{"id":11987,"date":"2012-02-24T11:20:08","date_gmt":"2012-02-24T11:20:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11987"},"modified":"2012-02-24T11:20:08","modified_gmt":"2012-02-24T11:20:08","slug":"broodblik-oorlog-toe-in-n-ratel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11987","title":{"rendered":"Broodblik! Oorlog toe in &#8216;n  Ratel"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gustav2.jpg\" \/>Op \u2019n wintersaand, Junie 1983, steek ek op pad uit die kaserne in die deur vas. Op die klein paradegrond aan die oorkant is ses Ratels in \u2019n&nbsp; halfmaanformasie, sulke kantige, dreigende masjiene in die penumbra van die aand. Hulle hoofligte glinster stip soos die o\u00eb van \u2019n&nbsp; roofdier op wag en die kragtige soekligte wat bo-op gemonteer is, sweis deur die halfdonker van die nag. In die halfskaduwees van die aand is die gedaantes van die bemanning wat die masjiene diens en beheer sulke vlietende, doelgerigte figure, masjienagtige wesens in eie reg, o\u00ebnskynlik sonder emosie in hulle toegespitsde bewegings. Die enjins luier in \u2019n&nbsp; meganiese koor, laag en grommend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het nog nooit voorheen \u2019n&nbsp; meer onheilspellende gesig gesien nie, \u2019n vertoon van apokaliptiese magte wat skaars bedwing kan word en op die kleinste voorwendsel in \u2019n orkaan van swael en vuur kan losbrand. Die instink om op die vloer te gaan l\u00ea met my arms oor my kop, was oorweldigend \u2013 en hierdie masjiene was aan m\u00fd kant!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie \u201cvreesfaktor,\u201d daardie eienskap waarna milit\u00earevoertuigontwerpers streef, was in oorvloed in \u2019n&nbsp; Ratel teenwoordig. Dit is buite perke verhoog in die bosse van Angola. Die terroris of FAPLA-soldaat, selfs die Kubaan, die Oos-Duitser en toevallige Rus, sou hulle hoor aankom \u2013 daardie snel naderende basgedreun, daardie waansinnige geloei van die turbo \u2013 maar dit is moeilik om vas te stel w\u00e1\u00e1r die Ratels is en hoe gou hulle daar sou wees. En wanneer hulle uit die bosse bars en die 20-mils vlamvlamvlam en die lugspoorkoe\u00ebls skeur in teikens in en die brisantkoppe bars in vuur uit, is daar nie baie wat bly staan om die knelpunt te besleg nie. Dan gaan die deure oop en \u2019n&nbsp; agttal veglustige troepe \u201cstap uit\u201d elke voertuig en vee vorentoe in \u2019n onweerstaanbare vuur-en-beweginggolf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die Grensoorlog nominaal in 1966 ontstaan het, was dit vir die eerste dekade \u2019n&nbsp; lae-intensiteit- teeninsurgensiestryd. Die grootste deel van die werk is deur gemotoriseerde infanterie te voet of op Bedford-vragmotors gedoen. Die verskyning van Mercedes-Benz Unimogs het mobiliteit verhoog, maar selfs di\u00e9 gedugte lorrietjies was sagtevelvoertuie \u2013 kwesbaar teen kleingeweervuur en veral landmyne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse Weermag is in 1976 skielik in die diep kant van \u2019n&nbsp; konvensionele oorlog gedompel toe marxistiese magte Angola in chaos omgedolwe het. Die ystermanne van Ops Savannah het Angola diep binnegedring in Eland-pantserkarre en Unimogs waarin sandsakke as koe\u00eblwering en mynweerstand gepak is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PW Botha se vaartbelynde krygstuigraad het die swakplekke in die beskikbare voertuigvoorraad nie net ge\u00efdentifiseer nie, maar verstommend vinnig aangespreek. Die opdrag het uitgegaan om \u2019n gepantserde personeeldraer te ontwerp en te vervaardig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die projekleier was \u2019n&nbsp; jong generaal, Jannie Geldenhuys. Onder hom het \u2019n groep navorsers, ingenieurs, tegnici en vakmanne versamel. Die begroting, in internasionale terme, was karig en die span het gereeld asem ingetrek en die geduld van die telraamjokkies beproef.&nbsp; \u2019n&nbsp; Boer maak \u2019n&nbsp; plan, natuurlik, maar \u2019n&nbsp; Boer kan ook so vervlaks ambisieus met sy planne wees. Die oorspronklike konsep was vir \u2019n&nbsp; vierwielaangedrewe, geslote voertuig, soort van \u2019n&nbsp; gepantserde minibus met groot wiele. Maar die ontwerp het gegroei en gegroei, en toe n\u00f3g gegroei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geldenhuys is naderhand onttrek vir ho\u00ebr diens as gebiedsbevelvoerder. (Die Ratelprojek het verhoed dat hy \u2019n&nbsp; finale generalestafkursus doen, wat van hom, in sy eie speelse woorde \u201c\u2019n&nbsp; ongekwalifiseerde generaal\u201d gemaak het.) Roland de Vries het die projekleiding oorgeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratel wat in 1976 gedebuteer het, het die ontwerpspesifikasies heeltemal oorskry. Die uiteindelike produk was lank \u2013 7,2 meter &#8211; , hoog \u2013 2,5 meter, en wyd \u2013 2,1 meter. Onbewapen het die kolos ingeweeg op 16 ton. Die standaardweergawe se skerpkant was \u2019n&nbsp; 20-millimeter, Frans ontwerpte snelvuurkanon en \u2019n&nbsp; 7,62-mm M19 Browning-masjiengeweer is koaksiaal gemonteer. Die wapens is gehuisves in \u2019n roteerbare toring. Die enjin van keuse was \u2019n 12-liter, 6-silinder, turboaangedrewe B\u00fcssing-masjien wat krag gelewer het na die wiele deur \u2019n&nbsp; massiewe sesgang- outomatiese ratkas.&nbsp; Die gewone Ratel het \u2019n&nbsp; bemanning van drie gehad &#8211; kanonnier en bevelvoerder in die toring, en die bestuurder (\u201cdrywer\u201d in weermagvaktaal) in die klein kajuit reg voor op die kort snoet. In die passasiersruim was sitplekke vir agt infanteriste wat elkeen oorkant \u2019n&nbsp; roteerbare skietgat gesit het. Die Ratel het seswieldryfvermo\u00eb en ewenaarslotte oor al drie aste gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Resitasie van statistieke doen niks om die indruk van die Ratel te beskryf nie. Dit is ferm geplant op die ses groot wiele aan drie aste en is die ene skuinsvlakke. Een van die faktore wat \u2019n&nbsp; Ratel so dreigend laat lyk, is die feit dat die bemanning nie maklik van buite sigbaar was nie. Dit is so \u2019n&nbsp; masjienagtige voertuig, asof dit bloot \u2019n&nbsp; meganiese aanmekaarflansing met \u2019n kwaadaardige intellek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratel was met die eerste oogopslag net te groot om enige iets anders as lomp te wees, maar in die hande van \u2019n&nbsp; bedrewe drywer was dit verstommend beweeglik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201cBroodblik\u201d (een van die byname van di\u00e9 kar) was \u2019n&nbsp; oombliklike sukses in die Operasionele Gebied. Die potensiaal van die voertuig was gou duidelik en dit het van meet af aan die patroon van gemeganiseerde infanterieontplooiing verander. Hierdie was nie bloot \u2019n voetsoldaattaxi wat sy vrag skutters afgelaai en dan onttrek het tot die slag gelewer is nie. Hierdie voertuig het soveel slaankrag in die stryd bygedra, en was so bestand teen kleingeweervuur en mortiere, dat dit gereeld die profiel van \u2019n slag verander het. Die mobiliteit van die Ratel, die sig wat dit aan die toringbemanning gebied het oor bosse heen omdat dit so hoog is, die vermo\u00eb daarvan&nbsp; om versperrings oor te steek of daardeur te breek, het die SAW die kosbare vermo\u00eb gegee om die front te verskuif en om om die flanke van die vyandelike magte te beweeg. In \u2019n&nbsp; geveg kon dit \u2019n gordyn van dekvuur lewer terwyl die infanterie in posisie beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mobiliteit, een van die hoogste aangeskrewe elemente van oorlogvoering, is tradisioneel gesien as behorende tot die vlaktes van Europa en die woestyne van Noord-Afrika. Die bos was ontwerp vir ligte infanterie wat ten beste op lugsteun kon staatmaak. Met die Ratel het die Suid-Afrikaanse weergawe van Blitzkrieg na die Operasionele Gebied gekom. Dit het die gevegsdoktrine van die vyand oorhoops gegooi tydens die groot oorgrensoperasies Protea, Daisy, Smokeshell en ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1983 is ek gekies om by die Hoof van die Le\u00ebr se Peloton aan te sluit. Dit was \u2019n&nbsp; eksklusiewe groep Ratel-drywers wat na goeddenke van die Le\u00ebrhoof aangewend sou word waar daar ook al \u2019n behoefte vir bestuurders was. Vroeg in ons Bestuurs- En Onderhoudskursus ( B&amp;O), is ons ter wille van ori\u00ebntering op \u2019n halfdosyn Ratels in die transportpark losgelaat. My oorblywende indrukke was hoe die binnekant, uitgeverf met \u2019n koel, dik lemmetjiegroen, en al die drukpype en kabels en hefbome, aan die interieur van \u2019n&nbsp; duikboot herinner het. D\u00edt, en die feit dat \u2019n Ratel aan die binnekant die ene skerp, harde hoeke is. Ek het nog&nbsp; nooit voorheen of daarna my kop so baie gestamp nie. Ek het met ligte harsingskudding en groot bewondering vir die masjien daar weggekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2019n intensiewe teoretiese kursus, het die bestuursopleiding begin. Uiteindelik het \u2019n&nbsp; kort korporaal, Moffat, op my beslag gel\u00ea. Hy het my na die Ratel agter in \u2019n transportparkloods begelei. Eers moes ek agterop die enjinluike klim en leer om die groot klappe op te tel en \u2019n \u201cparade\u201d \u2013 \u2019n &nbsp;instandhoudingsritueel \u2013 te doen. Een van die Ratel se eksentriekhede was \u2019n baie lang oliemerkstok. Om daardie \u201cdiepsteek\u201d in die piepklein gaatjie doer onder in die enjinkompartement te kry, is \u2019n&nbsp; raaisel wat baie konsentrasie verg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oomblik het aangebreek en ek is ge\u00efnstalleer in die vlak bestuurdersitplek met die GM-tipe skootgordel vasgeknip, die kopstuk oor my skedel getrek en die kommunikasiebeheer aan \u2019n band om my nek gehang. Moffat het my gewys hoe om die hoofskakelaar te draai en die twee batteryskakelaars op te klap. Dit was tyd. Ek het die groot ronde aansitterknop gedruk en iewers agter my het \u2019n&nbsp; knormoergeloei ontstaan en oomblikke later het die magtige enjin begin dreun. Ons wag vir die naalde van die lugdrukmeters om te klim: Anders as burgerlike vragmotors het \u2019n Ratel \u2019n positiewe remstelsel en moet genoeg lugdruk h\u00ea voor die remme werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cKom ons ry!\u201d het Moffat beveel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rathefboom was \u2019n kort, stewige stingel links van my en ek het dit uit neutraal teruggeskakel na trurat met my voet ferm op die rempedaal. Ek het my regtervoet van die rem verwyder en op die versneller geplaas en getrap. Vir eers het niks gebeur nie \u2013 \u2019n&nbsp; Ratel is nie die Hilux-bakkie waarop ek my bestuurstande geslyp het nie. En toe&#8230; toe beweeg dit, asof die aarde self weggesleep word terwyl die Ratel stilstaan&#8230; maar nee, dit \u00eds die voertuig self wat agteruit rol, en dis \u2019n&nbsp; gevoel van verstomming, asof ek \u2019n&nbsp; stadsaal geskuif het; die blote gedagte dat dit in gehoor van m\u00fd gier, m\u00fd besluit, m\u00fd voet se drukking op die pedaal is wat die massiewe Ratel beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opleiding het versigtig begin, met \u2019n&nbsp; paar katvoetrondtes om die ringpad om die 1 SAI-basis. Later het ons dorp toe beweeg en na \u2019n&nbsp; paar sessies oor die volgende paar dae uit na die \u201ckoeikamp,\u201d \u2019n opleidingsveld net buite die Tempe-basis. D\u00e1\u00e1r het ek uiteindelik die legendariese \u201ctreinbrug\u201d ontmoet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die kant van \u2019n plato tuimel die aarde weg teen \u2019n&nbsp; steil afdraande af. Ek het, per instruksie, die Ratel daarin onder beheer van die lugdrukbeheerde \u201ckruiprem\u201d laat afskuifel. Die oomblik wat ons gelyke grond getref het, het Moffat se stem in my kopstuk gegil: \u201cTrap hom!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratel storm vorentoe, die turbo loei en die aarde streep weerskante van my verby en voor my is \u2019n&nbsp; o\u00ebnskynlike regop wal wat my hele windskerm vul. Redelik seker dat \u2019n gedestabiliseerde korporaal ons dood gaan kos \u2013 maar wat kan jy maak? \u2013 hou ek die versneller in. Die oomblik voor die allerafgryslikste ongeluk neem die voorwiele die skuinswal en die snoet swaai op. Oomblikke later is die Ratel \u2013 die ganse, massiewe, seswielgedrog \u2013 in die lug. Vir \u2019n&nbsp; oomblik is ons die bonkigste, dikvelligste vliegtuig in die planeet se atmosfeer, en dan stamp die agterwiele in, oomblikke later die middelwiele en dan dryf die voordele in die aarde vas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDraai! draai! draai!\u201d gil Moffat en ek sleep die groot wiel na regs en die Ratel sleep in die draai in, in \u2019n&nbsp; storting van stofwolke, grondsuile en klipre\u00ebn. Ek gil soos \u2019n&nbsp; Spartaan in die hitte van geweld. Die enjin snou en tel toere op en ons stormjaag oor die rou Bloemfontein-grond. In daardie oomblik word die rowerleerlingdrywer \u2019n&nbsp; Ratel-man.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het konsentrasie geverg om \u2019n&nbsp; Ratel te bestuur, ongeag van hoe ervare jy was. Die geheelontwerpte bak het veroorsaak dat die voertuig teen spoed van kant na kant begin sweef het en dit het \u2019n delikate aanraking op die stuur geverg om die gevreeste \u201cbody roll,\u201d \u2019n&nbsp; drastiese swenk na links of regs, te voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ander gevalle, in diep sand op die Kaplyn, moes jy die stuur vasgryp, jou duime sorgvuldig bo-op en nie om die stuur nie. Dan hou jy vas, dryf die voertuig met mening aan en hy sal jou met baie opwinding beloon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee maande later word ek met eerstelig wakker. Ek l\u00ea op my sy, toegewoel in \u2019n&nbsp; bruin weermagslaapsak in \u2019n loopgraaf. Twee meters van my af is \u2019n ho\u00eb regop wiel en ek kan die massiewe kronkelvere en die skokbrekers sien. My o\u00eb vee teen die lengte van die voertuig af en dis \u2019n&nbsp; oomblik van groot verwondering, selfs ongeloof, vir my. &#8220;Jou wonderlike, manjifieke masjien!\u201d dink ek. En dit is alles myne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs nou, wanneer ek dit met my ou krygsmakkers bespreek, erken hulle dieselfde gewaarwordinge, dat die Ratel, enige Ratel, h\u00falle s\u2019n&nbsp; is. Wanneer ek iemand anders \u2019n&nbsp; Ratel sien bestuur, is ek verontwaardig, asof iemand my sportmotor sonder my toestemming gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir ons \u2013 vir almal \u2013 wat vir maande in \u2019n&nbsp; Ratel moes opereer, het dit meer as \u2019n&nbsp; kar geword. Jou hele leefw\u00eareld het tussen daardie ses wiele bestaan. \u2019n&nbsp; Ratel het goed na sy passasiers gekyk. Twee watertenks het 200 liter water deur die handige krane verskaf. Dit was dig genoeg om storms te weerstaan, en as hulle moes, het die troepe, regop in hulle sitplekke in die voertuig geslaap. Meeste van die tyd het jy so veilig gevoel in \u2019n&nbsp; Ratel, wetende dat daardie skuins pantservlakke ongelooflik baie slae kon verwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratels het die troepe gevat waar hulle nooit gedink het hulle sou kom nie. Ek onthou hoe ek eenkeer met laaste lig bo-op my Ratel gesit het, diep in Angola, tussen die lae bosse langs \u2019n rivier. Ek het op die spaarwiel gesit en \u2019n lou Lion-bier uit die blikkie gedrink. Die sonsondergang was \u2019n skouspel: Laag op laag van vlammende geel, oranje, rooi en wit. Ek was maer en bruingebrand en heeltemal seker van my plek in die organisasie. Op my Ratel. Alles was wel in my w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratel het w\u00eareldwyd milit\u00eare doktrines omvergewerp. Generaal Jannie Geldenhuys s\u00ea in \u2019n onderhoud met my dat dit \u201c\u2019n&nbsp; heilige, wiskundige re\u00ebl\u201d was dat tenks deur tenks gestuit moet word. Dit het verander tydens Operasie Askari \u2013 waaraan die Hoof van die Le\u00ebr se Peloton met onderskeiding deelgeneem het \u2013 toe Ratel 90\u2019s (Ratels met die 90-mm grofgeskut wat die hoofwapen van die uitgediende Eland-pantserkar was) die vyand se T54-hoofslagveldtenks slae gegee het. Die beweeglike Ratels het die tenks bekruip, houe geslaan en onttrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2003 en die jare daarna het ou Ratel-soldate hulle kop in ongeloof geskud toe hulle sien hoe die Yanks probeer om Irakese insypelaars en rebelle mak te maak met sagtevel- Humvee-voertuie. Die koers waarmee di\u00e9 karre uitgedelg is, was skokkend. En d\u00edt terwyl hulle maar net kon kyk wat die Boere met die Ratel gedoen het. Nou eers begin hulle Stryker \u2013 \u2019n&nbsp; peperduur teenvoeter vir die Ratel \u2013 operasioneel sy merk maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ratel is geskeduleer om hierdie jaar deur \u2019n&nbsp; nuwe infanteriegevegsvoertuig vervang te word. Dit is in wese die Ratel II, maar di\u00e9 naam is polities giftig, so nou noem hulle dit&#8230; die Badger. Nou ja toe. Dit lyk na \u2019n gedugte voertuig, met agt wiele en \u2019n hipermoderne vuurbeheerstelsel vir die vreesaanjaende 30-mm Bushmaster-kanon. Ek is uitgenooi om een te toetsbestuur en sal dit met die eerste geleentheid graag doen. Ek verwag dat dit \u2019n&nbsp; wonderlike voertuig sal wees. Maar gee eerder vir my \u2019n Broodblik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Eenmaal \u2019n &nbsp;Ratel-soldaat, altyd \u2019n&nbsp; Ratel-soldaat.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op \u2019n wintersaand, Junie 1983, steek ek op pad uit die kaserne in die deur vas. Op die klein paradegrond aan die oorkant is ses Ratels in \u2019n&nbsp; halfmaanformasie, sulke kantige, dreigende masjiene in die penumbra van die aand. Hulle hoofligte glinster stip soos die o\u00eb van \u2019n&nbsp; roofdier op wag en die kragtige soekligte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-11987","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11987","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11987"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11987\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11987"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11987"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11987"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}