{"id":11964,"date":"2012-02-21T08:35:14","date_gmt":"2012-02-21T08:35:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11964"},"modified":"2012-02-21T08:35:14","modified_gmt":"2012-02-21T08:35:14","slug":"praag-en-die-volk-se-opium","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11964","title":{"rendered":"Praag en &#8216;die volk se opium&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gustav2.jpg\" \/>Ek  kom uit die 50 cc-geslag. Dit was die jare wat die padre\u00eblmakers dit  goed gedink het om die mees onervare motorfietsryers \u2013 die standerd  9-jakketrakke wat nou net hulle eerste ID\u2019s ontvang het \u2013 tot die mees  gevaarlike motorfietskategorie \u2013 50 cc en kleiner \u2013 te beperk. Nou, na  al hierdie jare, vra maar vir enige een van my geslag wat motorfiets  gery het uit oor wat hy as die beste Japannese motorfietsvervaardiger  beskou en die kanse is 90% dat die antwoord sal ooreenstem met die  \u201cfifty\u201d waarmee hy homself toendertyd desvloers gery het. O, sy  argumente het nou meer tegnies en gesofistikeerd geraak, en hy is  toegeeflik genoeg om die meriete van ander fabrikate te erken, maar op  die ou end stem hy vir Suzuki want hy het \u2019n &nbsp;Soez in matriek gehad.  (Eintlik is Yamaha die voortreflikste van die voortreflikes. Ek weet,  want ek het \u2019n &nbsp;Yamaha YB50 gehad en het die littekens om dit te staaf.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  nuwe sportdebat \u2013 en glo my, daar is tans een \u2013 word met ewe veel  onpartydigheid uitgewoed. Vir di\u00e9 wat nooit enige erg aan sport gehad  het nie, is dit \u2019n &nbsp;platvloerse, onpatriotiese en nuttelose verkwisting  van geld en tyd. Vir di\u00e9 wat met \u2019n sportlied in die hart groot geword  het, is dit \u2019n &nbsp;goeie, opheffende, positiewe gemeenskapsbouer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede  week het ek my terugkeer gemaak na die webtuiste van Praag en my eerste bydrae was onder  hoofde van die sportportefeulje. A, die vreugdes van die  internetskrywer! Praag het \u2019n &nbsp;beleid wat robuuste bespreking aanmoedig  en daar was \u2019n &nbsp;bespreking n\u00e1 my krieketberig en die bespreking was&#8230;  robuust.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een  knorrige kommentator wat sy keurige bydrae aanbied onder die pennaam  van, errm, Knorrig, snou aanlyn: \u201cVLOK!&#8230; die krieket en  rugby!&#8230;&#8230;..die Opium van die Afrikaner!\u201d Mnr. Knorrig (ek neem aan hy  is \u2019n &nbsp;meneer; as Knorrig egter \u2019n &nbsp;mevrou is \u2013 my opregte verskoning)  gaan voort om by wyse van implikasie sportliefhebbers te beskuldig dat  hulle ongevoelig is oor die moord van wit kinders deur swart mans in die  algemeen en Willemientjie Potgieter se grusame dood in besonder. D\u00edt is  wat in bemarkingskringe as \u201cposisionering\u201d bekendstaan, en in hierdie  geval is dit \u2019n &nbsp;diaboliese posisionering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel!  Ek bely ek is lief vir sport. Ek het as\u2019t ware op vadersknieg geleer om  dit te geniet. Van die kosbaarste tye wat ek ooit saam met my pa  deurgebring het was in die paviljoene van die ou Ellispark en die  Wanderers en saterdae voor die TV. Ek het in sport heldhaftigheid,  persoonlikheidsbotsings, innerlike stryde, neerlae en se\u00ebvieringe \u2013 die  hele menslike drama \u2013 gevind en dit prikkel my. Maar ek, en ek glo elke  Afrikaner wat sport geniet, sal in een oomblik onderneem om in lengte  van dae die o\u00eb weg te wend van die bal, die veld, die kryt of die baan,  om nooit-ooit weer sport van enige aard te betrag nie, as ons net een  slagoffer soos Willemientjie sodoende kon red. Maar helaas&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  swartmans wat daardie noodlottige dag met kwade rade aangestryk het na  die Potgieter-opstal het uiteraard nie hulle boosheid afhanklik gemaak  van die algemene Afrikaner se sportkykgewoontes nie. Al sou, deur een of  ander wonderwerk, elke Afrikaner in die aanloop tot daardie dag sport  afgesweer het, sou die allerverskriklike daad presies in pas gewees het  met hoe dit werklik gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  hoor gereeld van mense dat sport die Afrikaner se \u201cgodsdiens\u201d geword  het. Geen ander tydverdrywe \u2013 hetsy se\u00eblversameling, renduiwe vlieg,  bonsaiboomkwekery, tuinmaak, dobbel, owerspel of selfs sosiale  dronkenskap \u2013 word met soveel hitsigheid veroordeel nie. \u2019n &nbsp;Baie goeie  vriend van my vergas my die ander dag op \u2019n &nbsp;lang, bitter relaas teen  sport wat hy nie \u2019n &nbsp;godsdiens nie, maar \u201cmeer as \u2019n &nbsp;godsdiens\u201d  etiketteer \u2013 waarna hy homself verskoon om terug te keer na sy  aanlynrekenaarspeletjie wat sestien ure van sy elke dag in beslag neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ek Willemientjie se nagedagtenis onteer deur rugby te kyk, mag ek darem  nog lees? Die pen het oneindig meer gedoen om die Afrikaner uit sy  erfenis te paai as enige sport. Die intellektuele grondslag wat die  Afrikaner tot die Oorgawe aangehits het, is deur \u2019n &nbsp;piepklein groepie  skrywers \u2013 wie se werke nie eers so danig baie gelees is nie \u2013 gel\u00ea.  Beteken dit dat ons ook nou die pen en die papier moet afsweer?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar om een of ander rede word sport vir hierdie verguising uitgesonder. En  wat is hierdie gruwel wat mense so woedendtierend maak? Dit is  georganiseerde spelle wat volgens re\u00ebls teenoor ander mededingers geniet  word. Dit leer elke deelnemer in \u2019n &nbsp;minder of meerdere mate die deugde  van dissipline, deursetting, die verwerking van teleurstelling,  spangees, opoffering, doelgerigtheid en samewerking. Afrikaners, deur  eeue se veldliefde en harde lewe, het dikwels \u2019n &nbsp;natuurlike  aangetrokkenheid en besondere aanleg vir sport. Die Springbok is net  soveel deel van ons kultuurerfenis as Die Versamelde Werke van  Langenhoven of \u201cO Boereplaas.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sport  bevat ook besondere dividende vir die Afrikaner in sy vryheidstryd.  Eendag, wanneer die geskiedenis van hierdie gleuf van ons volk se  geskiedenis \u2013 die tydperk van die juk \u2013 ontleed word, sal een jaar  uitstaan, juis omdat dit \u2019n &nbsp;wending aangedui het: 2007. Dit was die  jaar van \u201cDe la Rey,\u201d die gewilde lied wat onverwags \u2019n &nbsp;oproep geword  het, nie soseer vir \u2019n leier uit die gietstuk van die ou Boeregeneraal  nie, maar vir \u2019n &nbsp;volk om sy herkoms nie net te erken nie, maar te vier.  En hoe het die volk d\u00edt nie aangegryp nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDe  la Rey\u201d en die sosiale dieptebetekenis daarvan is wyd en intens ontleed,  maar 2007 was ook die jaar van n\u00f3g \u2019n &nbsp;verskynsel, wat op \u2019n &nbsp;manier net  so aangrypend as Bok van Blerk se lied was: Die verskyning van die Blou  Bul Rugbyunie op die w\u00eareldvoetbalverhoog. Dit is die jaar wat die span  \u2013 in hulle Bulle-gewaad \u2013 die Super 14 gewen het. \u2019n &nbsp;Kenmerk van Blou  Bul-rugby is die geesdrif van hulle ondersteuners. N\u00earens in  Suid-Afrika, en waarskynlik n\u00earens ter w\u00eareld, is daar \u2019n  &nbsp;rugbyvoetbalspan wat soveel drif en vurige lojaliteit kon verwek nie.  Hierdie is meer as net die gesamentlike aanhang van \u2019n &nbsp;sportspan. As  sportentoesiasme ooit die klank en kleur van \u2019n &nbsp;godsdiens kan aanneem,  is die Blou Bul-ondersteuners almal proseliete van \u2019n heilige orde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  verklaar hierdie heftige verknogtheid aan \u2019n span? Dit is my  eerbiedige submissie dat dit stroom uit die aar van  Afrikanernasionalisme. \u2019n &nbsp;Volk, pimpel en pers gerangeer deur politieke  korrektheid soos aangevuur deur die populistiese media, het \u2019n &nbsp;plek  gevind waar hulle onbeskaam kan versamel. Loftus het meer as \u2019n  &nbsp;voetbalstadion geword. Dit is \u2019n &nbsp;katedraal van Afrikaneridentiteit en  -aspirasies. Die lyksbesorgers wat so smalend \u2013 en voortydig! \u2013 die  doodsgebooie van die Afrikaner laat loop het, moes hulle o\u00eb twee maal  uitvee en dubbeld kyk. As enige iemand nog getwyfel het aan die  lewenskragtige teenwoordigheid van die Afrikaner in hierdie veelbewo\u00eb  land, is \u2019n &nbsp;stampvol gepakte Loftus op \u2019n Saterdag \u2019n &nbsp;openbaring .  Walle en walle van driftige blanke Afrikaanssprekende mense. Die Blou  Bul-vlag het die Nuwe Suid-Afrikaanse onderbroekvlag verswelg. Hofmeyr  se Bloubul-lied het die ANC se sinkretistiese nasielied uitgedoof. Wil  jy weet hoe klink die magtige dreuning van \u2019n &nbsp;ontwakende jong volk?  Skakel volgende keer in wanneer die Bulle op Loftus speel. (Hierdie  selfde verskynsel in effens kleiner formaat maar ewe heftig word in  Bloemfontein, die Cheetah-stad, waargeneem.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die kommentaarafdeling na my berig het Knorrig slaags geraak met Heleen  Henstock wat aangevoer het politiek is politiek en sport is sport. Sy  bepleit dat die twee tog net vir nou en altyd geskei sal bly (Dankie  Heleen!) Selde bereik sulke debatte \u2019n &nbsp;bevredigende slotsom, maar  Knorrig het in alle ordentlikheid om verskoning gevra vir sy witwarm  woorde. Bravo!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  tog, in alle eerlikheid, verskil ek nie loodreg met Knorrig nie. Hy is  onthuts oor die manier waarop sport en die Afrikaner se voorliefde daarvoor  gemanipuleer is vir politieke doeleindes. Ek net so.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  uitgeslape FW de Klerk het sport as \u2019n baie effektiewe hefboom gebruik  om die Afrikaner in die fatale referendum van 1992 in te wikkel. \u201cAs  julle \u2018nee\u2019 stem,\u201d het hy slu gedreig, \u201csal die manne moet terugkom.\u201d  Die betrokke manne was die Suid-Afrikaners wat op daardie tydstip in \u2019n heldhaftige veldtog by die krieketw\u00eareldbeker betrokke was. Afrikaners  was s\u00f3 uitgehonger om hulle helde teen die beste in die w\u00eareld in aksie  te sien, dat dit net redelik is om te aanvaar dat baie van hulle deur De  Klerk se afpersing beweeg is om die noodlottige \u201cja\u201d-kruisie te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  hele Madiba-persoonlikheidskultus het sy blanke goedkeuringstempel in  1995 gekry toe Mandela met d\u00e1\u00e1rdie nommer-6-trui op Ellispark verskyn  het. In die daaropvolgende jare is rugby veral gereeld gebruik om \u2019n  &nbsp;liberale politieke set te verluid. Daardie 46664-nommers op die trui;  daardie antirassismeboodskappie \u2013 so duidelik teen die Afrikaner gemik \u2013  op die mou; daardie PK-uitstappies na Soweto vir die 2010 Super  14-eindstryd; die rooikop-Springbokkaptein se neerhalende verwysing na  die ou landsvlag&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe moet \u2019n &nbsp;mens daaroor voel? Noem my dan maar ook Knorrig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  Knorrig skryf sportverslae vir Praag. Ons het \u2019n &nbsp;goed ontwerpte plan om  die Naspers-nuusmasjien se houvas op die Afrikaner se gemeenskaplike  psige te verbreek. Om dit te doen moet ons die hele nuustoevoer herlei. Ons  doel is om die enigste volledige, voldoende nuusbron vir alle  behoudende Afrikaners te word. Dit beteken ons kan onsself nie  uitsluitlik op politiek toespits nie. Ons moet die volledige  inligtingspakket vir ons lesers aanbied. As die volk nie sy sportnuus op  Praag lees nie, gaan hy oor die heining loer wat by Naspers gebeur. En  dit geld nie net vir politiek en sport nie, maar vir modes, musiek,  rolprente, motors, sake en wie weet wat nog. Ja, ons het \u2019n &nbsp;stryd op  hande. Teen ons is \u2019n &nbsp;kolossus met \u2019n &nbsp;markkapitalisering van oor die  R140-miljard gekant. Ons bedryfskapitaal is&#8230; wel, watse  bedryfskapitaal? Dit is \u2019n &nbsp;gruwelik onewe stryd \u2013 en Naspers het nie  \u2019n &nbsp;kans nie, want die woorde wat hulle praat steek dwars soos  kalkoenbene in die keel van die opregte Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Knorrig  is ook reg as hy uitvaar teen ons sporthelde wat so ruggraatloos swyg  oor sake wat die volk skroei. Hy wil weet waar is Os du Randt se stem  oor die plaasmoorde en wys uit dat di\u00e9 legende dan self \u2019n &nbsp;boer is.  Amen, broer Knorrig!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inderwerklikheid  is sport \u2019n &nbsp;magtige vaartuig vir politieke idees. Dit help nie ons  ontken dit of kou die kieste daaroor nie. Ons moet net erken ons is  onnosel om nie die roer daarvan te gryp nie. In plaas daarvan dat ons  met teenvolksgedagtes daarvan gebombardeer word, moet ons begin om  dieselfde geleentheid uit te buit. Maklik? Nee. Haalbaar? As ons  saamstaan, ja.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  van \u2019n traktaatveldtog wanneer die All Blacks weer op Loftus speel? Wat  van \u2019n &nbsp;veldtog om huidige en voormalige sportsterre aan te moedig om  hulle kontakte te gebruik om die w\u00eareld oor ons dreigende ondergang te  waarsku? \u2019n &nbsp;Vriend het \u2019n &nbsp;blokbespreking op Loftus van mense wat  oranje, wit en blou truie dra om \u2019n &nbsp;massiewe volksvlag te vorm,  voorgestel. Ambisieus? O ja!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sport,  na alles ges\u00ea en gedaan is, is maar net sport, \u2019n magtige maar neutrale  tydverdryf. Ons vyande gebruik dit reeds lankal vir politieke oogmerke.  Is dit nie tyd dat ons opdraf en dieselfde doen nie?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek kom uit die 50 cc-geslag. Dit was die jare wat die padre\u00eblmakers dit goed gedink het om die mees onervare motorfietsryers \u2013 die standerd 9-jakketrakke wat nou net hulle eerste ID\u2019s ontvang het \u2013 tot die mees gevaarlike motorfietskategorie \u2013 50 cc en kleiner \u2013 te beperk. Nou, na al hierdie jare, vra maar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-11964","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11964\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}