{"id":11950,"date":"2012-02-20T05:45:46","date_gmt":"2012-02-20T05:45:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11950"},"modified":"2012-02-20T05:45:46","modified_gmt":"2012-02-20T05:45:46","slug":"mediese-amnestie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11950","title":{"rendered":"Mediese amnestie?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die kwessie van mediese paroolaansoeke van gevangenes is reeds &#8216;n netelige saak in Suid-Afrika, met ANC-ondersteuners wat o\u00ebnskynlik voorkeur bo ander landsburgers geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou het die ANC &#8216;n nuwe plan bedink wat die aansoeke nog verder gaan kortwiek en waarskynlik gou in administratiewe chaos sal dompel, so erg dat dit byna neerkom op mediese amnestie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land se 170 000 gevangenes, of hul families, sal om mediese parool kan aansoek doen, en &#8216;n nuwe raad van net tien dokters sal die hele proses moet deursien. Die aansoekers hoef ook nie meer terminaal siek te wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, is egter vol vertroue dat die plan sal werk, en die regulasies sal op 1 Maart in die Staatskoerant geproklameer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Victor Ramathalese sal as voorsitter van die nuwe adviesraad dien en dr. Angelique Coetzee die ondervoorsitter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mapisa-Nqakula het die nuwe stelsel aangekondig omdat die huidige mediese paroolstelsel gekritiseer is weens die vrylating van pres. Jacob Zuma se voormalige finansi\u00eble adviseur, Schabir Shaik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mediese parool word alleen in gevalle oorweeg waar gevangenes terminaal siek is en word ge\u00efnisieer deur medici of korrektiewe personeel. Die land se 52 paroolrade besluit oor die aansoeke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Mapisa-Nqakula skep dit die geleentheid vir dokters om hul vriende te help. &#8220;Dit stel die regering bloot. Ons wil h\u00ea dokters moet die verantwoordelikheid dra sodat parool nie verkeerdelik toegestaan word nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het belowe dat verkoues of chroniese toestande, soos MIV\/vigs, egter nie oorweeg sal word nie, ten spyte daarvan dat die lys siektes wat gevangenes sal laat kwalifiseer, &#8220;oop&#8221; sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe regulasies sal enige gevangene, of hul familie, in staat stel om aansoek te doen om mediese parool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mapisa-Nqakula het aangedui dat sekere aansoeke &#8220;prioriteit&#8221; sal geniet. Sy wou nie Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, uitsonder by naam nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selebi is onlangs terug tronk toe nadat hy ontslaan is uit &#8216;n privaathospitaal waar hy vir nierversaking behandel is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kwessie van mediese paroolaansoeke van gevangenes is reeds &#8216;n netelige saak in Suid-Afrika, met ANC-ondersteuners wat o\u00ebnskynlik voorkeur bo ander landsburgers geniet. Nou het die ANC &#8216;n nuwe plan bedink wat die aansoeke nog verder gaan kortwiek en waarskynlik gou in administratiewe chaos sal dompel, so erg dat dit byna neerkom op mediese amnestie. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11950\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediese amnestie?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11950","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11950","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11950"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11950\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11950"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11950"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11950"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}