{"id":11988,"date":"2012-02-24T12:50:30","date_gmt":"2012-02-24T12:50:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11988"},"modified":"2012-02-24T12:50:30","modified_gmt":"2012-02-24T12:50:30","slug":"praag-se-middagnuusbulletin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11988","title":{"rendered":"Praag se middagnuusbulletin"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><strong>In die Hooftrekke<\/strong>:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Studenteverkragter gearresteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bylmoordenaar geskik om verhoor te word<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog geweld by Implats<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">VSA trek renosterhoringsmokkelring vas<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste Super Rugby-wedstryde<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste markaanwysers<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>\u2019n&nbsp; Jongman is in hegtenis geneem vir die verkragting en roof<\/strong> van drie studente van die Universiteit van Limpopo in Mankweng, het Limpopo-polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk dat die man in die vroue se kamers van die kampus af ingebreek en hulle verkrag het tussen Woensdag 22h00 en 03h00 Donderdag, het konstabel Moses Molepo in \u2019n&nbsp; verklaring ges\u00ea. Selfone en skootrekenaars is ook gesteel. Die arres volg na \u2019n&nbsp; wenk van die publiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Bylmoordenaar geskik om verhoor te word.<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voormalige Blou Bul-flank Phindile Ntshongwana is geestelik bevoeg om vir die moord op drie mense met \u2019n&nbsp; byl in die hof te verskyn, het die Durbanse Hooggeregshof gehoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Kate Pillay het ges\u00ea die beskuldigde is geskik om verhoor te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ntshongwana staan ook tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en verkragting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het na bewering twee van sy slagoffers met \u2019n&nbsp; byl doodgekap. Een is onthoof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr Soobian Moodley het in Januarie getuig dat Ntshongwana nie enige tekens van geestelike onstabiliteit tydens mediese ondersoeke getoon het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Nog geweld het vanoggend by Impala Platinum<br \/><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n&nbsp; Amptenaar van Implats, Johan Theron, het ges\u00ea dat daar nog ernstige voorvalle van geweld vanoggend plaasgevind het. Dit is deur die Noordwes polisiesegsman, Brigadier Thulani Ngubane, bevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Implats-werkers is al vir \u2019n&nbsp; maand lank op \u2019n&nbsp; onwettige staking wat die ontslag van 17,200 werkers tot gevolg gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het tot gewelddadige oproere en die dood van ten minste twee mense gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Afghanistan: Die land hou asem op vir vierde dag van geweld<\/strong> na verbranding van Korans<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afghaanse owerhede het hulleself gestaal vir \u2019n&nbsp; vierde dag van gewelddadige protes na Vrydag-bidure oor die verbranding van eksemplare van die Koran deur die Amerikaanse weermag, ten spyte van \u2019n verskoning wat deur die VSA se president, Barack Obama, aangebied is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die segsman vir die Binnelandse Ministerie, Sediq Seddiqi het ges\u00ea hulle sal ekstra waaksaam wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens amptenare het onlusbeheerpolisie in Kaboel ontplooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit Taliban het Donderdag \u2019n&nbsp; oproep op Afghaanse Moslems gedoen om vreemdelinge \u201cte slaan en dood te maak\u201d om die Koran-verbranding te wreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onluste het regoor die land na die insident uitgebreek en ten minste 17 mense, insluitende twee Amerikaanse soldate is gedood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Sewe mense is in hegtenis vir die smokkel van bedreigde renosterhorings<\/strong> in Los Angeles, New Jersey en New York oor die afgelope week vasgetrap, het federale beamptes gister ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vier van die verdagtes is in Los Angeles betrap. Die mees onlangse arres het Woensdagnag by die Los Angeles Internasionale Lughawe aangekeer, het Thom Mrozek, \u2019n&nbsp; segsman vir die VSA se aanklaerskantoor ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dzjin Zjao Feng, \u2019n&nbsp; Sjinese burger, is by die lughawe in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy die vervoer van dosyne renosterhorings van die VSA na Sjina toegesien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die arrestasies was die gevolg van \u2019n&nbsp; 18-maandelange ondersoek genaamd \u201cOperasie Crash.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Markaanwysers:<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Goud verkoop teen $1,799-65 per fynons en Platinum teen $1,717-25.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jy kan \u2019n&nbsp; dollar koop vir R7-56.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brent Ruolie verkoop teen \u2019n&nbsp; pynigende $125-38 \u2019n&nbsp; vat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Sport<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Super Rugby-toernooi het vanoggend met twee wedstryde weggespring.In Australi\u00eb het die Brumbies onder Jake White die Western Force 19-17 geklop. Jesse Mogg en Robbie Coleman het drie\u00eb vir die Brumbies aangeteken en James Stannard het die Force se enigste drie behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr het die Crusaders hulle landgenote, die Blues, net-net met 19-18 getroef. Chris Lowrey en David Raikuna het drie\u00eb vir die Blues gedruk en die Crusaders kon net een behaal \u2013 deur Robbie Fruean. Tyler Bleyendaal het die res van die punte met skoppe aangeteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Sri Lanka het die Australiese krieketspan geskud<\/strong> toe hulle die eendagwedstryd met twee paaltjies geklop het. Australi\u00eb het eerste gekolf en in \u2019n&nbsp; groot mate danksy \u2019n&nbsp; honderdtal deur Forrest 280 lopies na 50 beurte behaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Vir Sri Lanka het Jayawardene met 85 en Chandimal met 80 uitgeblink. Die wenlopies is in met vier balle oor in die laaste boulbeurt behaal.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die Hooftrekke: Studenteverkragter gearresteer. Bylmoordenaar geskik om verhoor te word Nog geweld by Implats VSA trek renosterhoringsmokkelring vas Die eerste Super Rugby-wedstryde Die jongste markaanwysers \u2019n&nbsp; Jongman is in hegtenis geneem vir die verkragting en roof van drie studente van die Universiteit van Limpopo in Mankweng, het Limpopo-polisie ges\u00ea. Dit blyk dat die man &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11988\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Praag se middagnuusbulletin&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11988","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11988","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11988"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11988\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11988"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11988"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11988"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}