en die taal van die  veroweraars aan te pas. Wat met Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein  gaan gebeur, weet nugter, want hy is deesdae in &#8216;n demografiese  &#8220;minderheid van een&#8221;, soos mevrou Margaret Thatcher sou ges\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  bespeur &#8216;n mens &#8216;n nuwe breuklyn onder Afrikaners en in Afrikaans,  tussen diegene wat bondgenote in &#8220;nie-Westerse Afrikaanssprekendes,  veral Moslems&#8221; sien, en hulle wat liefs &#8216;n pad met Nederlanders of  Vlaminge sou wou stap. Wat ook al die onmin van &#8216;n dekade of drie gelede  tussen Nederlanders en Afrikaners, word ons verhouding kwalik deur  koloniale of &#8220;wit skuld&#8221; teenoor ressentiment gekenmerk. Die lekker ding  van &#8216;n gesprek tussen Nederlanders en Afrikaners is dat ons as  natuurlike gelykes met mekaar praat, en dat so &#8216;n gesprek nie deur enige  &#8220;meester-slaafdialektiek&#8221; (groete aan Hegel) beduiwel word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Britse skrywer Oscar Wilde het opgemerk: &#8220;We have really everything in  common with America nowadays, except, of course, language.&#8221; Iets wat  ewer seer vir ons verhouding tot Nederland geld! Ons godsdiens,  letterkunde, politieke kwessies en heelwat ander dinge is soortgelyk,  behalwe dat ons &#8216;n gemeenskaplike taal nie dieselfde praat of skryf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een  van Martin Bosma se uitsprake vandeesweek was juis dat Afrikaans nader  aan hul standaardtaal, die sogenaamde &#8220;Algemeen Beschaafde Nederlands&#8221;,  is as omtrent veertien dialekte wat in Nederland self gepraat word.  Blykbaar bestaan daar 41 dialekte van Nederlands. As Afrikaans in sy  graad van afwyking van Nederlands onder die 41 ingedeel moet word, sal  sy in die 27ste posisie val.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Globalisering en die koms van die  internet het egter daarvoor gesorg dat daar geen geografiese grense meer  is nie, bloot taalgrense. En die &#8220;taalgrens&#8221; tussen Afrikaans en  Nederlands, indien daar ooit so iets bestaan het, is ook al hoe meer  besig om te vervaag soos wat mense op Facebook en via e-pos met mekaar  kommunikeer en Nederlanders Afrikaanse webwerwe lees en andersom. Ek  weet nie veel van Noors nie, behalwe dat daar twee standaardvorme  daarvan bestaan: Bokmal en Ninorsk. Vanuit sewentiende-eeuse Nederlands  het daar dus twee variante ontwikkel: Afrikaans en die ABN.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n  nagevolg &#8211; &#8216;n wins sou ek s\u00ea &#8211; van Martin Bosma se besoek di\u00e9 week is  die feit dat die Nederlandse politiek skielik weer deel van die  Afrikanerpolitiek geword het. Danksy die PVV en veral hom, is die  Afrikanersaak reeds lankal deel van die Nederlandse politiek. Maar die  debat rondom Pim Fortuyn, Geert Wilders, Islam en immigrasie, figureer  nou skielik in die Afrikaanse media. Ons is nie meer blote voyeurs by  die ANC se binnegevegte, asook Brittanje en Amerika se verkiesings of  die manewales van die Britse koningsgesin nie. Goddank!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar op  6 April gaan dit 360 jaar wees sedert Jan van Riebeeck in die Kaap  aangekom het. Argumente van linkse Engelse, asook hul meelopers soos Max  du Preez, dat ons nie &#8220;inheems&#8221; is nie, is eenvoudig absurd en suiwer  op ras gegrond. As ons egter terugdink aan ons geskiedenis en die rede  waarom die Kasteel in Kaapstad in die eerste plaas gebou moes word, dan  gaan dit om &#8216;n langdurige oorlog met Brittanje. Sedert die 1600s, moes  onsself voortdurend teen die aanslag vanuit die Britse Ryk verweer.  Noudat ons alles, ons land, ons stede, ons skole en universiteite,  binnekort selfs ons grond, verloor het, hou die Engelse aanslag steeds  nie op nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Naspersdagblaaie se finale argument teen ons  bondgenoot, die Partij voor de Vrijheid, verteenwoordig juis &#8216;n app\u00e8l op  Britse gesag: &#8220;Wilders en sy party is s\u00f3 berug dat die Britse regering  hom in \u2019n stadium belet het om die land te besoek.&#8221; Ek weet nie of Die  Burger en Beeld daarvan bewus is nie, maar di\u00e9 twee koerante is besig om  &#8216;n soort Super-SAP-status te bekom en streef die standaarde wat onder  Jan Smuts gestel is ver verby. As &#8216;n persoon of party vir Brittanje  onaanvaarbaar is, moet Afrikaners hom ook as &#8216;n uitgeworpene behandel!  Binnekort gaan die Naspersredakteurs seker uit hul kantore hardloop om  die naaste konsentrasiekampkerkhof te gaan skend, want sulke plekke  vereer mos nie eintlik Moedertjie Engeland nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niks verhoed ons  vandag om die nabye vrienskapsverhouding wat daar in die negentiende eeu  tussen die Boererepublieke en Nederland geheers het, te herstel nie. In  sowel Nederland as Vlaandere is daar steeds vele strate en buurte met  Afrikanername. Trouens, binnekort gaan daar meer Afrikaanse straatname  in die Lae Lande wees as in Suid-Afrika! Dink daaraan. Die ANC het reeds  meer as een openbare Afrikaanse boekversameling verwoes. Indien ons  huidige oorlewingstryd faal, sal Afrikaans en ons hele kultuur van 360  jaar as &#8216;n soort museumstuk in die Nederlandse taalgebied gekoester  word. In Londen, waar die standbeeld van Nelson Mandela staan, sal daar  sekerlik geen traan oor ons heengaan gestort word nie. Inteendeel, daar  sal eerder gejuig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar indien Nederland teen 2050 &#8216;n  Moslemland raak en Nederlanders, soos Afrikaners in Suid-Afrika, &#8216;n  &#8220;magtelose minderheid&#8221; in eie land word, sal die kanse op die oorlewing  van Afrikaans \u00e9n Nederlands soveel skraler wees. Trouens, behalwe die  Afrikaanse po\u00ebsie wat Martin Bosma in die Tweede Kamer, die Nederlandse  parlement, openlik lees, is hy ook &#8216;n ywerige leser van N.P. Van Wyk  Louw, veral sy politieke en filosofiese opstelle. Die term &#8220;magtelose  minderheid&#8221; kom daarin voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners, die weeskinders van die  Weste, wat deur die VSA, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Swede en ander  moondhede verwerp is ten gunste van &#8216;n radikale, pro-Moslem-,  pro-Palestynse, pro-Chinese terreurgroep, die ANC, het ironies genoeg  die &#8220;kanarie in die steenkoolmyn&#8221; vir die hele Westerse beskawing  geword. Die feit dat ons, asook ons taal en kultuur, besig is om te  sterf onder die aanslag van &#8216;n nie-Westerse meerderheid, voorspel niks  goeds vir die voortbestaan van die Westerse beskawing as sodanig nie.  Soos Patrick Buchanan, daardie formidabele konserwatiewe Amerikaanse  denker, ook in sy meer onlangse boeke voorspel, l\u00ea &#8220;die dood van die  Weste&#8221; voor die deur. Ons is egter eerste op die lys, die eerste  Westerse volk om in die moderne tyd onder te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is al siek  en sat vir die alewige gesanik oor rassisme, asof dit die enigste  politieke begrip is wat daar sedert Plato of Aristoteles in die w\u00eareld  uitgedink is. &#8216;n Groter wedersydse betrokkenheid tussen Afrikaners,  Nederlanders en Vlaminge sal ook die Afrikaanse politieke debat uit die  moeras waarin dit tans verkeer, red.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was &#8216;n tyd toe vele  streng Calvinistiese Afrikaners gedink het God het ons aan die suidpunt  van Afrika geplaas om die swartmense te kersten en Sy lig, tesame met  die Westerse beskawing, hier uit te dra. Ek dink ons moet erken dat  Suid-Afrika in die onlangse tyd in so &#8216;n barbaarse, heidense toestand  verval het dat selfs menslike offerandes ons nie meer sal skok nie. In  elk geval bring ons elke dag reeds soveel menslike offerandes aan die  Afrodemokrasie, aan Mammon en ander gode dat ons menselewens ewe  waardeloos ag as die barbaarse opperhoofde van weleer. Of selfs die  dienaars van Ba\u00e4l in ou Carthago waar eersgeborene babas lewendig  verbrand is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien die Afrikaner wel oor &#8216;n roeping beskik, is  dit moontlik om Nederland en die res van die Weste te waarsku oor die  fatale proses van aftakeling wat hier by ons in die naam van  multikulturele demokrasie aan die gang is. In ons land is daar  &#8220;oorgrensparke&#8221; waar die wild vrylik mag rondloop. Maar ons het  oorgrensdebatte m\u00e9\u00e9r nodig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wedersydse betrokkenheid van  Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge by mekaar moet dus sover moontlik  gestimuleer en uitgebrei word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een goeie ding wat Beeld  vandeesweek gedoen het, is om &#8216;n brief ter verdediging van Martin Bosma &#8211;  in die oorspronklike Nederlands &#8211; in die koerant te publiseer. Selfs in  die koue transformasiehart van Naspers is daar dus tog hier en daar &#8216;n  sweem van agting vir die oop gesprek en om darem die ander kant van die  saak ook te laat hoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie kan &#8216;n groot avontuur word. Soos <a target=\"_blank\" title=\"Die oplossing: Afrikanerkantons onder die Nederlandse koningshuis?\" href=\"skoppensboer\/9878-die-oplossing-afrikanerkantons-onder-die-nederlandse-koningshuis-.html\">Skoppensboer op hierdie webwerf<\/a> al grappenderwys voorgestel het, kan ons ons soos die  Nederlandse Antille, onder die heerskappy van die Nederlandse kroon  plaas! Ons sal steeds onafhanklik wees, maar die euro en die beskerming  van NAVO geniet. Die ANC van weleer het in Brittanje sy vernaamste  bondgenoot gevind en uiteindelik &#8216;n Afro-Saksiese identiteit en Engels  as enigste amptelike taal aangeneem. In ons stryd figureer Nederland  reeds hoog op die lys van potensi\u00eble bondgenote en praat en skryf ons &#8216;n vorm van Nederlands waarvoor daar in die Lae Lande, selfs onder  linkses, groot waardering bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar in ons gemeenskaplike  stryd kan daar dalk tussen ons, Nederland en Vlaandere, &#8216;n bre\u00ebr soort  &#8220;Wes-Germaanse&#8221; identiteit, met sy sentrum in die Lae Lande en sy  antipode in &#8216;n toekomstige Afrikanervolkstaat in Afrika, ontstaan. Ons  gemeenskaplike mark is een van 25 tot 30 miljoen mense waarbinne  goedere, kultuur en taal &#8211; maar veral idees &#8211; vrylik mag sirkuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  wat Afrosentriese Suid-Afrika ons en ons taal toenemend verwerp, kan  ons deel word van &#8216;n nuwe entiteit wat op gelyke vennootskap en nie op  die huidige uitbuiting deur die ANC-belastinggaarder berus nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die merkwaardige dinge wat die afgelope jaar of twee gebeur het, is die wyse waarop die Afrikanerproblematiek, selfs die Afrikanersaak, in die Nederlandse media as &#8216;n belangrike kwessie gevestig is. Dit het gebeur, grootliks danksy die Partij voor de Vrijheid van mnr. Geert Wilders en veral die party se skrywer en skakelman, mnr. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11999\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge &#8211; n\u00e1 Martin Bosma se besoek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[10492],"class_list":["post-11999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaners-leopold-scholtz-martin-bosma-nederlanders-vlaminge"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}