{"id":11948,"date":"2012-02-20T05:31:26","date_gmt":"2012-02-20T05:31:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11948"},"modified":"2012-02-20T05:31:26","modified_gmt":"2012-02-20T05:31:26","slug":"chink-kos-2-hul-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11948","title":{"rendered":"&#8216;Chink&#8217; kos 2 hul werk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">ESPN, die Amerikaanse sporttelevisienetwerk, het een werknemer geskors en &#8216;n  ander een in die pad gesteek omdat hulle \u2013 dieselfde \u2013 rassistiese benaming gebruik het om die basketbalspeler van die New York Knicks, Jeremy Lin, te beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In albei gevalle het hulle die woord &#8220;chink&#8221; gebruik in verwysing na Lin, &#8216;n Palo Alto-boorling van Sjinese afkoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons vra weereens om verskoning, veral van Mnr. Lin,&#8221; het ESPN geskryf. &#8220;Sy prestasies is &#8216;n  bron van groot trots vir die Asi\u00ebr-Amerikaanse gemeenskap, insluitende die Asi\u00ebr-Amerikaanse werknemers by ESPN. Deur selfondersoek, verbeterde redaksionele praktyke en beheermaatre\u00ebls, en reaksie op konstruktiewe kritiek, sal ons beter vaar in die toekoms.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een werknemer het die woord in &#8216;n  mobiele opskrif \u2013 &#8220;Chink in the Armor&#8221; (&#8220;Gaping in die Pantser&#8221;) \u2013 gebruik nadat die Knicks verlede Vrydag teen die New Orleans Hornets verloor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opskrif het net van 2h30 tot 3h05 verskyn, maar &#8216;n werknemer van SB Nation het dit vasgevang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n  Paar dae voor dit het Max Bretos, &#8216;n  aanbieder vir ESPN News, dieselfde beskrywing gebruik terwyl hy met die Knicks-legende Walt Frazier gesels het. &#8216;n  Radiokommentator op ESPN se luggolwe het ook die woord gebruik, maar die persoon is nie &#8216;n  ESPN-werknemer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ESPN het aanvanklik Saterdag apologie aangeteken met die volgende verklaring:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het &#8216;n  algehele hersiening van ons kruisplatform- redaksionele prosedures geloods en is besig om dissiplin\u00eare optredes te bepaal om te verseker dat dit nie weer gebeur nie. Ons is jammer en vra om verskoning vir die flater.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Asi\u00ebr-Amerikaanse Verdedigingsbond het ook Saterdag &#8216;n  verklaring uitgereik en die beskrywing &#8220;rassisties en onverskoonbaar&#8221; genoem. Die organisasie het &#8216;n  beroep op ESPN gedoen om &#8216;n  verskoning &#8220;wat prominent op ESPN se televisieprogramme uitgesaai sal word,&#8221; uit te reik, en het ook aangebied om met ESPN se werknemers te vergader om toekomstige rassisme te voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ESPN se werknemers is nie die enigstes om klei te trap waar Lin betrokke is nie. MSG, wat die Knicks besit, het beeldmateriaal van Lin uitgesaai waar hy uit &#8216;n  fortuinkoekie \u2013 wat met Sjinese restaurante vereenselwig word \u2013 wip, en Fox Sports se rubriekskrywer Jason Whitlock het &#8216;n  aanstootlike twiet oor basketbal se nuutste ster gepos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Whitock het gou verskoning aangebied en ges\u00ea hy het toegegee aan &#8216;n  &#8220;onvolwasse, ho\u00ebrskoolagtige, komediese&#8221; sy van sy persoonlikheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lin, &#8216;n  Harvard-gegradueerde, het die afgelope paar weke vanuit die niet verskyn om die Knicks tot respekwaardigheid te lei. Sondag het Lin die Knicks tot &#8216;n  oorwinning van 104-97 oor die NBA-kampioene die Dallas Mavericks by Madison Square Garden aangevoer. Hy het 28 punte en 14 hulpverlenings aangeteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy kitsgewildheid het vir hom &#8216;n  plek in die NBA se All-Star naweek besorg \u2013 vir die wedstryd op Saterdag die 25ste Februarie maar nie vir die wedstryd op die 26ste Februarie nie \u2013 en ook gehelp dat MSG en Time Warner Cable &#8216;n  dispuut kon oplos. Di\u00e9 twee maatskappy was in &#8216;n  struweling oor fooie en het New Yorkers van plaaslike sportgebeurtenisse beroof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy verrysing het tot wye bespreking oor sy ras en of dit tot groter bewonderaarondersteuning stimuleer, gelei.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>ESPN, die Amerikaanse sporttelevisienetwerk, het een werknemer geskors en &#8216;n ander een in die pad gesteek omdat hulle \u2013 dieselfde \u2013 rassistiese benaming gebruik het om die basketbalspeler van die New York Knicks, Jeremy Lin, te beskryf. In albei gevalle het hulle die woord &#8220;chink&#8221; gebruik in verwysing na Lin, &#8216;n Palo Alto-boorling van Sjinese &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11948\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Chink&#8217; kos 2 hul werk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11948","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11948","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11948"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11948\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11948"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11948"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11948"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}