{"id":11993,"date":"2012-02-25T11:48:18","date_gmt":"2012-02-25T11:48:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11993"},"modified":"2012-02-25T11:48:18","modified_gmt":"2012-02-25T11:48:18","slug":"kiwis-goed-maar-nie-goed-genoeg-vir-sa-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11993","title":{"rendered":"Kiwi\u2019s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/sa_krieket2.jpg\" width=\"251\" \/>Vroeg in die vyf-en-veertigste beurt van hulle kolfbeurt (ja, met krieket kry jy beurte \u00edn beurte; dis belangrik en ons kom weer daarby) het Faf du Plessis \u2019n bal van Nieu-Seelander Kane Williamson haaks na die bykant gestoot om Suid-Afrika se wenlopie aan te teken. Dit het een van die opererende beginsels van krieket \u2013 van enige spansport \u2013 ingevryf: Vir \u2019n goeie span om \u2019n baie goeie span te klop, moet hulle baie goed speel. Vir \u2019n baie goeie span om \u2019n goeie span te klop, hoef hulle net goed te speel. En as \u2019n goeie span net goed speel, is hulle enigste kans om \u2019n baie goeie span te wen as di\u00e9 pleinweg vrot speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland is \u2019n goeie span en Suid-Afrika is \u2019n baie goeie span. Gedurende die pasafgelope T-20-reeks het Nieu-Seeland in die eerste een baie goed gespeel, Suid-Afrika het vrot gespeel en Nieu-Seeland het net-net gewen; in die tweede het Nieu-Seeland baie goed gespeel en Suid-Afrika het baie goed gespeel en maklik gewen; in die derde het Nieu-Seeland baie goed gespeel en Suid-Afrika goed en Suid-Afrika het net-net gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend (Boeretyd) het Nieu-Seeland goed gespeel, maar dit was nie genoeg nie want Suid-Afrika het ook goed gespeel en maklik gewen. D\u00edt som Nieu-Seeland se penarie teen Suid-Afrika op, \u2019n verknorsing wat net gaan verhewig hoe meer die spanne teen mekaar speel en hoe langer die wedstryde word. Suid-Afrika gaan vir lang tye triestige krieket moet speel om nie al drie die aankomende toetse te wen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland, wat in 2005 laas \u2019n wedstryd op die Westpac-stadion in Wellington verloor het, het die loot gewen en manhaftig besluit om te kolf \u2013 lopies op die telbord, en al di\u00e9 tipe ding, jy weet. Nieu-Seeland se lopieverkrygingstrategie is eenvoudig: Guptill en McCullum moet groot beurte speel en \u2019n halfdosyn ander kolwers moet bydra met gewigtige klein tellings. Guptill het nie lus gelyk hiervoor nie; nie teen \u2019n skroeiende Suid-Afrikaanse openingsaanval deur Tsotsobe, Morkel en veral Dale Steyn nie; nie met \u2019n blad wat die bal laat opspoeg en laat swaai het nie. Hy maak toe \u2019n strategiese onttrekking deur \u2019n Tsotsobe-aflewering saggies en teer op te kerf na De Villiers agter die penne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McCullum het diep gesluk, goed gespeel en 56 lopies gekry. Williamson het wonderlik gespeel en 55 lopies gekry. En dit was maar eintlik al. De Villiers het sy boulers skrander aangewend en omgeruil en telkens \u2019n manier gekry om die Kiwi\u2019s te ontwapen net sodra dit lyk asof hulle \u2019n beduidende vennootskap gekonstrueer kry. Hy het veral vir Steyn gereserveer vir die groot oomblikke \u2013 vir die beurtklimaks en tydens die versnelbeurte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nou moet ons eers praat oor die begrip \u201cbeurte\u201d in krieket. Een van die innoverings van eendagkrieket is in Engels bekend as \u2019n \u201cpower play.\u201d Dit is trosse van vyf of tien beurte waarin veldwerkbeperkings vir die kolwers kans gee om makliker en vinniger lopies aan te teken. Vir die afgelope tien jaar sukkel die Afrikaanse kommentators vir \u2019n gepaste vertaling. Tans berus hulle in \u2019n erg onoorspronklike en verbeeldinglose \u201ckragspel\u201d om dit te beskryf. Dit is tog duidelik dat die doel van di\u00e9 tros beurte nie is om krag te vertoon nie, (nie eens \u201cpower\u201d nie), maar om vinniger lopies te maak, d.w.s. om te versnel. So, \u201cpower play\u201d is \u201cversnelbeurt.\u201d Hoor ek reeds hoe s\u00ea mense vir my dat dit veroorsaak dat daar beurte in \u2019n beurt is. Ja. Maar di\u00e9 is daar reeds. Jy kry boulbeurte in \u2019n kolfbeurt en nou kry jy boulbeurte in \u2019n versnelbeurt en versnelbeurte in \u2019n kolfbeurt. Kom ons aanvaar dit nou maar so.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland het (vir hulle) \u2019n baie goeie en (vir Suid-Afrika) \u2019n baie gemiddelde telling van 253 gebank. Die Kiwi\u2019s het duidelike doelwitte gehad om die Proteas onder di\u00e9 telling voor te keer, waarvan die vernaamste was om drie paaltjies binne die eerste tien beurte van Suid-Afrika se beurt (sien!) te kry. So gedaan met Amla, Smith en Kallis wat tussen hulle presies 30 lopies aangeteken het. Kallis het gesneuwel met \u2019n wanberekende trekhou, \u2019n skoot wat hy meestal sal b\u00eare. Maar Amla, en in \u2019n baie groter mate, Smith sal moet besin oor hulle eendagkolfbenadering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Moslem het \u2019n uitstaande kolfgemiddeld en is op meriete gelys as die beste eendagkolwer in die w\u00eareld. Tog is dit asof hy gedring voel om flambojant en aggressief, ongeag die situasie, te kolf. Hy lyk elke keer goed op dreef, en hy is, behalwe vir die irriterende en skadelike gewoonte om sy paaltjie te verloor. Hy doen dit darem op \u2019n vermaaklike verskeidenheid maniere en vanoggend was dit \u2019n delikate skramskootjie van kolf na wegpen gekap. Hy sal goed vaar om ag te slaan op daardie vervelige ou geykte wenk: Konsentreer van vooraf meer op die basiese dinge van krieket en die vreugde sal volg. Op die oog af is hy \u2019n verstellinkie en \u2019n instellinkie van sy gedugte beste af. Helaas, so is dit nie met Smith nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is vanoggend weer op sy ou gunstelingmanier uit met \u2019n geslote kolfaansig wat \u2019n bal van die buiterand af glippe toe piets. Ek het nog altyd \u2019n waardering gehad vir \u2019n goeie speler met \u2019n lastige tegniekgebrek \u2013 iets soos Paulus se angel in die vlees. Jonty Rhodes moes iets baie soortgelyk as Smith oorwin. Hy het ook \u2019n oordrewe onderhandgreep gehad, maar hy het uitgewerk hoe om die kwesbaarheid daarvan te beperk terwyl hy die voordele daarvan kon beklemtoon. In die tweede helfte van sy loopbaan was hy die beste beurtafsluiter ter w\u00eareld met \u2019n gemiddeld van meer as 80.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smith se kwesbaarheid is besig om sy loopbaan te ondermyn en sy kolfgemiddeld is nou onder 40 (baie goed as hy \u2019n Kiwi was, maar onaanvaarbaar vir \u2019n Suid-Afrikaanse oopmaakkolwer.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Kiwi\u2019s in vervoering oor hulle sukses het AB de Villiers en JP Duminy begin om die kolfbeurt te lap. Duminy het verbete sonder enige noemenswaardige tydsberekening geswoeg. Al di\u00e9 wroeging was karige betaling om die oorkantste kolfkampie dop te hou, want AB de Villiers het, doodeenvoudig, \u2019n kolfmeesterklas gegee. Daar is nie nog \u2019n kolwer tans in w\u00eareldkrieket wat sy spel kan vorm om die situasie te pas soos die SA kaptein nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">O, daar is ander verwoestende kolwers: Gayle, Sehwag, Warner en deesdae ons eie Levi, maar AB op sy dag kan saam met die beste tonk. Nie een van die ander kan \u2019n beurt saamstel soos AB nie. Hy het enkellopies gekry waar enkellopies te kry was, \u2019n vier of twee toe dit nodig was, vier sesse toe die Kiwi\u2019s dit regtig nie nodig gehad het nie. Duminy het uiteindelik die aftog geblaas op 46, wat op \u2019n manier goeie tydsberekening was, want toe stap Faf du Plessis in. Wat \u2019n irriterende kolwer om teen te boul! Hy wip hiperaktief rond in die kolfkampie, spring oor na die wegpen en druk die bal om die paaltjies na die bykant toe; bons oor na die bypen en sny die bal deur die wegkant; storm \u2019n vinnige bal en slaan dit oor die binnekringveldwerker&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vorige keer wat Du Plessis en die Kiwi\u2019s mekaar in die o\u00eb gekyk het, het die Swart Pette gesmaal, want toe het Faf sopas vir AB in die kwarteindrondte van die w\u00eareldbeker uitgehardloop en daarmee die slag aan die Nieu-Seelanders oorhandig. Di\u00e9 verkleinering is nie nou meer voor in die Nieu-Seelandse gemoed nie. Daarvoor het Faf hulle te vrolik gestraf vir sy 66 nie uit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika sou in alle waarskynlikheid 300 lopies of meer kon jaag \u2013 Albie Morkel was, byvoorbeeld, nog in reserwe. Maar dit was nie nodig nie. Nieu-Seeland het bloot goed gespeel, en teen \u2019n baie goeie span soos Suid-Afrika is goed net nie goed genoeg nie.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroeg in die vyf-en-veertigste beurt van hulle kolfbeurt (ja, met krieket kry jy beurte \u00edn beurte; dis belangrik en ons kom weer daarby) het Faf du Plessis \u2019n bal van Nieu-Seelander Kane Williamson haaks na die bykant gestoot om Suid-Afrika se wenlopie aan te teken. Dit het een van die opererende beginsels van krieket \u2013 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11993\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kiwi\u2019s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11992,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-11993","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11993"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11993\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11992"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}