{"id":11998,"date":"2012-02-26T08:45:04","date_gmt":"2012-02-26T08:45:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11998"},"modified":"2012-02-26T08:45:04","modified_gmt":"2012-02-26T08:45:04","slug":"vsa-hou-vol-dat-iran-nie-kernbom-wil-bou-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11998","title":{"rendered":"VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Terwyl die Verenigde Nasies se kernwaghond in &#8216;n nuwe verslag Vrydag beweer dat Iran sy uraan-verrykingsprogram versnel het, het Amerikaanse intelligensie-ontleders voortgegaan om vol te hou dat daar geen harde bewyse is dat Iran besluit het om &#8216;n atoombom te bou nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangse verslae deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe is oor die algemeen in ooreenstemming met &#8216;n 2007-intelligensiebevinding wat tot die gevolgtrekking gekom het dat Iran sy kernwapenprogram al jare gelede laat vaar het, volgens huidige en voormalige Amerikaanse amptenare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die amptenare het ges\u00ea dat die jongste assessering grootliks herbevestig wat &#8216;n 2010-Nasionale Intelligensieberaming bevind het, en dat dit steeds die konsensussiening van Amerika se 16 intelligensie-agentskappe verteenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die middel van die debat is die troebel vraag wat die uiteindelike ambisies van die leiers in Teheran is. Daar is geen geskil tussen Amerikaanse, Israeliese en Europese intelligensie-amptenare dat Iran kernbrandstof verryk nie en die nodige infrastruktuur vir kernkrag ontwikkel nie. Maar die CIA en ander intelligensie-agentskappe glo dat Iran nog moet besluit op &#8216;n parallelle program om voort te gaan om &#8216;n kernkop te ontwerp &#8211; &#8216;n program wat hulle glo in wese gestaak is in 2003. Iranse beamptes beweer dat hul kernprogram vir burgerlike doeleindes bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Senaatsgetuienis op 31 Januarie, het James R. Clapper jnr, die direkteur van nasionale intelligensie, uitdruklik ges\u00ea dat Amerikaanse amptenare glo daar is geen bewyse dat Iran besluit het om &#8216;n kernwapen te bou nie. David H. Petraeus, die CIA-direkteur, het saamgestem. Ander senior amptenare, insluitend verdedigingsekretaris Leon E. Panetta en genl. Martin E. Dempsey, die weermagstafhoof, het soortgelyke stellings in onlangse televisie-optredes gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritici van die Amerikaanse aanslag in Jerusalem, en &#8216;n paar Europese hoofstede wys daarop dat Iran groot vordering gemaak het in die moeilikste stap, naamlik die verryking van uraan. Dit is ook die bevinding van &#8216;n reeks verslae deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap se inspekteurs, wat Vrydag nuwe bewyse gelewer dat Iran met die verryking van uraan in &#8216;n ondergrondse fasiliteit begin het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Israeliese amptenare het die uitgangspunt van die 2007-intelligensie-assessering gekritiseer, en ges\u00ea hulle glo nie dat Iran ten volle al sy werk op &#8216;n wapenprogram gestaak het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ongeklassifiseerde opsomming van die 2007-intelligensieraming oor Iran se kernprogram wat aandui dat werk aan &#8216;n bom laat vaar is, verteenwoordig &#8216;n skerp ommeswaai van die intelligensiegemeenskap se 2005-skatting. Sowel Europese en Israeliese amptenare, as konserwatiewe kenners, voer aan dat dit deel van &#8216;n groter poging deur die CIA is om Amerikaanse milit\u00eare optrede teen Iran te verhoed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag was so omstrede dat baie buite-ontleders verwag het dat die intelligensiegemeenskap noodgedwonge die raming sou hersien en repudieer n\u00e1 nuwe getuienis oor Iran se program, veral van die Verenigde Nasies se inspekteurs.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran se pogings om sy kernfasiliteite weg te steek en die Weste te mislei oor sy aktiwiteite het ook twyfel versterk. Maar sommige Amerikaanse ontleders waarsku dat sulke gedrag nie noodwendig &#8216;n bewys van &#8216;n wapenprogram is nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die Verenigde Nasies se kernwaghond in &#8216;n nuwe verslag Vrydag beweer dat Iran sy uraan-verrykingsprogram versnel het, het Amerikaanse intelligensie-ontleders voortgegaan om vol te hou dat daar geen harde bewyse is dat Iran besluit het om &#8216;n atoombom te bou nie. Onlangse verslae deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe is oor die algemeen in ooreenstemming met &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11998\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11998","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11998\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}