{"id":11960,"date":"2012-02-21T06:00:21","date_gmt":"2012-02-21T06:00:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11960"},"modified":"2012-02-21T06:00:21","modified_gmt":"2012-02-21T06:00:21","slug":"godsdiensgeweld-in-nigerie-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11960","title":{"rendered":"Godsdiensgeweld in Nigeri\u00eb duur voort"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vermoedelik Nigeriese Islamiete het gister op &#8216;n  mark in die noordoostelike stad Maiduguri losgebrand en bomme afgesit en sodoende ten minste 30 mense gedood, het &#8216;n  mediese beampte en &#8216;n  ooggetuie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweerskuts wat daarvan verdink word dat hulle lede van die Islamitiese sekte Boko Haram is, het die visafdeling van die Baga-mark bestorm en die stalletjie-eienaars en smouse met koe\u00ebls besaai, het handelaars ges\u00ea en aangevoer dat vroue en kinders onder die gestorwenes is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die doodsgetal kan niks minder as 30 wees nie,&#8221; het &#8216;n verpleegster van Maiduguri aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die milit\u00eare owerhede het die aanslag op die mark bevestig maar ontken dat enige burgerlikes gesterf het en ges\u00ea die veiligheidsmagte het agt aanvallers doodegeskiet en die bomme wat deur hulle geplant is, veilig afgestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Teen omtrent 13h30 vandag het sekere gewapende persone wat vermoedelik lede van Boko Haram is, die Baga-mark van die Maiduguri-metropool aangeval en burgerlikes by die mark geskiet,&#8221; het Luitenant-Kolonel Hassan Mohammed, segsman van &#8216;n  spesiale milit\u00eare eenheid in die stad aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea dat verskeie persone gewond is maar dat daar &#8220;geen burgerlike sterftes teen hierdie tyd&#8221; was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die milit\u00eare mag het &#8220;onmiddellik tot die redding van die situasie gekom en drie bomme wat deur lede van die sekte geplant is, afgesit, en agt lede van die sekte doodgeskiet,&#8221; het Mohammed ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een handelaar wat sy naam as Mairami verskaf het, het egter ges\u00ea dat gewapende mans die voedsel- en verbruikswaremark bestorm en &#8220;sonder aansien des persoons losgebrand het. Ten minste 30 mense insluitende vroue en kinders is gedood.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n  smous, ene Gana, het &#8216;n  soortgelyke verslag van die aanval in die stad, &#8216;n  vesting van Boko Haram wat geblameer is vir &#8216;n  dodelike vlaag bom- en skietaanvalle hoofsaaklik in die noorde van Afrika se mees bevolkte land, gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie gewapende mans het eenvoudig losgetrek. Ek het drie milit\u00eare bussies die mark sien verlaat, met lyke daarin opgestapel. Daar was verskeie ontploffings na die geskietery,&#8221; het Gana ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers het handelaars daarvan beskuldig dat hulle met die milit\u00eare owerhede meewerk na die inhegtenisname verlede week van &#8216;n verdagte Boko Haram-lid in die mark, het getuies ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mairami het ges\u00ea een van die gewapende mans het woedend geskree dat die handelaars &#8220;saamgespan het met die soldate&#8221; om te help om lede van die sekte te arresteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het derhalwe oorlog gevoer teen julle,&#8221; het die gewapende man volgens Mairami ges\u00ea voordat hy koe\u00ebls uitgegiet het op smouse en klante.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verpleegster het ges\u00ea dat dit moeilik is om &#8216;n  presiese dodetal van die aanval vas te stel aangesien die veiligheidsmagte die lyke nie na die lykshuis geneem het nie maar naasbestaandes toegelaat het om hulle geliefdes op te eis vir onmiddellike begrawing volgens Moslem-rites.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week het handelaars &#8216;n  gewapende man wat daarvan verdink is dat hy &#8216;n  lid van Boko Haram is, oorrompel en hom aan die milit\u00eare owerhede oorhandig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maiduguri, die hoofstad van die Borno-staat en die tuisbasis van Boko Haram, het beleef dat van die ergste geweld op die ekstremistiese sekte, wat hulle aanvalle hoofsaaklik op die Moslem-noorde toegespits het, geblameer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die insypeling wat op Boko Haram geblameer is, het al reeds 200 mense se lewens hierdie jaar ge\u00ebis, insluitende 185 in geko\u00f6rdineerde wapen- en bomaanvalle in Nigeri\u00eb se tweede stad Kano op die 20ste Januarie, die dodelikste aanval tot dusver.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geheimsinnige sekte het ges\u00ea hulle wil &#8216;n  Islamitiese staat regoor Nigeri\u00eb se erg verarmde, hoofsaaklik Moslem-, noorde oprig en sommige ontleders glo die Islamiete is verbonde aan enersdenkende groepe soos Al-Kaida.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander ontleders hou vol die sekte is ingestel op &#8216;n  nougebonde plaaslike agenda.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/crime\/1158396.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vermoedelik Nigeriese Islamiete het gister op &#8216;n mark in die noordoostelike stad Maiduguri losgebrand en bomme afgesit en sodoende ten minste 30 mense gedood, het &#8216;n mediese beampte en &#8216;n ooggetuie ges\u00ea. Geweerskuts wat daarvan verdink word dat hulle lede van die Islamitiese sekte Boko Haram is, het die visafdeling van die Baga-mark bestorm en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11960","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11960","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11960"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11960\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11960"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11960"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11960"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}